Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vlaamse taal?

Ma., 19 Februarie 2001 19:14

Het die volgende in antwoord op my brief gekry. Het gevra of Flaams
dan nie 'n eie taal is nie want ek verstaan Vlaaminge beter as
Nederlanders. Hier is die antwoord vanaf Dirk Laeremans.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Hallo Tobie,

De taal die we in Vlaanderen spreken is Nederlands. Uiteraard zijn
er
accentverschillen en woordenschatverschillen, maar de geschreven
taal is
100% dezelfde als in Nederland. Onze offic�le taal is dus
Nederlands. Je kan
het misschien vergelijken met het Engels in Engeland en het Engels
in
Zuid-Afrika.

Heel veel buitenlanders (en ook Vlamingen) gebruiken echter in de
spreektaal
(nooit in schrijftaal) het woord "Vlaams" als ze het Nederlands in
België
bedoelen.

Voor Afrikaanstaligen is het Nederlands dat Vlamingen spreken
echter beter
te verstaan dan het Nederlands dat de Nederlanders spreken. Dat
komt omdat
we een aantal medeklinkers minder hard uitspreken.

Baie groete uit Vlaandere,

Dirk Laeremans

--

Koeitjies & kalfies | 79 kommentare

Y2K

Ma., 19 Februarie 2001 18:38

Jermina - baie netjies, baie vriendelik en baie swart. Met die
gewoonte om baie van dit wat sy sê op te volg met 'n 'dêt lat jou
dênk nê!"

Vanmiddag in die parkeerruimte by ShopRite Chckers - die toeter in die
parkeerarea skuins voor my, 'n glimlag van agter die stuurwiel van die
Opel, en Jermina wat uitklim met die kenmerkende 'dêt lat jou dênk
nê!"

Vyftien minute later in die tuisnywerheid en die vroutjie wat sê "dit
klink asof dié jaar se griep erger gaan wees as die voriges"
Gister se Rapport wat op bl. 5 - 'Dit kan wees dat griep Suid-Afrika
weer vanjaar hard gaan slaan."

En skielik weet ek... Y2K... die (voorspelde millenium probleem wat
geblyk het die grootste bedrogspul van die millenium te wees) en
griep... die ooreenkoms...

Dêt lat jou dênk nê!"

DD

Rekenaars & selfone | 7 kommentare

die grondige wet, my antie

Ma., 19 Februarie 2001 11:01

hellou my antie

my pa sê dit smaak hom antie laaik nie so baie van ons gegronde wet en sy
handfes van regte mense nie. hy sê 'n mens noem dit 'n gegronde wet omdat
dit werk soos 'n lektriek paal wat 'n grond draad het wat keer lat die
weerlig jou nie bliksem nie. skies vi' die taal antie my pa was weer gesyp.
hy sê die weerlig is die magtige staat en ons sit ammal onner daai paal.

my pa sê oom robber makapie van simbawie het ok nie van hille gegronde wet
gelaaik nie toe wil hy hom veranner ma' die mense willie. toe raak oom
robber baie kwaat en hy van die boere se plase en jaag die regters weg. toe
raak die toeriste bang en willie meer gaan tiere en visse vang op karieba
nie. en as hulle nog lis het om te gaan kyk hoe val die sambesie se water
gaan hille nou eerder vir om frederiek in zambie kyer. nou ly oom robber se
mense oor hulle nie werk en kos het nie. alles net oor oom robber nie vannie
gegronde wet gehou het nie.

ma' hy sê antie en oom robber moenie alleen voel nie want petymaal lyk dit
of ons regering
ok nie hou van daai grondige wet nie. soos toe hille vir antie patrys
delilla vannie fillistyne yt die partylement ytgeskop het oorlat sy gesê het
pety van hille was spaais vir oom peewee. toe vat sy hille mos
grondwettiglike hof toe. en die hof sê die fillistyne het vir antie delilla
gekies om innie partylement te sit hille moet haar terugvat.

die grondige wet sê ok lat kinnertjies soos ek nie innie tronk mag sit saam
met grootmense soos oom ellen boeksak nie want dan leer hille ok steel. maar
oom penjil mandoenjyma het hom ok nie daaraan gesteer nie toe vat antie
delilla hom ok hof toe. toe sê die hof die kinnertjies moet yt. weet antie
lat een van daai kinnertjies wat moes yt ynste antie delilla se sissie
vermoer het.

as ek vir antie goeie raat kan gee issit lat antie nie met antie delilla
moet sikkel nie. my pa sê sy vat nie twak van kebouters nie. en dis nie net
simson en die fillistyne wat haar laaik nie antie.

koebaai antie (die grondige wet sê antie kan maar sê wat antie wil solank
dit nettie haatpraat issie, behalwe as antie oorie bartoeloemias diasse
praat)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: mmm.....

So., 18 Februarie 2001 20:22

In article , Davie Davis
wrote:
>
>
> Neuroten bouwen luchtkastelen.
> Psychoten wonen erin.
> Psychiaters ontvangen de huur.
>
> De rest leest deze ng ;-)

> DD

En baie dom mense (soos ek wat reageer !)

En baie dom mense soos jy wat domme boodskappe skryf !

(Skoolmeester)

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

250 Persone Benodig om gewig te verloor!!!

Sa., 17 Februarie 2001 23:34

Hallo,
Dankie vir jou belangsteling in ons program.
Ek het net soos jy al baie verskillende maniere
probeer om gewig te verloor, en ek het die een
gekies omdat dit nie 'n dieet is nie.

Ons natuurlikke Thermojetics kruie tee sal jou help
om jou metabolism te versnel, dit sal jou vet verbrand
en jou baie energie gee. Al wat jy moet doen is om die
tee 3-4 keer per dag te drink en 3 gebalanseerde etes
te eet. Dit is so eenvoudig. Ons kliente verloor 5-8 kilos
'n maand en voel wonderlik!!

Die beste van alles is dat ons jou sal betaal terwyl jy die
ongewensde kilos verloor. Ons sal jou ook 10% afslag gee
vir ander kliente wat jy na ons verwys. Om die program te
begin kos dit R179 en sluit 'n 30 dae geld terug waarborg in!

Al die informasie wat jy benodig is in die pakket ingesluit, ek
sal ook 'n gratis video vir jou stuur om jou meer te vertel
van die wonderlikke produk en hoe om dit te gebruik.
Dink solank watse geur jy in belang sal stel, dit kom in
Original/Raspberry/Lemon en Peach.

Stuur asseblief vir my jou faks nommer sodat ek jou die form
kan stuur dat jy daai ongewensde kilos afgooi!! Of bestel
oor die internet by:
http://users.iafrica.com/m/mw/mwvonwel/IGEL/thermo_startout_ special.html

En besoek ons web-blaai by:
http://www.igel.cjb.net

Baie dankie vir u tyd, ek sien uit daarna om u te help!
Bryan von Well
012-653-4463 , www.igel.cjb.net

PO Box 51787
Wierda Park
0149

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

JPG-lêers verklein

Sa., 17 Februarie 2001 22:05

Ek weet dit is nie die regte groep vir my vraag nie, maar ek glo hier is
deelnemers met baie rekenaarskennis. En anders kan enig iemand my miskien
die regte groep wys?

Ek het enige foto-albums van 'n ou-tante (great aunt) gescan op 'n resolusie
van 600 DPI vir my "argief". Die lêers is dus taamlik groot. Ek soek 'n
eenvoudige en snelle wyse om die lêers te verklein tot 20% van die
origineel. My argief het nou meer as 1000 lêers en sommige van hulle is meer
as 15 MB groot ..... Dit kos my rekenaar 10 minute om 1 lêer te verklein en
gereeld kryg ek 'n blou skerm met die mededeling "alle systeembronnen zijn
in gebruik", waarna die rekenaar (Celeron 550, 128 MB intern) crash :(

Is daar miskien 'n handig freeware programmaatjie soos die wat gebruik kan
word om thumbnails te maak of so?

Groete,
Arthur

Rekenaars & selfone | 19 kommentare

antie gloudiena se vrae

Sa., 17 Februarie 2001 20:43

hellou antie

sjoe ma' antie vra meer vrae as my klyn sissie! baie van die goed weet ek
nie en dan moet ek my pa vra en antie weet hoe syp hy. ma' antie stella sal
bly wees om te hoor lat my pa nou ok vinnig grys word. hy sê ek maak hom so.

antie my pa sê 'n mens skryf antie tjankie van behysing se naam s-a-n-k-i-e
m-t-h-e-m-b-i - m-a-h-a-n-y-e-l-e. is 'n swaar naam wat antie tjankie dra.

my pa sê oorlat hy ok nou al grys is kan hy nie meer so mooi die storie van
oom wieljam makgabba by wits onthou nie. ma' oom hansie vannie pênnelbieters
weet. hy sê lat die groot profjesore by wits baie kwaat geword het omdat hy
gelieg het oor sy kwalfikasies toe hy onnerkaptein van hille eerste span
geword het. toe bekly hille met mekaar in die sandei taaims. toe loop baie
van daai profjesore na petoorsdorp se ienniewersityd toe en oom wieljam loop
mediese navorsenraad toe.

my pa sê toe lag petoorsdorp allie pad bank toe en wits het nie meer
profjesore nie. toe hou hille op om die kinders afrikaans te leer op wits.
toe loop die kinders wat wou afrikaans leer raau of tikkies toe. toe beslyt
die een profjesoor van wits hy moet wits weer oppie mêp sit toe gaan vertel
hy in jammerika hoe lat hy kanker gesond maak. mientaaim vang die
jammerikaners hom toe yt lat hy gelieg het oor sy risseltate. toe het hy
mooi vir wits op kiemberlie se gat loop neersit oppie mêp.

my pa sê dis ongrondwettig lat antie stella so diskrimineer teen die ooms
wat grys is. hy sê hy weet nie hoe antie stella se kop werk nie want wie sê
die anties wat nie opgestaan het nie se hare was nie gedaai nie. my pa sê
dit smaak hom daas een ding wat antie nie vir antie stella geleer het soos
wat hy op tikkies geleer het nie. hy sê al het oom peewee haar nog koningin
van transkaai gemaak weet sy nie lat dit daai grys op jou kop is wat maak
lat jy kan dink nie. hy sê sonder daai grys stof op jou kop vat nie eers die
ienniewersityd vannie noorde jou nie.

oom hansie vannie pênnelbieters sê jys soos dit nou aangaan gat hille die
ienniewersityd vannie noorde nog die jaar toemaak al is oom wieljam nie eers
da' nie. antie weet mos dis wa' om maffuse pôsa geleer het om afrikaanse
rissetasies te skryf voorlat hy proemoer van oempoemalankal geword het
voorlat oom taboe vir oom masjlangoe wat sê dis orraait om te lieg in sy
plek proemoer gemaak het.

die moeilikhyd met die kinners hie vannie noorde is lat hille nie wil leer
nie sê my pa. klipgooi is beter sê hille. toe maak oom kadawer ismal 'n plan
en hy stel 'n oom aan wat die noorde se ienniewersityd binne ses maande moet
regrik. ma' oppie dag wat hille oopmaak begin gooi die kinners weer klip en
hille wil oom kadawer se man wegjaag. toe slyt hy die noorde sommer weer op
dieselle dag antie. dis die lat oom hansie sê as dit so aanhou gaan oom
kadawer van daai ienniewersityd nog hierie jaar 'n lykshys en begraafplaas
maak. dan gannie kinners seker wits toe.

koebaai antie (moenie so baie vrae vra nie want dit maak my net grys)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Boesak's Jail Cell Cellphone

Sa., 17 Februarie 2001 20:08

Ag foeitog man - gee die siel 'n kans om ook 'n gewone mens te wees wat lieg
en bedrieg:)))
Annette

albert wrote in message ...
> Read about the rise and fall of the ANC's f�hrer Alan Boesak at:
> http://www.oocities.org/southafrica2000/officialese.htm#boe sak
>

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Afrikaanse woorde

Sa., 17 Februarie 2001 16:33

Ek het net gedink, my Afrikaans moe baie beter word, maar ek het nog veel te
leer en te vra.

Hier is 'n paar woorde, wat vir my moeilik is te gebruik.

Daar is:
Stadig,
Ek ry stadig, ek verstaan.
Maar in die liedjie van Kerkorrel, hy sing stadig die somer???

Ook snaaks, vinnig, rerig, eks reg is vir my nie altyd te verstaan nie.

Daar is meer woorde, maar laat ons stadig begin :-))

Gr Rico

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

afrikaans skop gat in stellies

Sa., 17 Februarie 2001 09:34

Was gisteraand weer by 'n gig in die Hidden Cellar (bokant Die Akker in
Dorpstraat). Spinnekop (local band) het gespeel (en gesing) - in
Afrikaans - en gatgeskop !

Ek kan nie help om te wonder waar Afrikaanse musiek ens. vandag sou wees as
organisasies soos FAK en ATKV hul geld en backing liewers vir meer
"alternative" projekte gegee het in plaas van die soetkoek-brigade van
Carike/Rina ens. nie !

Hier sukkel ouens wat iets relevant en current in Afrikaans sê om te
survive, terwyl die oppervlakkige irrelevantes die geldmaak - iets is iewers
nie reg nie .......

BTW ek het my hande op 'n rough, unmastered copy van 'n album deur 'n nuwe
Stellenbosch-groep met die naam van Wilde Als gekry. Hmmmmm ! As jy van
70's rock/underground in Afrikaans hou - hier's iets moerse oppad. Gaan so
oor 'n paar weke sample mp3's op die www.afrimusik.com site plaas. Dit lyk
of hulle CD so teen Junie ge-release sal word. Die band bestaan uit ouens
wat almal "regular jobs" het - so sal ongelukkig net nou en dan 'n gig
speel - en ook nooit te ver van die huis nie ....... Sal ook die lirieke,
wat uitstekend is, op die site sit.

Gustav

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    962  963  964  965  966  967  968  969  970  971  972  973  974  975  976  977    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 00:10:05 UTC 2026