Mens kan hier lang dinge skryf, as jy wou ...
Sy's nie 'n legende nie - sy bestaan werklik. Sy is 'n verbitterde ou
tannie wat dertig jaar gelede iewers in 'n hool in Kanada gaan bly het, pro
swart is, nie meer weet wat in SA aangaan nie, mense lelike name noem,
sukkel om positief te wees in wat sy skryf, nie mooi om haar kan raaksien
nie en almal om haar in boksies probeer plaas. Om jammer te kry. Sy plaas
darem mooi gedigte op hierdie NG.
So nou en dan is dit lekker om op haar plasings te antwoord en hulle
uitmekaar te trek - sy kon nog nooit 'n redenasie sinvol antwoord nie -
sodra jy haar vastrap op 'n redenasie, val sy die persoon aan en vermy die
issue geheel en al.
G Fourie, gooi 'n klip i die bos dan kyk jy of sy reageer.
--
Net Nico ...
G. Fourie wrote in article
...
| Wie is Gloudina?
|
|
| Nico wrote in message ...
| >Waarom so stil daar in Afrika?
| >Julle gee Gloudina niks om oor te kala nie - netnou verroes sy ....
| >
| >--
| >Net Nico ...
| >
|
|
Is daar Boere in Nederland wat belangstel in hulle kultuur en dit nie
wil verloor nie ?
Ons beplan die oprigting van n organisasie van boere wat hulle
identiteit en tradisies nie wil verloor nie.
Ons hoor asseblief van julle.
Kees
Ek is jonk, is 'n programmeerder by 'n plek in Midrand. My planne is om in Kanada te gaan wrk vir so jaar of twee.
Iemand hier idees van watse plek die meeste moontlikhede vir wrk het vir my?? En die stad/dorp moet sentraal wees synde ek nie van plan is om naweke tuis te wees nie...
Is dit 'n helse proses om 'n visa te kry Kanada toe???
Soos dinge deesdae gaan, sit mens mos maar met verskillende teenoorgestelde
gevoelens en gedagtes in 'n mens se kop. Nou het ek maar 'n lysie opgestel
met redes hoekom ek die land wil verlaat en hoekom nie. Ek sal dit waardeer
as julle maar so-by-so kan aanlas dat ons sien hoekom mense wil en nie wil
nie.
Hoekom ek die land wil verlaat
* 'n Opvoeding vir my kinders
* 'n Loopbaan vir my kinders
* 'n Pensioen vir my en my vrou
* 'n Geleentheid vir my vrou om te werk in die beroep waarin sy opgelei is of
miskien 'n geleentheid vir haar om iets anders te doen
* Dr Zuma
* Sibusisu Bengu
* Aag - wat die hel - Suid-Afrikaanse Politici
* Vryheidsvegters wat nie kan besluit of die stryd verby is, aangaan of nou
eers begin nie
* Maniakke in Taxi's
* Maniakke in BMW's
* Die radio in my motor bly myne
* Die verhoogde kans dat ek by die huis sal aankom en meeste van my meubels
is nog daar
* Die Staalhek aan my voordeur
* Die alarm, immobilizer, Tracker (Ek dink daar is kopiereg op die naam) in
my motor.
* Die Skietvoorvalle by die Waterfront
* My vriende wat al gesterf het in misdaad (wanneer is dit my familie se
beurt?)
* Die vernietiging van armoede deur die vernietiging van welvaart (as daar
nie rykes is nie is daar nie armes nie)
* SABC1,2,3
* MNet
* My Skoonfamilie
* Louis Luyt
* Die NSC
* Afrikaanse "kontemporêre" (lees kommersieel) musieksmaak ( soos Worsie
Visser, Francois Hayes, Rina Hugo et establishment al)
* Die Huisgenoot
* Bike SA
* Radio Sonder Grense
Hoekom ek nie die land wil verlaat nie
* Braaivleis
* Biltong
* Rugby
* Krieket
* Rugby en Krieket op Nuweland
* My Stiefpa se KWV kwota
* My familie
* My vriende
* Die Kaapse strande
* Die Berg
* Springbokke
* Weskuskreef
* Die nuwe Afrikaanse musiek
* KKNK
* Kaktus op die Vlaktes
* Sabie, Hazyview, Graskop
* Gratis publieke toilette
* Punt Radio
* Better the Devil you know...
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading