Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: in 'n ligter luim

Di., 14 April 1998 00:00

didega wrote:
>
> goeie ou dae :)
>
> [Image]

Hoeveel keer gaan jy die verdomde ding nog pos? Waarsku lesers tenminste
dat dit 'n binary file bevat.

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

STILTE ?!?

Di., 14 April 1998 00:00

Waarom so stil daar in Afrika?
Julle gee Gloudina niks om oor te kala nie - netnou verroes sy ....

--
Net Nico ...

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: STILTE ?!?

Di., 14 April 1998 00:00

Mens kan hier lang dinge skryf, as jy wou ...
Sy's nie 'n legende nie - sy bestaan werklik. Sy is 'n verbitterde ou
tannie wat dertig jaar gelede iewers in 'n hool in Kanada gaan bly het, pro
swart is, nie meer weet wat in SA aangaan nie, mense lelike name noem,
sukkel om positief te wees in wat sy skryf, nie mooi om haar kan raaksien
nie en almal om haar in boksies probeer plaas. Om jammer te kry. Sy plaas
darem mooi gedigte op hierdie NG.
So nou en dan is dit lekker om op haar plasings te antwoord en hulle
uitmekaar te trek - sy kon nog nooit 'n redenasie sinvol antwoord nie -
sodra jy haar vastrap op 'n redenasie, val sy die persoon aan en vermy die
issue geheel en al.
G Fourie, gooi 'n klip i die bos dan kyk jy of sy reageer.
--
Net Nico ...

G. Fourie wrote in article
...
| Wie is Gloudina?
|
|
| Nico wrote in message ...
| >Waarom so stil daar in Afrika?
| >Julle gee Gloudina niks om oor te kala nie - netnou verroes sy ....
| >
| >--
| >Net Nico ...
| >
|
|

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Enige boere daar buite?

Ma., 13 April 1998 00:00

Stel belang om kontak te maak met ander boere

Gerhard

pwb...@iafrica.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boere Suid Afrikaners in Holland

Ma., 13 April 1998 00:00

Rotterdam 2e paasdag

Is daar Boere in Nederland wat belangstel in hulle kultuur en dit nie
wil verloor nie ?
Ons beplan die oprigting van n organisasie van boere wat hulle
identiteit en tradisies nie wil verloor nie.
Ons hoor asseblief van julle.
Kees

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

tuisbladen

Ma., 13 April 1998 00:00

hallo

ik ben arno en kom uit nederland
wie van jullie heeft een tuisblad of gave links voor mij

over suid afrika

rico...@worldonline.nl

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Enige Suid Afrikaners in Spanje?

Vr., 10 April 1998 00:00

Ek het sopas hier in Madrid huis gehuur, en wonder of daar enige
"cozas" in Spanje bly.

Derick
___ ___ ___ __ __ _ _ ___ __ __ __ ____ _ _
( \ ( _)( ,) ( ) / _)( ) ) / __)( \/ )( )(_ _)( )( )
) ) ) ) _) ) \ )( ( (_ ) \ \__ \ ) ( )( )( )__(
(___/ (___)(_)\_)(__) \__)(_)\_) (___/(_/\/\_)(__) (__) (_)(_)

Remove the leading "S" for e-mail.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

looking for

Do., 09 April 1998 00:00

I am looking for a girl whose name is Jonel van Heerden, hope that the
spelling is right
She lived in Georg

Christian

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

" skaweduwee" deur BREYTEN BREYTENBACH

Wo., 08 April 1998 00:00

2.9 (SKAWEDUWEE)
Breyten Breytenbach

In die nanag is die maan
se haartjies koud
die witrot het gaatjies
in die sluier geknaag

kom na my tuin
waar die donkerrooi rose
ruik na die donkerste
sweetplek van vroue

a, my beminde
waar is die balkon wat loop
na jou kamer
watter huis is gebou
om die binnehoof van jou slaap

die nag is 'n voël
bo die berg van my hart
maar die sneeu is skaduwees
wit op die maan

die sneeu die wyn
die rose en die wind
die nagwitte snare van my lied
die nanag verf my oë blind

Prosa & poësie | 0 kommentare

SA na Kanada, hoe gemaak?

Wo., 08 April 1998 00:00

Goeienaand almal,

Imand hier wat my dalk kan help...

Ek is jonk, is 'n programmeerder by 'n plek in Midrand. My planne is om in Kanada te gaan wrk vir so jaar of twee.

Iemand hier idees van watse plek die meeste moontlikhede vir wrk het vir my?? En die stad/dorp moet sentraal wees synde ek nie van plan is om naweke tuis te wees nie...

Is dit 'n helse proses om 'n visa te kry Kanada toe???

Dankie!!
Mike Erasmus

--> Brought to you by World News (Amiga) v0.85

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1421  1422  1423  1424  1425  1426  1427  1428  1429  1430  1431  1432  1433  1434  1435  1436    »]
Tyd nou: Do. Des. 25 08:34:35 UTC 2025