Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Heruitgawes

Sa., 08 Julie 2000 00:00

Pragtige bron ontdek wat ou boeke (tans veral oor die ABO, natuurlik,
Afrikaans en Engels) heruitgee. Dis eenvoudig gebind (nie duursaam nie - vir
lees, nie vir erfporsies nie) en spotgoedkoop. Klaarblyklik boeke waarvan
die kopiereg reeds verval het.

Titels soos Sarah Raal se "Met die Boere in die Veld"; Johanna Brand se "Die
Kappiekommando"; Smuts/Reitz se "'n Eeu van Onreg"; "Psychology of Jingoism"
van JA Hobson; "Met die Boerekommandos van JD Kestell; "Die Stryd tussen
Boer en Brit" van CR de Wet.

Die ou spesialiseer in Suid-Afrikaanse geskiedenis 1795-1915 en handel ook
in boeke van ander uitgewers - Ek het bv. Emily Hobhouse se verlae in 'n
nuwe uitgawe daar gesien.

Net jammer die Afrikaners met die grootste bekke oor ander mense is ook die
Afrikaners wat die minste lees.

Die ou dryf handel as Bienedell Uitgewers, Posbus 3095 Pretoria 0001 Tel:
(012) 329 4083

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Skuus, Hilda!

Sa., 08 Julie 2000 00:00

Ek het toe nie jou stellings beantwoord nie - net gal afgegaan.

Ek dink daar is twee aspekte hier ter sprake.

In die eerste plek het ek gereageer op die stomme klein kafferhater wat hier
voorgee dat Afrikamense meer "barbaars" sou wees as Duitsers. So 'n
perspektief is natuurlik bloot die vooroordeel van onkunde gebore uit 'n
gebrek aan historiese perspektief (nog een van die erflatings van 80 jaar se
Christelik-Nasionale Onderwys, en een wat beslis nie deur die nuwe stelsel/s
aangespreek sal word nie - die ou vooroordele word bloot vervang met ander).

Terselfdertyd, egter, reageer ek op die skynheilige vooroordeel teenoor my
mense wat ek 'n halfeeu lank ervaar het van die "mensen uit Europa" wat
"anti-apartheid" as 'n katarsisagent gebruik het om hulle image (nie hul
gewetes nie) te reinig van hul koloniale verlede - waarvan Afrikaners produk
sowel as slagoffer was/is. Ek sal altyd daardie soort skynheiligheid verag,
Hilda, nog meer as die onnoselheid van die kafferhaters - of dit uit Europa
of uit Kanada kom.

(Nou moet ons weer hoor hoe die arme Kanadese net as "peace keepers" optree,
en dat die spanning hulle dryf tot drank. Dieselfde Kanadese by wie die
bevolkingsgetalle van inheemse mense sedert hulle eerste nedersetting skaars
gestyg het, terwyl dit in SA tienmaal vinniger as die getalle van die
Afrikaners gestyg het. Dieselfde Kanadese wat binne menseheugenis saam met
die ander Ingelse hier by ons 'n daad van etniese suiwering uitgevoer het
wat na verhouding groter was as die Jodeslagting van Hitler!)

Die ironie, Hilda, is dat die "mensen uit Europa" waaragtig nog niks geleer
het nie. Hulle sien nog nie in hoe "anti-apartheid" dieselfde
selfbevoordelende vooroordeel behels as dit wat hulle voorgee om te verag
nie, en hoe "anti-apartheid" dieselfde selfbevoordelende vooroordeel behels
as Blut-und-Boden antiSemmitisme nie. Net meer sinies.

Al wat gebeur het met die "lesse van die geskiedenis" van die afgelope eeu,
is dat die "mensen uit Europa" meer sinies geraak het - ook oor hul eie voor
oordele.

Die mense van Afrika is nog nie heeltemal so sinies nie. Hul vooroordele is
tenminste nog bietjie naief.

Groete, Leendert

En o, ja. Jy het in Congo gewoon na die onafhanklikheid. Toe was die nonne
reeds opgevreet en die voormalige koloniale meesters op hul plek gesit. Die
stryd om mag was toe onderling, en nie meer teen Brussels gemik nie, soos jy
tereg uitwys.

Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:8k7ufm$t2m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>
> Hilda en Gervaas wrote in message
> news:6oK95.34514$HL2.556582@afrodite.telenet-ops.be...
>>
>
>> Come on, Leendert, waarom ben je zo agressief
>> tegenover mensen uit Europa.
>
> Beste Hilda,
>
> My status as "apartheidsvark" in hierdie nuusgroep is nog deur niemand
> uitgedaag nie, onthou. Ook geen "mensen uit Europa" bevraagteken dit nie.
>
> Dus: Laat my maar my grimmigheid toe. Dis nie ongegrond nie.
>
> Buitendien. Ek sal jou nie meer lank verveel met my "aggressie" nie.
>
> Groete, Leendert
>

Koeitjies & kalfies | 40 kommentare

O ja, Ferdi!

Sa., 08 Julie 2000 00:00

Maar om terug te om by die aanvanklike vraag:

Hoe versoen jy die "antirassisme" waarvoor jy Boshoff & Boshoff loof met
hul verering van Verwoerd, wat jy en ander hier voorgehou het as die
"apartheidsvark" par excellance?

Vriendelike groete, Leendert

Leendert van Oostrum skryf in boodskap news:8k7puo$qqu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Toemaar, Ferdi. Ek dink nie ek sou in 'n Engelse skool skoolhou nie.
>
> En miskien is dit nie my denke wat so slordig is nie, maar joune wat (nog
> steeds) so stadig is.
>
> Vriendelike groete, Leendert
>
> Ferdi Greyling wrote in message
> news:3968159e.10018935@news.icon.co.za...
>>
>>
>> Jy weet Leendert, daar is altyd iets in die lewe om voor dankbaar te
>> wees - soos die ou mense altyd gese het - en een daarvan is dat jy nie
>> my kinders se onderwyser is of was nie.
>> Want daar skort iets met jou logiese vermoens.
>> Was jy altyd so 'n slordige denker of het iets intussen met jou
>> gebeur?
>>
>>
>>
>>
>> On Thu, 6 Jul 2000 14:17:59 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>>> Dis nou dieselfde ou wat 'n standbeeld en 'n museum vir Verwoerd
opgerig
> het
>>> wat jy nou so loof?
>>>
>>> Curiouser and curiouser!
>>>
>>> Vriendelike groete, Leendert
>>>
>>> Ferdi Greyling wrote in message
>>> news:396ac2de.97555450@news.is.co.za...
>>>> On Mon, 03 Jul 2000 23:56:51 +0200, Boer...@eskom.co.za wrote:
>>>>
>>>> >>> jr koppel
>>>> >aan jou geondergrawery van die afrikaner nie.Daardie is ten minste
> mense
>>> wat
>>>> >opgestaan en staan by hulle beginsels van eiesoortigheid.Gaan kruip
>>> liewer
>>>> >gat(swart gat) en gaan "please" jou en beeld se base.>>
>>>>
>>>>
>>>> Dit is twee mense wat rsiisme verwerp. IN al sy vorms.
>>>> Met ander woorde jou rassisme ook.
>>>> Hulle verwerp dit.
>>>> Hulle verwerp dit in die openbaar en herhaaldelik.
>>>> Hulle het dit reeds baie kere gedoen en sal dit weer doen.
>>>> Carel Boshofr senior en junior verwerp rassisme.
>>>> Jy verwerp dit nie.
>>>> Jy is dus totaal uit voeling met hulle. En hulle idees.
>>>> Dis dalk tyd dat jy begin kyk wat om jou aangaan.
>>>>
>>>
>>
>

Koeitjies & kalfies | 36 kommentare

Thysie stuur virusse?

Sa., 08 Julie 2000 00:00

Persoonlik na mense se e-pos toe.
Is dit maar soos regses maak?

Dis egter gevaarlik, Thysie, jy kan selfs tronk to gaan, weet jy?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re - ontmoetings tydens onlangse private landsreise, indien enige

Vr., 07 Julie 2000 00:00

Wil hoogstens aanraai om te wag vir landsreise wat beplan word.
Ondersteuning in die verband word hoogstens waardeer.

Hoop dit help.
Saam vir 'n beter toekoms.
Een vir almal en Almal vir een.

-----------------------------------------------------------

Got questions? Get answers over the phone at Keen.com.
Up to 100 minutes free!
http://www.keen.com

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Toekoms Advies vir: Alexandria Onderwys en Opleiding Inisiatief

Vr., 07 Julie 2000 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms.
Veral vir die volgende: Deursettings vermoë en vasberadenheid.
Die menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Veral om die
pad vorentoe aan te dui aangaande miv+ en vigs navorsing.
Die menige inisiatiewe om ons Paradys te laat skyn soos goud in
die oggend son. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word
aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed
van die Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet,
asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek
om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies
hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te
verander na vrye wil.

Stel voor om ontmoetings te verhoog met Onderwys en Opleiding
Departemente en Personeel, Dorps beplanners en metropolitaanse
sub-strukture personeel.

'n Onderwys en/of Opleidings Kollege in die Linbro Park /
Modderfontein gebied, wat uitkyk oor Alexandria, word
voorgestel. En/of in Alexandria, wat ook al gerieflik is vir
studente en/of leerders in Alexandria. Om die ekonomiese
deelname van persone wat in die Alexandria gebied bly, te
verhoog.

Ontmoetings kan ook verhoog word met sektore wat opgeleide
personeel, veral oor die lang termyn, benodig. Om die tipe
kursusse vas te stel wat verhoog kan word. Studie beurse,
plasings programme asook praktiese by-die-werk sessies kan ook
verhoog word. Om die gereedheid van studente wat deur sektore
benodig word, te verhoog.

'n Technikon word voorgestel. Met 'n kampus vir studente om in
te woon. Asook saal/sale vir studie doeleindes, wat tot +- 22h00
beskikbaar is, indien moontlik. Om na-uurse studie fasiliteite
te verhoog. Om deur studente gebruik te word, asook leerders wat
in Alexandria woonagtig is. Daaglikse, na-uurse, deeltyds en/of
voltydse kursusse kan ook verhoog word, soos nodig.

Uitnodigings kan ook verhoog word aan studente van SAOG
lidlande. Om voordelige verhoudings met SAOG lidlande te
verhoog.

Technikons en/of onderwys en opleidings inrigtings kan ook
verhoog word in ons Paradys, by verskeie liggings, bv. Oos, Wes
en Noord Kaap, Kwa-Zoeloe Natal, Vrystaat, Gauteng, Noordelike
Provinsie en Mpumalanga. En elders in ons Paradys, en in SAOG
lidlande, waar opgeleide personeel benodig word, indien enige.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance
'n kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000 en/of net
daarna. President Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika
Renaissance herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika
Renaissance deelneem. En dit die sukses maak wat dit verdien om
te wees.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Beskikbaarheid van opgeleide personeel kan asemrowend verhoog
word.
Ekonomiee, en potensiële ekonomiee kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong
vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal
vir een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en
Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol Vorentoe, sodat hulle na hulle
Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

-----------------------------------------------------------

Got questions? Get answers over the phone at Keen.com.
Up to 100 minutes free!
http://www.keen.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sokker wêreldbeker resultaat...

Do., 06 Julie 2000 00:00

Duitsland het die 2006 sokker wêreldbeker aanbieding gewen. Suid-Afrika was
tweede in lyn. Hierdie nuusflits is EERSTE op die internet geplaas deur
http://www.eep.co.za

Sport & ontspanning | 51 kommentare

Amakeia en die ander spul sukels.

Do., 06 Julie 2000 00:00

Amakeia,

Waar val jy uit die bus uit? ----- Dit is 'n Afrikaanse nuusgroep vir
afrikaans sprekendes.

En ja ek is een van daai sogenaamde APARTHEIDSVARKE ..... Ons het nog al die
jare ons self regeer maar nou word ons deur 'n spul Xhosas gely ..... Net
omdat mense soos jy nie ons taal,geloof en eerbaarheid van die Afrikaner wil
beskerm nie.
VAL maar ek gaan jou nie optel nie -- word deel van die reenboog sooi -
vergeet jou taal vergeet jou geloof vergeet van die bloed wat jou oupa laat
vloei het vir die verlossing van die Afrikaner.

APARTHEIDSVARK se sterke aan jou en die ander spul sukels.

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Hoesê, Ferdie?

Do., 06 Julie 2000 00:00

Dis nou dieselfde ou wat 'n standbeeld en 'n museum vir Verwoerd opgerig het
wat jy nou so loof?

Curiouser and curiouser!

Vriendelike groete, Leendert

Ferdi Greyling skryf in boodskap news:396ac2de.97555450@news.is.co.za...
> On Mon, 03 Jul 2000 23:56:51 +0200, Boer...@eskom.co.za wrote:
>
> jr koppel
>> aan jou geondergrawery van die afrikaner nie.Daardie is ten minste mense wat
>> opgestaan en staan by hulle beginsels van eiesoortigheid.Gaan kruip liewer
>> gat(swart gat) en gaan "please" jou en beeld se base.>>
>
>
> Dit is twee mense wat rsiisme verwerp. IN al sy vorms.
> Met ander woorde jou rassisme ook.
> Hulle verwerp dit.
> Hulle verwerp dit in die openbaar en herhaaldelik.
> Hulle het dit reeds baie kere gedoen en sal dit weer doen.
> Carel Boshofr senior en junior verwerp rassisme.
> Jy verwerp dit nie.
> Jy is dus totaal uit voeling met hulle. En hulle idees.
> Dis dalk tyd dat jy begin kyk wat om jou aangaan.
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Archives : 4 July, 1900

Wo., 05 Julie 2000 00:00

Ja, en toe hulle nou so op hom 'gekonvergeer' het, toe glip maar net weer
tussen hulle deur en weg is hy, om net weer om die draai 'n blokhuis te gaan
aanval, 'n treinspoor op te blaas en die Ingelse al hul dae te gee!!
De Wet bo!
Wie onthou nog daai rympie (deur die Boere opgemaak):

"Lord Roberts
van Kandahar
is nie Lord Roberts
van kan hier!"

Hy wat Roberts was had maar erg gesukkel om "hier te kan" iets regkry!

Thys (wat nie skree nie) de Wet oppie 'Akker!
@home.com wrote in message ...
> On July 4, 1900 the Globe and Mail reported
> that in South Africa British forces under
> Commander Lord Roberts converged on
> Boer General De Wet.
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1057  1058  1059  1060  1061  1062  1063  1064  1065  1066  1067  1068  1069  1070  1071  1072    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 25 08:13:13 UTC 2025