Secret Squirrel wrote:
>
> Yes, you are quite correct in what you say however the argument
> is simply that many farm workers, partly through the isolated and
> fragmented locations, have never had a voice and consequently
> were in many instances exploited by being made to work long hours
> for little pay etc.
>
Wie antwoord jy ou Eenkhoringtjie? Vat 'n bietjie tyd en vind uit hoe
die Usenet werk.
Ik ben de maand mei in Z. Afrika. Zo rond halverwege mei wil ik graag een
fietsvakantie houden in de buurt van Kaapstad, Stellenbosch, wie weet, de
Karoo. Ik wil op eigen gelegenheid, niks georganiseerds, geen groep. Ik zoek
tips voor de organisatie, voor overnachtingen, voor fietshuur (want ik neem
er niet zelf een mee!), en ik zoek opgewekt gezelschap (een of meer 30ers,
40ers, 50ers m/v) met een goeie conditie en een groot talent om iets van
zo'n avontuur te maken!
Reacties per e-mail aan mijzelf (vrouw 48 jr.)
"Oom Kaspaas" skryf:
> Get lost..............you are out of step
> with your communist shit!
My aarde, Hennerietjie, kyk wie kruip
hier uit. Oom Kaspaas is nie oorlede
nie. Wonder wat dink Oom Kaspaas dees-
dae van Klonkie wat nou op die hoogge-
regshof sit nadat hy 'n paar wetsgrade
in die buiteland gaan haal het (onder
meer die London School of Economics).
Nou wil Oom Kaspaas niks meer van die
Kommuniste hoor nie. Hulle laat hom
nog altyd rooi sien. Pauvre Gaspard.
Ek versoek graag alle ou kennisse om met my in verbinding te tree?
Of jy nou saam met my op skool was; of waar ons ookal mekaar leer ken het
skryf gerus aan my. Dit sal lekker wees om weer van jou te hoor!
Mooi Bly!
Hein
Hein van Wyk / Port Elizabeth (S.A)
hei...@intekom.co.za
Cell: 083 310 1963
Fax: 0838 310 1963
ICQ: 7733122
~mme wrote:
>
> kob...@netactive.co.za,
> in nl.newsgroups:
>
>> Hallo,
>> Ek is 'n Suid Afrikaner met die familie van "Bantjes". Dit sal waardeer word
>> as iemand my kan help om my stamboom op te spoor. Volgens die ouer persone
>> in my familie hier, was ons voorsaad ene "Jan Geertse Bantjes". Is daar
>> miskien in Nederland 'n organisasie wat hiermee kan help?
>>
>> Op regte dank
>> K Bantjes
>> kob...@netactive.co.za
>
> try news:soc.culture.netherlands
>
> --
> _~_
> /V\ "i'll take the quiet life
> (\ /) no alarms and no surprises please"
> ^^-^^ --http://www.chaos.net
Voor genealogisch onderzoek kan men het beste terecht bij het
Rijksarchief in Den Haag.
Woorde is almal s'n,
nie net myne nie;
daar's geen heimlike opsie nie,
'k was te laat vir mineraleregte.
Maar delwe kan ons tog almal
dwarsdeur ons hele lewe deur;
buitendien en boonop
vir kleims is gehardloop
en vergange vir goud
'n kryg laat ontbrand.
Al wat myne is
is my sinne;
in sinne is alle woorde
mýne
waar ek my in kan verdiep
verborge gange oopgrawe
met geheimsinnige waters deursypel
om myne te verbind
met ander ryk domeine s'nne.
Ek het 'n draai in SA gaan maak oor Kersfees, en gedink ek sal 'n paar
gedagtes neerskryf. (Net voordat hiedie NG totaal verval in johan se
bekentenisse oor sy skisofreniese bydraes in die verlede, gloudie-babes se
stadig verbeterende cyberspeurvernuf, squirrel se verwarde gechirp. En te
veel gedigte.)
Onthou ek skryf hierdie vanuit die oogpunt van 'n ou wat nou elders bly:
Eerste ding wat my tref toe ek van die vetneus afklim, is daardie wonderlike
weer. En van daai oggende na reen in die nag, dit is nog koel en klam, maar
jy weet die son gaan 11 uur skyn.
Toe ek in die lughawe gebou instap, sit daar 'n hele paar lughawe personeel
agteroor geparkeer in die lughawe se rolstoele, half in die pad van die
passasiers, besig met 'n groot indaba.
Die man agter die immigrasie toonbank was baie beleefd, en se "welkom tuis".
Ek voel so bietjie skuldig.
Op die hoofweg is ek verbyster oor die steeds verslegtende padgedrag van
bestuurders van alle kleure. Baie mense ry asof die hel hulle jaag, en
uiters aggressief. (Huur 'n groot kar met baie lugsakke. Of 'n M1 Abrams
battle tank.)
Castle bly 'n lekker bier, en goeie rooiwyn bly 'n bargain in SA.
Van die (jonger) besigheidsmense maak 'n killing. Maar dit lyk vir my baie
van die geld word gemaak deur die groterwordende gapings in die
landsadministrasie uit te buit.
Die salarismense in SA trek hard. Party dinge het nogal duur geword. Karre
se pryse is totaal histeries. Die rente koerse knou mense. Huise is op die
mark vir peanuts.
Hoogste reele rentekoerse in die geskiedenis van SA. Rente op 'n gewone
huislening rondom 15% bo die inflasie koers. Die regering is maar in 'n
moelike posisie daarmee, en mens kan nie regtig die beleid kritiseer nie.
Aan die een kant wurg rentekoerse die ekonomie (en mense) maar aan die ander
kant is dit al wat keer dat die rand verder gly. Praat van die duiwel en die
diep blou see. Probleem is dat hierdie duiwel regtig moerig is, en die see
baie diep. Onbenydenswaardig. Maar ek vermoed hulle gaan daai koerse moet
verlaag, met voorspelbare gevolge vir die Rand.