Ek hoop jou Afrikaans eksamen het goed afgegaan. Miskien sal die proffies
by Unisa meer genadig wees met zoeen Vlaamse meisje as wat jy dink. Dit sal
in elkgeval nie lekker moes wees om dit in Brussels te doen nie. Ek skryf
my Nederlandse toets vandag.
Die Woestynrot
vandag in die somme klas onthou ek lat ek gevergeet het om oom te
vertel van die lapa op die wildsplaas. 'n lapa is 'n muurkie van
takke en riete wat om die vuurmaak plek gebou word om te keer lat
'n leeu skierlik hier in jou nek bril. dit help ook om die skerp
joene binne te hou, lat 'n mens op hulle kan trap as jy gesyp is
en kaal voet loop. my pa sê iemand wat deur 'n skerp joen gebyt
is gaan regyt jemel toe, want dit brand die lewende hel yt jou yt.
'n lapa het nie 'n dak nie, so dit help bokke rol vir die son en
vools wat oorvlieg nie.
laas naweek toe sit ek en laf rassie en kyk deur die riete wat praat
die grootmense om die vuur. dit was net na ons so gesukkel het teen
die walvisse, toe lyk dit of die grootmense nie jys lus is vir syp nie.
my pa sê toe hy wil vir hulle 'n storie vertel wat hy in die koerant
van die kwaai oom van die nies groep gelees het, om hulle op te beer.
hy sê die kelner stap in die hotel verby die hannie moen swiet en sien
die kamer mysie en portuur maak beerte om deur die sleutel gat te loer.
toe wil hy ok. my ma sê 'n mens mag nie, jou oge val yt. dis beter om
met jou oor teen die deur te lyster, want as jou oor afval kan jy darrim
nog hoor. toe hy klaar gekyk het sê hy dis dieselfde man wat gekla het
oor die haar in sy sop.
die anties se gesigte het rooi geraak van die vuur en hulle het gegiggel
soos my sussie toe sy die eerste keer 'n brief van 'n boi frend gekry het.
die ooms het gelyde gemaak soos wanneer 'n mens naar word. oom jôn het
naar geword, maar ek neem hom nie kwalik nie, want ek laaik ook nie van
hare in my sop nie. ok nie van gekookte melk se velle in my tee nie. maar
dit kon ok van die brannewyn en kouk gewees het.
oom tio sê hy kan aan beter maniere dink om iemand op te beer. toe sê my
pa 'soet jor self, ek weet wat lekker is'. toe klap my ma hom. ma' my pa
weet wat lekker is, oom. boontjie en kaboem mielie sop met gebakte petats
wat my ouma altyd vir hom gemaak het.
antie willien het haar vrek geskrik vir die volstrys. sy ken nie groot vools
nie, want sy het nie kinners nie. toe sy in die middel van die nag klyn
hysie toe loop, toe bril die volstrys langs die klyn hysie. toe dink sy dis
'n leeu en hol terug rondawel toe. syt die hele nag geknyp en die volgende
ooggend toe lyk sy soos 'n opgeblaasde bril parra, net blouer om die kiewe.
koebaai oom kaspaas, en moenie lat oom se snor in die sop kom nie, die antie
sal dit nie laaik nie.
Die gedagte oor die ou geskiedenis van Caprivi is nogal interessant, maar
vertel ons liewer van die Special Field Force, daardie bende gekamoefleerde
bobbejane van Danger Ashipala, wat nou op jag is deur die Caprivi op soek na
sogenaamde afstigters en verraaiers. Shame, het hulle werklik gedink hulle
gaan vir Muyongo vang? Meeste van hulle moet eers nog leer kaartlees! Of
skryf, bygesê.
Die Woestynrot
ek het belowe om te vertel van die wildsplaas. my ma sê beloftes
maak skuld. my pa sê nie betaal nie maak skuld. hy raak woerend as
mense hom nie betaal nie. hy sê hy mweb hulle sommer.
'n wildsplaas is nes 'n wildtyn, oom. net baie klyner, en da is niks
wild nie. my pa sê dis te ryg. ons bly in 'n snaakse plek oom. hie
reent dit in die somer. na die winter lyk die veld of hy afgebrand is.
dan val hier in die nag drie druppels reent, en die volgende môre lyk
die veld so groen soos nieweland. my pa sê ons veld is dankbaar. my
ma sê dankbaar is as 'n mens klere aan jou lyf het en 'n stukkie dro
brood het om aan te kou. ma' nie met katjie botter nie, dit klou aan
jou verjemelte vas dankie.
da' is 'n paar rondawels met grasdakke op 'n wildsplaas. die mense hie
kan nie talijaanse teels bekostig nie. voor die vensters is daar gaas om
die miskiete binne te hou lat hulle heel nag in jou ore kan sing. dan spyt
jou ma jou met piesvoel sliep. laas toe my pa hulle botswana toe is toe
raak hulle gesyp in fransis town. toe die miskiete begin byt, toe spyt
hulle in die donkerte piesvoel sliep. die volgende dag sien hulle dit was
heppie fiet, toe vrek hulle amper ammal van die mal jaria.
da' is ook 'n vuil swembad met vrot water en parras wa die grootmense sê
ons moet loop swem as hulle sit en syp en str.. e, nonsens stories praat.
dan wonner hulle in die nag wat hulle moet maak oor ons so skree van die
steek in die ore, ma' nie die wat te gesyp is om wakker te word nie.
da' is darrem volstruise op 'n wildsplaas. hulle is groot vools wat nog
nie geleer het om te vlie nie, oom. die mannekie is swart, dan gaan sit
hy op die grond, en swaai sy nek en vlerke, lat jy net die vere sien wa
mee my ma afstof. dan kom die wyfiekie nader, want sy laaik dit. my pa
sê sy raak gemes meraais. dan gaan sit sy op die grond, dan staan die
mannekie op. dan sê my ma my pa moet liewerster ry lat sy vir ons kan
gaan druppels in die ore gooi.
ek vra my pa wat soek die mannekie. hy sê moeilikgeit. hy sê alle groot
vools maak moeilikgeit, ek en my sussie moet dit onthou.
koebaai oom kaspaas, sê die antie moenie moeilikgeit loop soek met groot
vools nie.
hulle noem hulself die komitee van twee
en op 'n dag is daar beroering in elke tree
kultuurbewus trippel die twee vinnig mee
fluister benoud o ons moet konfedereer
dis byna damesoggend met koek en tee
ons moet nog soveel reël en gee
hier laat haal en daarso bel opreg verleë
die dames vra om vinnig te verklee
vir die tuis-ontwerpte modeskou
komitee van twee se werkprogram
word soos 'n broodjie ingesuur
die een sorg dat elke westville-buur
haar geldjies na die ware bussie stuur
die ander een hou streng die woord by daad
sy doen gekultiveerd haar doen tot sawens laat
en immer stralend word elke maat
ge-motivate ge-inspirate
die saal se hoekies word ge-decorate
bespreek bepraat tot in die hoogste graad
komitee van twee is eintlik meer as een
en elke bykomstige been weet hoe om te bedel
totdat net die beste koppies reën
hoe om die saal tot paradys te tooi
met skildernaald en hekelwerk
met servetjies vlinderpienk vir mond alleen
vars gebak vir elke smaak onbeperk
en blomme soos bruidjies aaneen aaneen
ai die groot dag het spoggerig professioneel gebeur
so met spraak en sang en modekleur
van vrouens milady's-jonk of in foschini-fleur
elkeen grootoog nuuskierig en opgebeur
mevrou van die administrateur
het gesorg vir politiek en terreur
maar dit was die modeskou in majeur
wat iedereen kon hipnotiseer
mevrou professor het ingedans en gewink
met electric-blou
die oë bewonderend gevange gehou
die entrance van mevrou dokter
was soos 'n uitgelate pou
wat haar wye elegante hoed
so oop en toe laat vou
die l.o.-juffrou het eers geklou
om alles tergend toe te hou
toe die rok laat val met baaikostuum
gewys sy is voorwaar oulikies gebou
applous! applous! met geen berou
dit was 'n oggend vir die vrou
nog steeds op wolke van die irreële
het sekere lede en onderdele
van die komitee van vele weer vergaar
vir die natmaak van die kele
om net vir oulaas darem weer te draal
oor daardie melk-en-heuning-oggend in die saal
agurkies olywe doopsous en kaas
word vinnig verorber gulsig geaas
dames ons drink 'n glasie
op hierdie laaste bymekaar
en onthou ons sien julle almal
weer aanstaande jaar!
Caprivi se stormagtige verlede
DIE vlamme wat nou in Caprivi opwel, is nie afkomstig van 'n veldbrand nie,
maar is 'n ou vuur wat gestook word.
Dit het reeds meer as honderd jaar gelede begin toe onderhandelinge tussen
Duitsland en Brittanje die deurslag gegee het en Caprivi deel van
Duits-Suidwes-Afrika geword het.
Om egter 'n beter perspektief van dié streek te kry wat die afgelope dae
weer in 'n kookpot verander het, moet die wysters na die 1800's teruggedraai
word.
Tussen die jare 1600 en 1870 is die Luyana-koninkryk met sy verskillende
groeperinge in die sentrale Zambezi-vallei gevestig. Die groeperinge het
gestrek van Kasane in Betsjoeanaland (Botswana) na die westelike deel van
Noord-Rhodesië (Zambië) tot in die huidige Caprivi. Die Luyana-koning,
Sebituane, is deur sy seun, Sekeletu, opgevolg.
Sekeletu was egter as 'n swak heerser beskou en die situasie is in 1871
uitgebuit toe sy koninkryk deur ene Liwanika van die Kololo-koninkryk
oorgeneem was. Die Sotho-groep het voor die Zoeloes uit Suid-Afrika gevlug
en van die begin af die verskillende groeperinge, onder meer die Masubia,
Mafwe, Mayeyi en Litunga, gedwing om een gemene taal, Lozi, te aanvaar.
"Die skakeling tussen Caprivi en 'n gedeelte van Zambië en Botswana is die
feit dat diegene nou almal Lozi as 'n algemene taal gebruik, hoewel elke
groep nog sy eie taal behou het," het die hoof van die departement
Geskiedenis aan die Universiteit van Namibië, prof. Mwelwa Musambachime,
gesê.
Dit was toevallig in daardie tyd dat die super-moondhede in Europa oor
grondgebied begin meeding het en wat in 1884-85 op die Berlynse konferensie
uitgeloop het. Volgens die boek Namibia in History waarvan die huidige
Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, 'n medeskrywer is, het Europese
lande op hierdie konferensie bespreek op welke wyse hulle hul bedrywighede
in Afrika gaan voortsit. "Hulle het planne gesmee oor watter gedeelte van
Afrika deur watter Europese land beset sal word."
Op 30 Desember 1886 is 'n ooreenkoms aangegaan waarvolgens Duitsland oor
Duits-Wes-Afrika sal heers. (die lot van die huidige Caprivi het egter eers
vier jaar later onder die soeklig gekom). Op dieselfde konferensie is
Betsjoeanaland onder Britse heerskappy geplaas.
Hoewel Caprivi reeds in 1890 na die Duitse kanselier, Georg Leo von Caprivi
Di Caprara Di Montecuccoli, vernoem is, is die transaksie tussen Duitsland
en Brittanje om dié gedeelte af te staan eers in 1893 beklink. "Dit is so
dat die huidige Caprivi eers later deel van Duits-Wes-Afrika geword het toe
Brittanje die strook aan Duitsland afgestaan het," het prof. Musambachime
bevestig.
Die oorspronklike naam van die streek was Caprivi Zipfel, wat verwys na die
dun landstrook wat aan Botswana, Zambië, Zimbabwe en Namibië grens. Met die
teenwoordigheid van die Duitse heerskappy in Duits-Wes-Afrika, was dit
makliker om Brittanje te oortuig om dié strook ook aan Duitsland af te
staan. "In hul onderhandelinge met die Britte het die Duitsers ook die
Caprivi-strook bekom sodat dit Duits-Wes-Afrika met die Zambezi-rivier kan
verbind," volgens Namibia in History. Die ooreenkoms het dié grondgebied wat
soos 'n vinger tot in die hartland van Afrika strek, afgestaan in ruil vir
grond waarop onder meer met beeste geboer kon word.
Die beweegrede om die Zambezi-rivier te bekom, was egter ook gekoppel aan
die doel van die Duitse regering om 'n skakel tussen Duits-Wes-Afrika en
Duits-Oos-Afrika te bewerkstellig. Volgens die Namibia Handbook deur
Sebastian Ballard was verdere oorweginge om die Zambezi-rivier as 'n
vervoerroete na die see te gebruik, terwyl die bykomende water van die
rivier as lewensmiddel vir die inwoners van Duits-Wes-Afrika belangrik sou
wees.
Die eerste Duitse inwoner in Caprivi was kaptein Kurt Streitwolf wat hom in
1906 in die gebied gevestig het. Hy was ook vir die opstel van die eerste
landkaart van Caprivi verantwoordelik. Toe Duitsers hulle in Caprivi begin
vestig, het Letia, die seun en verteenwoordiger van die Barotse-koning,
Liwanika, met sy onderdane oor die rivier na Noord-Rhodesië (Zambië) onder
Britse heerskappy teruggetrek. Dié groep is vandag steeds in Wes-Zambië
gevestig. Die res van die inwoners het in Caprivi agtergebly, onderworpe aan
die Barotse-groep wat in die noordelike Caprivi-strook gewoon het.
Die inwoners van Caprivi was egter nooit in hierdie onderhandelingsproses
geken nie, min wetende dat dit nie die einde van hul lot was nie.
In 1914, gedurende die Eerste Wêreldoorlog, het Rhodesiese troepe Caprivi
oorgeneem. Dié strook is tot 1920 onder die beheer van Betsjoeanaland
geplaas toe die Volkerebond anders besluit het. Dié organisasie het besluit
dat die Unie van Suid-Afrika as mandaathouer van Suidwes-Afrika, ook vir
Caprivi verantwoordelik sal wees. Re�lings moes egter eers met
Betsjoeanaland getref word sodat die Unie van Suid-Afrika Caprivi kon
administreer, hierdie reëling wat van krag gebly het tot 1933 toe
Suid-Afrika beheer oor dié strook oorgeneem het.
Met die koms van die koloniale magte in Caprivi het die verskillende stamme
om erkenning begin wedywer ten einde die beste geleenthede vir die stamhoof
en sy onderdane te beding. "Hierdie wedywering gaan steeds voort. Die stamme
in Caprivi kompeteer nog steeds om erkenning deur die huidige Regering sodat
die een stam kan sê dat hul leier die belangrikste in die streek is," sê
prof. Musambachime.
Politiek het uiteraard 'n groot rol in die wedywering om status tussen
stamme gespeel. Die eerste politieke party wat in Caprivi in 1963 op die
been gebring was, was die Caprivi National Union (Canu) onder leierskap van
Brendan Simbwaye. Dieselfde jaar het dié party in die destydse Wetgewende
Vergadering onder Suid-Afrikaanse beheer dit duidelik gestel dat hulle teen
die gedagte is dat Caprivi van die res van Suidwes-Afrika afstig. Die party
het in 1964 by Swapo aangesluit en mnr. Mishake Muyongo het Canu in die
Swapo hiërargie as vise-president verteenwoordig. Ondanks Canu se vroeëre
uitlatinge oor afstigting, hou mnr. Muyongo vol dat een van die voorwaardes
met die aansluiting van Canu by Swapo was dat die afstigting van Caprivi
weer ondersoek sou word sodra Namibië sy onafhanklikheid verkry het.
Alhoewel dit ten sterkste deur Swapo ontken word, is dit duidelik dat die
saadjie van afstigting reeds in die jare sestig geplant is.
Ná onafhanklikwording het politiekery die stamtwiste in Caprivi aangewakker
met sommige stamme wat Swapo ondersteun het terwyl ander weer ondersteuners
van die DTA is. Dit het verskeie kere daartoe aanleiding gegee dat geweld in
die streek uitgebreek het.
Intussen het Namibië ook met Botswana in 'n grensgeskil oor die eilande
tussen die twee lande betrokke geraak, 'n geskil wat steeds nie opgelos is
nie. Daarbenewens het die gedagte van afstigting vroeër vanjaar weer begin
wortel skiet. Dit het uiteindelik daartoe gelei het dat mnr. Muyongo sowel
as die opperhoof van die Mafwe-stam en al sy khuta-lede deel van die groep
was wat na Botswana gevlug het en om beskerming by daardie regering aansoek
gedoen het. Volgens prof. Musambachime kan 'n opperhoof vir die Mafwe-stam
nie aangewys word nie solank as hoofman Boniface Mamili lewe nie, maar
iemand mag wel aangewys word om die stam se sake in die tussentyd te
hanteer.
Bespiegelinge doen nou die ronde dat die rivierpolitiek tussen Namibië en
Botswana, met die uitgewekenes uit Caprivi, dalk weer kan terugkeer na die
1890-onderhandelingsproses. Wat egter hier in ag geneem behoort te word, is
die wil van die inwoners van hierdie streek wat dekades lank reeds aan
verskeie heerskappye onderworpe was.
Oom het ok mar nie so mooi na die spelling van jou naam opgeletie maar nou
het oom mooi gekyk en die oom sal onthou. Ons het ok moeilikheid met die
famielie en name gehad - my pa en ma het gedink ek sou die enigste wees en
toe kry ek die eerste name van die oupas weerskante toe. Later jare het ek
mar gehoor so na die testamente gelees is dat dit 'n neukery afgegee het.
Dis seker hoekom ek bokkerol by my oupas ge-erf het ok. En nou dat ons die
famieliesakies reg gesorteer het, kan ons weer oor die meer ernstige dinge
gesels......
Nee man, miskien het ek nie duidlik genoeg gepraat nie. Oom Piet het 'n
bokkerop gemaak toe hy skiet en onthou, die Lemetford was ok al goed
uitgeskiet. Maar oom Piet was okkie 'n ou wat maklik geluister hettie.
Toe los hy die Lemotford innie Dodge want hy reken toe mos hys mans genoeg
virrie gensbok met net sy Josef Rogers. My pa het darem al iets van
gensbokke geweet . Is die wat hy vir oom Piet iets van gatte sien geskree
het maar toe het die gensbok al klaar vir oom Piet met die horings gewaai.
Is wat my pa toe die Lemetford gryp ennie die gensbok blaker.
Darie storie vannie leeu in die kômas is waar- ek onthou hom. Ok maar
snaaks waar die ongediertes oral na beeste loop en soek. Tot ver bokant
Terracebaai het fôna en flôra leeuspore oppie strand gekry ennit wassie
honnert jaar nie toet hulle vir ta gesien ok. Mar gelukkig virrie leeu
boer niemand daar met bees nie toe los hulle hom uit. Ek praat maar van
fôna en flôra hulle solat jy kan verstaan van wie ek praat want hulle het
besluit hulle hou nie van meisiename nie en nou is alles onder ministries
verdeel.
Pertykeer as ek met die ou Land Rover paaltjies toe gaan om ietsie vir die
pan te kry, gebeur dit dat ek springbokke binne 100 tree van die strand af
raakloop en mens kan springbokke, gensbokke, volstuise en wille donkies nie
ver vannie dorp af nie in die Kuiseb se loop sien. Mar nou is die dorp
se mense die moer in virrie ouens op hulle kwat baaiks wat loop nonsies
aanjaag met die wildjies daar waar die ministrie se mense hulle nie kan
bykom nie..en wat spore innie woestyn en duine trap warie wind dit nie so
gou sal toewaai nie.
Hier was glo 'n klompie langhare wat berigte skrywe. Nou is daar so baie
tydskrifte al in die boekwinkel mens raak skoon dronk van al die name. Lyk
ok vir my daar is glad al 'n spesiale tydskrif vir die bankrowers - iets te
doene met karre en soos ons in die bankroof films hoor, glo oor getaway
karre. Nou, dis darie oues wat glo 'n paar dae hier kom kuier het en toe
virrie hele wêreld loop te vertel het ons waai toe onner die sand omlat ons
glo neuk met die ondergrondse watertjies. Vreeslik tegnies en oom
verstaan ookie altyd wat hulle praat nie maar ek weet dat my ou vriend naby
Hochfeldt se grondwatertjies baie verbeter het nadat hy 'n boeldoser gekoop
het en damwalle oor al die spruitjies gemaak het. Nou loop die watertjies
nie meer weg nie en daars sommer ook nog baie meer wildjies op sy plaas.
Miskien werk dit so in die woestyn ook.
Jare gelede net na die groot oorlog het 'n sekere godsdienstige groepie hier
voorspel dat Walvisbaai deur die see oorstroom sal word omdat daar so 'n
snaakse skip hier in die hawe gewerk het. Die skip het glo die hawe dieper
gemaak maar het ook hirrie mense so bang gemaak dat hulle dat hulle almal,
lok, stok en bêrrel hulle werk by die railways gelos het en weggetrek het.
Hulle is vandag nog weg en dis rerig al wat gebeur het.
Miskien is darie rowertydskrif se mense ok maar so verkeerd.
Mar wat ek jou ok wil vertel nog van die jagtery in die ou dae met gewere
wat uitgeskiet is en die min patrone, is dat dit die ouens geleer het hoe om
te bekruip of anner planne te maak.
Die hardste wat my pa my nog geklap het in die jagveld was juis oor so 'n
koedoebul wat gaan staan kopskud het toe hy moes stilgelê het. My oom was
op 'n plaas in Kalkfeld se wêreld en sy ou geweer was 'n pie fortien - jy
onthou mos nog die pie fortien ?? Was maar net 'n Lemetford met 'n moerse
lang loop. Ewenwel, my oom s'n was ook spesiaal want as mens die
skoonmaakborsel deur sy loop gedruk het, kon mens duidelik voel in die
middel van die loop het die Ingelse 'n ekstra kamer ingebou - die borsel het
sommer so deur daardie deel geval. Met daardie pie fortien moes mens nader
as 100 tree aan iets wees om dit enigsins raak te skiet. Ons het hom later
goed geken - op 100 tree het mens so ses voet regs gemik dan kom jy
naastenby op die kol uit en die hoogte was altyd daren binne 'n voet reg.
Ry toe een mirrag oor na die bure toe - dis nou my oom en my pa voor in die
Fargo bakkie en ek ek my oom se mak bojaan agterop. Sal jou nog eendag van
die bojaan ook 'n ding vertel. Ek moes hekke oopmaak, pa het met die pie
fortien gesit, my oom het bestuur en die bojaan het net vir sy plesier
saamgeneuk. Okkie ver nie of hiers 'n koedoebul sommer teenaan die
plaaspad.maar pa het seker nie genoeg toegelaat met die regs mikkery nie en
hy blits toe die koedoe deur die nek. Nou, het jy al gesien hoe slaat 'n
ding neer met 'n kamskoot ? Pa en my oom roer toe hulle litte om vinnig te
kan bykom vir die keelafsny anners staan die koedoe weer op.
Ek onthou nog hoe my oom vir pa sê , Ouboet, trap jy sy horings vas dan sny
ek. Nou was my pa okkie veel dikker as 'n voorslagriempie nie maar hulle
trek die koedoe se kop agtertoe en pa trap vas. En toe gebeur baie goed
tegelyk. My oom begin sny, die koedoe word wakker, die koedoe staan op,
met die opstaan skud hy sy kop, pa trek deur die lug, die koedoe vertrek, en
'n haaknsteek breek darem pa se landing. Vanwaar ek gestaan het, het pa
gelyk soos 'n karakoelvelletjie wat op 'n sakraam droogword - dis nou toe hy
so deur die lug trek. En daar sit pa toe vas in die haaknsteek - sy voete
was nie eens oppie grond nie.
En toe begin my oom te lag en ek dog toe dis orraait om saam te lag want dit
was vreeslik snaaks. Maar pa het nie so gedink nie en ons het net sy
regterarm losgekry toe blits hy my teen die oor. Dit was vir my vreeslik
onregverdig want my oom het tweekeer meer gelag as ek en hoekom blits pa hom
nie ook nie ? Seker die beste part van 'n kwartier geneem om pa uit die
bos te kry. Eers twintig jaar later het pa begin saamlag.
Die koedoe. Ja ons het hom toe so twee honnert tree daarvandaan gekry.
My oom se Josef Rogers was vlymskerp en hyt gelukkig die slagaar afgesny met
die haal of twee wat hy ingekry het.
Maar oom moet nou gaan slaap. Ek kan nie die heel nag met julle jongspan
sit en ginnegaap nie, Ek en die tante wil more gaan kyk of die vroëe
kabeljoutjies nie al daar anderkant Wlodtskabaken aangekom het nie.
On 15 Nov 1998 03:30:15 -0000, Secret Squirrel
said the following:
|Food was always a good one ... remember those big red cheeses!! Scale one of those, 10 rump steaks, 12 eggs, 10 litres of milk plus all the required cooking utensils and you could have quite a good party with that. Of course you would simply throw away all the equipment and evidence afterward.
|
|Sometimes you would accidently slip the vehicle into reverse when you were still travelling forward, and with a bit of luck would hear a deep crunching sound which would signify "End of Game" like some motorised pinball machine.
|
|Camps were a bit of a hoot too. I remember doing a harbour camp for a month and continuing to eat at the naval mess for 2 months afterward. Ag man .. It's just that I enjoyed the life so much!
|
and the only people who sufferred from your actions were the tax
payers of the time. Bahalwe as jy nou 'n briefie vir oom PW geskryf
het en vir hom gesê het: "Wh�, ek het tog jou regering ekstra geld
gekos!"
I think you effort was completely wasted....
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
In een diskussie die Thorsten momenteel op een andere nuusgroep voert haalde
hij het verschil tussen Engels aan Duits aan bij het maken/nemen van foto's;
ein Foto machen, to take a picture. Het leuke vind ik dat ik in het
Nederlands beide kan gebruiken. Is dat in het Afrikaans ook zo?
"Ek neem 'n foto van my fiets"="Ek maak 'n foto van my fiets"???
Misschien spreken jullie wel helemaal niet van "'n foto". Het viel me al op
dat jullie het woord "fliek" voor film gebruiken, hebben jullie ook zo'n
mooi woord voor een foto? Hier spreken we nog wel eens van een "kiekje"
(meneer Kiek was een Leids studentenfotograaf), maar dat woord is 'n beetje
in onbruik aan het geraken.