Shannon skryf in boodskap news:7pk3fj$26hl$2@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Ek merk daar is elke keer 'n 'file' aan jou pos geheg. Maak seker dat dit
> nie 'n virus is nie.
>
Voorgestelde vereistes vir nuwe vuurwapenlisensies
1. Heraansoek vir lisensie teen R500-00 vir elke vuurwapen (hernubaar elke 5
of 10 jaar) Gelde is nie terugbetaalbaar by mislukking van aansoek.
2. Psigometriese toets moet afglê en geslaag word teen +- R300.00
3. Slaag teoretiese toets oor vuurwapen wet wat +- 150 bladsye se inligting
bevat.
4. Moet in besit wees van 'n sertifikaat van bevoegdheid om die wapen te
hanteer. (koste van kursus moet self gedra work)
5. Moet 'n ingeskrewe lid wees van 'n vuurwapen klub of vereniging
6. Die klubvoorsitter moet 'n jaarlikse verslag indien dat daar minstens aan
50% van die skietoefeninge/kompetisies deelgeneem is - indien nie,
aanbeveling dat lisensie terugetrek word.
7. Twee getuigskrifte van bure dat hulle nie beswaar het dat jy 'n vuurwapen
besit nie.
8. Lê eed af dat jy die vuurwapen net vir die doel waarvoor die lisensie
toegestaan is sal gebruik. (byvoorbeeld skyfskiet ens.)
9. Jy mag net in besit van 100 rondtes, doppe of punte op enige stadium
wees.
10. Vuurwapen mag net in SABS goedgekeurde kluis (+- R800 SABS sertifikaat
R400 geberg word en wat met haakboute teen twee mure en 'n vloer geanker
is en die
polisie moet dit inspekteer en goedkeur.
11. Wapen mag slegs op persoon gedra word na en van die skietbaan (nêrens
anders
nie)
12. Magasyn kapasiteit van wapen mag nie 9 rondtes oorskry nie en 'n
haelgeweer
mag nie 6 rondtes oorskry nie.
13. Wapen met looplengte van tussen 6 en 16 duim is onwettig
14. Haelgeweer met 'n pistool greep is onwettig
15. Alle wapens van militêre ontwerp is onwettig en kan nie gelisensieer
word nie. (bv
303, Colts, Lugers, Mauser K98 aksies, Berettas mod. 92 ens. nie
toelaatbaar nie
en word die eiendom van die staat
16. Alle ander wapens waarvoor lisensies geweier word moet binne 14 dae aan
'n
wapenhandelaar gelewer word vir herverkoop en as dit nie binne 'n
sekere tydperk
verkoop word nie word dit verbeurt verklaar en word dit ook die
eiendom van die
staat
17. Oor die algemeen sal slegs een gelisensieerde handwapen en een
gelisensieerde
jaggeweer per persoon toegelaat word INDIEN U WEL KWALIFISEER!
Volgens 'n studie van SAGA sal net 10% van huidige gelisensieerde
wapens
kwalifiseer vir herlisensiering.
Kontak u plaaslike wapenhandelaar so gou as moontlik, of SAGA (031
3861685)
of 'n Boerevereniging om u mening te laat geld.
Versprei die inligting en bespreek dit met u vriende as u die
voorgestelde
wetgewing wil teenstaan om die "wettige" wapeneienaar se regte te
beskerm.
Die volgende interessante nuusbrokkie het vanoggend in die pers
verskyn:
Die eerste tak van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging
(ATKV) in Soweto is laas-naweek geopen. Die voorsitter, Elliot
"Boerseun" Mashinini (geen familie van Tsietsi Mashinini, die
studente-leier van die 1976 Soweto-opstand teen die geforseerde
gebruik van Afrikaans in swart skole nie) se doelstelling: Om
die liefde vir die Afrikaanse taal onder sy mense te versprei.
Die tak het reeds 23 lede.
Volgens berigte het Boerseun se passie vir die taal onstaan toe
'n Afrikaanse familie, met wie se kinders hy as kind gespeel het,
'n hond aan hom persent gegee het. Hy besluit toe om sy kennis
van die taal te verbeter, sodat hy die hond beter kon onderrig.
Ek het altyd al 'n suspisie gehad dat honde baie beter Afrikaans
kan verstaan as ander tale. Vat maar 'n woord soos "voetsek".
Albertus van Wyk skryf:
Hel, ek weet nie hoekom mense altyd tot op 'n punt met al
die onverklaarbarhede van die lewe worstel en dan skielik
net opgee en berusting vind of dalk uitchicken met so
veralgemening soos "God is goed" nie. Wat op aarde beteken
of verklaar dit?
Vriend Albertus, laat ek heel "up front" verklaar dat ek
Christen is - soos so baie mense toutologies sê: "born
again Christian". En laat ek tweedens verklaar: God IS
goed. Dit is 'n stelling wat 'n mens alleen met volle
oortuiging kan maak nadat jy regtig glo en aanvaar dat God
jou deur die soendood van Christus, en Sy opstanding, gered
het en aan jou die ewige lewe gegee het. Wanneer jy dit glo
en aanvaar, weet jy ook jy is nie meer 'n sondaar nie, jy
is reeds vrygespreek van al jou sondes en oortredings; jy
sal nie eendag in die lewe hierna voor 'n regterstoel hoef
te verskyn om rekenskap te gee van alles wat jy gedoen het
nie. Wat 'n bevryding is dit nie wanneer jy dit besef nie!
Dan kan jy, wanneer jy dit weet en aanvaar, met groot
oortuiging verklaar: God IS goed! Al is die lewe
onregverdig, al is dit onbegryplik, al het ek nie antwoorde
op die groot raaisels en tragedies van die alledaagse dinge
nie, bo alles troon die wete: God IS goed.
Dit is nie berusting nie. Dit is nie uitchicken nie. Dis 'n
aanvaarding van 'n feit. God is goed, maar om dit te
probeer verduidelik is ewe moeilik om aan 'n blinde persoon
te probeer verduidelik dat wat dit beteken on te kan sien.
(Jy sal iets van hierdie analogie begryp as jy die fliek
"First Sight" gesien het.) My Bybel leer my nie dat ek
passief moet berus nie. My Bybel leer my dat ek in die
geloof moet worstel - kyk maar na die voorbeeld van 'n
worstelheld soos Paulus, wat byna in wanhoop uitroep: "die
goeie wat ek wil, dit doen ek nie, maar die slegte wat ek
nie wil nie, dit doen ek." Selfs Jesus worstel in die gebed
in Getsemane. En wat van Jakob wat 'n hele nag deur worstel
met God en verklaar dat hy Hom nie sal laat gaan voordat Hy
hom geseen het nie! Die uiteinde is Jakob se ontwrigde
heup, maar hy kry God se seen.
Kyk na wat ons leer uit die "gelykenis" van Job: al verloor
Job alles, en al word hy verneder tot die vlak van iemand
wat op 'n ashoop met net potskerwe om sy sere mee te krap,
kan hy steeds verklaar dat God is goed is, en dat hy steeds
weet sy verlosser leef. Later raak hy betrokke in 'n
heftige, soms bitter, soms woedende debat met God, maar
uiteindelik weet hy nog altyd: God is goed, want Job se
einde was beter as sy begin.
Ons is nie marionette met God as 'n soort marionetmeester
nie. Ons het vrye wil. Ons kan self kies. Ons kan self doen
en dink. Dit beteken dat God ons toelaat om ons eie foute
te maak, selfs om ons eie ondergang te bewerkstellig as ons
wil. Maar soos talle en talle mense deur die geskiedenis
kan getuig - en ek ook: selfs wanneer ons ons lewens
opgemors het, is God steeds daar om ons op te help en reg
te help, as ons in geloofsoorgawe tot Hom kom om Hom te vra
om te help. Dan help Hy - maar nie noodwendig soos ons dit
wil nie; Hy help soos Hy weet dit die beste is vir diegene
wat in kindskap Sy Vaderskap (om PC te wees: Sy Ouerskap)
aanvaar.
Christen wees beteken nie dat jou probleme skielik ophou en
dat alles nou gaan goed gaan nie. Jy is per slot van sake
steeds in die wêreld, en jou lewe word steeds be-invloed
deur die besluite en optredes van ander mense. Maar as
Christen het jy 'n ander dimensie betree, en jy kan - soos
Viktor Frankl - ervaar dat jy selfs in fisiese
gevangenskap, lyding en onderdrukking, die grootste vryheid
moontlik geniet.
Vir iemand wat nie Christen is nie, is hierdie stelling (en
alles hierbo) onverstaanbaar. Die feit is dat die logika
van God vir die wêreld onlogies is. God se wee" is
onverstaanbaar vir die wêreld - so verklaar Hy self: My
gedagtes is nie julle gedagtes nie. God laat Hom nie deur
mense begryp en bevat nie. Hy is groter en meer omvattend
as wat ons ooit kan besef: nou sien ons deur 'n spiee"l in
'n raaisel, maar eendag sien ons van aangesig tot aangesig.
Hier kan ons net gedeeltelik begryp, want soos die mense in
Plato se grot sien ons flikkerende skadu's teen 'n muur.
Eendag sal ons die werklikheid leer ken.
Intussen staan daar verskeie geloofswaarhede onwrikbaar en
onwankelbaar. Een daarvan is dat God goed is.
Ten slotte, vriend Abertus: moet asseblief nie in enige van
die bostaande implikasies oor jou en jou eie Christenskap
of andersins lees nie. Ek kan nie obkjektief wees oor my
geloof nie, maar niks wat ek hierbo geskryf het, is bedoel
as refleksie op jou as persoon nie; ek ken jou dan nie eens
nie!
On 18 Aug 1999 21:27:26 +0200, "Dries Venter" wrote:
|NS: Ek kon nog nooit heeltemal besluit of Schuller tot die sg. "faith
|movement/prosperity gospel"-kader behoort nie, somtyds tree hy baie
|Calvinisties-gereformeerd op, ander kere meer soos die voormelde beweging.
|Het iemand anders 'n opinie hieroor?
|
Weet jy Dries, ek dink dit het te doen met sy samelewing. Vandat ek hier in
Amerika is en die Amerikaners in die kerk sien, wil ek nou sê lyk Dr Schuller
vir my na minder van 'n "faith movement/prosperity gospel"-prediker as eers.
Binne die Amerikaanse kerkgemeenskap, wat ek self maar nog gebrekkig ken,
kan mens hom seker maar as baie meer konserwatief sien en heeltemaal
Calvinistief - gereformeerd.
Plaas hom binne SA en ek dink meeste ouens van die drie gereformeerde
susterkerke gaan hom as 'n Amerikaanse TV prediker sien. (Hier is baie erger TV
predikers op die TV te sien!) Ek hou baie van DR Schuller, maar kry nie baie
tyd om hom te bluister nie. Sy seun preek ook baie mooi en is ook verbonde aan
die selfde pragtige kerk.
Ek het nou al 'n paar mense by ons kerek (United Methodist) hoor sê dat hulle na
hom luister as hulle dit nie op 'n Sondag oggend kerk toe maak nie.
Daar is baie Moslems in die Parlement in SA. As dit waar
was, waar sou ons vandag gewees het? En Sadek?
Marteling het wel gesorg vir die pragtige Bahai geloof wat
as gevolg daaraan ontstaan het.
Maleisie is 'n pragtige land, waar Moslem, Hindoe en
Sjinees saam 'n demokrasie opgebou het. Baie ooreenkomste
met SA:
Beide lande is V-vormig
Suidpunt van Afrika vs Suidpunt van Suid Oos Asie.
Uitlanders het paaie gebou.
In albei lande is daar argumenteer oor wie eerste daar was.
Beide kry immigrante van arm Noordelike lande wat daar kom
werk soek.
Beide beweeg na 'n wapenlose samelewing. In Maleisie is dit
verbode om met 'n koelpunt om jou nek rond te loop.
Petronas en Sasol olie maatskappye.
Beide ontwikkel van landelik na tegnologiese lande vir alle
gedeeltes van bevolking.
Beide is deel van ekonomiese blokke.
Almal is beide lande is hardwerkend.
Godsdiens is by baie mense 'n prioriteit.
Ons beplan om SA te besoek nader aan die einde van die jaar en dink
daaraan om 'n klein hondjie te koop en saam terug te bring. Ons vlieg
met Suid Afrikaanse Lugdiens. Die hond sal seker iets in die lyn van 'n
Skotse Terrier of 'n miniatuur Schnautzer wees. Hierdie tipe honde is
baie duur in die VSA en sal met die wisselkoers baie goedkoper uitwerk.
Eerstens, het die hond 'n kaartjie nodig of kwalifiseer dit as deel van
my bagasie. Ek het SAL geskakel en die besprekings kantoor se dat ek
SAL Cargo moet skakel, wat op hulle beurt weer se dat ek besprekings
moet skakel.
Tweedens, wat is die prosedure wanneer die hond hier aankom.