Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Rwanda documentary

Wo., 27 Januarie 1999 00:00

On Wed, 27 Jan 1999 06:48:43 GMT, abm...@hotmail.com (ABME) said the
following:

|I just saw the documentary about the Rwanda Hutus genocide of the Tootsie. It
|left me thinking what on earth could the Tootsie's have done to deserve such a
|barbaric and morbid death. You know, humanity is really over rated.

Mugabe het maar dieselfde om Buluwayo gedoen en blykbaar 'n groot deel
van die Matabeles daar uitgeroei, aldus 'n doodskis maker van daardie
omgewing met wie ek so vier jaar gelede gepraat het.

Afrika se "survival of the fittest", tussen verskillende etniese
groepe, kom net na vore in baie meer fisiese vorm - terwyl dit in
plekke soos Amerika al 'n (meer of minder barbaarse) subtieler
nie-agresiewe form aanneem.

Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Selektiewe Moraliteit: (Was: Ou kernwapens te koop)

Di., 26 Januarie 1999 00:00

On Mon, 25 Jan 1999 19:03:16 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) said the following:

|On Mon, 25 Jan 1999 14:58:54 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:
|
|
||
|>|Daar's nou iets om oor te smile....
|>|
|>Wat is fout met moraliteit, Ferdi??>>
|
|Niks. Dis presies die punt.
|
Nou ja, dan is daar seker niks verkeerd om 'n mens op moraliteit te
beroep nie, né

Maar ek sien jou plobleem : Meeste mense, ekself en jy ook, beoefen
op die beste van tye maar 'n selektiewe moraliteit. Wanneer jy dit
beoefen, sien jy dit nie maklik raak nie, maar as jy aan die
ontvangkant is, of dit van buite aanskou, staan dit uit soos 'n seer
duim.

Nou wil ek graag die klip in die bos gooi: Is daar werklik iemand op
aarde wat NIE selektief moraliteit toepas nie? Is dit nie maar die
aard van die dier nie? 'n Mens beoordeel tog elke skrywe en elek
situasie op sy eie meriete, en al sou jy twee absolute identiese
situasies teekom, sal jy die tweede beoordeel volgens jou ervaring van
die eerste en dus sal jy hulle weer nie identies beoordeel nie.

Hoe nou?

Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Thinus Prinsloo

Di., 26 Januarie 1999 00:00

Hallo Friende

My naam is Thinus en ek is 13 jaar oud.
Ek sal dit regtig baie wardeer as iemand my ouderdom of ouer met my sal wil
komunikeer.

Groete Thinus

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

ge"fyn"s deur KAREN BOTHA

Di., 26 Januarie 1999 00:00

(vir gert)

ge"fyn"s
Karen Botha

wat van praat
my
so deurmekaar kan maak
is die waarheid
wat in stiltes tussenin
wegraak

en hoe hierdie swye
my aanraak
bepaal
of dit seks of liefde is
wat ek
vanaand sal maak

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Langenhoven

Di., 26 Januarie 1999 00:00

Geagte leser,

Laat ek myself voorstel. My naam is Nadi. Ek is 'n prokureur. Nou nie 'n
flambojante Magnum-tipe skopper, skieter en donderder nie. Maar vir wat
het jy 'n flambojante prokureur nodig? Al wat jy soek is iemand om jou saak
te wen, reg?

Al ons rekenaars is deur Telkom weggevat, so nou sit ek maar en konsulteer
van die internet kaffee af in Johannesburg, en ek dink by myself, "Ek is
daai man. 'n Nie-flambojante man vir 'n nie-flambojante nuusgroep. Maar hoe
stel ek myself voor?"

Skielik herhinder ek myself aan wat Langenhoven gesê het: "Laat die ou kers
smelt. Wat was was, word weer was." Of was dit Preller? Maar Preller was
dan Engels?! (Of was hy/sy?) Weet enigeiemand iets van Alexis Preller af,
want ek dink hy(?)'t dit gesê.

Liewe, liewe leser. Ek pleit op my knieë. Gee my nog net hierdie een kans
om 'n saak te wen, en ek sal God uit hierdie konferensie verdryf. Daar is
'n manier hoe ons dit kan doen.

Soos van ouds, toe Magriet nog kon dans.

Skakel my by 082-575-3801.

Vriendelike groete,
N Howe

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

DIE WEDERKOMS IS NABY...

Di., 26 Januarie 1999 00:00

GOEIE DAG, LIEWE SKAAP.
DIT IS GOD WAT PRAAT.
DIE OPPER-ALLERHEILIGSTE GOD.
DIS REG, DAAI EEN.

AANGESIEN JY MY DUIDELIK NIE IN JOU SPEELGROEPIE WIL Hê NIE,
GAAN EK JOU NOU VERLAAT.

HIERMEE VERKLAAR EK SOC.CULTURE.SOUTH-AFRICA.AFRIKAANS AMPTELIK GODDELOOS.

KOM ONS KYK WIE HET DIE MEESTE SPORTS.

LEKKER VROT IN JOU GRAF,
OD
god@godnet.god

KOM JESUS.

KOM ONS FOKKOF...

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Langenhoven

Di., 26 Januarie 1999 00:00

"Nadi Howe" writes: > Geagte leser,

>
> Skielik herhinder ek myself aan wat Langenhoven gesê het: "Laat die ou kers
> smelt. Wat was was, word weer was." Of was dit Preller? Maar Preller was
> dan Engels?! (Of was hy/sy?) Weet enigeiemand iets van Alexis Preller af,
> want ek dink hy(?)'t dit gesê.

Vireers sal jy moet besluit
of jou van Gustav Preller of
van Alexis Preller praat. Was
Alexis Preller nie 'n skilder
nie?

Piggy wat is, en wat was wil word.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans?

Di., 26 Januarie 1999 00:00

Nogal interessant om daaraan te dink: met die eerste demokratiese
verkiesings wat Mandela en die ANC aan bewind geplaas het, is
Suid-Afrikaners oor die hele wêreld die kans gegun om te stem. Ongeag
waarom hulle gewoon het het waar hulle gewoon het. Die eerste stem is
hoeka uitgebring deur 'n dame in Nieu-Seeland, wat voorgegee het sy is
familie van Mandela, en daardeur "beroemd" - later berug - geword het.

Nou word geen enkele Suid-Afrikaanse burger wat nie 'n woonadres in
Suid-Afrika het, ten tyde van die verkiesing in die land is en oor 'n
nuwe ID-boekie met staafkode daarin, toegelaat om te stem nie.

Voorheen moes jy net 'n Suid-Afrikaanse burger ouer as 18 wees en 'n
ID-dokument besit. En selfs met laasgenoemde was daar groot toegewings
ten opsigte van die soort ID-dokument. Die stelsel was so inklusief as
moontlik.

So het ons dan uiteindelik 'n stelsel van gekwalifiseerde stemreg. 'n
Stelsel wat duisende uitsluit. Onthou net: nie almal wat in die
buiteland gaan wees op stemdag is daar omdat hulle wil emigreer nie. Of
omdat hulle hulleself wil verryk nie, of omdat hulle sogenaamd "vlug"
nie. Daar is duisende studente, sakelui, vakansiegangers EN emigrante
van alle rasse in die buiteland.

Buitendien: nie almal wat op hierdie manier van hulle stemreg ontneem
word, sit in die buiteland nie. Hoeveel van hulle is nie in die dierbare
Suid-Afrika nie, maar kon nie die nuwe ID-boek betyds kry nie?

Elkeen van hulle word van hulle stemreg ontneem.

Dan is daar ook die baie wat permanent van hulle stemreg (en alle ander
regte) ontneem is omdat hulle in die nuwe vlaag politieke geweld vermoor
is.

Gegroet uit Pennsylvania.

Henry / Kwarantyn

Koeitjies & kalfies | 43 kommentare

Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans?

Di., 26 Januarie 1999 00:00

Goeiemiddag Henry,

Ik begrijp wat u bedoeld, meneer Kwarantyn, maar ik denk niet dat Mnr.
Mandela zich daar druk om maken. Hun bedoeling is symbolisch meen ik. Deze
emigranten worden door hen gezien als ondankbaren, die het niet waard zijn
om deel uit te maken van het nieuwe Zuid-Afrika omdat zij het versmaad
hebben, juist toen de bevrijders aan de macht kwamen.

So it is spite that motivates them, just spite!

Met vriendelijke groet

Robbert
PS Denkt u dat er nog een posting komt met "Raka"

Kwarantyn wrote:

> Nogal interessant om daaraan te dink: met die eerste demokratiese
> verkiesings wat Mandela en die ANC aan bewind geplaas het, is
> Suid-Afrikaners oor die hele wêreld die kans gegun om te stem. Ongeag
> waarom hulle gewoon het het waar hulle gewoon het. Die eerste stem is
> hoeka uitgebring deur 'n dame in Nieu-Seeland, wat voorgegee het sy is
> familie van Mandela, en daardeur "beroemd" - later berug - geword het.
>
> Nou word geen enkele Suid-Afrikaanse burger wat nie 'n woonadres in
> Suid-Afrika het, ten tyde van die verkiesing in die land is en oor 'n
> nuwe ID-boekie met staafkode daarin, toegelaat om te stem nie.
>
> Voorheen moes jy net 'n Suid-Afrikaanse burger ouer as 18 wees en 'n
> ID-dokument besit. En selfs met laasgenoemde was daar groot toegewings
> ten opsigte van die soort ID-dokument. Die stelsel was so inklusief as
> moontlik.
>
> So het ons dan uiteindelik 'n stelsel van gekwalifiseerde stemreg. 'n
> Stelsel wat duisende uitsluit. Onthou net: nie almal wat in die
> buiteland gaan wees op stemdag is daar omdat hulle wil emigreer nie. Of
> omdat hulle hulleself wil verryk nie, of omdat hulle sogenaamd "vlug"
> nie. Daar is duisende studente, sakelui, vakansiegangers EN emigrante
> van alle rasse in die buiteland.
>
> Buitendien: nie almal wat op hierdie manier van hulle stemreg ontneem
> word, sit in die buiteland nie. Hoeveel van hulle is nie in die dierbare
> Suid-Afrika nie, maar kon nie die nuwe ID-boek betyds kry nie?
>
> Elkeen van hulle word van hulle stemreg ontneem.
>
> Dan is daar ook die baie wat permanent van hulle stemreg (en alle ander
> regte) ontneem is omdat hulle in die nuwe vlaag politieke geweld vermoor
> is.
>
> Gegroet uit Pennsylvania.
>
> Henry / Kwarantyn

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

"Belydenis" van G.A. WATERMEYER

Di., 26 Januarie 1999 00:00

BELYDENIS
G.A. Watermeyer

Wat sal my mond teen die kluite kla
deur al die jare, die jare hierna?
Wat sal my hart onder sooie weet
oorkant die onrus en agter die leed?
Dat 'n digter alleen maar sy woorde het
as eerste gewete en laaste wet.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1270  1271  1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278  1279  1280  1281  1282  1283  1284  1285    »]
Tyd nou: So. Mei 03 14:50:52 UTC 2026