ek wou gaan stap het langs die see
wat nou swarter word teen sononder
ten spyte van die steenkool in die sand
die gebreekte pyp van 'n ou riool
en verderop die swambruin van 'n stroom
ten spyte van die swerm blikkies leeggedrink
die stalletjie alleen en toegestaal
in die laat lig van die aand
want ek het aan jou gedink
skaars ses uur afwesig
het ek verlang het ek gewonder
hoe was daardie droom
toe jy die woord skimmellig
skielik uit jou hartsak haal
die hokkieproewe duur die glansen-
de dag lank
'n oopgekliefde oogbank
ontsmet ek
my hande skutblaar haar parmantige
kop
trip die gevlegde paadjies na
die skraal ingeteuelde leftwing
krul op die veld van pyn
ek sit my hand op die dyspier
wat ondervels bibber soos 'n ratel
of rot
o waar sal my gulp vandaan kom?
Jy is aantreklik.lank en slank. Jy is op soek na n betroubare, eerlike,
sensitiewe een-vrou-man. Jy hou van klassieke musiek, jazz, die teater,
Europese rolprente, letterkunde, stap en reis.
Ek is op soek na 'n metgesel in die ouderdom groep van tussen 20 en 30. Jy
moet mooi wees, goed gebou, bruin gebrand wees en baie hou van "jol". Jy
moet ook baie hou van partytjies asook van sosiale geleenthede. Foto sal
as waardeer word
(veral in jou bi-kini)
> Ek is op soek na 'n metgesel in die ouderdom groep van tussen 20 en 30. Jy
> moet mooi wees, goed gebou, bruin gebrand wees en baie hou van "jol". Jy
> moet ook baie hou van partytjies asook van sosiale geleenthede. Foto sal
> as waardeer word
> (veral in jou bi-kini)
>
> Jy kan my kontak by die volgende E-Mail adres:
>
> pvwa...@intekom.co.za
So, jy soek na 'n metgesel, "verkieslik 'n
dame." Beteken dit dat dit ook 'n heer kan
wees? Of beteken dit dat dit nie noodwendig
'n dame hoef te wees nie, maar ook 'n losbol,
'n feeks, 'n viswyf, ensovoorts, ensovoorts,
solank sy aan die vroulike geslag behoort?
Vir iemand wat op die eerste Januarie op sy
rekenaar sit, terwyl hy eintlik besig moet
wees om te jol, het jy baie veeleisende
vereistes vir die applikant. Jy klink na een
van daardie persone waarvoor die Engelse
idioom van pas is: "beggars can't be choosers."
Maar miskien verklaar die titel van jou pos
die hele ding: ek sien jy is "opsiek na 'n
metgesel." Ek wens jou gesondheid vir die
nuwe jaar.
ek sit in koue lenteson
in die streepstoel onder ons prieel
kyk hoe wit die appelkoos se boom
al skuimend bot
en die wingerdstok se rasper gee
klein groen blaartjies af
die son sit drie duim bo die berg
by wolwas skyn die lente seker nou
op skapies in die groene gras
en reën die veld haar kleure uit
soos 'n kamee
elke woensdag eet ek pannekoek
sinneloos by gkw
kyk na tannies van die dorp
hul klein basaargesiggies suurgeplooi
om die besige breiwerk van elke mond
kletsendekletsende met laslappiehare
en wangetjies volgestop met soet beskuit
ek sit in koue lenteson
en rasper klein 'n groen verdriet
oor wolwas uit
Sarel Tol sukkel saans met seks
en seks sukkel slegs as Tol slaperig is
waarom is Tol saans slaperig?
Tol is saans slaperig omdat warm
water wyn word
waarom word warm water wyn?
warm water word wyn, nee brandewyn
omdat Sarel Tol met 'n pap katroltjie
rol
julle lieg sê Sarel Tol
ek saai slaaisaad
en ek saai slaaisaad laat dit bars
maar ek is gefop
want Anke Malanke lanklaas behoorlik
gefranke
se eikehoutplanke is verrot
en die mense skinner
o die mense skinner hul skunnige
skindery
wat word dan tog van Tol, wat word van
Tol
dat hy so graag in 'n bieblebomse
huis
met bieblebomse kinders lol?