Soos Swahili in Oos-Afrika en fanagalo op
die myne in Suid-Afrika in die twintigste eeu, was
daar in die sewentiende eeu 'n geleentheidstaal in
Suid-Oos Asië wat wyd en syd gepraat is, ook op
die skepe wat vanuit die ooste om die Kaap van
Goeie Hoop na Europa gevaar het. Hesseling het
in 1899 alreeds in �Het Afrikaanschê besluit dat
dit een van die redes was waarom Nederlands na
Afrikaans verander het. Sy argument was as volg:
Slawe uit baie verskillende dele van Asië het die
taal aangeleer en dit was dus die hawetaal aan die
Kaap. Daar was ook politieke bannelinge en oud-
Indiese amptenare aan die Kaap. Hesseling neem
as ontstaantydperk die begindatum 1658, toe die
eerste groot toevoer van slawe uit suid-oos Asië
begin het, tot 1685 toe die eerste plakkate teen on-
wettige seksuele verkeer met slavinne uitgevaardig
is. Na hierdie punt was daar 'n intensiverende aan-
voer van Nederlandse meisies na die Kaap.
As Hesseling dus Maleis-Portugese invloed as
die grootste rede vir die ontstaan van Afrikaans aan-
dui, staan hy die idee voor dat Afrikaans 'n vroeë
kreolisering van Nederlands was. Selfs in 1905 het
P.J. du Toit nog hierdie mening ondersteun.
Daaropvolgende taalkundiges het in die res van
die twintigste eeu hierdie teorie die kop ingeslaan.
Veral D.B. Bosman dui byvoorbeeld aan dat slegs
een-kwart van een persent van Afrikaans se woord-
skat van Maleis-Portugese oorsprong is. Hy ontken
ook dat die mense uit Europa hierdie mengeltaal
onder mekaar sou gepraat het. Sy standpunt is dat
insover Afrikaans nie die spontane ontwikkeling
van Hollands is nie, dit hoofsaaklik onder die invloed
van die Nederlands van vreemdelinge ontstaan het.
Maar hierdie vreemdelinge was nie noodsaaklik net
die slawe wat Maleis-Portugees gepraat het nie. Dit
was ook die taal van die Khoi en die San waarmee die
Nederlanders hier in aanraking gekom het, en ook die
taal van die mense uit ander dele van Europa wat as
matrose op die skepe van die H.O.I.C. gewerk het. So
iemand was my eerste voorsaat van vaderskant. Hy het
in 1706 hom aan die Kaap gevestig, nadat hy matroos
was op die Nederlandse skepe. Hy het egter van erens
oos van Nederland afgekom, heelwaarskynlik verarm in
die godsdienstige oorloë wat in die res van Europa
gewoed het. Ek twyfel dus of selfs hy perfekte Neder-
lands kon praat.
"Arthur Hagen" writes:
>
> De term "zielkundig" wordt in Nederland niet vaak gebruikt. Er wordt meestal
> gesproken van psychisch. Is een psychiater in het Afrikaans dan een
> "zielkundige"?
Ek dink in Afrikaans sal ons die term "psigiater"
gebruik vir iemand wat 'n praktyk het, met nog
gewoonlik ook 'n mediese graad, en wat mense dan
behandel. Die term "sielkundige" het 'n wyer
betekenis. Dan is daar ook nog die "psigoloog"
(ongeveer die Engelse psychologist.)
Je spreekt wel over medische aandacht, waarom wordt daar dan
> niet geneeskundige aandacht gebruikt? Of betreft het in beide gevallen
> persoonlijke voorkeuren? Medicus of geneesheer?
"medies" is meer alledaags, "geneeskundig" meer
hoogdrawend. Mens praat nie so maklik van 'n
medikus nie, geneesheer is ook bietjie hoog-
drawend. Meestal is dit sommer doodeenvoudig
"dokter." "Ek gaan dokter toe." "Ek studeer
vir dokter."
>
> Wanneer ik het over taal in "Nederland" heb, doel ik meestal op ABN
> (Algemeen Beschaafd Nederlands); in bepaalde streken hoeven mijn beweringen
> niet te gelden. Bestaat er ook een ABA? Zo ja, waar wordt dat dan "van
> nature" gesproken? Voor ABN ligt het "hart" volgens mij ergens in de buurt
> van Haarlem.
Sover ek weet, bestaan daar nie 'n
ABA (Algemeen Beskaafde Afrikaans)
nie. Sedert Afrikaans as aparte taal
verklaar is, was daar 'n Akademie
wat taalbesluite geneem het. Ek weet
nie wat die toestand op die oomblik
is nie. Ek sal probeer om iemand in
Suid-Afrika te kry om hieroor te
skryf.
Ek weet nie so mooi van al hierdie gesprekke rondom Indonisie en Afrikaans
nie.
Om dinge net bietjie uit te klaar. Die offisiele taal in Indonesia is
Bahasa Indonesie, en
in Maleisie is dit Basa Malei. 'n Taal soos Maleis of Indonesies bestaan
tog nie
regtig nie, maar eerder Bahasa. Alhoewel hierdie 2 tale baie dieselfde is,
is daar tog
'n verskil. Bahasa Malei is die oorspronklike en ouer taal. Bahasa
Indonesie weer is beinvloed
deur ander tale inheems aan Indonesie, soos Javanees ens. Terloops die
herhaling van 'n woord in
Bahasa Malei dui nie verkleining aan nie maar eerder meervoud. Bv.
anak=kind
anak anak = kinders
piesang = piesang
piesang piesang = piesangs
Die voorsate van Afrikaans is van Maleisie afkomstig. Min of meer diesefde
tyd
wat Afrikaans aan't ontwikkel was aan die Kaap, was Indonesie 'n
Nederlandse
kolonie. Die gevolg is dat daar heelwat Nederlands-westerse woorde in
Bahasa Indonesie
is wat ook Afrikaans klink. Die rede hiervoor is eerder die Nederlandse
invloed in Indonesie,
as die Bahasa Malei invloed op Afrikaans.
>> Ek dink dat
>> in die sewentiger- en tagtigerjare die
>> regime geskaak is deur allerhande riff
>> raff - rogue afgetrede C.I.A. agente,
>> Rhodesiese uitgewekenes wat begin sien
>> het dat hulle laaste vasskopplek se
>> hoop verdwyn ensovoorts ensovoorts.
>> Die arme Afrikaners het hulle maar
>> laat gebruik, te bang om te erken dat
>> dinge nie meer goed en eerbaar lyk
>> nie. Ek glo ook dat daar 'n hele klomp
>> neo-nazi geld uit Kanada en die VSA
>> vir Renamo en allerhande ander toertjies
>> betaal het.
>
> Wow! Dit lees soos "volksverraad". Lekker ou samesweringsteorie waarvoor die
> boere so lief is - so 'n lekker manier om mens se probleme weg van jouself
> te projekteer, nie waar nie? Sukke ander vuilgoed wat vir al die vuil dinge
> verantwoordelik is!
OK Leendert, sal ophou om ander verklarings
te soek vir die duiwelsdrek-regime wat daar
in Suid-Afrika gedurende die 50's tot die
90er jare ontwikkel het. Volgens jou was
die basis maar die keuse van die Afrikaner.
En wie kan nou vir jou weerspreek? S^e my
net, was Verwoerd ook 'n Afrikaner?
> OK Leendert, sal ophou om ander verklarings
> te soek vir die duiwelsdrek-regime wat daar
> in Suid-Afrika gedurende die 50's tot die
> 90er jare ontwikkel het. Volgens jou was
> die basis maar die keuse van die Afrikaner.
> En wie kan nou vir jou weerspreek?
Jammer, ek volg nie die strekking van wat jy hier skryf nie.
> S^e my
> net, was Verwoerd ook 'n Afrikaner?
>
> Gloudina
Sê my net, Gloudina, is Gloudina 'n Kanadees? Of, om 'n meer akkurate
vergelyking te tref: is Gloudina se kinders wat in SA gebore is maar in
Kanada grootgeword het Kanadese?
If you are interested in the true news about South Africa which our left
newspapers supress to publich, just leave a note with the word subscribe to
rsa...@intekom.co.za
or
freed...@intekom.co.za
Baie geluk met 'n uitstekende plasing oor kultusse.Jammer dat ek vir jou
direk skryf.
Ek het uiteindelik 'n paar goeie ontdekkings gedoen, danksy jou hulp, en
"sien" nou meer plasings as ooit tevore. Ek wil jou asseblief 'n groot guns
vra.
As jy miskien al die " So hou ons partytjie" response geliasseer het, kan
jy dit asseblief vir my e-pos stuur?
Noudat ek uiteindelik baie plasings sien, sien ek vir die eerste keer
hierdie antwoorde, maar kry toe die boodskap:" This message is no longer
available ..." toe ek dit wou aflaai. Is dit miskien moontlik vir jou? Wie
beeindig 'n string? Daar is heelwat van die ander stringe, soos "Vriende
oorsee..." waarin ek dieselfde boodskap kry. Dis tog nie so oud nie, is
dit?
Jou uittsaande repliek in "kultusse" word baie hoog op prys gestel.