Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Raar maar waar...

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

Lees nou die dag in die koerant 'n rare berig. Blykbaar het die padowerhede hier in die VSA probleme met mense wat bottels met - raai wat! - p**pie - langs die hoofpaaie los. Blykbaar is daar genoeg mense wat nie kans sien om stil te hou wanneer die nood druk nie, en dan sommer so in die ry bottels gebruik om hulle nood in te los, om probleme te skep. Die bottels word dan sommer uitgegooi, of doodgewoon iewers gelos wanneer daar wel stilgehou word. So tong in die kies gaan my verbeelding toe met my op loop. Begin toe wonder oor die logistiek van die handeling of operasie. Kon aan net een soort bottel dink wat daarvoor geskik is om vir die doel te gebruik: die Snapple bottels waarin ystee verkoop word, met hulle wye bek. Maar dit hou nie baie vog nie, en die gevaar van oorloop is groot. Kan my indink dat net mans met die nodige fisiologiese toerusting toegerus is om sommer so in die ry, met net een hand op die stuurwiel, die ding te doen. Dit sal nogal 'n goeie balans verg, en bottel vasknyp tussen die bene. Behoede jou as jy gly of uitglip! Dan moet jy dalk ook maar sorg dar jy meer as bottel byderhand het! Want wie weet was jou kapasiteit vir voginname in die voorafgaande paar uur. Verder moet dit ook seker net moontlik wees as jy alleen in jou voertuig is, neem ek aan.... behalwe as dit 'n groepaktiwiteit word. Dis seker nou een gebied waar daar nie gelykheid tussen die geslagte kan wees nie - die dames sal maar moet knyp, terwyl die mans verlig kan voortreis....

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Boerewors Express

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

Dagsê almal
Die Boerewors Express het verander. Vir 14 maande, was dit 'n gratis
e-pos nuusbrief. Vanaf einde Augustus 1999, sal dit net deur lugpos
beskikbaar wees. Elke uitgawe het 'n minimum van 10 bladsye. Dit is
A4 grootte en word maandeliks uitgee. Boerewors Express het artikels in
Engels en Afrikaans. Die nuusbrief is gemik op Suid-Afrikaners wat nou
buite Suid-Afrika woon. Ons berig oor RSA nuus / sports gebeure,
resepte, RSA klubs in die buiteland, gee raad vir nuwe emigrante, ens...

Dis 'n moet vir elke suid-Afrikaner buite RSA.
Vir meer besonderhede oor kostes, stuur e-pos aan lk...@citytel.net en
meld aan die land waarin jy nou woon.
Baie dankie en lekker bly

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Besoek aan Wene

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

In Junie was ek in Wene om daar 'n kongres by te woon. Ek het op hierdie nuusgroep raad gevra oor wat 'n mens daar kan doen en sien, en verskeie mense het raad aangebied - en ook gevra ek moet verslag doen wanneer ek terug is. Ek is nou meer as twee maande reeds terug, en hier is die beloofde kort verslaggie:

Wene was 'n wonderlile belewenis. Al waaroor ek spyt is, is dat ek vir 'n kongres daar was, en nie regtig tyd gehad het om in die ou stad rond te kuier nie. Die kongres (en my hotel) was in 'n splinternuwe, moderne deel van Wene, oorkant die Donau. Darem gerieflik naby aan die ou middestad en die Stephansplatz - net tien of vyftien minute met die moltrein. Die Stephansplatz was waarheen ek heel eerste gegaan het - wat 'n wonderlike ou stadsplein, oorheers deur die manjifieke Stephanskirche. Die ou kerk, wat al soveel eeue daar staan, was 'n wonderlike ervaring, hoewel dit meer soos 'n museum as 'n kerk gevoel het vir my. Ek kan steeds nie eintlik vat kry aan die Roomse gebruike van kerse brand en aanbidding van die Heiliges nie. Al die beelde en ikone in die kerk was wonderlik om te aanskou, maar skaars vir my 'n religieuse gebeurtenis. Interessant was dit ook om voor die kerk te staan en teen die massiewe klipmure die koeëlgate te sien - oorblyfsels en handeteking van die Nazi's.

Die Stephansplatz self is 'n heerlike saamkomplek van mense, met sy buitelugkafees, straatmkusntenaars en die mense wat daaroor stroom. Straussmusiek vang jou oor so tussen die geroesemoes van mense deur, en studente in kleurvolle kostuums uit die Straussera probeer jou oorreed om kaartjie te koop vir konserte. Marionetmeesters, gimnaste en musikante eis elkeen 'n hoekie van die plein op vir hulle vertonings, en ek het van die een na die ander gedwaal, gekyk, geluister en geniet. Een aand was daar 'n balalaika-ensemble wat daar opgetree het terwyl ek desit en eet het by een van die buitelugkafees.

Een aand is ons as groot groep na Gumbholdtskirchen, 'n dorpie buite Wene, vir 'n ete by een van die wynkelders. Ongelukkig het dit die aand erg gereën, en ons kon nie juis rondstap nie. Nietemin was dit lekker. Nog 'n aand was daar 'n onthaal in die Ferstelpaleis, 'n asemrowende mooi paleis uit die agtiende eeu. Iets wonderliks om te aanskou was dit om daar te wees en al die glorie te aanskou. Deur die ete is ons vergas op Straussmusiek, uitgevoer deur 'n strykensemble. Die kelners wat die ete bedien het, was 'n aandpakke aangetrek. Elke gereg wat bedien is, is ingedra in 'n statige optog van al die kelners, wat in 'n lang dubbelry ingemarsjeer het, met die geregte op groot silwerskinkborde, bedek met silwerkoepels. My grootste teleurselling van die aand was die feit dat Vrou nie die heerlikhied saam met my kon geniet het nie.

Die enigste museum waarvoor ek tyd gehad, was die Kunsthistorisches Museum, waar ek onder een dak feitlik al die meesterstukke van Brueghel en sy tydgenote kon sien wat ek my lewe lank nog smag om te sien. Hy (Brueghel) bly een van die fassinerendste kunstenaars en een een van my gunstelinge. Die wonderlike allegorieë van sy skilderye bly 'n ryk bron van betekenisverlening en interpretasie, en ek het lank daarna gestaan en kyk en my daarin verlustig. Ook die ander sale, met die wonderlike beeldhouwerk, wetenskaplike en tegnologiese uitstallings uit die sestiende eeu was 'n belewenis wat my oorweldig het. So jammer dat 'n mens nooit genoeg tyd het om daar deur te bring nie. Dit was een van die museums wat my die meeste beïndruk het wat ek nog ooit gesien het. (Nog 'n museum wat my erg geïmponeer het, is die Salvador Dali-museum in - van alle plekke! - St Petersburg in Florida.)

Groetnis
Henry

Emigrasie & buiteland | 6 kommentare

"Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in graf en dood geen rus kon vind
nie, maar nog soek en smag.

Die sinus grafiek en die golwe se patrone is dieselfde.
Wanneer ons op ons laagste is, kry ons energie om die
hoogte in te skiet, en op die hoogste loop ons ego met ons
weg sodat ons na ons laagste kan daal. Geweer swaai die
man, ens.

Gedigskrywer dink 'n mens moet rus vind in die graf. Maar
die siel verlaat die liggaam by die dood, en die liggaam
gaan skootwerf toe, maar die siel keer terug na die 4e / 5e
dimensie van bestaan. En die siel van 'n mens lewe voort,
al soekende, naarstigtelik, en ontwikkel sy gees.

Plaas maar julle gediggies. Dit is van diepere estetiese
waarde. Sal die geleendheid gebruik om dit vir julle uit te
wys.

Laurika sing pragtig - het al lank al seer gekry, maar wys
dit nou eers.

O diep rivier, o donker stroom
Hoe lank het julle gewag, hoe lank het julle gedroom
Die lem diep in ons harte te steek...

Die pad na genesing nou eers verstaan. Dankie ng, dankie
gediggie skrywers, dankie sielkundiges.

Dink net hoe vervelig sou dit gewees het as 'n mens nie
hier was nie. Wil julle 'n stormloop hê of in eensaamheid
sit en mense uitnooi om hulle sielkundiglik te analiseer,
en probeer rewolusie aanblaas?

Aan die einde van die dag bly sielkundige analise maar net
'n muur waaragter die analis wegkruip om sy eie karakter te
verberg. Die lekkerste sports is om weg te bly en dan terug
te kom onder 'n ander masker (persoonlikheid) en speletjies
met julle te speel. Net om te kyk hoe lank vat dit Leendert
om vir Gloudina 'n boodskap te skryf - "You've got mail..."
Lekker fliek. Geniet maar die spel. Ek geniet dit ook.

Prosa & poësie | 0 kommentare

'chat' en nuusgroepe

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

My meisiekind het al twee keer aan yahoo se 'teen chat-groep' deelgeneem.
Ek was eintlik verstom aan die nutteloosheid daarvan. Elkeen gooi sy mening
in en hoop iemand reageer. Dit is 'n Babelse verwarring en totaal 'n
nuttelose groepsgesprek. Gekruide taal is gereeld deel van 'n gesprek en by
tye word 'normaalweg' gesensorde onderwerpe ook genoem.

Ek soek nou maar 'n nuusgroep wat beskik oor 'n meer georganiseerde wanorde
...iets soos ons ng! Ek merk daar is talle goed vir 'teens'. Is daar iemand
wat weet van 'n redelik aanvaarbare ng?

Groete

Shannon

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Rondzendlijsten Nederlandse taal en literatuur

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

De Meander-linkspagina op http://meander.italics.net/links/
heeft haar pagina met rondzendlijsten over en rond de Nederlandse
taal en literatuur onlangs volledig vernieuwd en uitgebreid. Op de
nieuwe Meander-rondzendlijstenpagina vindt u thans een aanbod van
om en bij de veertig rondzendlijsten over taal en literatuur,
naar ieders smaak: van de dagelijkse cartoon van Kamagurka tot de
nieuwsbrief over religieuze literatuur van Chroom-digitaal.

Bij elke lijst hebben wij vermeld hoe men zich kan abonneren, hoe
men zijn abonnement opnieuw kan opzeggen, wie de beheerder van de
lijst is en op welk e-mailadres u die lijstbeheerder kan bereiken
voor nadere uitleg.

Kent u nog lijsten die hier zouden bijhoren en die hier nog niet
vermeld zijn ? Stuur dan een bericht naar: gck...@casema.net

De rondzendlijstenpagina bereikt u via het openingsblad van de
Meander-linkspagina op http://meander.italics.net/links/ en kies daar
voor "Rondzendlijsten".

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Rondzendlijsten Nederlandse taal en literatuur

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

On Sat, 21 Aug 1999 12:37:20 +0200, "Meander" wrote:

>
> De Meander-linkspagina op http://meander.italics.net/links/
> heeft haar pagina met rondzendlijsten over en rond de Nederlandse
> taal en literatuur onlangs volledig vernieuwd en uitgebreid.

Zolang KKees niet vermeld wordt, blijft het een 100% FOUT en onvolLEEDig
overzicht.

--
RJ/Z
"fa. besluipwespen"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nieu-Seeland

Vr., 20 Augustus 1999 00:00

En hier kom ek toe af op 'n nuusgroep in Afrikaans! En ek is so bly...en ek
begin lees en kan nie help om terug te verlang huis toe nie! Waar daar
actually dinge gebeur! Waar mense lief is vir iets (hier is dit wragtig net
RUGBY!) en waar mense opstaan vir wat hulle in glo!

Ek mis dit...ek mis hoe mense ALTYD oor politiek praat en altyd jare se
verskonings reg het om aanhou te baklei tot die einde!

Hou aan skryf - dit hou ons hier aan die einde van die wereld besig!

Liezel - Auckland, Nieu-Seeland

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

David Ike teorie:Waar of vals?

Vr., 20 Augustus 1999 00:00

David Ike se onlankse besoek aan SA het my weer laat wonder hoeveel waarheid
daar in sy idees steek.
Ek kan nog steeds nie verstaan waarom hierdie sg. "global elite" die wêreld
sal wil regeer tot op die punt dat elke persoon individueel beheer kan word
nie.
Dat hulle die wêreld wel manipuleer is sekerlik waar, maar is dit nie maar
bloot net om hulle eie belange te beskerm nie?
Is al hierdie siniste^re redes wat daaraan gekoppel word nie maar net die
produk van 'n baie vrugbare verbeelding nie?
Ek meen, die meneer homself maak darem 'n aardige fortuintjie uit sy boeke,
optredes ens.
Ek wonder maar net !

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Pierre du Plessis

Vr., 20 Augustus 1999 00:00

Ek merk daar is elke keer 'n 'file' aan jou pos geheg. Maak seker dat dit
nie 'n virus is nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1174  1175  1176  1177  1178  1179  1180  1181  1182  1183  1184  1185  1186  1187  1188  1189    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 07:54:48 UTC 2026