In article , @sympatico.ca wrote:
> Ferdi Greyling wrote:
>> Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
>> wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
>> Wouter Basson se verhoor?
>>
>> Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
>> Basson se dade.
> Ek het toe gisteraand na die CBC se spesiale
> verslag
> gekyk oor Dr. Jack Bothma van North Battleford in
> Saskatchewan. Dis =91n klein dorpie op die prairies
> waar Dr. Bothma die laaste vier en =91n half jaar
> =91n
> ortopediese spesialis is. Blykbaar mag hy nog net tot
> Januarie daar bly. Hy was glo vyf jaar gegee om die
> eksamens deur te kom wat hom =91n permanente lisensie
> sou gee om as dokter te praktiseer, en hy het dit
> gedruip.
> Hulle het ook bevestig dat hy blykbaar as staatsgetuie
> gaan optree in die hofsaak teen Wouter Basson.
> Ek lees gister toe ook in Beeld van =91n ander
> man wat
> ook staatsgetuie teen Wouter Basson gaan wees. Hy is
> Dr. Frederik Botha, voormalige mediese ko=F6rdineerder
> van die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), waar hy
> glo onder die aliasse =93Koos=94 en =93Frans=94
> opgetree het. Hy
> het glo die middel digoksien aan mr. Slang van Zyl
> gegee
> om Dullah Omar te vermoor. By =91n ander geleentheid
> het
> hy ook =91n aapfetus, wat deur Dr. Stiaan Wandrag in
> =91n
> keisersnee verwyder is, in ontvangs geneem. Hierdie
> fetus is toe aan =91n boom by Desmond Tutu se huis
> opgehang,
> blykbaar deur BSB lede.
> Wat vir my spesiaal interessant is, is dat
> Frederick Botha
> die seun is van Elize en J.P. Botha. Ek en my man was
> albei
> op Stellenbosch toe hulle nog studente daar was. Sy
> was toe
> bekend as Elize Lindes. Sy is vandag kanselier van die
> Universiteit van Stellenbosch. Sy het haar
> doktorsgraad in
> Nederland behaal met =91n proefskrif oor Opperman se
> =93Die
> Sprokie van die Spikkelkoei.=94 Hier volg die woorde
> van die
> Sprokie van die Spikkelkoei.
> Uit holtes van =91n boom
> het kuddes vee gekom,
> toe kies my broer
> die spikkelkoei vir hom.
> Ek stoot hom oor =91n krans,
> Hy val in =91n mik,
> toe het =91n kraai
> op die spikkelkoei gaan sit.
> Smeer vet aan =91n klip,
> korrel fyn, moenie kwes,
> toe sak =91n duisend vere
> noord, suid, oos, wes -
> sak =91n duisend kraaie
> oor die bloed, oor die klip=85
> O waar sal ek skuil
> teen die stippels wat pik.
> Elize Botha het glo eenkeer vir Opperman uitgevra na
> die herkoms van die sprokie, en Opperman het vir haar
> vertel dat dit haar werk is om uit te vind. Min het sy
> seker geweet hoe profeties hierdie sprokie vir die gang
> van haar eie familie-gebeure sou word.
> Gloudina Bouwer
Ag, nou ja:
Iemand word gedaag om voor 'n hof te getuig - smerige saak.
Geen getuienis is nog gelewer nie - en geen uitspraak nog gemaak nie.
Maar, soos enige ou aasvreterkraai by middagtee (tog niemand uitnooi wat
dalk 'n oggendborspeld sal dra nie, asseblief!) in Brooklyn of Lynwood
vertel Gloudina, uit veertig jaar gelede, ons alles (en niks) van die man se
ma!
Daar is, Gloudina (redder van die Afrikanereer), ten slotte toe regtig niks
wat jy kan bied wat edel is nie, nie waar nie?
Daar is geen gloeilamp nie, hulle lieg net vir ons. ( Die lig aan die einde
van die tonnel)
Ek se nog steeds die ding met die inflasie koers is 'n gekonkel. Een van die
dae sal ek my kar moet stoot, want ek sal nie geld he vir pertrol
nie......nog 'n hele 8 cent !
Francois
Thys de Wet wrote in message ...
> Watter gloeilamp? Die een wat nie meer die lieglig laat skyn nie, of die
> een wat die waarheid wil laat skyn?
>
> Onthou: Die Neus van Mpumalanga lieg/jok/verkondig 'n onwaarheid nog
> lekker..
>
> (Skrap wat nie van toepassing is nie!)
>
> Vir Gloudina: Mpumalanga is nou dit wat eers die Oos-Transvaal was. Nou't
> dit lekkerlieg-land geword!
> OKOK ek terg net!
> Francois de Wet wrote in message ...
>> Hoeveel kabinet ministers het jy nodig om 'n gloeilamp te verander ?
>>
>
Desert Fox wrote in message ...
> I am word te alle tye gebruik, behalwe wanneer jy na die negende letter
> van die alfabet verwys.
>
> skryf in boodskap news:37F92853.C0D6B9E0@sympatico.ca...
>> Kobus Pietersen wrote:
>>> Kan mens in Engels " I is...." sê, of moet dit altyd " I am ... " wees
?
>> " I am " is tog seker net wanneer jy met die werkwoord "to be" werk.
>> Gloudina
En Yudelman skryf:
Always "I am" or "I'm".
Always "you are", whether singular or plural. Never "you is".
Always "he/she/it is"
Also "we are"; and "they are"
Veels geluk. Not an easy or consistent language, but immensely rich and
flexible.
Nou waarom kan mens dan sê : I was ... en I were ?
Hello. I am doing a small project, and am looking for a native speaker
of Afrikaans to volunteer a few minutes of time. I have a small
passage of text in Afrikaans (about 5 typed lines), and would like a
sound file made of it. I'm afraid all I can offer in return is thanks
and appreciation, and acknowledgement if I ever get it up on my web
site. So if you have a few spare minutes, and can record yourself onto
a sound file, please let me know at the address below. Thank you very
much.
Enige nuus in Kanada van die ortopediese chirurg in 'n Kanadese dorp
wat laat 80's soontoe gegaan het en een van die hoof-getuies is in
Wouter Basson se verhoor?
Die man was glo 'n kollega van Basson en word geimpliseer in van
Basson se dade.
Hoeveel verdien politici deesdae, wil net weet of ek van beroep moet
verander ?
Francois
Desert Fox wrote in message ...
> Miskien gaan dit oor eie gewin. Glo nie ou George het gesit en wonder
> wat hy uit hierdie wyshede kan maak nie.
>
>
> Francois de Wet wrote in message
> news:7t1nvj$aqe$1@news.is.co.za...
>> Hoekom het ons soveel niksseggende politici met geen visie terwyl daar
> mense
>> is wat weet wat eintlik verkeerd is met die samelewing ?
>>
>> Desert Fox wrote in message ...
>>> George Carlin kan ongelukkig nie Afrikaans skryf nie....
>>>
>>> The Paradox of our Time
>
OP Woensdag 3 November 1999 loods Radio Kansel die Palet Roadshow. Palet
is 'n afrikaanse joernaalprogram vir vroue wat deur Wanda De Kock vir Radio
Kansel aangebied word.
Die geleentheid word kleurvol en met verskeidenheid; soos bolletjies verf op
'n kunstenaar se palet aangebied met die doel om die oggend sinvol vir ons
gaste af te sluit. Kleurvolle bolletjies verf op 'n kunstenaarspalet
beteken niks totdat nie saamgevoeg word en tot volle wasdom groei op die
kunstenaarsdoek. Elke gas moet haar inkopiesak vol pitkos van mode, sang,
poësie en die variasie van vrouwees met haar saamneem en nog lank ná die
oggend daardeur vroetel en blaai soos in 'n album van haar kinders se
grootword jare.
Datum & tyd : Woensdag 3 November om 09:30 (vm)
Plek : Ballroom, Sheraton Hotel &
Towers, Pretoria
Kostes : R90,00 per persoon(ontbyt
ingesluit)
Gasvrou : Wanda De Kock
Gassprekers : Chanté Hinds
Hilda Steyn
Ontwerpers : Mareike Gunter-Starbuck
Hilma Schultz
Christa B
Gina Snyman
Modelle : Marguerite Wesssels
Marelize Steyn
Liesel Krause-Wiid
Heidi van Zyl
Louisa Taylor
Marelize Coetzee
Amanda Brink
Candice Jacobus
Borge : Alexander Forbes
Willa Krause Velsorg
Essentials
Pot Art & Décor
Finesse
Iveco
Kom geniet ontbyt saam met ons tydens hierdie kleurvolle oggend vol variasie
en kreatiewe vrouwees. Kom kry pitkos vir die nuwe millennium vol
uitdagings!!
~ You cannot always control your direction, but you can control your
decision.
Interessant dat Beeld suggereer dat 'n ANC-minister verder gaan in sy
optrede teen persvryheid as wat PW Botha gedoen het.
En PW is nie eens deur 'n grondwet soos ons s'n aan bande gelê nie!
Hoofberig in Beeld 25 September:
Gebeure die afgelope paar dae noop Beeld om die soort kommentaar te lewer
wat ons gehoop het nie gou weer nodig sou wees nie. Die optrede vandeesweek
in die parlement deur mnr. Mosiuoa "Terror" Lekota, minister van
verdediging, waarin hy onder meer Beeld van onverantwoordelike verslaggewing
oor die Tempe-slagting gekritiseer het, en sy ongenooide besoek aan Die
Volksblad daarna, verdien kommentaar.
Lekota se aanval op die media was uit pas met die tragiese gebeure by 1 SA
Infanteriebataljon. Almal wat die belange van die weermag en die land op die
hart dra, wou sien dat die minister en die leierskorps van die weermag hulle
toespits op die tragedie en die spanning wat dit in weermag-geledere
veroorsaak het. Die minister het dit meer gepas geag om die boodskapper van
die slegte tyding (dat daar rassespanning by 1 SAI is) trompop te loop.
Sy galbrakery het herinner aan die "lunsriem"-dae van oudpres. P.W. Botha.
Maar selfs Botha het nie so ver gegaan om 'n koerantredakteur, ondersteun
deur 'n groep militêre offisiere, fisiek in sy kantoor te gaan konfronteer
nie.
Of die minister dit so bedoel het of nie, sy optrede grens aan intimidasie.
Watter voorbeeld stel hy deur sulke optrede aan mindere politici en
offisiere wat dalk al lankal die begeerte het om koerantverslaggewers op
minder subtiele maniere te intimideer om stil te bly?