>
> Is emosie 'n reële faktor wat rasioneel in berekening gebring kan word?
>
Natuurlik, mits dit nie die debat in mens se verstand oorheers nie. Emosie
en die skeiding is van die elemente om in ag te neem in wanneer mens moet
besluit oor iets so verreikend soos om jou geboorte of aangenome land te
verlaat.
Ek kry altyd 'n bietjie inspirasie van my oupa-grootjie, wat ek nooit self
geken het nie. Die oubaas is in 1876 in Holland gebore, het homself as
skrynwerker gekwalifiseer, en toe op 'n skip geklim na Suid Afrika om nooit
weer terug te keer Holland toe nie. Dit natuurlik lank voor die tyd van 'n
twaalf-uur vlug tussen Europa en SA, en al die kommunikasie metodes wat ons
vandag ken.
Ek glo dat die proses vir hom baie emosioneel was, en baie moelik. Nogtans
het hy dit gedoen, en wat my betref het hy die regte ding gedoen, en met
oortuiging gedoen. Was hy "onpatrioties" of 'n "landsveraaier" om Holland te
verlaat? Nie wat my betref nie.
(As hy wel onpatrioties was, is alle mense in SA wat nie (oorspronklik) van
Afrika afkomstig is nie, of self landsveraaiers of afstammelinge van
landsveraaiers.)
Ek glo ook dat hy, as hy vandag geleef het, my en my gesin se besluit sou
goedkeur. Ongegronde en valse patriotisme is 'n meulsteen.
En hoekom moet die besluit altyd 'n een of ander etiket kry? Die wereld is
'n groot en 'n interresante plek, met baie geleendhede, kulture en
ondervindings om elke draai. En dit kan groot pret wees. Vir die mense wat
die geleedheid het, is die lewe buite 'n mens se "moeder-kultuur" baie
verreikend.
Ek is gebore in Namibie, het lank in SA bebly, baie gereis, toe in 94 na
Engeland, nou in Kanada. My een suster is in die VSA, my ander suster in
Hong Kong en my boet in Engeland.
Ek besef ons is bevoorreg, en ons is dankbaar daarvoor. Maar ek weier om
ge-etiketeer te word as 'n landsveraaier net omdat ek geleendhede aangryp.
(Wie weet, miskien gryp ons of een van my dogters eendag die geleendheid aan
om terug te gaan na SA?)
Ek is my oupa-grootjie dankbaar vir sy moed om sy vaderland te verlaat, en
die voorbeeld wat hy vir ons as familie gestel het.
Die bevryding kom uit dink, dink, besluit en dan doen, wat dit ookal is –
bly of gaan.
Die diens is gratis/ of vir 'n klein fooi, kan ons u advertensie plaas op
baie ander Suid-Afrikaanse
webblaaie - of reg deur die wereld!
SA Hyperbanner is deel van die wereldwye Hyperbanner diens, en ons doen meer
as 30 miljoen Internet baniere per maand - wat ons die 2e grootste Internet
banier diens ter wereld maak!
Ons maak gebruik van gesofistikeerde stelsel sagteware, en alreeds maak
verskeie nasionale instellings, oa. universiteite en ander instellings
gebruik van ons stelsels.
"Wat sal ons verlos van 'n terugkeer na die steenbed?
'n Droom, selfs 'n hersenskim, sal die mensdom red.
Op die duur. Maar môre weer, kap ek aan die wit
van 'n klipharde volkshart; my oë swem verward
daaroor; al's mes-skerp, dan satynsag, altyd hard.
'n lyn wasgoed wat wit-fossiel in die klip vassit
spring onder my pik los. In die geheue se agterplaas.
Vandag verlang ek na haar, soos die eerste mens...
'n Vreemde deernis laat die skerp eilandklip soggens
en saans fletser skyn in die dynserige waas"
Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
Die aarde word sag in sy oë wat tuur:
daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.
Ja, natuurlik, Bokkie!! Wat dink jy word gedoen met al die polisiemanne wat
nie amnestie gekry het nie?
Die woestynrot
Bokkie wrote in message ...
> Zeg worden er wel eens mensen opgevreten door leeuwen in ZA?
>
> Bokkie
>
Ek het 'n hele paar weke hierdie ng gevolg voor my eerste bydrae ("doel van
die nuusgroep") en ek het besluit om minstens te probeer om beleefd te bly.
Ek moet se, Gloudina maak dit baie moelik. Ek sal egter steeds probeer, en
daarom sal ek nie se wat ek dink jy is nie. Ek sal wel se wat jy het en
hoe jy optree. Jy het 'n giftige bek aan jou, en jy tree op soos iemand wat
baie meer oplet na die manier wat jy iets se, eerder as die inhoud
daarvan.
UITDAGING. Is daar iemand wat tog in eenvoudige woorde aan Godina kan
verduidelik dat elke boodskap 'n unieke vingerafdruk het, wat duidelik deur
enigiemand op die groep gesien kan word deur regs te kliek op die boodskap
en dan na die "properties" te kyk.
Om dit nog interesanter te maak - miskien kan iemand aan 'n (nie-tegniese)
manier dink wat twee of meer persone kan bewys op 'n nuusgroep dat hulle nie
dieselfde persoon is nie.
Ek kan nie met totale sekerheid se wie ander is of nie is nie, maar Bees is
'n unieke bydraer tot die groep.
Ferdi skryf oor die sosiale voordele van skoolbywoning:
<<On Thu, 05 Nov 1998 17:18:56 GMT, oos...@geocities.com wrote:
<<>Dis dus nie nodig om die kinders na die skool te stuur om die voordele van die
> verskeidenheid te geniet nie - dis in die gemeenskap rondom hulle, om elke dag
> ervaar te word?>>
Nee. Dink dieper.>>
OK, ek dink dieper:
Jy sê A:
<<As hulle nie saam op skool was nie, het hulle nie gemeenskaplikhede
gedeel nie. Dan het hulle nie vriende geword nie, maar eenvoudig in
dieselfde woonbuurt gewoon.>>
Ek verstaan nie wat jy hier bedoel nie. Wil jy sę dat die mense in die buurt
waar jy woon nie gemeenskaplikhede deel nie, en nie vriende word nie?
En sę jy B, wat jy aanvoer as bewys vir A:
<<Die bewys daarvan is die kinders in die woonbuurt wat na ander skole
toe gaan. My kinders en my kinders se maats het geen sosiale
wisselwerking met hulle nie. As hulle van hulle weet is dit bloot
toevallig en gaan dit nie verder as oppervlakkige kennis nie.>>
Ek dink nie dat B noodwendig bewys is van A nie. B kan ook ‘n aanduiding wees
daarvan dat ‘n skool sosiale skeiding veroorsaak tussen mense wat in die
skool is en mense wat nie in die skool is nie. In hierdie opsig stem dit
ooreen met die goedgekontroleerde bevindings van verskeie navorsers soos
Chatham-Carpenter waarna ek tevore hier verwys het.
In besonder bevind hulle dat die sosiale blootstelling van kinders in skole
amper volledig beperk word tot blootstelling aan mense van dieselfde ouderdom
(plus of minus twee jaar). Die effek hiervan manifesteer dan ook in ander
navorsing wat vind dat die sosiale ontwikkeling van kinders in skole beduidend
vertraag word. Dit sluit hul vermoë in om funksioneel te reageer op sosiale
situasies wat hulle nie tevore teëgekom het nie. (Een sielkundige verklaring
vir hierdie empiriese waarnemeings is dat die kinders nie blootgestel word aan
mense met ‘n verskeidenheid lewenservaring nie – dit verskraal die insette wat
bydra tot die ontwikkeling van ‘n realistiese selfkonsep.)
Onderwysdepartemente węreldwyd (SA uitgesonderd) reageer hierop met programme
wat miljarde dollar, deutchmark, ens bedra en wat daarop gemik is om
“mulitigenerational tutoring”, “family literacy” ens te bevorder. Die sg.
“school-to-work”-program in die VSA is maar een van honderde sulke
inisiatiewe.
My eie waarnemings in die verband interesseer my nogal – in skole gebeur dit
dikwels dat ‘n standerd twee (of agt) nie graag gesien wil word dat hy met ‘n
standerd een (of sewe) praat nie – wat nog van ‘n graad tweetjie (of standerd
sessie). Ek het ‘n verklaring van ‘n ouer (wat ook ‘n opvoedkundige
sielkundige is) wie se kind nie toegelaat is om van standerd vier na standerd
vyf te spring nie, ten spyte van etlike onafhanklike sielkundige
aanbevelings. Die rede wat die departement gegee het, op aanbeveling van die
onderwysers in die skool, is dat die standerd vyfs hom nie sou aanvaar nie.
(Hy was ses maande jonger as die “minimum”-ouderdom vir standerd vyf! In ‘n
land met ‘n grondwetlike verbod op diskriminasie op grond van ouderdom!)
Onder kinders wat nie in skole is nie, is dit vir my opmerklik om te sien
hoedat hulle ‘n daglank kan saamspeel, van speenoud tot matriek. Omgekeerd, is
dit opmerklik hoe gemaklik hierdie selfde kinders met volwassenes kommunikeer.
My waarnemings in hierdie verband word bevestig deur verskeie gesaghebbende
ondersoeke wat bevind dat kinders wat nie skole bywoon nie beduidend meer
sosiaal volwasse is, meer sosiaal buigsaam is, en meer geneigd is om vreemde
kinders by ‘n groep in te sluit.
<<Ek veronderstel 'n mens moet eers betrokke wees by n skool - soos
kinders op die skool he - om te weet hoe n skool n gemeenskap inmekaar
kan laat pas. >>
Ek stem saam. In hierdie opsig steun ek baie sterk op die feit dat ek en my
vrou amper ‘n kwarteeu se intense betrokkenheid het by vyf verskillende skole
in verskillende dele van die land – as leerders in daardie skole.
<<Hoe dit nie alleen die kinders onderling belangrike gemeenskaplike
ervarings gee nie - wat wissel van gesamentlike opofferinge vir
buitemuurse aktiwiteit gegrond in die skool,>>
Ek weet nie wat die praktyk in jou omgewing is nie. Ek tel egter elders op dat
die meeste skole besig is om hul buitemuurse aktiwiteite los te maak van die
skool en in klubverband te organiseer. Klubs en ander fasiliteite wat oop is
vir alle lede van die gemeenskap. Die gevolg is dat die betrokke aktiwiteite
nie beperk is tot leerders van die skool nie. Andersyds vind mens dat kinders
van een skool dikwels betrokke is by buitemuurse aktiwiteite wat by ‘n ander
skool aangebied word. Maar nie net kinders nie – volwassenes ook. Die neiging
is dat die aktiwiteit (van sport to skaak tot musiek) heeltemal los van die
skool gesien word, behalwe dat dit die fasiliteite van die skool gebruik – net
soos ‘n kerkgenootskap wat die saal op Sondag gebruik, of ‘n
belastingbetalersvereniging wat dit op Vrydagaand gebruik. Omtrent die enigste
uitsondering hierop is atletiek wat nog sterk met skole ge-assosieer word.
<<tot optredes deur kinders
in en by die skool wat reels van die samelewing skend en die reaksie
wat dit het en ontlok>>
Interessant dat jy dit noem. Daar is heelwat mense wat tot die gevolgtrekking
kom dat kinders in skole meer geneigd is om “reëls van die samelewing te
skend” as enige ander identifiseerbare sektor van die samelewing. Daar is dan
ook interessante navorsing gedoen wat ‘n verband vind tussen skoolbywoning en
misdaad.
Op anekdotiese vlak vind ek deesdae dat al meer mense tuisonderwys vir hul
kinders oorweeg nadat hulle ‘n positiewe ontwikkeling waargeneem het in die
gedrag van ‘n familielid of ‘n kind van vriende wat ‘n “probleemkind” was, en
wat ontpop het tot ‘n bedagsame en sosiaal aktiewe lid van die samelewing
binne maande nadat hy opgehou het om die skool by te woon. Twee van hierdie
gevalle het ek self waargeneem.
Vir sover hierdie waarnemings geldig is, skryf ek dit toe aan ‘n gebrek aan
leiding in skole. Sosioloë en bestuurswetenskaplikes is van oordeel dat een
mens nie behoorlike leiding kan verskaf aan meer as sewe tot twaalf ander
mense nie. Maar in skole verwag ons van onderwysers om leiding te gee aan
dertig tot sestig. Om nie te praat van die getalsverhouding tussen kinders en
toesighoudende onderwysers op die speelgrond nie. Ons vereis dus van
onderwysers om leiding en toesig te verskaf oor veel groter getalle mense as
wat op enige ander plek in die samelewing aanvaarbaar is (behalwe miskien in
tronke – selfs die infanterie het ‘n beter verhouding).
Dit moet ons dus nie verbaas as skoolkinders, wat nog besig is om hul sosiale
vermoëns en die “reëls van die samelewing” te leer baie meer dikwels daardie
reëls skend nie, bloot omdat hulle ontoereikende leiding ontvang in die
ontwikkeling van hul sosiale vaardighede. In die praktyk op skool gronde is
dit gewoon ‘n kwessie van onkundiges en onbeholpenes “sharing their
ignorance”.
<< - maar ook hoe dit ouers kan saambind.
My kinders het vriende wat hulle NOOIT sou leer ken het as hulle nie
in dieselfde skool was nie. En ek en my vrou het van daardie kinders
se ouers leer ken. Ons sou hulle nooit ontmoet het as dit nie vir die
skool was nie.
En die ontmoetinge het nie alleen ons (en ons kinders) se vriendekring
uitgebrei nie, maar ook lewenskennis vergroot.
>>
‘n Mens moet miskien ook die moontlikheid oorweeg dat daar mense is wat jou
kinders, en jy en jou vrou, nooit sal ontmoet nie, juis omdat ‘n mens se
sosiale lewe so deur ‘n skool in beslag geneem kan word (Ek het eenmaal ‘n
stuk navorsing teëgekom wat bevind dat die sosiale lewe van gesinne met
kinders letterlik bepaal word deur die kinders.)
Ek, daarenteen, kan letterlik honderde voorbeelde noem van mense wat my
kinders, my vrou en ek nooit sou ontmoet het as my kinders in ‘n skool was nie
– terselfdertyd ken ons die meeste kinders in die plaaslike skool en hul
gesinne.
<<Die skool doen ook talle ander dinge: My kinders bespreek byvoorbeeld
goed wat kinders doen of nie doen nie en vrae dringende morele vrae om
dit. Dan moet ons dit bespreek. Dan kom dit weer op as ander mense
kuier wat ook kinders op die skool het. Dan word dit weer bespreek -
met n effens ander aanslag.>>
Maar wat laat jou dink dat dit nie gebeur in gesinne waarvan die kinders nie
skoolgaan nie?
<<Dis nie teorie nie. Dis werklikhede -
gedoen en gesien onder en deur die kindergemeenskap van die skool - en
as sulks ontlok dit nog passievolle belangstelling by die kinders.
Al sulke dinge wat n mens waarskynlik net van weet as jy die ervaring
het. Dis nie akademiese teorie nie.>>
Nou ja, soos ek sę, my vrou en ek het saam ‘n kwarteeu se ervaring as leerders
in ‘n skool. Dis nie teorie nie. Dis werklikheid.
Daarbenewens het die twee van ons verlede jaar 1700 telefoniese gesprekke
gehad met mense wat hul kinders uit skole wou haal. Vanjaar is daardie getal
reeds teen Juniemaand bereik. Dis nou benewens die gesprekke wat ek met mense
het tydens die tientalle seminare en werkwinkels wat ek oor die afgelope jare
aangebied het en waartydens mense intensief met mekaar praat oor juis die
soort ding wat jy hierbo noem. Ek sou sulke gesprekke beswaarlik as
“akademiese teorie” beskou.
Ek wil egter herhaal wat ek vir ons naamlose vrien uit twin cities gesę het –
ek is oortuig daarvan dat elke kind se ouers die mense is wat in die beste
posisie is om te bepaal wat in die kind se beste belang is – dit sluit in
besluite oor skoolbywoning.
<<My kinders se lewe in oneindig meer gevarieerd en vol honderde meer
fasette OMDAT hulle op skool is. En my lewe ook.>>
Maar watter ervaring het jy om oordele uit te spreek oor die omstandighede van
gesinne wie se kinders nie in ‘n skool is nie? Met ander woorde: waarop grond
jy die vergelykende stelling wat jy in jou laaste sin maak?