Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Polisie moet beskerm
Polisie moet beskerm [boodskap #48437] Vr, 17 Augustus 2001 06:14
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die Konstitusionele hof het n deurbraak uitspraak gegee in die siviele eis
van mev Carmichele van Knysna.Ek hoop dit sal n einde bring aan al die
misdadigers wat net op eie verantwoordelikheid en op lae borg vrygelaat word
om maar weer n misdaad te pleeg.

Sy was aangeval deur n man en hy was later gearesteer en toe op n
waarskuwing vrygelaat.Hy het n rekord gehad en was uit op borg vir n
verkragting toe hy die misdaad gepleeg het.Hy het haar weer aangeval nadat
sy die polisie in kennis gestel het dat sy hom by haar huis opgemerk het en
hulle niks daaraan gedoen het nie.

Dit het haar 6 jaar gevat maar sy het volhard en gewen.

Ek wonder hoeveel eise nou ingedien gaan word.

Reenen
Vorige onderwerp: Hoekom?
Volgende onderwerp: Huise in die kaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:45:17 MGT 2024