As ek jou reg verstaan, is dit in die haak indien die "bleeding hearts"
hulle stedelike legendes oor die verlede verkondig, maar minder in die haak
wanneer ander dit probeer regstel. Die een is "healing" die ander is
"nostalgie?" Ek hou al hoe meer van jou wêreld, Gerrit, dit blyk soveel
makliker te wees as dit waarin die Dayaks sedert verlede maand en die
Masdoni�rs sedert die einde van verlede week moet leef. Ek lees egter met
groot belangstelling jou lesersbriewe aan Asmal en ek sal beslis nooit jou
bona fides bevraagteken nie. Jou bedoelings is suiwer, jy wil 'n klein
bietjie swanger wees op 'n deeltydse basis (my vrou dink ook dit sou die
beste reëling vir ons almal wees). Ongelukkig is ons verwarring tussen wense
en werklikhede soms te duidelik vir die gehoor en is dit dan ten koste van
ons geloofwaardigheid. Ek spot glad nie oor jou "Ek het 'n droom"-boodskap
wat hier by herhaling deurskemer nie, maar ek het ook 'n droom, naamlik dié
dat die Afrikaner 'n plek in die son sal kry waar hulle kan leef soos hulle
goed dink.
Ek dink net jy staan aan die begin van 'n groot leerproses indien jy op die
taalkwessie verder beweeg, maar toemaar, dit sal goed wees vir jou
ontwikkeling. (Moet dit hoegenaamd nie as sarkasme beskou nie. Ek is
doodernstig en jy sal moontlik nog aan ons gesprekke hier dink in die nie al
te verre toekoms.)
Toe die Militêr-geskiedkundige aan die Hebrew University, Martin Van
Creveld, gevra is of hy dink oorlog ooit sal verdwyn, toe sê hy: "Never. Not
as long as young men like war and young women like warriors." (Dit is
natuurlik baie meer ingewikkeld as dit, maar ek sal by 'n andergeleentheid
daarop uitbrei.) In sy boek "The Transformation of Warfare" gaan hy
natuurlik in diepte in en hy, sowel as John Keegan ("The History of Warfar,"
"The Face of Battle," "The Mask of Command"), Neill Ferguson ("The Pity of
War"), Ralph Peters ("Fighting for the Future"), Lawrence Keely (War Before
Civilisation) et al, aanvaar intussen dat oorlog deel van die mensdom is net
soos seks, spoed en geloof. Soos Trotsky gesê het: "It is not a question of
whether we are interested in war, since war always takes an interest in us."
Jy kan daarteen filosofeer of bid, ek gee glad nie om nie, maar die feit dat
jy in relatiewe vrede kon groot word, vandag kan swot, vryhede en regte kan
geniet, was altyd teen 'n prys wat ander (en ek bedoel oor eeue heen) vir
jou betaal het. Jou poging om dus nou Hitler as negatiewe voorbeeld hier in
die spel te bring, moet ek dus beantwoord deur jou aandag daarop te vestig
dat hy juis nie deur filosowe of dominees onder beheer gebring is nie, maar
deur soldate wat per slot van sake die vryhede verdedig het wat jy blykbaar
as vanselfsprekend aanvaar. "Jou span" het Hitler in 1938 tot Time Magazine
"Man of the Year" verklaar en in M�nchen met goeie bedoelings finaal die
Tweede Wêreldoorlog veroorsaak, terwyl "my span" hom al in 1936 met die
besetting van die Rynland op sy gat wou geskop het maar ongelukkig destyds
as "warmongers" beskryf is. Eers toe alles mooi opgeneuk was, het 'n mens
gou die "usual suspects" geroep om alles weer reg te maak (Churchill is
sommer nog in die jaar van oorwinning deur die ondankbare kiesers weer
uitgeskop).
Maar ek dink my in: die Britte - toe die koeël uiteindelik deur die kerk
is - sou jou definisie van Volksskap aanvaar het en die sein uitgestuur het
dat hulle kollektiewe vryheid en identiteit nie vir hulle so belangrik is
dat hulle 'n oorlog sou waag om dit te verdedig nie. Ek vermoed dat ons dan
nooit "We'll fight them on the beaches..." sou gehoor het nie, die oorlog
sou 1940 oor gewees het, en vandag sou die wêreldtaal Duits wees.
Dit is omdat mense soos jy nie kan onderskei tussen hoe die wêreld behoort
te wees en hoe die wêreld is nie, dat oordeelsfoute begaan word met
verpletterende gevolge wat ver verby julle goeie bedoelings strek. Jy sou
nie briewe aan Asmal moet skryf indien ons in ons skikking met die ANC 'n
magsbalans kon gehandhaaf het waar die basiese aspekte van kulturele
asemhalingsruimte gereël was nie. Daarvoor het ek destyds geveg, vir tyd en
opsies.
Nou vra jy vandag mooi diplomaties en ordentlik en hy sal vir jou mooi en
ordentlik in jou moer in stuur. Soos Kissinger geskryf het, "Diplomacy
without power is not diplomacy." Daardie les kom nog vir jou. Jy en jou
taal, ja, selfs die kollektiewe identiteit wat jy ontken, maar wat in jou
hele optrede sigbaar is (jy is die tipiese "Boer" in jou hele redenasie en
"kan ek nie maar my geweer buite los en vir jou kom kuier nie, Dingaan"
benadering), is nie vir die huidige heersers van belang nie - punt. You are
therefore entirely irrelevant to the coming about of the New South Africa in
the ANC's understanding of the term.
Hoe jy dus vir jou nageslagte taal, opvoeding en lewenskwaliteit (beginnende
by hulle fisiese veiligheid) wil verseker is 'n geheimpie tussen jou en
Liewe Jesus. Die punt wat ek wil maak is dat juis die besef dat ons by
hierdie punt sou eindig, my gemotiveer het om my plig te doen vir 'n
regering waarvan ek nie gehou het nie en waarvoor ek nie gestem het nie. 'n
regering waarvoor jou pa 'n noemenswaardige en bekende raadgewer was, indien
ek hom nie verwar met iemand anders nie. Wie is jy dus om te oordeel oor wie
nostalgies is en wie nie?
Ek staan egter hier voor dieselfde probleem as Ernst J�nger nadat hy die
boek "Stahlgewitter" gepubliseer het, die verskriklikste boek oor oorlog wat
ek oit gelees het. Omdat hy egter nie die "self-flagulation" rituele gevolg
het en tot die slotsom gekom het dat hy dit weer sou doen (sewe keer gewond)
indien nodig, het die wêreld besluit "All Quiet on the Western Front" sal
die boek wees wat die Eerste Wêreldoorlog defineer. Die Nazi's het hom later
verbied om te publiseer, alhoewel hy deurgans 'n Duitse patriot was; sy seun
is toe dood in die Tweede Wêreldoorlog en daarna het die Duitsers binne die
raamwerk van hulle omgang met hulle eie geskiedenis hom weer verbied om te
skryf omdat hy te "nasionalisties" was. Net so is dit vandag onpopulêr om te
sê dat jy dit alles sou oor doen. Ek sou dit egter waardeer indien jy nie
sout in 'n mens se wonde invryf deur te beweer dat 'n mens noodwendig
nostalgies is net omdat 'n mens nie Jannie Jammergat is nie. Ek hou my net
by die feite en korrigeer 'n paar wanpersepsies voor julle hier uit blykbaar
onbeheerbare selfjammer kollektiewe selfmoord begaan, indien julle nie reeds
het nie (polities natuurlik).
Kaapstad. - Die Suid-Afrikaanse
skrywer J.M. Coetzee, wat twee
keer die prestigeryke Bookerprys verower het, gaan na berig word na
Australië emigreer.
Volgens 'n berig in die koerant The Australian het Coetzee navraag
gedoen oor emigrasie na Australië tydens 'n besoek aan die Sydney
Writer's Festival in Mei verlede jaar. Coetzee het verlede week 'n
lesing
gegee by die Universiteit van Adelaide.
The Australian het volgens Sapa-AFP berig dat 'n woordvoerder vir
Coetzee se uitgewers, Random House, gesê het Coetzee "ondersoek
reeds lankal die moontlikheid" om na Australië te gaan. Random House
in Suid-Afrika is egter onbewus van die planne.
Coetzee het nie kommentaar gelewer op 'n navraag wat aan hom
gestuur is nie.
Sy roman Disgrace, wat deur party kritici beskou is as 'n negatiewe blik
op postapartheid-Suid-Afrika, het die Bookerprys in 1999 gewen.
Coetzee se The Life and Times of Michael K. het in 1983 dié eer te
beurt geval. - Sapa
vedag moet antie my weer help want ek weetie wat raasisme is nie en my pa is
so kwaat oor breitintjie wat 'n alleenstryd innie soepertwaalf voer lat hy
my nie wil help nie.
antie sien laas week gee lafrassie vir siepoe wat sy poukiemon kaart gesteel
het 'n snotklap by die skool lat die kaart yt siepoetjie se sak val. die
volginne dag kom siepoekie se ma briesent kwaat by die skool aan en virtel
vir mineer lat lafrassie die grootste raasis op aarde is. maar sy het baie
meer geraas as lafrassie antie.
innie koerant issit 'n groot storie oor 'n oom wat soos jeropa lyk wat 'n
antie wat soos afrieka lyk geskop en geslaan het oorlat sy die oom se sissie
by die tiekieboks skeef getjaaf het. hys 'n raasis sê die koerant. nogge
storie is van die oom wat so kwaat geword het vir sy bierman se hond wat die
jille nag geblaf het lat hy die oom wat 'n poeliesman is wat soos afrieka
lyk doodgeskiet het. hys ok 'n raasis sê die koerant.
wat ekkie virstaan nie is lat toe lafrassie se sissie vir my en lafrassie
snotklappe gegee het oorlat ons haar afgeloer het het niemand gesê sys 'n
raasis nie. okkie toe die twee ooms wat soos afrieka lyk die ou oom en antie
hie annerkant grêvvelot deer die kniege geskiet het en hille kele in die
badkamer afgesny het nie antie.
dit smaak my raasisme is soos oom taboe se rinnesaans want 'n mens moet
slimmer as my pa wees om dit te virstaan.
het antie gehoor vannie risse se miere wat yt die rymte op ons koppe gaan
val. my pa sê daai miere is vyftien jaar lank sonner kos innie rymte
aangehou. smaak my die risse verwag moeilikgeit vannie espiesiey want my pa
sê hille het baie vir sekering ytgeneem. oom hansie vannie pênnelbieters sê
daai miere gaan mettie spoed van wit lig trig kom aarde toe en op nieou
seeland val. dink antie as een van daai wit miere op breitentjie se kop val
tirwyl hy soeper twaalf in nieou seeland speel sallit raasisme wees.
koebaai antie (antie moet bid lat die wit miere die soeper twaalf stop voor
sadrag want my pa se swak hart kan dit nie meer vat nie)

Dit is offisieel, vir die eerste keer ooit, is die swart inkomste in totaal
groter as die van die wit mense in Suid Afrika. Die ekonomiese mag is nou in
swart hande grootlik as gevolg van regstellende aksie. Is dit goed of sleg?
Ek sal nie weet nie.
Dit is vreemd om daaraan te dink dat vir die afgelope week het swart mense
werklik iets om te vier, maar ons hoor nie 'n sweempie van die nuus se impak
op hulle nie.