Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Lelie wit !

So., 17 Januarie 1999 00:00

Ek wonder of Steve Twete gesien het dit is nie net die spanne wat lelie wit
is nie, maar die TOESKOUERS ook. Waar is die "massa" swart ondersteuners, en
hoekom kan hulle nie ook betaal om die wedstryde by te woon nie.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

enigeiemand hier

So., 17 Januarie 1999 00:00

hello kom ons gesels,stry of stem saam oor iets

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Kunsklas" deur PREVOT VAN DER MERWE

Sa., 16 Januarie 1999 00:00

Kunsklas
Prevot van der Merwe
("Boerejive", 1990)

jy weet nie
byna-vrou meisietjie
wat meneer teken met jou HB-potlood
op jou nuwe Eclipseboek
van die omkrul en waansin en onmag
in model-meneer se gemoed

daar waar jy bevry is van skool
en van mense
van klere, gevoel en van pyn
hoe jy leef in meneer se hande
in verbeelde samesyn

jy weet nie
want meneer in jou tekenprentjie
potloodgrys op wit
is maar vaal soos 'n wintersee
jy weet nie
maar meneer sien jou in
volkleur
en sy bloed kan daarvan skree

Prosa & poësie | 0 kommentare

Help 'n outjie ASSEBLIEF

Sa., 16 Januarie 1999 00:00

Vriende,

Ek is besig om 'n stukkie HTML te toets en ek soek bietjie
hulp om te sien of die ding wil werk. Wil jy nie ASSEBLIEF
na die volgende adres gaan en aan my 'n nota in die toepaslike
ruimte skryf nie. Jou samewerking sal baie waardeer word.
Wanneer jy dit doen, sal ek nie eers weet wie jy is of wat
jou E-pos adres is nie, dus is hierdie nie 'n slim set om jou
adres in die hande te kry nie, maar is regtig 'n toets.

Die adres: http://home.yebo.co.za/~dm44

Dankie,

Danie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel?

Sa., 16 Januarie 1999 00:00

Ek dink ek neem 'n verandering waar in die "demografiese profiel" van
Suid-Afrikaners (Sa's) in die buiteland. In die vroee tot middel 90s toe ek
en my gesin London toe is, het ek die idee gekry dat 'n relatief groot
persentasie van Sa's in die buiteland uit jonger gesinne bestaan het wat of
permanent weg is, of vir 'n periode van 'n paar jaar oorsee was vir
werksdoeleindes. Gewoonlik het een of albei broodwinners in so gesin 'n
professie beoefen - ondere andere agv. visa vereistes van die meeste
ontwikkelde lande.

Rondom 1995 het (sover ek kon waarneem) 'n vernadering plaasgevind. Die
jonger gesinnne was natuurlik nog daar, en waarskynlik het hulle getalle
toegeneem. Die verandering was dat jonger ongetroude Sa's in groot getalle
op plekke soos London toegesak het. Baie van hulle was pas gekwalifiseerde
rekenmeesters, veeartse, noem maar op. (Die 2 jaar "Commonwealth working
visa" of so iets het dit moontlik gemaak, nadat SA her-toegelaat is in die
CW. ) Maar daar was ook baie meer 18, 19, 20 jariges wat aangekom het om te
werk as veligheidswagte, au pairs, kelners, hamburger-flippers, hotel
kamerstaf, en prakties enige job waarvoor die permanente inwoners van
ontwikkellende lande gewoonlik hulle neuse optrek. (Daar is 'n tipe van
ironie daarin, as jy daaraan dink.)

Om dit te illustreer: vroeer is die SA kerk in London gehou in 'n kelder
vertrek van die SA ambasade by Trafalgar SQ. (Daardie gebou is 'n bate.
Moenie dit verkoop nie Tambo, al raak die druk hoe groot! ) Die vertrek is
die "Kinema" of so iets genoem en so 200 mense kon redelik maklik daarin
pas. (Ek was verstom oor die ou-SA relics in die plek, selfs 'n paar jaar na
1994, maar dit is 'n ander storie.) Rondom 94 was die vertrek heeltemal
voldoende. Teen laat 96 kon jy nie plek kry nie, al was jy 'n halfuur vroeg.
Daar was letterlik honderde onder 25's - dit het gelyk soos intervarsity.
(Net na ons uit London weg is, het die gemeente 'n groot kerkgebou begin
huur vir die dienste, en die gemeente gaan van krag tot krag.)

Daar is meer as een rede sou ek dink. Geld, probleme om werk te kry in SA,
groterwordende familie en ander steun-netwerke in die buiteland, geld, die
visa vroeer genoem natuurlik, geld (spaar 'n pond, he 10 rand.) En natuurlik
avontuur, maar dit was altyd daar.

Is daar ander wat die vernandering waargeneem het?

Bees.

Emigrasie & buiteland | 16 kommentare

net n toets

Vr., 15 Januarie 1999 00:00

net n toets

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uitnodiging

Vr., 15 Januarie 1999 00:00

Jy word uitgenooi om by ons aan te sluit vir die opname van twee episodes
van "Another Life with Nataniël". As 'n lide van die gehoor sal jy saam met
ons 'n paar drankies en 'n ligte aandete geniet.

Datum:
18 en 20 Januarie 1999
9 en 11 Februarie 1999

Tyd:
17h30 - 21h15

Vir verdere inligting, stuur jou naam, e-pos adres en telefoonnommers aan
tv3...@hotmail.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Orania Tuisblad - Lees, Alwyn, Lees

Vr., 15 Januarie 1999 00:00

Alwyn Van Rooyen wrote in message ...

> Swaer, met alle liefde en respek, ek verstaan nie eintlik die taal nie.

Ag nee wat Alwyn - probeer. Lees dit net 'n paar keer - daar is min wat
Athur skryf wat 'n Afrikaner nie kan verstaan na twee keer se lees nie,
veral omdat die konteks gewoonlik bekend is.

En jou one-liners is regtig hopeloos.

Bees.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Ek skryf uit Maputo" deur MARK BEHR

Vr., 15 Januarie 1999 00:00

ek skryf uit Maputo
Mark Behr

om oor 'n afstand te erken
dat ek jou wel liefhet

daarvan dat die gekraak van palms
teen die strand herinner
aan die plaashuis se houtgang saans
van jou voete wat by my kom inkruip

mosambiek is net 'n geraamte van
koloniale verledes
maar mense loop met oë wat velkleur ontleer
en maghebbers groot genoeg om foute
te erken.
gister gaan ons kyk waar die president en
kie. sokker speel
teen lede van die ou regime
voor 'n skare wat van opwinding drom -
verbeel jou die dag
wanneer die NP en ANCs teen mekaar
uitdraf
sal seker 'n mengsel rugby en sokker
moet wees -

het ek jou vertel van die aand voor ek
weg is
toe ek voetstappe om die huis hoor sluip
en uitgaan
en dat ek 'n ruk lank weggebly het?
ek het voor jou oop hortjies gaan stilstaan
waar jy besig is om jou hare te borsel,
kop vooroor,
jy bind dit in 'n poniestert
en laat val jou rok soos 'n plas om jou
voete
soos altyd braloos
en jou nippels gooi lang skaduwees
oor jou maag
jy het borste soos Greta Scacchi.

vanaand was ons by die ANC
tussen al die vrae en asemlose opwinding
kon ons vlietend vergeet wat die
Afrikaanse koerante
ons al weer gaan aandoen,
waar begin jy verduidelik
aan dié volk wat soveel dekades dom
gehou afsydig gemaak is?
praat 'n mens hier met mense
luister jy
hoe hulle eie land eie liefde verbied is
word jy opnuut hatig
oor jouself

ek bring vir jou 'n gekleurde doek van
blou duiwe
en gekerfde houtgesiggies klein soos
pinkienaels
wat jy aan jou ore sal hang
dalk kan ons weer in die dam gaan swem
en praat oor al die jare
dalk blom die varklelies nog in die vlei
onder die vinkneste
dalk kan ek jou hare vleg

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Platteland (en selfone)

Vr., 15 Januarie 1999 00:00

> n Vinniger pad - ook 100% - is egter Langkloof om, agter die berg

pragtige roete ja. bly om te hoor hy hou uit. op die punt van paaie, die
snaakste wat ek teegekom het was 'n stuk van omtrent 30km tussen
steytlerville en uniondale. dis 'n enkelbaan betonblad met bree skouers.
uiters gevaarlik teen 140km. jy mik mik en wag dat die ou wat aankom padgee,
'n soort chicken spel. nerens in sa al so pad gesien nie.

> Albei selfoon-netwerke is egter springlewendig op die pad.
janee, ek weet nie van ander lande maar SA is darem 'gewire' wat selfone
betref, nerens maar nerens gekom waar daar nie ontvangs was nie.

>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1278  1279  1280  1281  1282  1283  1284  1285  1286  1287  1288  1289  1290  1291  1292  1293    »]
Tyd nou: Di. Des. 23 03:01:07 UTC 2025