Welkom by ons (nuwe) Riaan, en ek hoop jou seuntjie sal OK wees, en dat dit
nie n blywende of ernstige ding sal wees nie.
Ek respekteer jou eerlikheid en nuwe mantel, en ja, ons kan lekker menings
wissel en stry solank ons nie die man self beledig of kritiseer nie, wel
net sy idees.
Pat
>
> Maar ek moet bysê, dat van vandag af ek elke persoon, ongeag ras of kleur
> sal aanvat op grond van wat hy/sy te sê het waarmee ek nie saamstem
> nie......maar ek sal probeer om dit nie persoonlik te maak nie.
>
>
> Groete
>
>
>
> Riaan
>
Wees op julle hoede - 'n nuwe virus is hard aan die werk - en hulle
probeer nog 'n oplossing wind. Enige email met "zip.doc.files.exe"
(weet nie of die volgorde reg is nie) moet onaangeraak gelos word.
So terloops, wie het die oorlog in Kosovo gewen? Lyk vir my so al of
NAVO net mooi die teenoorgestelde bereik het as wat hulle oorspronklike
doel was - en Milosevic, net soos Hussain, kraai nog steeds koning.
Groete
Royleen
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
ek het i foto van die aand in hillside
jy is i bruid
agter jou raak dit donker
gaste staan rond soos i ruiter-in-swart-boekie, versteen
hul asems maak wolkies op die aarde soos op die môre
van die agste dag
in die wolkies sê hulle
ons is lief
en op die agtergrond kom i trein soos i byl uit die nag.
'n Jong skooldogter van Rustenburg is op pad na 'n kafee deur 'n man
verkrag. Sy het daarin geslaag om weg te kom na 'n ruk en 'n kortpad deur 'n
veld gevat. Daar is sy deur vier mans oorval wat haar toe weer verkrag het.
'n Vrou in 'n motor het die voorval gesien en met haar motor op die spul
afgejaag. In die proses is twee van die aanvallers erg beseer, 'n derde lig
beseer, en die vierde een het weggehardloop.
Grap van die saak is nou word die vrou aangekla van poging tot moord.
My vraag is dus wat moet 'n mens dan nou doen in so geval ?
Voor jou voete, Mabalêl,
Deur die westergloor verhel,
Waar jy onbedagsaam staar,
Sonder ooit gedagte van gevaar,
Uit die stroomweg stadig
Dryf 'n halfverdrinkte blaar.
Had jy spiere van 'n tier,
of die vlerke van 'n gier,
Meidjie, niks sou dit jou baat,
Want te lank het jy gewag - te laat!
Uit die spieëlvlak omhoog
Bars 'n skuimend' waterboog;
Oor Rakwena, kalm en breed,
Galm 'n enkel angsvolê kreet;
En dan saggies weer
Oor alles sak die stilte neer.
Winkend deur die skermmure
Helder blink die voornagvure.
Uit die donker stilte, skel,
Klink geroep na Mabalêl
En die rotse antwoord weer;
Maar terugkom sal sy..... nimmermeer.
Stadig deur die rietpensele
Naar die diepte sak Lalele.
sononder die dorpie of gehug skoon sku in sig kom 'n stuk
of tien hom tegemoet met hul gebreke torsend in 'n wolk
van linnegoed uitgelate honde en muile wat hinnik-
end steier in die tuig van die distrik se eie werkvolk
met een voet in die graf die moederlose seun met 'n moordkuil
vir 'n hart die stommerik wat ander klanke
wil laat hoor en legio heel by sy verstand wat buig wat huil
en hulle werp hul op die stewel in die stiebeuel met mening en met mag
en smak met al wat brak is saam bedank god christus bedank
dat u wat in brokke en stukke is goed gaan maak vandag
Die gerieflikste manier om kappies en deeltekens te gebruik, is om die
sleutelbord eenmalig te stel (dit is nou vir rekenaars met Windows 95 of
98).
Gaan as volg te werk:
Gaan na die "Control Panel"
Dan na "Keyboard"
Gebruik "Add" om Afrikaans as taal by te voeg.
Klik dan op "Properties" en stel die "Layout" na United
States-International" (Laasgenoemde is die eintlike geheim!).
Die oorspronklike CD van Windows sal dan gevra word en die nodige drywers
sal gelaai word.
Na hierdie wysiging is dit net nodig om eers die kappie of deelteken
(eintlik die aanhalingsteken) te druk en daarna die klinker (a,e,i,o of u)
om die korrekte letter met deelteken of kappie te kry. Indien
aanhalingsteken gebruik wil word moet u net 'n spasie tik na die
aanhalingsteken en dan sal die letter nie 'n deelteken op hê nie, maar 'n
aanhalingsteken sal voor die letter verskyn.
Hoop dit help almal wat, soos ek, sukkel om die alt-kodes te onthou!
WAATLEMOEN (uit "Kroniek van Kristien.")
D.J. Opperman
In die tyd van geestelike dronkenskap
is haar lyf gevul met die rooi sap
wat van die geel son en die soet fontein
in haar liggaam gis en borrel soos jong wyn;
en daarvan het sy uitermate groot geswel
sodat haar lyf verby haar lede wel
en sy, volkome deur haarself omsluit,
net kommer oor: "Wat kom daar uit my uit?
In die groot honger is die kwaad
gesaai reeds met die strooiing van die saad
wat ek vermenigvuldig wek in my."
Sy voel in haar hoe roer die rye:
"Is die pitte swart of bruin of wit?"
Dan het sy om haar sondes weer gebid.
Sy word ten volste van die groot verwag
en weet nou breek die uur aan van die slag,
en op 'n warm somerdag het sy gedwee
haar met die loop van die vrugwaters oorgegee...
en half verstrooi sien sy hoe om haar staan
wit, bruin en swart, 'n halwe maan,
en onbesorg eet hulle skyf na skyf
die wyn en brood van haar bros lyf.