Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

CHRISTIAN LITERATURE IN AFRIKAANS

Di., 26 Januarie 1999 00:00

I AM LOOKING FOR GOOD CHRISTAIN LITERATURE IN AFRIKAANS.

I can read AFRKAANS but I have never spoken to any Afrikaner in London, so I do
not know if I can speak it too! Nevertheless I am attracted to Suid Afrika and
would like to meet Christians who would like to get good literatrue in
Afrikaans circulating. I am a publisher and book distrubutor and am keen to do
my part to help my brethren in RSA

Edwin Cross, Chapter Two London UK

ECros...@aol.com

Die ideale Vrou

Die VROU wat in Spreuke beskryve word is inwendig mooi en nie kunstmatig nie;
haar skoonheid kom van binne en is nie opgeplak nie; dit is die openbaring van
haar karakter en nie die werk van die opteker nie Liefde is op haar lippe, nie
verf nie Haar mond keen die waarheid, maar nie tabak nie.

Sy is meer bekommerd oor die diepte van haar geest dan die hoogte van haar
hakke.

Sy besit waardigheid sonder styfheid. Sy besit dit alles en nog veel meer,
omdat sy God lief het en vrees.

‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.
Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.
Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.
Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk.
Sy is soos die handelskepe, sy bring die kos van ver af in.
Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin;
ook haar slavinne kry hulle deel.
Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit,
sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.
Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.
Sy stel vas of die wins goed is, haar lamp bly heelnag brand.
Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel.
Sy het 'n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.
Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu:
hulle dra almal warm klere.
Sy maak self vir haar dekens en sy dra klere van linne en wol.
Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam net die leiers
beraadslaag.
Sy maak klere en verkoop dit, sy lewer gordels aan die handelaars.
Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid;
sy ken geen kommer oor die toekoms nie.
As sy praat, is dit met wysheid: as sy leiding gee, is dit met liefde.
Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie.
Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar:
''daar us baue jabo vriyebsm naar jy oortref hulle almal!''
Uiterlike skonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie:
as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.
Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen;
laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

Spreuke 31, 10 -31

Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met
mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle
is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word
deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n
woord te sê nie.

Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en
sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid dié van die innerlike mens wees:
blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. In die
ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier:
hulle was aan hulle mans onderdanig. Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham
gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As Julle doen wat goed is en julle
nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters.

1 Peter 3,1 - 6

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Afikraans hoort bij Nederlands

Di., 26 Januarie 1999 00:00

helmi wrote:
>
> Heeft iemand al opgemerkt dat er een 'r' gemist wordt in dit draadje?

Dan plaas ons die r tog daartusse!

Hans Kamp.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Hey anti-racist bastard and crook, read this !!

Di., 26 Januarie 1999 00:00

Romeo Caudan wrote in message ...
http://personal.eunet.fi/pp/treddy/101facts.txt

Romeo posts list of facts which prove that Whites have more high IQ than the
Blacks.

Romeo, this is not a reason to consider whites are better than blacks. Do
you think if somebody is higher than you, it means he is better? The mental
capacities are the same gift of nature as height of weght.
Blacks are less able to live in the civilised environment than the whites
are, but does it mean whites are "better"?

The IQ of women is lower than IQ of men, but who except gays think man is
better than woman?

It is no doubts that in the future the computers will have more high IQ than
the men - do it mean that computers will be better than men? Romeo, you must
rethink your attitude to the life.

All we shall die sometimes and before the face of eternity our stupid
quarrels are primitive vanity.
Racism was invented by the weak and primitive creatures who was afraid of
tramontains. It is shame to be racist.
It does not mean, certainly, that black racism is better than white.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Piramides - Bemarking

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

Hoekom is dit net ek wat 'n pyn kry in die Piramied-bemarking ouens?

'n Hopelose produk (spaarplanne nogal!) met 6 boytjies bokant jou om as
agente te betaal.

Jy word net ryk as jy jou vriende betrek deur hulle ook as "agente" in te
slurp. Deel van hul "verkope" beland in jou sak (en die 5 bokant jou).

Die tipes kan ook nie verstaan dat 'n mark versadig raak nie. Daar is net
soveel mense wat halfgebakte finansiële produkte wil aanskaf. Maar as jy
bo-aan sit kan jy mos nie toelaat dat jou brein werk nie?

En soveel vooraanstaandes staar hul blind teen die goed. Ne predikante ?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"acenet.co.za".

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

Op die site acenet.co.za is daar 'n "funksie" waarvan mense wat 'n account
by ACNET het e-mail kan stuur en die news groups besoek.

Doedie Nel is volgens my die selfde persoon as "God" en "Jesus".

Ek mag op die verkeerde pad wees maar ek dink dit kom van 'n skool se
rekenaar sentrum vandaan...........So dit is tien teen een 'n windgat
matriek laaitie wat se gat jeuk.

MY maat, bring gou gat vir die oom sodat ek hom met so ses van die bestes
kan regkry.

** Die ander manier om 99.999% anoniem te wees natuurlik is om vir jou
YEBO-NET aan te skaf. **

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Klein Siklus" deur G.A. WATERMEYER

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

KLEIN SIKLUS
GA Watermeyer

die jare trap die kimme oop
en elke pad word wit geloop

I
twee heuwels en die een vallei
kan nie 'n man se dors bevry,
kan nie die donker bloed besweer
tot altyd helder wederkeer;
tussen die rooskknop en die roos
styg die begeerte asemloos,
maar in die later, voller weet
dring dit terug in die vroeër leed:
word weer die wonding, die oop verlang -
dolk in die sterre, hoef teen die hang.

II
Ons vroeër vreugdes hang verwelk
aan stengels sonder knop of kelk,
want hierdie stad is stief van steen
en neonweerlig slaan min reen
uit nagte tussen jou en my ...
Koud in die kamer lê die lied
sonder verwagting of verdriet.

V
Hier in die laat gras buig jou keel
nog ongekus en heimlikheel;
die kiewiet draai en draai sy lied
oor alle einders van verdriet...
Jou lippe is geskulp en rond
en blindbewoë teen my mond
jou hare het die geur van reën
en karmas liefde lank versteen
en in jou hartklop hoor ek weer
my eie jeugbeklemming beur,
weer in jou wydoop sterreblik
my eerste angsroep na geluk...
maar al jou lelies lê alleen
in die stom skede van jou skoot...
Die kiewiet kla oor die bleekwit gras
dat alles was, dat alles was.

XI
Die soetamala van jou mond
sal my in nagte nog verwond
en jou geslote lentegang
my bloed verbitter met verlang...
Nooit sal my liefde, lank-ontsê
sy nag van luiperd langs jou lê
en nooit ons pole in een see
die laaste kiltes ysberg gee...
Jy bly die onvervulde hoop
waarmee my hart sy teerpad loop,
'n siklus van verdriet en dou
wat my illusie lente hou.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

BESPREKINGSLYS VIR POëSIE

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

Indien jy sou belangstel in die bespreking van nuwe Afrikaanse gedigte,
sluit gerus aan by die besprekingslys Nat_Ink.

http://www.onelist.com/subscribe.cgi/Nat_Ink

Prosa & poësie | 0 kommentare

Doedie en Kie

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

In die verlede, wanneer Thomas Jacobs, Laubscher, Banzi - almal swart lesers -
bydraes gelewer het waarmee ander hier verskil het, was daar 'n wye en
voorspelbare reaksie wat sodanige bydraes (kru taal, godslastering, of wat nie
nog als nie) met hul ras assosieer het. Laubscher was kinderagtig en
magshonger OMDAT hy swart is; Jacobs kru en onbeskof OMDAT hy swart is, ens.
Dit ook van daardie kamp wat hul bydraes kwalifiseer het met "ek is nie 'n
rassis nie, maar ..." (herinner my aan 'n quote wat onlangs hier in die
impeachment trial na vore gekom het: H. Mencken se "when people say its not
about money .... its about money").

Nou val dit my op dat niemand op soortgelyke wyse reageer op doedie en kie nie.
Hulle is godslasterlik of kru of agterlik of onbeskaaf of dierlik ..... OMDAT
hulle lede is van 'n sekere groep. Nee, hul bydraes word of geignoreer of
verduidelik aan die hand van ouderdom, 'n aberrasie, of een of ander
individuele kenmerk onafhanklik van 'n ras- of etniesgebonde verwysingsgroep

Plaas daardie "ek is nie 'n rassis nie, maar ..." in heel nuwe lig.

leswin

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

"Land van my hart" deur G.A. WATERMEYER

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

LAND VAN MY HART
G.A.Watermeyer

Gee my vier gerwe fonteine,
rooibees en wilderosyne,
Maroela, Mopanie, Kameel.
Gee my 'n vlakte vol vleie,
trosse fisante, olywe,
hange vol hanepootheuning.
O land met jou heuwels vol harte
O land met jou vingers vol kweek,
ek ruil jou my siel in 'n sater
vir 'n staanplek van wilger oor water
granaat granaat van my bloed
om die drif van jou rooidag te groet.

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n KOSTELIKHEID OF WAT

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

Geniet die volgende paar kinderstaaltjies:

Giel is die dag sommer baie lastig en pa het al gewaarsku, maar hoor is min
(kind het Prestic in hom ore) Later kan pa dit nie meer hanteer nie en sê:
"Luister Gieljam (as pa sê: 'Gieljam' dan beteken dit moeilikheid) ek haal
nou my belt af !!!!." Giel laat nie op hom wag nie met: "Dan val jou broek
af."

Nico en Magda Taljaard vertel: Hulle ouste seun, Izak, is 'n aangenome kind.
Van kleinsaf het hulle vir hom vertel dat hy 'n aangenome kind is en nie
hulle eie seun nie. Hulle sit in die kerk en Izak (toe so vyf jaar oud) se
neef Izak (toe so agtien) word aangeneem en voorgestel. Toe dit Izak (18) se
beurt is om voor die kansel te gaan staan, stamp Izak (5) aan sy ma en sê:
"Ma, gelukkig is ek klaar aangeneem"

Magda koop vir Nico 'n paar skoene in die dorp. Sy reël met die winkel dat
die skoene op die plaas aangepas sal word en sou hulle nie pas nie, sal sy
dit volgende keer as sy dorp toe kom dit terugbring om, om te ruil. Op die
plaas gekom trek Nico sy ou skoene uit en die nuwes word aangepas. Ja-nee
die skoene pas. Dit word uitgetrek, die oues word gesoek, maar dis weg. Kyk
onder die bank, nee dis weg. Nou hoe dan, dit was dan nou nog hier. Johan
jonger boetie word gevra of hy dit nie gesien het nie. Hy pleit onskuldig.
Izak (amper 4) word gevra of hy dit nie gesien het nie: "Ja Pa, ek het dit
in my kas gaan sit, sodat ek darem ook skoene het as ek eendag groot is"

Opdrag in eksamen: Vertaal die woord Begraafplaas in Engels.

Willie se probeerslae: Eers skryf hy "deadfarm". Hy trek 'n strepie
daardeur, want redeneer hy: "Ek het nog nooit van so 'n woord gehoor nie."
Hy dink aan woorde wat met "dead" begin wat dalk vir hom 'n aanduiding kan
wees. Sy gesig verhelder, hy het dit. Hy het al gehoor sy pa gebruik die
woord. Hy vertaal begraafplaas met "deadcentre."

Ek dink 'n ou moet by die kleuterskole gaan stories soek, so is die volgende
een van Speel en Leer hier naby my. Seef en Sarel gaan volgende jaar
"grootskool" toe en hulle is nou op die staduim dat onenighede sommer met
die vuisies besleg word. Juffrou hoor daar is so 'n jong oorloggie aan die
gang. Een van die take van 'n kleuterskoolonderwyseres is om die vrede te
probeer bewaar. Sy roep die twee en vra wat die probleem skyn te wees. Seef
praat eerste: "Juffrou, Sarel het gesê ek het 'n wind gelos en hy lieg."
Sarel moet homself verdedig met: "Issie Juffrou, ek lieg nie. Hy het 'n wind
gelos, ek het dit gehoor, geruik en gesien." "Nee wag nou Sarel" vra
Juffrou, "die gehoor en geruik kan ek nog verstaan, maar nie die 'gesien'
nie." Sarel verduidelik: "Juffrou ek het dit gesien, dit was so 'n groot
wind wat hy gelos het, dat sy broek sommer so gewip het."

Nog 'n laaste een van die kleuterskool: "Juffrou, my maatjie se mangels is
uitgehaal en toe praat sy vreeslik sag. Nou die dag gaan kuier ek by haar en
toe praat sy weer hard. Ek dink hulle het haar mangels weer terug gesit."

Nog 'n kleuterskool storie: Juffrou vertel die kleingoed van bulle, koeie en
kalwers. Sy verduidelik dat die klein kalfie nie gras kan vreet as hy nog
klein is nie, maar dat hy melk drink. Die melk kry hy deur aan sy ma se
spene te suig. Anke haak af met: "Ja, ek het ook aan my ma se spene
gedrink."

Indien jy nog sulke kostelikhede wil lees, gaan loer by:

http://www.yebo.co.za/~dm44

OF

Skryf aan my by dm...@yebo.co.za

Groete,

Danie

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1271  1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278  1279  1280  1281  1282  1283  1284  1285  1286    »]
Tyd nou: So. Mei 03 15:06:42 UTC 2026