Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die lekker skinder plek vir afrikaaners

Vr., 23 Februarie 2001 12:25

www.springbok.moonfruit.com

Hugo Botha

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Die kaap & Bataafse rep. 1803/1806

Vr., 23 Februarie 2001 12:13

Hai,

Ek het 'n boek gekoop wat eintlik my interesse nie het nie.

Die boek is van 1926 geskreve deur Dr. J.P. van der Merwe

in Afrikaans - "Die Kaap onder die Bataafse Republiek

1803 - 1806.

Die persoonlike aantekeninge geskreve deur die Kommissaris

Generaal J.A. De Mist aan die Kaap die Goeie Hoop 1803 - 1806.

Die bladsy het ek oop gesny die boek is nooit eerder gelees

nie sins 1926 .... Ek het Dfl 25,-- betaal (tweedehands)

Het enig iemand van julle interesse ?

Patrick

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

dwelms & christene

Do., 22 Februarie 2001 20:57

Hi daar,
Die opwindende nuus is dat Jesus ons Here ons oproep om tot aksie oor te
gaan as Christene aangaande dwelms, wetteloosheid en die okkultiese gemors
wat daarmee saamgaan. Sedert 'n paar uitsendings oor Radio Kansel asook
verskeie nuusberigte in die koerante rondom die nuwe sentrum wat ons oopmaak
vir dwelmslawe, het die duiwel letterlik op ons losgebars. 'n Judas in ons
midde het ons in skuld gedompel en 15 jaar se opbou aan hierdie bediening
amper gekelder. My gesondheid het so agteruitgegaan dat ek naby 'n
hartaanval gedraai het. Annatjie het ook al vesrkeie kere gekom op die
randjie vn 'n ineenstorting. Ons huwelik het skade gely en ons boer by
prokereurs en advokate om ons onskuld te bewys. Dat satan ontstoke is, is
baie duidelik.
Ek het 'n stil plekkie by 'n rivier waar ek met Jesus kuier. Verlede Vrydag,
die 17e Februarie het God my besoek deur Sy Gees en die hartseer aan my
openbaar rondom die jeug van ons land wat so verwoes word deur dwelms. Die
hoeveelheid ouers wat aanklop met jong kinders op heroine, is skrikwekkend.
Meer as 90% van die ongeveer 30-50 oproepe per dag is Afrikaners vanuit
godsdienstige agtergronde. Hulle weet van God maar hulle beleef nie die krag
en leiding van Sy Gees nie omdat hulle nie intieme verhoudings het met Jesus
nie.
As bekeerde dwelmhandelaar en satanis weet ek dat dit net Jesus se
opstandingskrag is wat my deur dra. In 'n oomblik van geweldige intense
aanraking van die Heilige Gees het ek in smart en hartseer deel gevoel van
God se pyn oor die onbetrokkenheid van die Kerke rondom hierdie bose aanslag
op ons volk. Die satan wil die Christendom uitdelg in SA en nou gebruik hy
dwelms en alles wat daarmee saam gaan.
Dit is tyd dat Christene deur hulle Kerke opstaan en die Regering skerp
aanspreek oor hulle slap houding teen onwettige immigrante wat die duiwelse
gemors openlik op straat en buite skole aan ons kinders verkoop.
Dit is hoog tyd dat ons ophou Kerk politiek bedryf en skynheilig lewe terwyl
die weefsel van ons volk ontrafel.
Dit is tyd dat ons aksie uitroep in gemeentes, optogte reel, opleiding gee,
en mobiliseer in elke dorp en voorstad.
Ons moet 'n nasionale tyd van vas en gebed uitroep sodat God met heilige
vuur ons terugbring tot Sy genade troon in aanbidding.
Jesus het my opdrag gegee om op 'n lang publieke vas te gaan totdat
Christene uit hulle drome en materiaslme loskom en die sout wird wat hulle
veronderstel is om te wees.
Ek roep elkeen op om gehoor te gee aan die stem van God en iets te doen teen
die satan se wapens.
Stuur hierdie boodskap aan i.p.v. die gelukbringer ketting briewe waarmee so
baie Christene hulle besig hou.
Laat ons die banier oplig en tot die stryd toe tree in die Naam van Jesus
Christus.
Jesus called me into a public long fast to mobilize christians against
drugs, the occult and crime.
Thousands of young people are becoming slaves to heroin, cocaine, xtc, and
so forth.
What are we as Christians doing about it? Jesus is the only answers and the
churches are quiet about it!
We must put pressure on the government to stop the illegal immigrants that
are becoming rich from the misery of our kids!
Join me in fasting and prayer and then let us do something about the
situation.
Pass the message on, God is raising up an army. It is time to declare war on
the strongholds of the enemy.

Geloof & kerksake | 9 kommentare

Die DVD scene onner in Afrika...

Do., 22 Februarie 2001 16:41

Hallo daar

Is daar enige een van julle in SA wat al oorgestap het van video na DVD?

Ek het gou 'n paar vragies...

1. Watter regiokode is julle DVD's?

2. Verkoop hulle DVD spelers met MP3 ondersteuning in SA? Indien wel,
onder watter naam, en wat kos dit? As iemand my 'n naam van sê 'n speler
kan stuur sal ek die res op die Internet soek, maar as een van julle so
een in julle sitkamers het, hoor ek graag meer...

3. Ek sou graag 'n paar SA DVD's wou koop. Kan iemand my sê of hulle nou
al SA flieks op DVD uitreik. Ek soek onder andere na films soos:

Fiela se kind
Beautiful People
The angel, the bicycle and the Chinaman's finger

4. Watse taal onderskrifte het julle DVD's oor die algemeen? Sou mooi
wees as jy uit al 11 amptelike tale kon kies!!!

As julle in regio 1 val, saam met Amerika is julle BAIE gelukkig. Die
DVD scene is nie so hot hier in Europa nie... Om maar een voorbeeld te
noem, Independance day is hier uitgereik met 'n stereo engels, en 5.1
franse klankbaan!!!

Dankie vir enige reaksies!

Skunk

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: Afrikaanse Rap

Do., 22 Februarie 2001 06:33

VdET skryf in boodskap news:xtXk6.15645$Ut1.1462105@afrodite.telenet-ops.be...
> Hello,
>
> I'm looking for some Afrikaanse rap-groups.

"Brasse van die Kaap" is 'n Afrikaanse rap groep.

Weet iemand dalk iets van die groep "Funny Carp". Waar of wie kan vir my
samples van hulle musiek stuur.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

NG Kerk e.a. moet restitusie betaal

Wo., 21 Februarie 2001 22:32

Die Afrikaanse kerke behoort restitusie te betaal aan hul swart, bruin
en Asier susterkerke wat hulle gestig het om hierdie mense uit die wit
kerke te hou.
Hierdie apartheid gestigte kerke is nou die wit kerke se arm broers
(naastes) wat volgens Christelike geloof deel moes gewees het van die
wit kerke. Gemeentes en hul lidmate het nou 'n skuldlas voor God wat
hulle moet betaal. Gemeentes en hul lidmate moet verantwoordelikheid
vat vir hulle naastes en ophou wegkruip vir hulle Christelike plig in
hul wit gemeentes.
Wit lidmate kan hul tiende wat hulle aan hul eie kerk sou betaal - in
die helfte deel - een helfte vir hul eie kerk gee en die ande helfte
aan hul apartheid gestigte susterkerke

Abraham the Lazy
br...@hotmail.com

Geloof & kerksake | 12 kommentare

Re: www.blackpage.nano.pl

Wo., 21 Februarie 2001 11:54

Ek word so die bliksem in as ek dan tog maar online gaan om te sien wat die
dooste adverteer en dis in een of ander vreemde taal!!!

Black Page schreef in berichtnieuws
9700gm$7bb$115@news.onet.pl...
> www.blackpage.nano.pl
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Toestand van die paaie - vri Ferdi

Wo., 21 Februarie 2001 07:06

Ja Ferdi, en toe kom die AA uit met 'n verslag oor die vesr versleg het
in die afgelope 10 jaar? Kyk op die Star en Beeld se voorblaaie van 20
Feb 2001.

Maar jy sal seker maar steeds teen jou beterwete in stry!

--
http://lous.zzn.com/

X-No-Archive: yes

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Boesak

Wo., 21 Februarie 2001 05:54

Dit is vir my wonderlik om te sien hoe die huidige regering sy "Seuns"
behandel. As die seuns in die moeilikheid is (voor hulle tronk toe gaan) dan
wil almal saam hulle gesien word. As hulle dan in die tronk is en droog maak
draai die regering en almal hulle rug op die geliefde seun.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Liewe Verse

Wo., 21 Februarie 2001 04:37

Ma en Pa sit op die stoep,
Pa ................

Wie weet al die lyne ?

Hmmm ?

Dingus.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    960  961  962  963  964  965  966  967  968  969  970  971  972  973  974  975    »]
Tyd nou: Do. Jan. 01 11:30:16 UTC 2026