Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ballingkultuur
Ballingkultuur [boodskap #23216] Ma., 24 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Senior Lid
Hmmmm.......

Ek het so pas verneem 'n veldskool ("summer camp") vir Afrikaanse jeug word
Augustus in Saskatchewan gehou.

Interessant, nogal... Sou dit 'n "eerste" wees?

Groete, Leendert
Re: Ballingkultuur [boodskap #23320 is 'n antwoord op boodskap #23216] Wo., 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
new2USA  is tans af-lyn  new2USA
Boodskappe: 6
Geregistreer: Mei 1999
Junior Lid
Gloudina - sal jy omgee om ons te vertel hoekom jy SA verlaat het?

@igs.net wrote in message ...

> Afrikaanse vanne, veral in die prairie-provinsies
> Alberta, Saskatchewan en Manitoba is so maklik om
> te vind soos duwweltjies in die laatsomer in die Noord-
> Kaap. Dit verbaas my dan ook nie dat daar 'n somer-
> kamp vir Afrikaans-sprekendes gehou gaan word nie.
> Wie se kinders die kamp gaan bywoon? Sal nogal
> interessant wees. Ek sal my geld sit op die feit dat dit
> meestal mense is wat sedert 1994 hierheen gekom het.
> Immigrante uit SA wat mekaar hier in Kanada
> ontmoet, voer gewoonlik 'n fyn dans uit om agter te
> kom wat die agtergrond is van die emigr�s. In die ou
> dae was dit maklik. Behalwe vir die diplomatiese korps
> hier van SA af (natuurlik almal wit, en amper almal
> Afrikaners) was die meeste mense persone wat op
> verskillende tydstipte uit SA is as protes teen wat in
> SA aangegaan het. Deesdae moet jy eers op eiers loop,
> totdat jy die persoon voor jou opgesom het en jy jou
> kan regmaak vir die klagtes oor die Nuwe SA as
> hulle redelik nuut hier aangekom het.
> Nou en dan kom jy egter in situasies wat jou
> werklik verstom. Ons praat eendag met 'n vrou wat
> ek gedag het ek al klaar opgesom het: Engelse Suid-
> Afrikaner, uit Durban, alreeds sedert 1988 in die land.
> Op die oog af geen liefhebber van die Afrikaanse
> politieke hegemonie en van apartheid nie. Ons praat
> toe oor ons onlangse besoek aan Suid-Afrika. Skielik
> sê sy vir ons sy wil vir ons iets wys. Sy gaan haal 'n foto
> van een van Durban se strande wat uit die lug afgeneem
> is, en wat wys hoe daar letterlik duisende mense op die
> strand krioel. �There, I showed that to my children and
> I told them that is why we left South Africa,� vertel sy.
> Dit het my eers 'n rukkie geneem voordat ek besef het
> wat sy besig was om te sê: Durban se strande was OK
> toe net wit mense daar kon swem, maar nou dat �almal�
> daar kan swem, nou is SA skielik nie meer goed genoeg
> nie. Ek antwoord haar toe: � You know, this picture
> makes me actually extremely happy.� Ek vertel haar toe
> hoe ons die skoolkinders van Adams Mission aan die
> begin van elke skooljaar na die strand geneem het. Maar
> omdat die skoolkinders swart was, was hulle nie toegelaat
> om op die veilige en vir haaie-beskermde strande van
> Amanzimtoti te swem nie. Ons moes hulle na 'n stuk
> strand neem wat buite die dorp was, uiters onveilig, en
> sonder enige strandwagte. En elke begin van die jaar,
> op daardie godsverlate strande waarop my studente hulle
> plesier moes vind, het my haat vir die apartheidsvarke
> groter en groter geword. Nou goddank, hoop ek, kan
> alle inwoners van Suid-Afrika swem waar hulle wil.
>
> Gloudina
>
Re: Ballingkultuur [boodskap #23321 is 'n antwoord op boodskap #23216] Wo., 26 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2157
Geregistreer: Mei 1997
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) writes:

> On Mon, 24 May 1999 19:12:30 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
[color=blue]>
Vorige onderwerp: Streeksaksente
Volgende onderwerp: Ouma se skoene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jul. 31 01:52:01 UTC 2026