Leuce:
Loer gerus na http://www.oocities.org/knoopspin/, die Knoopspinnekop
werftoekennings vir literêre werwe. Oukei oukei, dis nie werklik 'n
"toekenning" nie, dis meer 'n skakellys, maar ek het tot dusver baie meer
respons gekry as met enige ander skakellys. Gedigte, stories, grappies,
verhale, spreuke, oordenkings, sleng, en dies meer... alles in Afrikaans en
alles onder een dak. Sjoe, daar is darem maar min literatuur in Afrikaans
op die web, hoor!
Nou ja, die Groot Dag het nou aangebreek - ons moet gaan stem. Vreeslik
opgewonde; dis die eerste verkiesing hier waarin ons gaan stem. En
stemmery hier is verpligtend - geen wegkomkans nie! Net een klein
probleempie: vir wie gaan ons stem? Dis nie dat ons nie 'n keuse het nie -
baie om van te kies, maar so 'n deurmekaarspul...
Laas week in WA is die Liberal/National Coalition uitgeskop na 8 jaar, en
Labour het gewen, met behulp van One Nation, van alle dinge! En daar is nou
een vrou in die land vir wie AL die groot partye baie bang is: onse
Pauline. 'n Regte survivor, sy. Hof toe gesleep, amper bankrot verklaar,
party gederegistreer, en haar politiek gehijack deur haar eie volgelinge.
Maar die kat kom toe weer, en meer gewild as ooit tevore, en die Groot Manne
hier het almal die bewerasie vir die invloed wat sy more hier gaan he. Nou
ja, mense noem haar allerhande name, van rassis tot fish & chips politikus,
maar een ding moet jy in haar bewonder: sy't nie 'n bang haar op haar kop
nie. Die enigste keer wat ons glimlaggende (hoe kan mens 'n politikus
vertrou wat altyd glimlag en wat so baie erkende skelms in sy party het)
Labour Premier in pyn gryns, is wanneer jy haar naam noem, en die National
deel van die Coalition besluit toe daar's net een ding om te doen: if you
can't beat them, join them - en hulle maak toe 'n deal met haar vir haar
ondersteuners se ondersteuning in "voorkeur" stemme. En nou baklei die
Coalition met mekaar. Stem 'n mens independent, stem jy vir 'n draadsitter.
En stem jy vir die Greens, nou ja, hulle het nog nooit 'n regering gelei
nie. En hulle beleid is maar bra onduidelik.
Laat mens wens die politiek hier was so eenvouding soos in die ou
Suid-Afrika: stem vir die party vir wie jou ma en pa, en hulle ma en pa en
al die voorgeslagte, gestem het. Maklik. Hoef nie te dink nie.
me & bobby magee wrote:
>
> Laat mens wens die politiek hier was so eenvouding soos in die ou
> Suid-Afrika: stem vir die party vir wie jou ma en pa, en hulle ma en pa en
> al die voorgeslagte, gestem het. Maklik. Hoef nie te dink nie.
--
Ag nee - nog 'n Gloudina. Dink omdat hulle in 'n ander land sit weet
hulle wat in SA aangaan.
Vertel nou die nonsens vir al die mense wat voorheen nie kon stem nie
...
Jy het my gevra, of ek nog Afrikaanse musiek het afgelaai van Napster.
Ja ek het, solank dit nog kan, ek moet daagliks aflaai.
Daar is anders geen moontlikheid nie, om Afrikaanse cd te verkry.
Ek doen myn betellings vir my Afrikaanse boeke by Kalaharinet, maar daar is
nie toestemming nie om cd te verstuur.
Ek is dus baie lief vir Napster, maar ek is 'n suinige Kaaskop en gaan nie
betaal vir die Napster nie :-).
Ek is baie enthousiast oor Johannes Kerkorrel, hy het baie goei musiek
gemaak, ook met ons eien Stef Bos.
Sy teksten is nie slecht nie en veel is baie goed te verstaan vir my.
Boondien( ek skryf so als ek dink dit is :-)) is op hierdie net veel van sy
teksten te verkry.
Johannes Kerkorrel is ook 'n persoon, die diskussie uitlok, dus ons sal wag
op reakties.
Ek het reeds 2 cd's met Kerkorrel musiek gemaak en al veskeidene aan my
vriende gegee.
Johannes is glo ek nie seer gelief nie. Syn liedjies is se maar krities.
En nogmaals Arthur, ik bedoelde het niet lullig, maar kon op dat moment
niets in Afrikaans op papier krijgen, niet meer dan dat :-)))
Dus ek vra ook om verskoning.
Die woord verskoning is ook baie interessant.
As jy my se, jy moe my vra vir verskoning, dink ek tog aan iets anders.
Groet Rico
Ek geniet baie van die Somer die Son
en die dae soals heuning
warm en lou
Op Tue, 13 Feb 2001 19:31:11 GMT, Gammapooka
las ik van jouw:
> Waarschuwing ! ! !
> Deze persoon staat op een blacklist van OPLICHTERS & SPAMMERS.
> Stuur deze persoon geen creditcard gegevens of geld !
> Nadat hij jou creditcardgegevens heeft of geld kan je naar je warez
> fluiten !
> Hij lacht je hard uit dat je er toch niks aan kan doen omdat het warez
> is.
> Hij zal creditcard gegevens overigens ook misbruiken !
> Wees dus gewaarschuwt ! ! !
>
> Warning ! ! !
> This person is standing on a blacklist of FAKERS & SPAMMERS.
> Never send this person any creditcard info or money !
> After he got your creditcard info or money you can say goodbye to your
> warez !
> He's laughing hard and says : you cant do anything, its warez.
> He will also abusing your credit card info !!!
> Be warned for this person !
> Is there anybody that can help me with information on the study of
> Afrikaans at universities outside the borders of South Africa -
> e.g. in Russia, Poland, The Netherlands or USA? I would like to
> correspond with students of Afrikaans. I am currently busy with
> research on the topic.
We get quite a few questions like this. Can anyone help by giving us some
names and e-addresses of people who might be able to help us find Afrikaans
students at non-ZA universities, or groups of people who study Afrikaans as
a subject? Thanks!
I'll be watching the newsgroups... no need to crosspost your answers.
Jou volk nie goed genoeg nie? Maar die renegaat
Is altyd slegter tog as die wat hy verlaat!
Sal dan die beter volk 'n gulle welkom gee
Aan d' allerslegste uit die slegter? Wees tevree
Om in jou eie kring 'n hoër rang te haal -
Jy's laag genoeg vandag om nie nog af te daal!
En as jy bly en rys, dit sal jou eendag tref:
Daar's hoogheid, wat jou laagheid eers nie kon besef!
Kan iemand asb. vir my laat weet of daar iewers `n Koos du Plessis webwerf
is, of iewers waar mens die lirieke van sy liedjies op die internet kan kry,
name van al sy albums, ens.
Ek sal ook graag wil weet waar mens sy musiek online kan koop. Ek weet van
die 4 albums (plus Trilogie) by kalahari.net, maar die liedjie met die titel
"Gebed" is nie op een van hulle nie. Is daar nog?