Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

die grondige wet, my antie

Ma., 19 Februarie 2001 11:01

hellou my antie

my pa sê dit smaak hom antie laaik nie so baie van ons gegronde wet en sy
handfes van regte mense nie. hy sê 'n mens noem dit 'n gegronde wet omdat
dit werk soos 'n lektriek paal wat 'n grond draad het wat keer lat die
weerlig jou nie bliksem nie. skies vi' die taal antie my pa was weer gesyp.
hy sê die weerlig is die magtige staat en ons sit ammal onner daai paal.

my pa sê oom robber makapie van simbawie het ok nie van hille gegronde wet
gelaaik nie toe wil hy hom veranner ma' die mense willie. toe raak oom
robber baie kwaat en hy van die boere se plase en jaag die regters weg. toe
raak die toeriste bang en willie meer gaan tiere en visse vang op karieba
nie. en as hulle nog lis het om te gaan kyk hoe val die sambesie se water
gaan hille nou eerder vir om frederiek in zambie kyer. nou ly oom robber se
mense oor hulle nie werk en kos het nie. alles net oor oom robber nie vannie
gegronde wet gehou het nie.

ma' hy sê antie en oom robber moenie alleen voel nie want petymaal lyk dit
of ons regering
ok nie hou van daai grondige wet nie. soos toe hille vir antie patrys
delilla vannie fillistyne yt die partylement ytgeskop het oorlat sy gesê het
pety van hille was spaais vir oom peewee. toe vat sy hille mos
grondwettiglike hof toe. en die hof sê die fillistyne het vir antie delilla
gekies om innie partylement te sit hille moet haar terugvat.

die grondige wet sê ok lat kinnertjies soos ek nie innie tronk mag sit saam
met grootmense soos oom ellen boeksak nie want dan leer hille ok steel. maar
oom penjil mandoenjyma het hom ok nie daaraan gesteer nie toe vat antie
delilla hom ok hof toe. toe sê die hof die kinnertjies moet yt. weet antie
lat een van daai kinnertjies wat moes yt ynste antie delilla se sissie
vermoer het.

as ek vir antie goeie raat kan gee issit lat antie nie met antie delilla
moet sikkel nie. my pa sê sy vat nie twak van kebouters nie. en dis nie net
simson en die fillistyne wat haar laaik nie antie.

koebaai antie (die grondige wet sê antie kan maar sê wat antie wil solank
dit nettie haatpraat issie, behalwe as antie oorie bartoeloemias diasse
praat)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: mmm.....

So., 18 Februarie 2001 20:22

In article , Davie Davis
wrote:
>
>
> Neuroten bouwen luchtkastelen.
> Psychoten wonen erin.
> Psychiaters ontvangen de huur.
>
> De rest leest deze ng ;-)

> DD

En baie dom mense (soos ek wat reageer !)

En baie dom mense soos jy wat domme boodskappe skryf !

(Skoolmeester)

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

250 Persone Benodig om gewig te verloor!!!

Sa., 17 Februarie 2001 23:34

Hallo,
Dankie vir jou belangsteling in ons program.
Ek het net soos jy al baie verskillende maniere
probeer om gewig te verloor, en ek het die een
gekies omdat dit nie 'n dieet is nie.

Ons natuurlikke Thermojetics kruie tee sal jou help
om jou metabolism te versnel, dit sal jou vet verbrand
en jou baie energie gee. Al wat jy moet doen is om die
tee 3-4 keer per dag te drink en 3 gebalanseerde etes
te eet. Dit is so eenvoudig. Ons kliente verloor 5-8 kilos
'n maand en voel wonderlik!!

Die beste van alles is dat ons jou sal betaal terwyl jy die
ongewensde kilos verloor. Ons sal jou ook 10% afslag gee
vir ander kliente wat jy na ons verwys. Om die program te
begin kos dit R179 en sluit 'n 30 dae geld terug waarborg in!

Al die informasie wat jy benodig is in die pakket ingesluit, ek
sal ook 'n gratis video vir jou stuur om jou meer te vertel
van die wonderlikke produk en hoe om dit te gebruik.
Dink solank watse geur jy in belang sal stel, dit kom in
Original/Raspberry/Lemon en Peach.

Stuur asseblief vir my jou faks nommer sodat ek jou die form
kan stuur dat jy daai ongewensde kilos afgooi!! Of bestel
oor die internet by:
http://users.iafrica.com/m/mw/mwvonwel/IGEL/thermo_startout_ special.html

En besoek ons web-blaai by:
http://www.igel.cjb.net

Baie dankie vir u tyd, ek sien uit daarna om u te help!
Bryan von Well
012-653-4463 , www.igel.cjb.net

PO Box 51787
Wierda Park
0149

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

JPG-lêers verklein

Sa., 17 Februarie 2001 22:05

Ek weet dit is nie die regte groep vir my vraag nie, maar ek glo hier is
deelnemers met baie rekenaarskennis. En anders kan enig iemand my miskien
die regte groep wys?

Ek het enige foto-albums van 'n ou-tante (great aunt) gescan op 'n resolusie
van 600 DPI vir my "argief". Die lêers is dus taamlik groot. Ek soek 'n
eenvoudige en snelle wyse om die lêers te verklein tot 20% van die
origineel. My argief het nou meer as 1000 lêers en sommige van hulle is meer
as 15 MB groot ..... Dit kos my rekenaar 10 minute om 1 lêer te verklein en
gereeld kryg ek 'n blou skerm met die mededeling "alle systeembronnen zijn
in gebruik", waarna die rekenaar (Celeron 550, 128 MB intern) crash :(

Is daar miskien 'n handig freeware programmaatjie soos die wat gebruik kan
word om thumbnails te maak of so?

Groete,
Arthur

Rekenaars & selfone | 19 kommentare

antie gloudiena se vrae

Sa., 17 Februarie 2001 20:43

hellou antie

sjoe ma' antie vra meer vrae as my klyn sissie! baie van die goed weet ek
nie en dan moet ek my pa vra en antie weet hoe syp hy. ma' antie stella sal
bly wees om te hoor lat my pa nou ok vinnig grys word. hy sê ek maak hom so.

antie my pa sê 'n mens skryf antie tjankie van behysing se naam s-a-n-k-i-e
m-t-h-e-m-b-i - m-a-h-a-n-y-e-l-e. is 'n swaar naam wat antie tjankie dra.

my pa sê oorlat hy ok nou al grys is kan hy nie meer so mooi die storie van
oom wieljam makgabba by wits onthou nie. ma' oom hansie vannie pênnelbieters
weet. hy sê lat die groot profjesore by wits baie kwaat geword het omdat hy
gelieg het oor sy kwalfikasies toe hy onnerkaptein van hille eerste span
geword het. toe bekly hille met mekaar in die sandei taaims. toe loop baie
van daai profjesore na petoorsdorp se ienniewersityd toe en oom wieljam loop
mediese navorsenraad toe.

my pa sê toe lag petoorsdorp allie pad bank toe en wits het nie meer
profjesore nie. toe hou hille op om die kinders afrikaans te leer op wits.
toe loop die kinders wat wou afrikaans leer raau of tikkies toe. toe beslyt
die een profjesoor van wits hy moet wits weer oppie mêp sit toe gaan vertel
hy in jammerika hoe lat hy kanker gesond maak. mientaaim vang die
jammerikaners hom toe yt lat hy gelieg het oor sy risseltate. toe het hy
mooi vir wits op kiemberlie se gat loop neersit oppie mêp.

my pa sê dis ongrondwettig lat antie stella so diskrimineer teen die ooms
wat grys is. hy sê hy weet nie hoe antie stella se kop werk nie want wie sê
die anties wat nie opgestaan het nie se hare was nie gedaai nie. my pa sê
dit smaak hom daas een ding wat antie nie vir antie stella geleer het soos
wat hy op tikkies geleer het nie. hy sê al het oom peewee haar nog koningin
van transkaai gemaak weet sy nie lat dit daai grys op jou kop is wat maak
lat jy kan dink nie. hy sê sonder daai grys stof op jou kop vat nie eers die
ienniewersityd vannie noorde jou nie.

oom hansie vannie pênnelbieters sê jys soos dit nou aangaan gat hille die
ienniewersityd vannie noorde nog die jaar toemaak al is oom wieljam nie eers
da' nie. antie weet mos dis wa' om maffuse pôsa geleer het om afrikaanse
rissetasies te skryf voorlat hy proemoer van oempoemalankal geword het
voorlat oom taboe vir oom masjlangoe wat sê dis orraait om te lieg in sy
plek proemoer gemaak het.

die moeilikhyd met die kinners hie vannie noorde is lat hille nie wil leer
nie sê my pa. klipgooi is beter sê hille. toe maak oom kadawer ismal 'n plan
en hy stel 'n oom aan wat die noorde se ienniewersityd binne ses maande moet
regrik. ma' oppie dag wat hille oopmaak begin gooi die kinners weer klip en
hille wil oom kadawer se man wegjaag. toe slyt hy die noorde sommer weer op
dieselle dag antie. dis die lat oom hansie sê as dit so aanhou gaan oom
kadawer van daai ienniewersityd nog hierie jaar 'n lykshys en begraafplaas
maak. dan gannie kinners seker wits toe.

koebaai antie (moenie so baie vrae vra nie want dit maak my net grys)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Boesak's Jail Cell Cellphone

Sa., 17 Februarie 2001 20:08

Ag foeitog man - gee die siel 'n kans om ook 'n gewone mens te wees wat lieg
en bedrieg:)))
Annette

albert wrote in message ...
> Read about the rise and fall of the ANC's f�hrer Alan Boesak at:
> http://www.oocities.org/southafrica2000/officialese.htm#boe sak
>

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Afrikaanse woorde

Sa., 17 Februarie 2001 16:33

Ek het net gedink, my Afrikaans moe baie beter word, maar ek het nog veel te
leer en te vra.

Hier is 'n paar woorde, wat vir my moeilik is te gebruik.

Daar is:
Stadig,
Ek ry stadig, ek verstaan.
Maar in die liedjie van Kerkorrel, hy sing stadig die somer???

Ook snaaks, vinnig, rerig, eks reg is vir my nie altyd te verstaan nie.

Daar is meer woorde, maar laat ons stadig begin :-))

Gr Rico

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

afrikaans skop gat in stellies

Sa., 17 Februarie 2001 09:34

Was gisteraand weer by 'n gig in die Hidden Cellar (bokant Die Akker in
Dorpstraat). Spinnekop (local band) het gespeel (en gesing) - in
Afrikaans - en gatgeskop !

Ek kan nie help om te wonder waar Afrikaanse musiek ens. vandag sou wees as
organisasies soos FAK en ATKV hul geld en backing liewers vir meer
"alternative" projekte gegee het in plaas van die soetkoek-brigade van
Carike/Rina ens. nie !

Hier sukkel ouens wat iets relevant en current in Afrikaans sê om te
survive, terwyl die oppervlakkige irrelevantes die geldmaak - iets is iewers
nie reg nie .......

BTW ek het my hande op 'n rough, unmastered copy van 'n album deur 'n nuwe
Stellenbosch-groep met die naam van Wilde Als gekry. Hmmmmm ! As jy van
70's rock/underground in Afrikaans hou - hier's iets moerse oppad. Gaan so
oor 'n paar weke sample mp3's op die www.afrimusik.com site plaas. Dit lyk
of hulle CD so teen Junie ge-release sal word. Die band bestaan uit ouens
wat almal "regular jobs" het - so sal ongelukkig net nou en dan 'n gig
speel - en ook nooit te ver van die huis nie ....... Sal ook die lirieke,
wat uitstekend is, op die site sit.

Gustav

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Iets oor sistiese fibrose / natuurlike seleksie (Gloudina)

Vr., 16 Februarie 2001 20:08

Jammer, ek het so lank gewag om te antwoord dat ek jou vorige boodskap nie
kan aanhaal nie, die draad hier op my rekenaar het uitgerafel en is
weggegooi. Het gegaan oor die persoon wat jy ken wat sistiese fibrose het en
dalk eersdaags wil trou en dalk ook kinders hê...

Jammer ook vir 'n baie lang antwoord, ek kyk of ek vir reisiger opdraande
kan gee! Dié wat nie in sistiese fibrose of oorerwing belang stel nie hoef
nie verder te lees nie - geen politiek, rassekwessies, motortipes,
beesrasse, ongure taal of pornografie nie...

Sistiese fibrose is 'n toestand wat outosomaal resessief oorgeërf word. Die
persoon wie dit fisies onder lede het, het een alleel vir die toestand
("foutiewe" geen) van elke ouer geërf en het dus twee "foutiewe" allele (is
homosigoties vir die spesifieke CF-lokus) en word dikwels vroeg reeds deur
pediaters geïdentifiseer met behulp van 'n sweettoets na herhaalde
lugweginfeksies. Elke ouer is dus 'n draer (is heterosigote). Die voorkoms
van draers is betreklik hoog (1 in 25) en dwarsoor die wêreld word 'n
diagnostiese diens (geneties) aangebied om vas te stel of jy wel 'n draer is
of nie. Indien twee persone wat draers is kinders sou hê, is daar 'n
waarskynlikheid van .25 (d.w.s een in elke vier kinders) dat die nageslag
sistiese fibrose sal hê, .50 dat die nageslag een foutiewe geen van een van
die ouers geërf het (d.w.s twee uit elke vier kinders is draers) en .25 dat
daar geen foutiewe kopie van die geen oorgeërf is nie (d.w.s een uit elk
vier kinders is normaal). Indien 'n persoon met sistiese fibriose wel sou
kon kinders hê met 'n nie-draer as ander ouer, sal al hulle kinders draers
wees. Indien die ander ouer 'n draer is sal twee uit elke vier kinders
sistiese fibrose hê terwyl die res draers sal wees. Daar is dus hoegenaamd
nie 'n moontlikheid vir 'n persoon wat self sistiese fibrose onder lede het
om totaal normale nageslag te hê nie - enigste hoop vir soiets is met behulp
van geenterapie wat nog in sy kinderskoene staan.

Boonop is manlike SF-lyers feitlik altyd onvrugbaar. Sewe-en-negentig
persent van manlike SF-lyers ly aan kongenitale bilaterale vas deferens
afwesigheid (d.w.s. die buis wat sperme vanaf die testes na die uretra
vervoer is by geboorte reeds afwesig aan beide kante). Vroulike SF-lyers lei
ook aan verlaagde vrugbaarheid onder meer weens die taaivloeibaarheid van
sekresies. Intelligensie word geensins deur die toestand beïnvloed nie.

Soos jy tereg opmerk het behandeling aansienlik verbeter gedurende die
afgelope 30 jaar. Toestande wat voorheen reeds vroeg tot die dood gelei het
kan nou suksesvol met behandeling beheer word. Indien behandeling verder
verbeter mag dit moontlik wees vir SF-lyers om normale lewens te lei met 'n
normale lewensverwagting. Dan raak die feit dat dit 'n wesenlike genetiese
defek is meer irrelevant, veral indien die vrugbaarheidsprobleme ook oorkom
kan word. Met mediese ingryping is die mens dus net vir 'n paar toestande
wat letaal is voor puberteit onderworpe aan natuurlike seleksie.

Indien twee geïdentifiseerde draers wel kinders wil hê, kan
pre-implantasie-genetiese-diagnose gebruik om in 'n in vitro fertilisasie
omgewing aangetaste sowel as draer-embrios te identifiseer. Slegs embrios
sonder 'n enkele foutiewe kopie van die geen word in utero teruggeplaas en
die nageslag is normaal. Dit word debateer of dit eties is om teen
draerembrios te diskrimineer aangesien daardie individue heeltemaal normaal
deur die lewe kan gaan.

So 'n genetiese defek het sy oorsprong met 'n nuwe mutasie wat in 'n persoon
(voorouer) voorkom as gevolg van 'n fout wat insluip tydens die deelproses
in die vorming van 'n gameet (spermsel of eisel). Na bevrugting het die
spesifieke lokus dus een abnormale en een normale alleel. Indien die mutasie
in 'n kritieke area van die DNA voorkom, is dit meesal letaal en sterf die
fetus reeds baie vroeg tydens ontwikkelling. Indien dit in 'n minder
kritieke area in die genoom voorkom word die individu self nie geaffekteer
nie maar is dan die oorsprong van die genetiese defek en self 'n draer.
Dikwels gaan menige geslagte verby voordat iemand die eerste keer van albei
sy of haar ouers dieselfde gemuteerde DNA ontvang en self die defek wys.
Indien mens dus ver genoeg in die voorgeslagte kan terugkyk, het die twee
ouers van 'n kind wat die defek wys iewers 'n gemeenskaplike voorouer en is
die twee allele wat by die spesifieke lokus in die genoom van die kind
voorkom identies deur afkoms. By SF is dit duidelik dat die meeste van
hierdie mutasies baie lank reeds in die populasie voorkom (hulle is redelik
wyd versprei) en dis ook duidelik dat daar deur die geskiedenis 'n hele paar
keer nuwe mutasies in die spesifieke geen ontstaan het .

Die genetika van die Finne is 'n uitstekende bron van genetiese inligting in
die ontdekking van nuwe siektetoestand. Die isolasie, uitgestrektheid en
onherbergsame omgewing beteken dat dit nie juis tydens vroeëre geslagte vir
mense moontlik was om verder as die volgende dorp 'n lewensmaat te vind nie.
Reeds binne vyf tot tien geslagte kom die dubbelresessiewe toestand dan vir
die eerste keer voor en word die kind gebore met 'n genetiese defek. Die
Finse kerk het baie goeie rekords van geboortes, troues en dood vir baie
geslagte sodat die kans op sukses baie waarskynlik word indien na die
oorsaak of oorsprong van 'n spesifieke genetiese defek in 'n gemeenskaplike
ouer ("founder"), dikwels sover as vyftien of twintig geslagte gesoek word.
Die genetika van die Finse populasie word derhalwe vandag beskou as 'n
nasionale bate en Finne is uiters versigtig om hulle DNA vir navorsers uit
ander lande weg te gee sonder dat die intelektuele eiendom komponent daarin
vervat beskerm word.

Hans

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

briefie vir antie gloudiena

Vr., 16 Februarie 2001 19:39

liewe antie

dankie lat antie vir my probeer virdydelik het wat rinnesaans beteken. ma'
dit smaak my antie en oom makgabba syp net so baie soos my pa want jille
weet ok nie. die enigste mense wat weet is oom taboe en oom hansie vannie
pênnelbieters. oom hansie sê rinnesaans is amper soos die rymtestasie wat
die jammerikaners en die risse nou bou. paai ien de skaai sê hy.

vat nou vir oom terrakotta wat minister van oorlog hie by ons is. oom
terrakotta sê die storie van die gewapende skandaal is glad nie goed vir
handel met die byteland nie. hy sê as hille so aanhou met onder soek na
wapens gaan die belegdes hille belegdinge vat en loop. hy sê dis beter lat
hille net bo langs soek. my pa sê oom terrakotta het nou 'n helder oomblik
beleef wat vatvat aan oom taboe se rinnesaans.

het antie op see en en gesien hoe lat die lorries inkom en die mense se hyse
plat slaan by aleksandria. glo lat hille nie innie jikskei rivier moet val
nie want daars nie geld vir jiek om te keer teen kollera nie. antie tjankie
van behysing sê syt dit nie gesien nie. ma' my pa sê sy sallie want die
esybiesie wys dit nie. die mense van aleksandria sê hulle dog dis oom peewee
wat 'n kam bek maak ma' toe hille hoor dis antie tjankie se mense toes hille
eers kwaat antie. toe hensop hulle die raadslede en virbrand hille karre en
gooi erger klip as wat dawid vir gooljat bygekom het.

nou vra die mense van aleksandria hoekom antie tjankie se mense nie voor
desember se virkiesing kom hyse platslaan het lat hille vir oom taboe kon
virtel het wat rinnesaans is nie.

koebaai antie (antie hoef nie meer te warrie lat ons te veel virlang na die
ou syd afrika nie)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    962  963  964  965  966  967  968  969  970  971  972  973  974  975  976  977    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 02 02:50:51 UTC 2026