| Hollands [boodskap #151811] |
Ma., 08 Junie 2026 19:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25416 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hollands
Afbreking: Hol•lands
Samestelling: Holland + -s
Uitspraak: /ˈɦolɑn(t)s/
Selfstandige naamwoord: Hollands
Meervoud: –
Betekenis:
• Die Nederlandse taal of een van sy dialekte.
Gebruik:
• Ek verstaan Hollands, maar kan dit nie self praat nie.
Hiponiem:
• Kaaps-Hollands
• Kaapshollands
• Kombuishollands
Afgelei:
• verhollands
Afkorting:
• Holl.
Vertaling:
Engels: Hollandic, Dutch
Nederlands: Hollands
Byvoeglike naamwoord: Hollands
Attributief: Hollandse
Betekenis:
• Betreffende Holland, sy mense of taal.
Gebruik:
• Hy het met 'n Hollandse meisie getrou.
Spreekwoord:
• Die Kaap is weer Hollands. [Alles is weer reg.]
Vertaling:
Engels: Hollandic, Dutch
Nederlands: Hollands
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|