Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vlaamse wijsheid

Do., 15 Maart 2001 18:31

Geachte mensen van Zuid-Afrika,

Ik heb het volgende gelezen op een almanak hier in Vlaanderen. Gelieve
mij eens te vertellen of jullie het er mee eens zijn:

Een ervaren industrieel constateert:
-Als je iemand prijst voor zijn werk ben je een vleier.
Als je opmerkingen maakt ben je een vitter.
Als je na werktijd nog even doorgaat doe je alsof je het druk hebt;
als je op tijd naar buiten gaat interesseert het bedrijf je niet. Als
je voet bij stuk houdt ben je een stijfkop; als je het niet doet ben
je een vaatdoek. Als je ouder bent ben je over je hoogtepunt heen;
als je jonger bent, heb je geen ervaring.

Nou, als de situatie bij jullie niet beter is dan hier dan weten
jullie tenminste waar jullie NIET heen moeten. En WIJ blijven
dan ook thuis!..

Met de beste groeten van

Norbert, uit Vlaanderen.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Kan waar wees

Do., 15 Maart 2001 15:18

Baie goed

Ek sit hier in Londen en gaan 'n Engelse meisie trou, so jy se ek is in vir
moeilikheid.

"Krokkie" skryf in boodskap news:3ab08213$0$230@hades.is.co.za...
> Heaven is when you have: a British salary, an American
>
> home, Chinese food, a German car and a South African wife.
>
> Hell is when you have: An American car, a British
>
> wife, a Chinese home, German food and a South African salary.
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Definition of "rockspider"?

Wo., 14 Maart 2001 08:41

On Sun, 11 Mar 2001 03:17:42 -0800, "SDM" wrote:

> Hallo,
> I'm wondering what "rockspider" means now that I've run into it twice
> in an hour on the net. I'd also be glad to learn what "gatkruiper" means as
> well. Dankie.
>
>

That's the derogatory term created by English-speakers
to denote Afrikaans people. Usually in the context of
kindergarten arguments:

E: Afrikhaner Vrot Bananer
A: Fokof Soutpiel!
(One leg in England, one leg in Africa, prick hangs in the sea)
E: Crunchy! (Not too sure of the origin of this)
A: Voertsek Rooinek! (Not red-neck as in USA, but Anglo-Boer war term)
E: Rockspider!

etc etc
--
Gatkruiper - roughly equivalent to "Brown-noser"

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Beter in SA vandag

Di., 13 Maart 2001 07:58

Beeld-Forum:
Verlede afgeskud
J.P Landman


Telkens hoor ons die refrein: die ekonomie moet teen 6% groei om uit
ons probleme uit te groei. Of: 3% is heeltemal ontoereikend en
aanduidend van hoe sleg dit met die ekonomie gaan. Wel, is dit so?

In die 15 jaar tussen 1977 en 1992 het die ekonomie met gemiddeld 1,5%
per jaar gegroei. Sedertdien het groei met rukke en stote verbeter.
Vandag is dit 'n raps meer as 3% per jaar. Suid-Afrika het dus sy
groeikoers verdubbel van wat dit was in die jare tagtig. Dit is een
van die mites van ons tyd dat die ekonomie "toe" beter gevaar het as
"nou". Teen 3% groei ons nou teen dubbel die koers van die
tagtigerjare.

En dit ten spyte van misdaad en emigrasie.

Maar dit is nie ál nie. In die jare tagtig het die bevolking met 2,5%
per jaar gegroei - heelwat vinniger as die ekonomie se 1,5% per jaar.
En as die ekonomie stadiger groei as die mense, is daar net een pad:
stelselmatige en onverbiddelike verarming. Niks kan hierdie
werklikheid verbloem nie. As per capita-inkomste daal, word almal
armer.

Dit is wat met die land gebeur het.

Teen 1992 was die per capita-inkomste in Suid-Afrika 11% laer as in
1977. 'n Volle 15 jaar lank - basies van John Vorster se uittrede tot
net vóór F.W. de Klerk s'n - het Suid-Afrika agteruit geboer. En dit
het gebeur ten spyte daarvan dat die goudprys $850 gehaal het. Dié 15
jaar was 'n tyd van welvaartvernietiging.

De Klerk kry baie erkenning vir die politieke veranderings wat hy
bewerkstellig het. Hy behoort, saam met Derek Keys, ook erkenning te
kry vir die ekonomiese fondamente wat hulle gelê het. Die vrugte is
nie in hul tyd gepluk nie, maar die De Klerk-regering was in baie
opsigte 'n groter ekonomiese as politieke hervormer.

Terug na die vraag of 3% genoeg is.

Dit word bepaal deur bevolkingsgroei. As die ekonomie teen 3% groei,
maar die bevolking teen 6%, is daar geen twyfel nie, ons boer
agteruit. Omgekeerd, as die ekonomie teen 3% groei, maar die bevolking
teen slegs 0,6%, boer ons vooruit.

En dit is wat nou in Suid-Afrika aan die gebeur is.

Vooruitskattings deur die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika dui
daarop dat die landsbevolking oor die volgende 10 jaar tot 2010
gemiddeld teen sowat 0,6% per jaar gaan groei. Oor dieselfde tyd kan
die ekonomie teen 3% groei. Dit laat 'n taamlike kussing om per
capita-inkomste mee te verhoog.

Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat 'n ekonomie wat teen 3%
groei terwyl die bevolking teen 0,6% groei, per capita-inkomste net
soveel kan skuif soos 'n ekonomie wat teen 5% groei, terwyl die
bevolking teen 2,5% groei.

Ons is dus nie korrek om 3% groei af te maak as "ontoereikend" nie.

Hierdie gerusstelling moet ons nie aanspoor om 3% te aanvaar nie. Teen
3% per jaar gaan dit sowat 30 jaar duur om mense se lewenstandaarde te
verdubbel. En dan sal dit maar sowat R38 000 per jaar per
Suid-Afrikaner wees. Vergelyk dit met die meer as R200 000 wat reeds
die per capita-inkomste in sommige ontwikkelde lande is, en dit is
duidelik dat Suid-Afrika nog 'n ver pad het om te gaan.

Aan die ander kant, as ons teen 5% per jaar kan groei, kan ons per
capita-inkomste binne 15 jaar verdubbel. Stel jou voor as elke werker,
onderwyser, polisieman, staatsamptenaar en sakeman dubbel sy huidige
inkomste (ná inflasie!) verdien . . . Suid-Afrika sal 'n ander plek
wees.

Ons het die afgelope vyf jaar met groter treë daarheen beweeg as enige
tyd sedert die laat sewentigerjare. In daardie opsig dien Mbeki ons
baie beter as P.W. Botha. Ondanks al sy gebreke bedien Mbeki
Suid-Afrika van seker die gesondste ekonomiese beleid in die moderne
geskiedenis. Mbeki se ekonomiese rekord behoort langs sy vigs- en
Zimbabwe-optrede beoordeel te word.

Die staatsdiens is nou ongeveer 18% kleiner as in 1994 - ten spyte van
nege provinsies en grootskaalse regstellende aksie. Fiskale dissipline
is herstel. Ook in die provinsies wat in die jare negentig gelyk het
of hulle in duie gaan stort. Die begrotingstekort is kleiner, wat
beteken die staat gryp minder van die land se skaars kapitaal.
Terselfdertyd word die vakbonde in toom gehou. Stakings is op 'n
laagtepunt. Privatisering gaan voort, al is Cosatu histeries.
Arbeidsproduktiwiteit is besig om vinniger te styg as
kapitaal-produktiwiteit.

En die grootste ironie, die kommuniste doen lustig hieraan mee. Alec
Erwin lei die produktiwiteitslopie, Jeff Radebe privatisering,
Geraldine Fraser-Moleketi die kleiner staatsdiens. Om te kla dat
kommuniste in die pad staan van ekonomiese groei!

Suid-Afrika is geensins 'n model-staat nie. Maar dit help as 'n mens
weet wat jy nou doen is 'n groot tree in die rigting van 'n beter
toekoms.

Suid-Afrika is dus nie net 'n eenrigtingstraat nie. Misdaad is erg.
Emigrasie is ontwrigtend. Politieke leiers soos Penuell Maduna se
sotlikhede is aanstootlik. Ons het nog nie 'n sosiale kode gevestig
wat alle lede van die gemeenskap inbind nie.

Maar terselfdertyd is ons besig om te ontsnap aan ons eie verlede toe
ons welvaart vernietig en mense armer gemaak het. Ons kan krediet gee
vir ons eie vordering.

J.P. Landman is 'n onafhanklike politiek-ekonomiese ontleder.

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

:) Plek om dop te hou

Di., 13 Maart 2001 07:41

web.tiscalinet.it/tzone/twi/

Gaan kyk gerus na die site. En sê wat julle van die ouens dink.

DA

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gedagte

Di., 13 Maart 2001 05:17

Ek moet die ene deel.....

People are like stained glass windows: they sparkle and shine when the sun
is out, but when the darkness sets in their true beauty is revealed only if
there is a light within. -Elizabeth Kubler-Ross, psychiatrist and author
(1926- )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

vertaling vir my??

Ma., 12 Maart 2001 17:17

Kan enig iemand my sê wat word bedoel met:

donnel in die aarde,

Elke graantjie uit te haal

Uit Halala Afrika van Johannes Kerkorrel.

Boondien wil ek nog sê dat ek ook baie geniet van die liedjies van Lucas
Maree.

Gr. Rico.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Nuwe SA'nse logika?

So., 11 Maart 2001 19:10

Danielle, ek stuur al laank nie pakkies in die pos nie, ook nie
verjaarsdagkaarte
met gekleurde koeverte nie, want van die posmense dink daar is geld in.
Die pakkies
(veral van Amerika) word net eenvoudig gesteel. Ek stuur my pakkies nou
liewers saam met mense
wat in Suid-Afrika gaan kuier. Aan die eenkant kan ek hulle nie blameer
nie, die versoeking
is darem baie groot, en aan die ander kant irriteer dit my dat my eie mense
nie hulle
goed kry nie.

Poppie

Danielle skryf in boodskap news:agfnat0aa3e3id42g2hi15cs5ro2jvol2v@4ax.com...
> Vanoggend kry ek 'n epossie van my ma - dit was na aanleiding van 'n
> pakkie wat ek 'n maand gelede aan hulle gestuur het, maar hulle het
> dit nog nie ontvang nie. Blykbaar staak die poskantore op die
> oomblik?
>
> Maar, hier is die "nota" wat aan die deur van hulle poskantoor geheg
> was/is:
>
>
> HOEDSPRUIT POST OFFICE TO CLOSE PERMANENTLY
>
> "In order to facilitate buisiness operations, provide you with a
> better service and extend infrastructure to include disadvantaged
> commimotoes, the
> Hoedspruit Post Office will be permanently closed on 31 january 2001"
>
>
> Nou my vrae:
> 1. Wat is 'n disadvantaged commimotoe? (Frik, moet jy liewer nie
> hierdie ene antwoord nie - want ek kan net DINK wat jy sal se!) :-))
> 2. As die poskantoor permanent gesluit word, hoe beoog hulle om beter
> diens te lewer?
> 3. Hoe lank gaan hierdie stakings aanhou?
> 4. Wat gebeur met al die verlore pos en pakkies?
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Toets vir varkgriep

Vr., 01 Junie 2018 15:09

As jy siek voel en wil toets of jy varkgriep het, sit jou hand op 'n warm plaat en as jy "bacon" ruik is dit varkgriep.

Moenie die prosedure volg as jy vir voëlgriep wil toets nie! Smile

Eina!

Humor & grappe | 0 kommentare

Mooi trap

Sa., 10 Maart 2001 18:41

Sy stap eergister (Donderdag) in die laat middag by die winkel in.
Skoolklere steeds mooi gepars na 'n dog op skool.
Vra aan die eienaar van die winkel of hy 'n 'n cd (bekende
rekenaarspel) vir haar sal kopieer.

Hy probeer vir haar 'n kopié maak maar kry dit om een of ander rede
nie reg nie en lag en sê toe vir die oulike skoolkind aan die ander
kant van die toonbank: 'siende dat jy so mooi is, neem my eie vir
sestig rand. Wat sy toe doen.

Die eienaar van die winkel hinke_pink toe met sy gebreklike been terug
na sy stoel en sy stap met 'n selfvoldane glimlag by die deur uit.

Gisteroggend (Vrydag) stap sy weer daar in. Maar dié keer is die
skoolromp vervang met die kentekens van 'n polisie kaptein op haar
skouers en vergesel met twee ondergeskikte mans. Vol van haarself en
die enigste vriendelike woorde is deur die mansspeurders gebesig.

My kantoor is een blok daarvandaan en ek was binne minute in die
winkel om as stil toeskouer te sien hoe 'n gebreklike winkeleienaar
van dit wat hy met harde werk opgebou het oor jare, gestroop word.
Hoe sy sagteware gekonfiskeer word - alle rekenaars wat aan hom en nié
aan kliënte behoort nie, gelaai word. En iemand wat ten spyte van 'n
gebrek vir hom en sy vrou en heel leefbare inkomste verdien.

Wel het hy die wet oortree maar nooit het hy aan iemand 'n cd verkoop
onder die voorwendsel dat dit 'n oorspronklike is nie.

Die speurders stap daar uit, vol van hulself, tussen die sakkerollers
deur, vertrek en ry tussen die skakers met hul staatsmotor deur, en
voel hulle het hul plig gedoen.

Die brief van my is baie debateerbaar, ek weet. Jack het die wet
oortree, ek weet. Ek is nie lus om met julle te stry oor die feite
nie.

Die lang brief is net om twee dinge te sê:

1.
Ek weet ek skuld jou steeds 'n antwoord Ferdi, (êrens hier...) maar
ek is besig met baie dinge op die oomblik en ek soek na iets wat ek
nodig het eer ek jou kan antwoord

2.
Wie van ons het slegs gekoopte cd's? Om een of ander rede het die
Suid-Afrika_geit van my adres my nogal heel veilig laat voel. Hier is
mos nie Micro Softs en die tipe goed wat moeilik kan raak nie...maar
wees vreeslik versigtig met wat julle het want hiers meisies met
skoolklere.

DD

Rekenaars & selfone | 30 kommentare

Bladsye (1835): [ «    956  957  958  959  960  961  962  963  964  965  966  967  968  969  970  971    »]
Tyd nou: Di. Mei 05 09:32:42 UTC 2026