Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Groot asseblief

Do., 08 Junie 2000 00:00

Ek dink dat die meeste van die mense op die groep by die tyd al van die
Napster sagteware weet waarmee jy Mp3 files kan download van ander
gebruikers se rekenaars af. Indien jy nog nie daarvan weet nie en vetroud is
met Mp3's beveel ek dit ten sterkste aan, miskien kan Ferdi selfs die ou
stukkie sagteware in die Beeld se IT afdeling bespreek. ( lewe Ferdi nog,
lank laas van hom gehoor/gesien )

Ek het 'n paar versoeke, indien iemand dit het laat weet my aseblief.

1. Exclusively yours Dickie Loader and
the Blue Jeans

2. Die wiel draai Danie Niehaus
(?)

3. Laat my langs die heide wandel Ge Korsten (?)

En 'n bekende liedjie wat toe ek nog 'n laaitie was baie deur een of ander
studente koor gesing was maar ek nie die naam van ken nie, ek kan ook net 'n
reel of wat van die woorde onthou en dit gaan so

Dis my land, dis my land die Boland vir my dis die land waar ek
..................ek ken nie die res nie.

Ek het omtrent in totaal 2000 mp3's, maar ek maak nie al 2000 beskikbaar nie
omrede die mense my server doodtrek. Maar laat weet my as jy 'n versoek het
en ek stuur dit graag.

Lekker luister

Riaan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Groot asseblief

Do., 08 Junie 2000 00:00

Riaan

Dis (as ek reg kan onthou) die Alabama studentegeselskap.

Groente
Kaaskop

> En 'n bekende liedjie wat toe ek nog 'n laaitie was baie deur een of ander
> studente koor gesing was maar ek nie die naam van ken nie, ek kan ook net 'n
> reel of wat van die woorde onthou en dit gaan so
>
> Dis my land, dis my land die Boland vir my dis die land waar ek
> ..................ek ken nie die res nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

vir Gloudina: wie is my/jou naaste?

Do., 08 Junie 2000 00:00

Kan jy dalk vir my sê?

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Soos ek dit sien

Wo., 07 Junie 2000 00:00

In die eerste plek moet mens versigtig wees vir die ou testament want baie
van die goed wat in die tyd reg was is nie van toepassing meer na die koms
van Jesus nie (dus die nuwe testament).

Ek sien Jesus se volk as die Christen gemeenskap, ongeag ras, nasie of wat
ook al.

Ek is nie 'n kenner van die Bybel nie, maar 'n paar van die argumente lyk
vir my bietjie skeef hier.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Boemelaar ?

Wo., 07 Junie 2000 00:00

In article , Jason skryf:

> Papsak en gras in 'n boemelaar se jas
> Onder die brug hou hy geskeurde klere vas

> Winter se koud trek koel deur sy boud
> En more is hy weg

Eh ?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toekoms Advies vir: Mynbou toerusting vir Afrika en die Planeet

Wo., 07 Junie 2000 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Effektiewe
beleids bestuur aangaande die verskaffing van hulp bystand, en
brandstof pryse. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag Mynhuise en Mynbou masjinerie en toerusting
Vervaardigers en Verspreiders gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettings vermoë en vasberadenheid. Verskaffing van werks
geleendhede. Verskaffing van groot reekse produkte en dienste.
Na verkoops dienste en ondersteuning. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. Asook om die Regering van ons Paradys, en elders op
die Planeet te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog
baie meer. Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van ons Paradys, die Afrika kontinent, en elders
op die Planeet, asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.

Wil graag voorstel om ontmoetings te verhoog met SAOG lidlande,
Mynhuise en Mynbou masjinerie en toerusting vervaardigers en
verspreiders. Om die produksie en verspreiding te verhoog van
mynbou masjinerie en toerusting aan Mynhuise, waar mynbou
inisiatiewe verhoog word in ons Paradys, SAOG lidlande, en die
Afrika kontinent in geheel. En elders op die Planeet, waar
mynbou masjinerie, toerusting en onderdele benodig word.

Die produksie en verspreiding van mynbou masjinerie, toerusting
en onderdele kan ook verhoog word. Om in die aanhoudende
verhoogde navraag van produkte en dienste te voorsien.

Daarna kan die aantal fabrieke, asook produksie kapasiteit van
fabrieke verhoog word. Vir massa produksie, op verskeie plekke
in ons Paradys - Oos, Wes en Noord Kaap, Kwa-Zoeloe Natal,
Vrystaat, Gauteng. Veral Noordelike Provinsie en Mpumalanga.
Asook in Afrika lande, veral naby mark gebiede en/of lughawens,
nadat vredes inisiatiewe en infra struktuur voldoende verhoog
is, vir suksesvolle lewering van produkte en dienste. Veral waar
voldoende menslike hulp bronne en materiaal beskikbaar is.

Bestudeer verbruikers benodighede plaaslik, in lande op die
Afrika kontinent, en elders op die Planeet. Om plaaslike en
uitvoer mark potensiaal en benodigdhede vas te stel.

Verskaffers van produkte kan ook verhoog word, waar moontlik. En
voldoende aanvraag bestaan.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000. President
Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance herhaal
vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En dit
die sukses maak wat dit verdien om te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Werks geleendhede kan asemrowend verhoog word.
Mynbou inisiatiewe kan asemrowend verhoog word.
Asemrowende uitvoermark potensiaal.
Ekonomiee en potensiële ekonomiee kan asemrowend stimuleer word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en
Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat het van hulle geword

Wo., 07 Junie 2000 00:00

Kan iemand dalk nog die groep Sha na na onthou ?

Bestaan hulle nog

Lewe al die lede nog, of is van hulle reeds dood

Thanx

Riaan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Luister !

Wo., 07 Junie 2000 00:00

Ooo, die berge,
Die wonderlikke berge.
Kom sing samm, my maat, kom sing saam
In wind en die reen, kom sing saam.

Die Mense van Afrika,
Oooo, kom sing,
In die Berge en in die wind,
kom sing saam.

Die voeltjies, die osse,
Tjoets in the wind,
Ooo, kom sing, kom sing saam,
My vriende van Afrika.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Waarheid

Wo., 07 Junie 2000 00:00

Julle hoef my nie aan te val oor feite nie, want ek antwoord nie eens
terug nie.

Julle is grootgemaak en gebreinspoel soos puppets, so trek maar
daardie mooi skoen aan sodat hy jou ook pas:

Frikkie

Gaan kyk self...
Moet asseblief nie oor goed probeer argumenteer as jy net die een kant
sien en ken nie....

www.melvig.org\facts\jesus.html
www.melvig.org\faq.html

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Niks snaaks nie - nelson.jpg (0/1)

Wo., 07 Junie 2000 00:00

Niks nuuts in die nuwe SA nie.

Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1067  1068  1069  1070  1071  1072  1073  1074  1075  1076  1077  1078  1079  1080  1081  1082    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 13:49:31 UTC 2026