Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina)

Vr., 16 Februarie 2001 20:08

Jammer, ek het so lank gewag om te antwoord dat ek jou vorige boodskap nie
kan aanhaal nie, die draad hier op my rekenaar het uitgerafel en is
weggegooi. Het gegaan oor die persoon wat jy ken wat sistiese fibrose het en
dalk eersdaags wil trou en dalk ook kinders hê...

Jammer ook vir 'n baie lang antwoord, ek kyk of ek vir reisiger opdraande
kan gee! Dié wat nie in sistiese fibrose of oorerwing belang stel nie hoef
nie verder te lees nie - geen politiek, rassekwessies, motortipes,
beesrasse, ongure taal of pornografie nie...

Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote). Die voorkoms
van draers is betreklik hoog (1 in 25) en dwarsoor die wêreld word 'n
diagnostiese diens (geneties) aangebied om vas te stel of jy wel 'n draer is
of nie. Indien twee persone wat draers is kinders sou hê, is daar 'n
waarskynlikheid van .25 (d.w.s een in elke vier kinders) dat die nageslag
sistiese fibrose sal hê, .50 dat die nageslag een foutiewe geen van een van
die ouers geërf het (d.w.s twee uit elke vier kinders is draers) en .25 dat
daar geen foutiewe kopie van die geen oorgeërf is nie (d.w.s een uit elk
vier kinders is normaal). Indien 'n persoon met sistiese fibriose wel sou
kon kinders hê met 'n nie-draer as ander ouer, sal al hulle kinders draers
wees. Indien die ander ouer 'n draer is sal twee uit elke vier kinders
sistiese fibrose hê terwyl die res draers sal wees. Daar is dus hoegenaamd
nie 'n moontlikheid vir 'n persoon wat self sistiese fibrose onder lede het
om totaal normale nageslag te hê nie - enigste hoop vir soiets is met behulp
van geenterapie wat nog in sy kinderskoene staan.

Boonop is manlike SF-lyers feitlik altyd onvrugbaar. Sewe-en-negentig
persent van manlike SF-lyers ly aan kongenitale bilaterale vas deferens
afwesigheid (d.w.s. die buis wat sperme vanaf die testes na die uretra
vervoer is by geboorte reeds afwesig aan beide kante). Vroulike SF-lyers lei
ook aan verlaagde vrugbaarheid onder meer weens die taaivloeibaarheid van
sekresies. Intelligensie word geensins deur die toestand beïnvloed nie.

Soos jy tereg opmerk het behandeling aansienlik verbeter gedurende die
afgelope 30 jaar. Toestande wat voorheen reeds vroeg tot die dood gelei het
kan nou suksesvol met behandeling beheer word. Indien behandeling verder
verbeter mag dit moontlik wees vir SF-lyers om normale lewens te lei met 'n
normale lewensverwagting. Dan raak die feit dat dit 'n wesenlike genetiese
defek is meer irrelevant, veral indien die vrugbaarheidsprobleme ook oorkom
kan word. Met mediese ingryping is die mens dus net vir 'n paar toestande
wat letaal is voor puberteit onderworpe aan natuurlike seleksie.

Indien twee geïdentifiseerde draers wel kinders wil hê, kan
pre-implantasie-genetiese-diagnose gebruik om in 'n in vitro fertilisasie
omgewing aangetaste sowel as draer-embrios te identifiseer. Slegs embrios
sonder 'n enkele foutiewe kopie van die geen word in utero teruggeplaas en
die nageslag is normaal. Dit word debateer of dit eties is om teen
draerembrios te diskrimineer aangesien daardie individue heeltemaal normaal
deur die lewe kan gaan.

So 'n genetiese defek het sy oorsprong met 'n nuwe mutasie wat in 'n persoon
(voorouer) voorkom as gevolg van 'n fout wat insluip tydens die deelproses
in die vorming van 'n gameet (spermsel of eisel). Na bevrugting het die
spesifieke lokus dus een abnormale en een normale alleel. Indien die mutasie
in 'n kritieke area van die DNA voorkom, is dit meesal letaal en sterf die
fetus reeds baie vroeg tydens ontwikkelling. Indien dit in 'n minder
kritieke area in die genoom voorkom word die individu self nie geaffekteer
nie maar is dan die oorsprong van die genetiese defek en self 'n draer.
Dikwels gaan menige geslagte verby voordat iemand die eerste keer van albei
sy of haar ouers dieselfde gemuteerde DNA ontvang en self die defek wys.
Indien mens dus ver genoeg in die voorgeslagte kan terugkyk, het die twee
ouers van 'n kind wat die defek wys iewers 'n gemeenskaplike voorouer en is
die twee allele wat by die spesifieke lokus in die genoom van die kind
voorkom identies deur afkoms. By SF is dit duidelik dat die meeste van
hierdie mutasies baie lank reeds in die populasie voorkom (hulle is redelik
wyd versprei) en dis ook duidelik dat daar deur die geskiedenis 'n hele paar
keer nuwe mutasies in die spesifieke geen ontstaan het .

Die genetika van die Finne is 'n uitstekende bron van genetiese inligting in
die ontdekking van nuwe siektetoestand. Die isolasie, uitgestrektheid en
onherbergsame omgewing beteken dat dit nie juis tydens vroeëre geslagte vir
mense moontlik was om verder as die volgende dorp 'n lewensmaat te vind nie.
Reeds binne vyf tot tien geslagte kom die dubbelresessiewe toestand dan vir
die eerste keer voor en word die kind gebore met 'n genetiese defek. Die
Finse kerk het baie goeie rekords van geboortes, troues en dood vir baie
geslagte sodat die kans op sukses baie waarskynlik word indien na die
oorsaak of oorsprong van 'n spesifieke genetiese defek in 'n gemeenskaplike
ouer ("founder"), dikwels sover as vyftien of twintig geslagte gesoek word.
Die genetika van die Finse populasie word derhalwe vandag beskou as 'n
nasionale bate en Finne is uiters versigtig om hulle DNA vir navorsers uit
ander lande weg te gee sonder dat die intelektuele eiendom komponent daarin
vervat beskerm word.

Hans

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

briefie vir antie gloudiena

Vr., 16 Februarie 2001 19:39

liewe antie

dankie lat antie vir my probeer virdydelik het wat rinnesaans beteken. ma'
dit smaak my antie en oom makgabba syp net so baie soos my pa want jille
weet ok nie. die enigste mense wat weet is oom taboe en oom hansie vannie
pênnelbieters. oom hansie sê rinnesaans is amper soos die rymtestasie wat
die jammerikaners en die risse nou bou. paai ien de skaai sê hy.

vat nou vir oom terrakotta wat minister van oorlog hie by ons is. oom
terrakotta sê die storie van die gewapende skandaal is glad nie goed vir
handel met die byteland nie. hy sê as hille so aanhou met onder soek na
wapens gaan die belegdes hille belegdinge vat en loop. hy sê dis beter lat
hille net bo langs soek. my pa sê oom terrakotta het nou 'n helder oomblik
beleef wat vatvat aan oom taboe se rinnesaans.

het antie op see en en gesien hoe lat die lorries inkom en die mense se hyse
plat slaan by aleksandria. glo lat hille nie innie jikskei rivier moet val
nie want daars nie geld vir jiek om te keer teen kollera nie. antie tjankie
van behysing sê syt dit nie gesien nie. ma' my pa sê sy sallie want die
esybiesie wys dit nie. die mense van aleksandria sê hulle dog dis oom peewee
wat 'n kam bek maak ma' toe hille hoor dis antie tjankie se mense toes hille
eers kwaat antie. toe hensop hulle die raadslede en virbrand hille karre en
gooi erger klip as wat dawid vir gooljat bygekom het.

nou vra die mense van aleksandria hoekom antie tjankie se mense nie voor
desember se virkiesing kom hyse platslaan het lat hille vir oom taboe kon
virtel het wat rinnesaans is nie.

koebaai antie (antie hoef nie meer te warrie lat ons te veel virlang na die
ou syd afrika nie)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Knoopspinnekop bereik 100 skakels

Vr., 16 Februarie 2001 13:50

Leuce:
Loer gerus na http://www.oocities.org/knoopspin/, die Knoopspinnekop
werftoekennings vir literêre werwe. Oukei oukei, dis nie werklik 'n
"toekenning" nie, dis meer 'n skakellys, maar ek het tot dusver baie meer
respons gekry as met enige ander skakellys. Gedigte, stories, grappies,
verhale, spreuke, oordenkings, sleng, en dies meer... alles in Afrikaans en
alles onder een dak. Sjoe, daar is darem maar min literatuur in Afrikaans
op die web, hoor!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

blou

Vr., 16 Februarie 2001 13:19

Kan enig iemand my sê waarom in afrikaans die woord blou so veel gebruik
word??

Die blou see kan ek begrijp, maar blouberge, blou aarde en nog meer, is vir
my nie so goe te verstaan nie.

Groeten Rico.

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

Tussen die duiwel en die diep blou see...

Vr., 16 Februarie 2001 10:25

Nou ja, die Groot Dag het nou aangebreek - ons moet gaan stem. Vreeslik
opgewonde; dis die eerste verkiesing hier waarin ons gaan stem. En
stemmery hier is verpligtend - geen wegkomkans nie! Net een klein
probleempie: vir wie gaan ons stem? Dis nie dat ons nie 'n keuse het nie -
baie om van te kies, maar so 'n deurmekaarspul...

Laas week in WA is die Liberal/National Coalition uitgeskop na 8 jaar, en
Labour het gewen, met behulp van One Nation, van alle dinge! En daar is nou
een vrou in die land vir wie AL die groot partye baie bang is: onse
Pauline. 'n Regte survivor, sy. Hof toe gesleep, amper bankrot verklaar,
party gederegistreer, en haar politiek gehijack deur haar eie volgelinge.
Maar die kat kom toe weer, en meer gewild as ooit tevore, en die Groot Manne
hier het almal die bewerasie vir die invloed wat sy more hier gaan he. Nou
ja, mense noem haar allerhande name, van rassis tot fish & chips politikus,
maar een ding moet jy in haar bewonder: sy't nie 'n bang haar op haar kop
nie. Die enigste keer wat ons glimlaggende (hoe kan mens 'n politikus
vertrou wat altyd glimlag en wat so baie erkende skelms in sy party het)
Labour Premier in pyn gryns, is wanneer jy haar naam noem, en die National
deel van die Coalition besluit toe daar's net een ding om te doen: if you
can't beat them, join them - en hulle maak toe 'n deal met haar vir haar
ondersteuners se ondersteuning in "voorkeur" stemme. En nou baklei die
Coalition met mekaar. Stem 'n mens independent, stem jy vir 'n draadsitter.
En stem jy vir die Greens, nou ja, hulle het nog nooit 'n regering gelei
nie. En hulle beleid is maar bra onduidelik.

Laat mens wens die politiek hier was so eenvouding soos in die ou
Suid-Afrika: stem vir die party vir wie jou ma en pa, en hulle ma en pa en
al die voorgeslagte, gestem het. Maklik. Hoef nie te dink nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Tussen die duiwel en die diep blou see...

Vr., 16 Februarie 2001 06:53

me & bobby magee wrote:
>
> Laat mens wens die politiek hier was so eenvouding soos in die ou
> Suid-Afrika: stem vir die party vir wie jou ma en pa, en hulle ma en pa en
> al die voorgeslagte, gestem het. Maklik. Hoef nie te dink nie.

--

Ag nee - nog 'n Gloudina. Dink omdat hulle in 'n ander land sit weet
hulle wat in SA aangaan.

Vertel nou die nonsens vir al die mense wat voorheen nie kon stem nie
...

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Diskussie JK:-)

Do., 15 Februarie 2001 09:26

Hi Arthur en ieder ander,

Jy het my gevra, of ek nog Afrikaanse musiek het afgelaai van Napster.
Ja ek het, solank dit nog kan, ek moet daagliks aflaai.
Daar is anders geen moontlikheid nie, om Afrikaanse cd te verkry.
Ek doen myn betellings vir my Afrikaanse boeke by Kalaharinet, maar daar is
nie toestemming nie om cd te verstuur.
Ek is dus baie lief vir Napster, maar ek is 'n suinige Kaaskop en gaan nie
betaal vir die Napster nie :-).

Ek is baie enthousiast oor Johannes Kerkorrel, hy het baie goei musiek
gemaak, ook met ons eien Stef Bos.

Sy teksten is nie slecht nie en veel is baie goed te verstaan vir my.
Boondien( ek skryf so als ek dink dit is :-)) is op hierdie net veel van sy
teksten te verkry.

Johannes Kerkorrel is ook 'n persoon, die diskussie uitlok, dus ons sal wag
op reakties.

Ek het reeds 2 cd's met Kerkorrel musiek gemaak en al veskeidene aan my
vriende gegee.

Johannes is glo ek nie seer gelief nie. Syn liedjies is se maar krities.

En nogmaals Arthur, ik bedoelde het niet lullig, maar kon op dat moment
niets in Afrikaans op papier krijgen, niet meer dan dat :-)))
Dus ek vra ook om verskoning.

Die woord verskoning is ook baie interessant.

As jy my se, jy moe my vra vir verskoning, dink ek tog aan iets anders.

Groet Rico

Ek geniet baie van die Somer die Son
en die dae soals heuning
warm en lou

:-)))))))))))))

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

pasop

Do., 15 Februarie 2001 08:38

Op Tue, 13 Feb 2001 19:31:11 GMT, Gammapooka
las ik van jouw:

> Waarschuwing ! ! !
> Deze persoon staat op een blacklist van OPLICHTERS & SPAMMERS.
> Stuur deze persoon geen creditcard gegevens of geld !
> Nadat hij jou creditcardgegevens heeft of geld kan je naar je warez
> fluiten !
> Hij lacht je hard uit dat je er toch niks aan kan doen omdat het warez
> is.
> Hij zal creditcard gegevens overigens ook misbruiken !
> Wees dus gewaarschuwt ! ! !
>
> Warning ! ! !
> This person is standing on a blacklist of FAKERS & SPAMMERS.
> Never send this person any creditcard info or money !
> After he got your creditcard info or money you can say goodbye to your
> warez !
> He's laughing hard and says : you cant do anything, its warez.
> He will also abusing your credit card info !!!
> Be warned for this person !

Dit gaat over schwartz??
http://www.sunbiz.org/scripts/cordet.exe?a1=DETFIL&n1=P9 4000066551

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Afrikaans at non-ZA universities and colleges

Do., 15 Februarie 2001 07:44

Leuce:

The Crow's Nest web site (http://www.oocities.org/afrikaanse/) got a
question about Afrikaans at "foreign" universities:

> Is there anybody that can help me with information on the study of
> Afrikaans at universities outside the borders of South Africa -
> e.g. in Russia, Poland, The Netherlands or USA? I would like to
> correspond with students of Afrikaans. I am currently busy with
> research on the topic.

We get quite a few questions like this. Can anyone help by giving us some
names and e-addresses of people who might be able to help us find Afrikaans
students at non-ZA universities, or groups of people who study Afrikaans as
a subject? Thanks!

I'll be watching the newsgroups... no need to crosspost your answers.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Mel en sy dinge... Sy dinges...

Do., 15 Februarie 2001 06:57

Maklike oplossing vir die vent: Killfile../Rules wizard ens...

Dan hoef ek GLAD nie sy str*nt te lees nie!!!

En ek is saliger daarvoor, en my bloeddruk ook!

Spreuke sê: Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, anders dink hy hy het
wysheid bekom.

Thys vannie Kaap

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    963  964  965  966  967  968  969  970  971  972  973  974  975  976  977  978    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 01:17:29 UTC 2026