| Hoekom? [boodskap #13798] |
Wo., 08 April 1998 00:00  |
Gideon....
Boodskappe: 25 Geregistreer: April 1998
|
Junior Lid |
|
|
Soos dinge deesdae gaan, sit mens mos maar met verskillende teenoorgestelde
gevoelens en gedagtes in 'n mens se kop. Nou het ek maar 'n lysie opgestel
met redes hoekom ek die land wil verlaat en hoekom nie. Ek sal dit waardeer
as julle maar so-by-so kan aanlas dat ons sien hoekom mense wil en nie wil
nie.
Hoekom ek die land wil verlaat
* 'n Opvoeding vir my kinders
* 'n Loopbaan vir my kinders
* 'n Pensioen vir my en my vrou
* 'n Geleentheid vir my vrou om te werk in die beroep waarin sy opgelei is of
miskien 'n geleentheid vir haar om iets anders te doen
* Dr Zuma
* Sibusisu Bengu
* Aag - wat die hel - Suid-Afrikaanse Politici
* Vryheidsvegters wat nie kan besluit of die stryd verby is, aangaan of nou
eers begin nie
* Maniakke in Taxi's
* Maniakke in BMW's
* Die radio in my motor bly myne
* Die verhoogde kans dat ek by die huis sal aankom en meeste van my meubels
is nog daar
* Die Staalhek aan my voordeur
* Die alarm, immobilizer, Tracker (Ek dink daar is kopiereg op die naam) in
my motor.
* Die Skietvoorvalle by die Waterfront
* My vriende wat al gesterf het in misdaad (wanneer is dit my familie se
beurt?)
* Die vernietiging van armoede deur die vernietiging van welvaart (as daar
nie rykes is nie is daar nie armes nie)
* SABC1,2,3
* MNet
* My Skoonfamilie
* Louis Luyt
* Die NSC
* Afrikaanse "kontemporêre" (lees kommersieel) musieksmaak ( soos Worsie
Visser, Francois Hayes, Rina Hugo et establishment al)
* Die Huisgenoot
* Bike SA
* Radio Sonder Grense
Hoekom ek nie die land wil verlaat nie
* Braaivleis
* Biltong
* Rugby
* Krieket
* Rugby en Krieket op Nuweland
* My Stiefpa se KWV kwota
* My familie
* My vriende
* Die Kaapse strande
* Die Berg
* Springbokke
* Weskuskreef
* Die nuwe Afrikaanse musiek
* KKNK
* Kaktus op die Vlaktes
* Sabie, Hazyview, Graskop
* Gratis publieke toilette
* Punt Radio
* Better the Devil you know...
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #13801 is 'n antwoord op boodskap #13798] |
Wo., 08 April 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: Februarie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote in article
...
| Hoekom ek die land wil verlaat
| * 'n Opvoeding vir my kinders
| * 'n Loopbaan vir my kinders
| * 'n Pensioen vir my en my vrou
| * 'n Geleentheid vir my vrou om te werk in die beroep waarin sy opgelei
is of
| miskien 'n geleentheid vir haar om iets anders te doen
| * Dr Zuma
| * Sibusisu Bengu
| * Aag - wat die hel - Suid-Afrikaanse Politici
| * Vryheidsvegters wat nie kan besluit of die stryd verby is, aangaan of
nou
| eers begin nie
| * Maniakke in Taxi's
| * Maniakke in BMW's
| * Die radio in my motor bly myne
| * Die verhoogde kans dat ek by die huis sal aankom en meeste van my
meubels
| is nog daar
| * Die Staalhek aan my voordeur
| * Die alarm, immobilizer, Tracker (Ek dink daar is kopiereg op die naam)
in
| my motor.
| * Die Skietvoorvalle by die Waterfront
| * My vriende wat al gesterf het in misdaad (wanneer is dit my familie se
| beurt?)
| * Die vernietiging van armoede deur die vernietiging van welvaart (as
daar
| nie rykes is nie is daar nie armes nie)
| * SABC1,2,3
| * MNet
| * My Skoonfamilie
| * Louis Luyt
| * Die NSC
| * Afrikaanse "kontemporêre" (lees kommersieel) musieksmaak ( soos Worsie
| Visser, Francois Hayes, Rina Hugo et establishment al)
| * Die Huisgenoot
| * Bike SA
| * Radio Sonder Grense
Na ses maande sonder dié goed is hulle bestaan soos 'n vae droom! Ek
sidder as ek dink ek moet weer onder sulke omstandighede woon en werk!
(Veral die moontlikheid om Worsie Visser op Radio te hoor!)
|
| Hoekom ek nie die land wil verlaat nie
| * Braaivleis
Hiervan het ons meer as genoeg in Amerika - en ek is seker Australie en NZ
ook! Dis nie eksklusief 'n SA genot nie.
| * Biltong
Kom proe myne! Beter en goedkoper as enige biltong in die Republiek!
| * Rugby
| * Krieket
Die twee mis ons baie - ja - maar nou verstaan ek jy kan 'n skottel hier
opsit vir $99 en dan BBC opvang en weer Rugby en Krieket sien!
| * Rugby en Krieket op Nuweland
Net as jy eenmaal in twee drie jaar gaan kuier ....
| * My Stiefpa se KWV kwota
KWV wat jy nie in SA kry nie, kan jy hier vryelik koop - man, en is KWV se
port lekker!
| * My familie
e-mail maak dit effe makliker ... maar dit bly die grootste negatiewe
aspek.
| * My vriende
'n Mens maak gou nuwes en as jy in die rekenaar bedryf is, is baie van
hulle dalk al hier.
| * Die Kaapse strande
| * Die Berg
| * Springbokke
Ek bly op die buitewyke van 'n groot stad en van my af werk toe het ek nou
al takbokke en nou die oggend 'n jakkals gesien! Die mere hier in ons
omgewing maak op vir die see - en die Kaapse seewater temperatuur kom nie
naby die 25°C wat ons mere se water in die somer word nie!
| * Weskuskreef
Hier is kreef om van te kies!
| * Die nuwe Afrikaanse musiek
'n CD so nou en dan van die huis af help.
| * KKNK
Klink nie goed nie, maar as jy hard genoeg soek gaan jy dit ook hier kan
koop .....
| * Kaktus op die Vlaktes
Kom kyk na Nevada!
| * Sabie, Hazyview, Graskop
Ry 20 myl noord oos van St Paul hier in Minnesota en jy is netsowel daar op
die rant van die hoëveld.
| * Gratis publieke toilette
Hier is hulle gratis en silwer skoon! En jy sal nie in een van hulle
gemolesteer word nie.
| * Punt Radio
Ek luister na 'n Vrystaatse radiostasie lewendig hier op die net - my
plaaslike foonoproepe kos niks - so internet kos niks, bahalwe my
maandelikse $25 vir onbeperkte toegang en 5MB tuisbladsy.
| * Better the Devil you know...
Vastly fewer devils here! .. and mostly of a different color ...
Wat is ek spyt oor - dat ek nie eerder gekom het nie! En as 'n mens eers
hier is, besef jy dis nie meer nodig om dit te probeer rationaliseer of
regverdig nie - jy kan dit maar net geniet
Nico
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #13805 is 'n antwoord op boodskap #13798] |
Do., 09 April 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: Februarie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Nico skryf:
> | * KKNK
>
> Klink nie goed nie, maar as jy hard genoeg soek gaan jy dit ook hier kan
> koop .....
Nico, onwetend het jy 'n uiters verspotte stelling gemaak! KKNK is die
afkorting vir Klein Karoo Nasionale Kunstefees, wat elke jaar die tyd op
Oudtshoorn gehou word. Dit is deesdae DIE Afrikaanse kultuur gebeurtenis, en
die tema is deurgaans 'Afrikaans Onbeperk', en Onbeperk is hy onbeperk!
> | * Kaktus op die Vlaktes
>
> Kom kyk na Nevada!
Ewe verspot, want Kaktus op die Vlaktes is die opelug musiekkonsert wat
tradisioneel die hoofprogram van die KKNK inlei!
Een van die hoofgedagtes van die KKNK, is juis dat dit ruimte bied aan
Afrikaans in al sy vorms en variasies. So sal Worsie Visser, vir wie jy
duidelik nie ooghare het nie, genooi word om op te tree, asook iemand soos
Valiant Swart. Vanjaar was 'n drama van Breyten Breytenbach (ja, die digter
het gedebuteer met 'n drama) die groot hoogte- en besprekingspunt, met
naaktonele en demonstrasies uit die Kama Sutra, en wat nog!
Met Afrikaans op verskeie gebiede onder druk, het die KKNK 'n soort van
Mekka geword vir Afrikaanssprekendes. 'n Gebeurtenis waar die kunstenaar en
aanhanger mekaar weer te siene kry, sonder owerheidsvoorskrif of -verbod. Ek
dink dit is ook gepas om te sê dat 'n herwaardering vir wat Afrikaans is,
plaasgevind het. Die meeste Afrikaanssprekendes besef dat Afrikaans die hele
spektrum nodig het - van Worsie Visser tot Breyten Breytenbach.
Die goeie nuus is dat die Fees fenomenale groei toon - verlede jaar was
kaartjie verkope 25% meer as die vorige jaar. Hierdie jaar was dit weer 22%
meer. 'n Newe-effek is dat van die kunstenaars wat daar optree, genooi word
om elders te gaan optree in mini-KKNK's, wat tot groot voordeel strek van
Afrikaanse kuns en kultuur.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #45696 is 'n antwoord op boodskap #13798] |
Di., 03 Julie 2001 15:47   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Wouter : Omdat hulle daar is, Gloudina. Omdat hulle daar is.
> Hoekom klim mense berg? Omdat hulle daar is.
> En hoekom nie?
Maar in elke land klim jy tog jou eie berge. Klim julledie Pieke uit
en dink dis êrens in die VSA. Klim julle
vir Mont-aux-Sources uit en dink aan die Rockies?
Ek vind die na-aping van die Amerikaners so vreemd
in die res van die wereld, terwyl die deursnee persoon
terselfdertyd so "teen" die Amerikaners is.
Sê Wouter, is daar sneeu op die Pieke?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hoekom? [boodskap #48434 is 'n antwoord op boodskap #48343] |
Vr., 17 Augustus 2001 04:42  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ag Thys, ek het maar daardie stoepid ou opmerkinkie van G laat verbygaan.
Net sy op hierdie aardbol dink dat daar net een Ant Souf bestaan.
Annette
.
Thys de Wet skryf in boodskap news:9lfrqj$1jk3$1@news.adamastor.ac.za...
> So loop die lewe maar.
> Kan Swellendam gewees het, maar ek dink dis Anette se ant Souf nie...
>
> Thys oppie Bos
> skryf in boodskap news:3B7A8CFD.19B50EAE@home.com...
>> Thys de Wet wrote:
>>
>>> "Haai siestog Ant Souf.
>>
>> Dierbaarheid, nou is Ant Souf 'n weduwee.
>>
>> Tant Hessie van Swellendam.
>>
>
|
|
|
|