Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Reisiger" deur MARLISE JOUBERT

So., 23 Mei 1999 00:00

Reisiger
Marlise Joubert

ek kan die sterre laat doof as ek wil
ek kan die lelies laat luister

terwyl ek loop met 'n mes in my hart
en my asemhaling 'n wond in die hemel sny

ek sal my by 'n vuurmaakplek
van gister verwarm
terwyl die bome oud word
en ek sal alleen reisiger wees
want oral val die reën herfs

en uit die skeur van my mond
vlieg die swaeltjies weg

moenie dink nie moenie praat nie
luister -
die klam heide fluit vir die wind
die dolk is 'n denneboom in 'n tyd
van skerpte

ek kan die sterre laat doof
ek kan die lelies laat luister

Prosa & poësie | 0 kommentare

Streeksaksente

So., 23 Mei 1999 00:00

.
Haai ek onthou nou skielik van mense wat my gesê het dat die Natallers die
heel lelikste Engels praat, hoekom sou dit wees, want dit is dan die " last
outpost of British colonialsm" of so iets.

Vir my is die Kaapse Afrikaans die heel mooiste, die Pretorianers en
Namibiers sin die lelikste. Johannesburg Afrikaans is nogal mooi, sonder
die jo vir ja en po vir pa wat hulle in Pretoria praat. Wat was daardie
man van se naam wat sulke lekker kampvuur stories vertel het op radio, hy
het so n uitgerekte aksent gehad en het ook Cremora versmous op TV. Ene
Spies dink ek, was hy van Namakwaland of Namibie? Ek moet se, dit het
later op mens gegroei en was heel kwynt. (Niemand het nog ooit vir my
quaint aanvaarbaar vertaal nie, wil iemand traai?)

Pat

>
> Dink jy daar sal enige kapsie wees as ek hierdie stelling herskryf na
> '.......daardie afgryslike vrot afrikaans wat in areas soos Die Kaap
> deur sekere mense gepraat word...' ?.
>

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Stormers

So., 23 Mei 1999 00:00

Sal iemand wat weet tog vir ons (in Afrikaans) in die buiteland vertel
wat die politiek agter die Stormers se boikot was en of dit dan ook die
rede vir die swak spel was?

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Onderdrukte geskiedenis

So., 23 Mei 1999 00:00

Gaan kyk gerus by
http://www.all.org/plae/plae019.htm
so halfpad af deur die tuisblad as jy meer te wete wil kom oor sake wat
die Waarheid en Versoeningskommissie nie wou ondersoek nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Poetry - spam

Sa., 22 Mei 1999 00:00

squi...@echelon.alias.net (Squirrel) writes:

> The reason for this I would suggest is that it is indeed a simple
> cry for attention that nobody is heeding.

> like the poes-prentjie loving dominees that used to work for the
> SA Censor Board.
>
> Get a life you miserable arsehole ...

O, gaan spring in een van die duisende
mere daar waar jy bly, waarop duisende
kalkoenveertjies dryf.

Minnehaha

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

'n Voorstel...ignoreer die pes

Sa., 22 Mei 1999 00:00

Hierdie squirrel mannetjie raak nou regtig irriterend.

Ek stem nie saam met die idee van "sensuur" nie, maar ek dink die maklikste
manier van "stem" is met die sleutelbord. IGNOREER DIE PES SE POSTE. Moenie
ooit daarop reageer nie, al is die versoeking groot. Hy sal op 'n stadium
die boodskap kry. (Ek vermoed dit mag egter 'n bietjie tyd neem.)

Redes:

1. Die ou kan afrikaans praat, en weier. (Hoewel ek nie so "ideologies"
sterk voel oor die saak soos andere nie, is die doel van die groep tog
sekerlik om afrikaans te skryf en lees.)

2. Sy engels is in elk geval ook niks vir die brein nie. (Inteendeel, dit is
daardie afgryslike vrot engels wat in areas soos Natal deur sekere mense
gepraat word.)

3. Ongeag van die taal wat hy gebruik, skryf hy meestal nonsens.

4. Verder is dit gewoonlik vieslik of rassisties.

5. Dit is ook amper altyd afbrekend, veral tenoor afrikaans en afrikaners.

Ek kan aanhou... maar ek dink 'n vieslike, rassistiese, skynbaar nie baie
intellegente, klein pes wat afrikaans en afrikaners anhoudend beledig in
swak engels op 'n afrikaanse nuusgroep verdien om geignoreer te word.

Dag.

Bees

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Mon Don wyn

Vr., 21 Mei 1999 00:00

As jy nou lekker wyn wil koop, probeer:

Mon Don se Chardonnay, Sauvignon Blanc,
Chenin Blanc en Mystêre.

By Pick 'n Pay en Your Friendly Grocer.

"You've tried the rest, now try the best"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Odessa" deur CHARL DURAND

Vr., 21 Mei 1999 00:00

Odessa
Charl Durand

as ek vorentoe leun
sodat ek beter kan sien
kom jy om die hoek
slank
op jou fiets

odessa
ek sal doodgaan voor jou
odessa
ek sal verdwyn
voor jy onthou

daar's pienk in jou hare
ek kan die kind in jou sien
daar's tyd in jou oë
en woordeboeke soos geslote deure
daar's niemand
wat jou verdien

odessa
praat solank in tale
odessa
vergeet van my
onthou net die dae

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die mooiste taal?

Vr., 21 Mei 1999 00:00

Leswin het vroeër geskryf dat sy een pêl sê Zulu is die mooiste taal, en 'n
ander Sotho. Dit herinner my aan 'n ander gesprek lank terug:

"Wat sê die mense wie's ek?"

Nou wil ek vir Leswin ook vra, wat sê jy?

Dan het Leswin 'n paar skrywers aangehaal wat taamlik onvleiend was teenoor
ons voorsate (terloops, ek het soortgelyke lewensomstandighede teengekom in
Zoeloeland, Caprivi en Malawi).

Ek wil graag weet wat sê hy van die volgende kwout:

"I fear the Almighty, and I respect His works, but I could never understand
why He made the kafir and the rinderpest. The Hottentot is a little better.
The Hottentot will only steal the biltong hanging out on the line to dry. He
won't steal the line as well."

Afgesien van die onvleiende terminologie, selfs erger stereotiperend, of hoe
Leswin? Maar die skrywers, en hulle onderwerpe is van 'n ander era.

(Bg. uit 'Makapan's Caves', Mafeking Road deur Herman Charles Bosman.)

Groete

Henri

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

RFD soc.culture.afrikaans

Di., 25 Mei 1999 00:00

Vir al die wat wil spesifiseer in watter tale mense op die nuusgroep mag
pos hier is die RFD vir soc.culture.afrikaans. Sover ek kan onthou van
At se skrywes het hulle dieselfde gebruik in die RFD
soc.culture.south-africa.afrikaans. Let op dat die stigters ook Engelse
poste voorsien het sowe as ander tale met die spesifieke
veronderstelling dat die nuusgroep oor Afikaans en Afrikaanse Kultuur
sal gaan. So Basta Gloudina!

Hulle vra dan ook dat flames beperk word. Sorry Gloudina .... NOT!!!

Net so terloops is die RFD gepos deur Reinier deVos
(de...@aqua.ccwr.ac.za) op Sep 7 1994. Sien
http://www.hensa.ac.uk/ftp/mirrors/uunet/usenet/news.announc e.newgroups/soc/soc.culture.afrikaans

Enigeen wat weet wanneer die s.c.sa.a'e nuusgroep gestig is?

Cheers
Lou

____________________________________________________________ ______

VERSOEK VIR BESPREKING: SOC.CULTURE.AFRIKAANS
---------------------------------------------

(In hierdie dokument dui die " -karakter voor 'n letter 'n deelteken aan
(bv. "e), en die ^ -karakter voor 'n letter dui sirkumfleks aan (bv.
^e)).

VERSOEK VIR BESPREKING
----------------------

Hierdie is 'n Versoek vir Bespreking (VVB) (oftewel "Request for
Discussion" - RFD) vir die skepping van die USENET Nuusgroep
soc.culture.afrikaans. Dit bevat 'n voorgestelde groepnaam, enkelre"el
beskrywing, status en handves.

Hierdie artikel sal ook aan news.announce.newgroups, news.groups,
soc.culture.african, soc.culture.belgium, soc.culture.netherlands,
za.misc
en za.net.misc gepos word.

Die bespreking sal in die NEWS.GROUPS nuusgroep plaasvind. Alle
opvolgbesprekings hoort na hierdie groep gepos te word. Aanvanklike
voorstelle vir die groep, status en handves word hieronder uiteengesit.
Hierdie voorstelle is onderworpe aan veranderings en hersiening sodra
verdere opinies ingewin word. Enige persoon wat in hierdie voorstel
belangstel word aangemoedig om aan die bespreking deel te neem.

Die bespreking sal vir 30 dae vanaf die datum van die amptelike plasing
van hierdie RFD voortduur. Indien akkoord bereik word, sal daar dan 'n
Oproep tot Stemme aangekondig word.

GROEP NAAM ENKELRE"EL BESKRYWING
---------- -------------------

soc.culture.afrikaans Afrikaanse taal en kultuur

STATUS
------

Ongemodereer

VOORGESTELDE HANDVES
--------------------

Afrikaans is 'n taal wat grootliks in suidelike Afrika gepraat word
(hoofsaaklik in Suid-Afrika, Namibie en tot 'n mindere mate Zimbabwe),
alhoewel klein Afrikaanssprekende gemeenskappe elders ter wereld
voorkom. Afrikaans het in suidelike Afrika ontstaan as gevolg van die
wisselwerking tussen 17de-eeuse Nederlands, Afrika-tale, Portugees,
Maleis en ander invloede. Alhoewel dit 'n taal eie aan Afrika is, word
dit nogtans beskou as 'n lid van die Dietse taalgroep, en is soortgelyk
aan die Nederlandse/Vlaamse taal wat in Nederland en groot dele van
Belgi"e gepraat word. Daar is 'n omvangryke Afrikaanse letterkunde, en
die taal word wyd in die gedrukte en elektroniese media gebruik. Daar
is 'n aantal inrigtings vir tersi^ere onderrig waar Afrikaans die
voertaal is.

In hierdie voorgestelde handves, sluit die term 'Afrikaanssprekendes'
alle mense wat Afrikaans besig in, ongeag van ras, kleur, geloof of
nasionale oorsprong, en is nie beperk tot diegene wat hulself as
'Afrikaners' beskou nie. Dit sluit moedertaalsprekers en andere in.

Die bedoeling is dat die voorgestelde nuusgroep soc.culture.afrikaans
sal dien as 'n gepreksforum vir alle inligting aangaande suidelike
Afrika, Afrikaanssprekendes en die Afrikaanse taal. Dit beteken dat
alle besprekings rakende sosiale, kulturele, politieke, ekonomiese,
geskiedkundige, geografiese en ander sake wat op een of ander wyse
verband hou met Afrikaanssprekendes, Afrikaans of suidelike Afrika,
verwelkom sal word in hierdie nuusgroep.

Dit word verder begeer dat soc.culture.afrikaans 'n betekenisvolle
middel van skakeling tussen Afrikaanssprekendes tuis en in die
buiteland sal wees, en tussen Afrikaanssprekendes en ander mense
dwarsoor die wereld.

AGTERGROND
----------

Afrikaanssprekendes was, vanwe"e Suid-Afrika en Namibi"e se onlangse
verlede, op verskeie maniere van die res van die wereld ge"isoleer.
Een so 'n wyse was die kulturele boikotte deur verskeie regerings. Die
boikotte van die Nederlandse en Belgiese regerings in besonder, het die
kultuur- en taaluitruiling tussen Afrikaanssprekendes en
Nederlandsspekendes aan bande gel^e. Nou is nuwe regerings in
Suid-Afrika en Namibi"e aan bewind, en het dit tyd geword om hierdie,
en ander bande, te hernu. Vir hierdie doel sal die
soc.culture.afrikaans nuusgroep as 'n ideale afspringplek dien.

Suid-Afrika het sy eie za. nuusgroep hierargie. Hier word artikels
grootliks in Engels geskryf. 'n Za.culture.afrikaans nuusgroep kan as
alternatief vir 'n soc.culture.afrikaans dien vir diegene wat
besprekings in Afrikaans wil hou. Hierdie voorstel word egter gemaak,
aangesien die za.nuusgroepe minder bekend is buite Suid-Afrika, en is
in baie gevalle minder toeganklik as die USENET nuusgroepe.

Daar sal 'n gedeeltelike oorvleueling wees tussen soc.culture.afrikaans,
soc.culture.african en die pas voorgestelde soc.culture.south-africa in
besprekings rakende suidelike Afrika. Weereens vind die besprekings in
soc.culture.african hoofsaaklik in Engels plaas. Die bedoeling van die
soc.culture.afrikaans nuusgroep is nie soseer om as 'n plaasvervanger
vir
hierdie groepe te dien nie, maar aanvullend daartoe.

RE"ELS
-----

Soc.culture.afrikaans sal 'n ongemodereerde nuusgroep wees, dus sal dit
enige persoon vry staan om na hierdie nuusgroep te pos. Vryheid om te
pos beteken egter ook om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat u pos.
Alle artikels wat gepos word behoort (hoe verwyder ookal) op een of
ander wyse met suidelike Afrika, Afrikaans of Afrikaanssprekendes
verband te hou. Beledigings, "flames" of onnodige kritiek van 'n groep
of persoon word ten sterkste ontmoedig. Lees asseblief die
"netiquette" re"els in news.announce.newusers voordat u u eerste
artikel aan enige nuusgroep pos, en behou u te alle tye by hierdie
re"els wanneer u artikels pos.

TALE
----

Artikels sal hoofsaaklik in Afrikaans, Nederlands/Vlaams en Engels wees.
Artikels in ander tale word ook verwelkom om sodoende die uitruiling van
inligting met die wydste gehoor moontlik te bewerkstellig.

BESPREKINGSPLEK
---------------

Die besprekings sal in news.groups, 'n USENET nuusgroep, plaasvind.
Alle
kommentaar rakende hierdie voorstel moet na news.groups gepos word (neem
kennis van die Followup-To re"el).

BESPREKINGSPERIODE
------------------

Die besprekingsperiode sal vir 30 dae lank duur, wat met die amtelike
verskyning van hierdie RFD 'n aanvang sal neem. Indien akkoord bereik
word, sal 'n Oproep om Stemme (oftewel "Call For Votes" - CFV)
aangekondig
word, wat vir 'n tydperk van 21 to 31 dae sal duur.

HIERDIE VVB GE"INISIEER DEUR:
-----------------------------
Marco Van Het Hoog marc...@mendel.humgen.upenn.edu
Reinier de Vos de...@aqua.ccwr.ac.za
Inus Scheepers in...@aztec.co.za
At de Lange amde...@gold.up.ac.za

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1214  1215  1216  1217  1218  1219  1220  1221  1222  1223  1224  1225  1226  1227  1228  1229    »]
Tyd nou: So. Mei 31 05:13:37 UTC 2026