Rower steek sesjarige meisie ses keer vir R8
2010-02-27 05:20
Welkom. � �n Sesjarige meisie van Welkom is buite haar ouerhuis
minstens ses keer met �n mes gesteek � en beroof van die R8 wat haar
ma haar gegee het om koeldrank mee te gaan koop.
Martha Radebe, �n gr.?1-leerling van Lehakwe Primary in die woonbuurt
Thabong, is in �n bedenklike toestand in die Oppenheimer-hospitaal in
Welkom.
Sy het steekwonde in albei haar sye en haar regterbeen.
Haar ma, mev. Emelia Radebe, het haar eergister omstreeks 19:30 na die
snoepwinkel naby hul huis gestuur om koeldrank te koop.
Sy het Martha gaan soek toe sy te lank na haar sin weg was en op
Martha afgekom waar sy bebloed en met haar ingewande wat uit gapende
wonde hang in die straat voor hul huis gestaan het.
Toe Martha haar ma sien, het sy ineengestort.
Radebe is met die kind in haar arms in die huis in, waarna �n buurvrou
iemand met �n motor in die straat voorgekeer en hulle met haar
hospitaal toe is.
Voordat sy haar bewussyn in die hospitaal verloor het, kon sy aan haar
ma en pa, mnr. Joseph Radebe, vertel dat �n man haar met die mes
gesteek het om haar geld te vat.
Familielede s� dit is ongelooflik dat niemand iets gesien het nie. Die
straat is daardie tyd van die aand baie besig met mense wat van die
werk af huis toe kom of snoepwinkel toe loop.
PRETORIA. - Meer as een uit tien leerlinge en onderwysers in Suid-Afrika het
vigs onder lede. Algeheel het sowat 1,8 miljoen skoliere en 51 745
onderwysers MIV/vigs.
Di� skoksyfers is gister op 'n werksessie van die Afrikaner Burgerlike
Netwerk (ABN) in Pretoria bekend gemaak waar kundiges oor onderwerpe oor
demografie gepraat het.
Die ABN is besig met scenario-beplanning vir moontlike toekomspaaie vir die
land na aanleiding van die Dinokeng-scenario's wat verlede Junie gepubliseer
is en waar die hoofprobleem in die land uitgewys is as 'n kombinasie van die
ondoeltreffende staat en 'n onbetrokke burgerlike samelewing.
Die ABN verteenwoordig 'n wye verskeidenheid Afrikaanse organisasies.
Mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie
(SAOU), het met verwysing na gehalte, kundigheid en vaardigheid in die
onderwysstelsel ges� wanneer oor toekomsbeplanning gepraat word, kan die
impak van MIV/vigs nie buite rekening gelaat word nie.
Klopper s� volgens die jongste statisitieke het sowat 13,9% van die
onderwyserkorps MIV/vigs. Dit verteenwoordig 51 745 uit 'n totaal van 372
000 onderwysers.
Die infeksie onder leerlinge staan op 14,52%, met 1,8 miljoen uit die 12,4
miljoen leerlinge in die land wat MIV/vigs het, het hy ges�.
In die ho�ronderwyssektor het 7,10% van alle personeel aan universiteite
MIV/vigs, wat neerkom op 7 714 uit die totaal van 108 687.
Van die totale akademiese personeel van 41 383 by universiteite, het 1 968
(4,76%) die siekte, het Klopper ges�.
Die infeksiekoers onder studente is ook ho�r op 91 892 uit sowat 750 000.
- Klopper het gepraat oor tegniese en tegnologiese opleiding in die land en
ges� die ou tegniese kolleges wat deesdae kolleges vir voortgesette onderwys
en opleiding (VOO) is, het 'n dramatiese inploffing gehad en is geheel en al
disfunksioneel.
Die deelname aan ho�r onderwys is vir die hele bevolking sowat 16%. Wat die
onderskeie rasgroepe betref, is dit 12% vir swartes en bruines, 43% vir
Indi�rs en 54% vir wittes. In 2008 was daar altesame 90 758 wit
Afrikaanssprekende studente uit 'n totaal van sowat 799 490 studente aan
universiteite.
Die inskrywingsgetalle van wit studente het van 38% in 1995 tot 32% in 2003
afgeneem en by voormalige technikons van 41% in 1995 tot 14% in 2003. " 'n
Krisis ten opsigte van tegnici Suid-Afrika in die gesig."
- Klopper het ook verwys na die groeiende krisis rondom Afrikaanse
onderwysers. Verlede jaar was daar 7 270 voorgraadse onderwysstudente aan
die tradisioneel Afrikaanse universiteite. Hiervan is 4 694 Afrikaans en 2
576 Engels. Die prentjie lyk baie anders by nagraadse studie waar van die 19
189 onderwysstudente net 3 274 Afrikaans en 15 915 Engels is.
- Prof. Flip Smit, demograaf en oudrektor van die Universiteit van Pretoria
(UP), het 'n internasionale perspektief op die land se demografie gelewer en
gevaarligte uitgewys soos 'n bevolking van meer as 14 miljoen wat op
welsyntoelae leef, terwyl net 5,3 miljoen belastingbetalers is.
"Maatskaplike welsyn het s� groot geword dat mense na dorpe en stede stroom
en glo hulle hoef nie meer te werk nie."
Hy het ges� daar is 'n nuwe polarisasie in die land op grond van die
verskille tussen ryk en arm. "Die werklikheid is dit gaan nie help om die
veiligheidsmure in stedelike gebiede net ho�r te maak om van die
plakkerskampe weg te kom nie.
"Daarbenewens beleef die onderwysstelsel baie groot terugslae en word die
jeug nie opgelei nie weens vervalle kolleges."
Smit het ges� Suid-Afrika het sedert die 1930's die eerste keer meer as 600
000 arm blankes. "Daar sal indringend gekyk moet word na opheffingswerk
onder di� mense."
‘Ek het net gehoor hoe skree Brendan: ‘Get off me, get off me’, en toe
klap die skoot.”
So het mnr. Garth O’Friel van Alberton gister vertel nadat rowers
gister omstreeks 06:00 by sy huis in New Redruth ingebreek en sowel sy
16-jarige seun (Brendan) as sy verloofde in die bors geskiet het.
“Ek het net sy gille uit sy kamer gehoor en toe hoor ek die skoot. Toe
ek in die gang afhardloop, het een van hulle (die rowers) op my
geskiet, maar dit was mis. Voordat ek die deur van ons slaapkamer weer
kon toekry, het een van die skote my verloofde in die bors getref.
“Die rowers het daarna gevlug,” het O’Friel vertel.
Hulle het die noodknoppie gedruk.
Die veiligheidsmaatskappy en die polisie was kort ná mekaar by die
huis.
O’Friel is intussen weer na sy seun se kamer waar hy in sy bed gelê
het.
“Jy hoop en bid maar die kind gaan lewe. Jy dink aan so baie goed. Ek
het hom in die kar gelaai en na die Unie-hospitaal (in Alberton)
gejaag. Dis gelukkig net ’n paar straatblokke ver.”
Me. Bernadine le Roux (30), O’Friel se verloofde, is per ambulans na
die hospitaal geneem.
Sy en Brendan het noodoperasies ondergaan en albei word in die
waakeenheid behandel.
“Brendan is ernstig, maar buite gevaar en steeds onder verdowing.
Bernadine is onder die omstandighede orraait,” het O’Friel gesê.
Volgens van die bure en lede van die buurtwag het die twee rowers in
’n wit Opel Monza gevlug. Al wat gesteel is, is die gesin se platskerm-
TV.
Kapt. Makana Rahulu, polisiewoordvoerder, het bevestig dat hulle nog
na die twee rowers soek.
In nog ’n skietvoorval is ’n veiligheidswag van Builders Warehouse in
Boksburg eergisteroggend omstreeks 10:00 in die been geskiet toe
transitorowers toegeslaan het terwyl die Coin-veiligheidsmaatskappy
geld kom haal het. Niemand anders is in die rooftog beseer nie, het
kapt. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, gister gesê.
’n Bejaarde vrou is Maandag in die vroeë oggendure in haar huis in
Sedgefield aangeval en met ’n mes gesteek.
Mev. Margareth Ross (80) van Kingfisherlaan is in haar bed oorval deur
’n persoon wat haar etlike kere met ’n skerp voorwerp in die lyf
gesteek het.
Ross het ten spyte van haar ernstige beserings dit reggekry om ’n
alarm aan te skakel wat sekerheidsdienste ontbied het.
Toe hulle opdaag, was die verdagte(s) reeds vort. Hulle het Ross in
haar bed aangetref. Sy is per ambulans na ’n privaat hospitaal in
Knysna gebring, waar sy gister in ’n ernstig, maar stabiele toestand
was.
Volgens die polisie het die verdagte(s) toegang tot die huis verkry
deur ’n venster te breek. Weens Ross se toestand kon daar nog nie
vasgestel word of iets geroof is nie.
Lede van die polisie, die provinsiale georganiseerde
misdaadondersoekeenheid en die forensiese eenheid het gister die huis
en omgewing gefynkam vir leidrade, maar die verdagte(s) was gister
steeds op vrye voet.
Teen gistermiddag kon die polisie ook nog nie kontak maak met enige
familielede nie.
Die polisie bied ’n beloning aan vir enigiemand wat inligting kan
verskaf wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte(s).
Enigiemand met inligting kan speurder-insp. Neville “Boet” Olckers
bel by 044 802 1626, 083 683 8858, of die polisie se Stop Misdaad-
nommer 08600 10111.
Presidensie se optrede ‘n klap in die gesig van misdaadslagoffers.
Die Solidariteit Beweging het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om
in hulle duisende te reageer op die min tyd wat president Zuma in die
staatsrede aan misdaad spandeer het. Die 2% van sy tyd wat hy tydens
die staatsrede aan misdaad spandeer het is nie genoeg nie. Dit is
heelwat minder tyd as wat aan enige van die regering se ander
prioriteite gewy is. Misdaad het selfs minder tyd gekry as die
verwelkoming van die gaste.
Die Presidensie het egter vandag geweier om die meer as 24 000 briewe
wat die afgelope drie dae deur gewone Suid-Afrikaners aan president
Jacob Zuma gerig is, in ontvangs te neem. Solidariteit meen dit is ʼn
klap in die gesig van Suid-Afrikaners en almal wat hier deur misdaad
geraak word.
Volgens Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van die Solidariteit
Beweging, het die Presidensie gister bevestig dat hulle die
derduisende briewe wat die misnoeë van Suid-Afrikaners rakende die
misdaadprobleem en die president se gebrekkige hantering van die
kwessie beklemtoon, in ontvangs sal neem. Vandag het die Presidensie
egter sonder rede versuim om dit te doen.
“Suid-Afrikaners het hulle pyn in die vorm van briewe met die
President gedeel. Ouers het vertel van die moord op hulle kinders.
Vrouens het vertel van die pyn van ʼn eggenoot wat dood is as gevolg
van misdaad en gewone Suid-Afrikaners het vertel van die invloed van
misdaad op hulle. Die Presidensie het egter geweier om hierdie
mededelings te ontvang,” het Hermann gesê.
Juis daarom het Solidariteit in reaksie op die Presidensie se weiering
vandag besluit om die veldtog voort te sit. Suid-Afrikaners moet nou
voortgaan om hul briewe aan die president te stuur, want die syfers
spreek vanself en kan uiteindelik nie geïgnoreer word nie.
Ons het teen 15:30 vandag reeds meer as 27 000 briewe deur die
webblad, deur die e-pos- en SMS-fasiliteit van Suid-Afrikaners
ontvang. Die briewe stroom intussen steeds in. Die briewe word direk
na president Zuma se eie e-posadres gestuur. Diegene wat nie toegang
het tot e-pos nie kan die woord “misdaad” na 35960 SMS. Die SMS’e sal
ook geag word as ʼn protesstem.
Hermann sê dat die briewe wat reeds ontvang is die bittere realiteit
van misdaad in Suid-Afrika beklemtoon.
Al wat jy hoef te doen, is om die vorm regs te voltooi en jou brief
sal direk na die president gestuur word.
Ons het met groot verwagting uitgesien na u staatsrede. Een van die
redes was om te hoor wat u sê oor misdaad. Misdaad ruk die land
uitmekaar. Elke dag lees ons op die voorblaaie van koerante van nog ‘n
moord. Ons lees nie eers meer van gewelddadige aanvalle waar daar nie
vermoor of verkrag word nie, want dit is nie meer nuus nie. Sodra iets
nie meer nuus is nie, het dit die norm geword. Ons weier om te aanvaar
dat aanvalle op ons mense die norm word.
Misdaad is vir ons die nommer een probleem in die land, want misdaad
maak dood, misdaad verkrag en misdaad martel. Misdaad maak mense
bevrees en misdaad laat mense vlug. Misdaad maak dat algemene en
beleggersvertroue in die land verloor word. Misdaad bedreig die sukses
van die Wêreldbeker-sokkertoernooi en misdaad maak toeriste bang vir
Suid-Afrika.
Die regering se prioriteite was in u toespraak uitgespel. Slegs 2% van
u toespraak, oftewel 115 van u 4 411 woorde, was gewy aan misdaad. Vir
die sowat ‘n uur wat u gepraat het, het u een minuut aan misdaad
spandeer.
U het meer tyd – 132 – woorde, spandeer om eregaste te verwelkom as om
te sê wat u aan misdaad gaan doen. Daar is selfs meer tyd aan u
hotline gewy as aan die kwessie van wat aan misdaad gedoen gaan word.
Die Wêreldbeker-sokkertoernooi het ook meer tyd as misdaad gekry.
U het duidelike uitkomste vir die regering se prioriteitsareas
uitgespel, maar geen duidelike uitkomste vir misdaad gegee nie.
Van al die prioriteitsareas het misdaad die minste aandag gekry. Die
ekonomie en werkskepping het 6,5 maal meer aandag gekry. Die
verbetering van dienslewering het 6 maal meer aandag gekry. Onderwys
en opleiding het meer as 3 maal soveel aandag gekry en gesondheid
amper dubbel soveel aandag. Misdaadbestryding kan nie wag totdat
hierdie prioriteite se teikens êrens in die verre toekoms bereik word
nie.
As burgers van Suid-Afrika lewer ons graag repliek op u staatsrede: 2%
aan misdaad is nie goed genoeg nie. Ons verwag dat u en die regering
meer aan misdaad in Suid-Afrika sal doen. Ons verwag duidelike
uitkomste.
As Suid-Afrikaners gereken het dat die onlangse sekskapades van ons
eerste burger, pres. Jacob Zuma, nie die land se reputasie skade
berokken nie, het ons dit mis.
Voorts knou korrupsie, swak dienslewering, bestuursprobleme,
korporatiewe konflik en politiekery by verskeie strategiese
staatsinstellings ook Suid-Afrika se openbare beeld en reputasie –
hier én internasionaal.
Die voortslepende misdaad en die regering se onvermoë om hierdie
misdaad te beheer, stuur ook negatiewe boodskappe die wêreld in. Dit
is slegte nuus aan die vooraand van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Daar word baie geskryf oor die reputasieverskynsel. Korporatiewe
reputasiebestuur – die hantering van ondernemings se korporatiewe
identiteit, beeld en reputasie – maak deesdae opslae.
Daar is groot verskille in ’n onderneming se korporatiewe identiteit,
korporatiewe beeld en reputasie.
Ondernemings kan hul identiteit self bepaal: Dit is soos ondernemings
hulself sien en definieer. ’n Onderneming se korporatiewe beeld is
soos al die belanghebbende insethouers soos werknemers, aandeelhouers,
die gemeenskap, die media, markte en die internasionale gemeenskap die
onderneming sien.
Identiteit en beeld kan deur ondernemings bestuur word deur middel van
verskeie kommunikasie-ingrype.
Om korporatiewe reputasie te beheer, is egter moeiliker omdat daar
lank gewerk moet word aan die vestiging van ’n geloofwaardige
korporatiewe reputasie. Dié reputasie is baie kwesbaar en dit kan
maklik deur ’n enkele woord of daad beskadig of selfs vernietig word.
Navorsing wat in 2007 deur Burson-Masteller, een van die
toonaangewende kommunikasie-agentskappe in die wêreld, gedoen is, wys
dat die reputasies van uitvoerende hoofde ’n groot invloed op die
korporatiewe reputasies van hul ondernemings uitoefen.
In 2007 het die navorsing beweer dat sowat 50% van ’n onderneming se
reputasie aan die reputasie van die uitvoerende hoof toeskryfbaar is.
In 2009 was hierdie persentasie reeds 14% hoër.
Gegrond op navorsing deur die Reputasie-instituut (in 2009) is daar
drie sleutelfaktore wat ’n uitvoerende hoof se reputasie bepaal:
geloofwaardigheid, gedrag en kommunikasie.
Korporatiewe dramas soos dié by Eskom, Transnet, Krygkor, die SAL en
die SAUK skaad wel die reputasie van instellings én Suid-Afrika – hier
en internasionaal.
Die probleem tussen Eskom en sy uitvoerende hoof is nie ’n geïsoleerde
geval nie. Dit is deel van ’n tendens in Suid-Afrika en kan
teruggevoer word na ’n era waar onbekwame partyvolgelinge in
uitvoerende poste en as raadslede aangestel is.
Die reputasies van lande en hul leiers “kommunikeer” ook. Lande met
positiewe en sterk reputasies trek beleggers en toeriste.
Die Reputasie-instituut gebruik ’n gestandaardiseerde model vir die
meet van reputasies op internasionale vlak. Die model bepaal of mense
’n land vertrou, bewonder, respekteer en goed oor die land voel.
Drie dimensies speel hierin ’n rol: ’n gevorderde ekonomie met goeie
produkte en dienste; ’n aantreklike omgewing wat ook ’n veilige
lewenswyse kan bied; en ’n doeltreffende regering waarin sake
sorgeloos bedryf kan word.
Switserland en Kanada het die hoogste reputasies in die rangorde van
34 lande wat in 2009 gemeet is. Suid-Afrika is 33ste wanneer dit kom
by hoe landsburgers hul eie land ervaar.
Met die Wêreldbeker-sokkertoernooi is die wêreld se oë op Suid-Afrika
gerig. Die prentjie wat hulle sien, is dalk nie altyd so aantreklik
nie.
Misdaad wat nie in bedwang gebring kan word nie, opruiende politieke
retoriek deur mnr. Julius Malema van die ANC-jeugliga, korrupsie van
politieke en sakeleiers, slaggate in die paaie, rommel in die strate,
riviere en skaars bronne wat besoedel word en betogings oor swak
dienslewering wat dikwels in erge geweld en chaos ontaard
“kommunikeer” ’n boodskap oor Suid-Afrika, sy leiers en sy mense.
Die reputasie van die eerste burger van ’n land het ’n onuitwisbare
invloed op die reputasie van ’n land.
Suid-Afrikaners raak gaandeweg aan die gedrag van ons poligame
president gewoond, maar vir die wêreldverhoog bly dit moeilik om te
verorber.
Alles oor Zuma kommunikeer ’n boodskap na buite – sy wit tekkies, sy
tradisionele wapens, die sing van sy geliefde Umshini wami, sy
poligamie, sy beoefening van onveilige seks, en die feit dat hy 20
kinders het, waarvan heelparty buite-egtelik is.
Die beeld wat dit vir die wêreld skilder, is nie maklik verteerbaar en
aantreklik nie.
Kultuur en die argument dat kulture nie “meerderwaardig” teenoor ander
is nie, maar “anderswaardig”, help nie veel meer vir Suid-Afrika se
internasionale reputasie nie. Kultuur het ook ’n reputasie.
Die seine wat oor ons inheemse kulture uitgestuur word, val op
verwarde ore.
Om kultuur aan te gryp en as verskoning te gebruik wanneer ons of ons
leiers fouteer of oortree, maak ’n bespotting van die reputasie van
Suid-Afrika se ryk kulturele samestelling.
- Prof. Rensburg is professor in die departement van bemarking- en
kommunikasiebestuur aan die Universiteit van Pretoria.
Etienne, dankie vir die werk wat jy doen. Ek het dit vroeër jare hier
gedoen en aanvalle gekry deur *WIT SCRAP* uit NZ, AUS, LOKAAL, GEORGIA
en meer plekke. Daar was ook enkele (positiewe) bevestigings van
elders dat dit gelees is en óf dit enige doel gedien het, sal niemand
kan sê nie. Watter doel kon dit dien?
As jy tyd spandeer aan die argiewe op die groep, sal jy dit opspoor.
Afgesien daarvan, jy het nie net my ondersteuning nie maar selfs my
dankbetuiging daarvoor. Daar is mense wat die nuusgroep lees maar nie
weet hoe om te reageer nie, en mense wat nie wil reageer nie. Ek het
vele Nederlandse vriende wat gereeld hier kuier, en glo my, hulle is
deel van diegene wat bygedra het tot SA se ondergang. Watter doel dit
gaan dien as hulle nou agterkom dat hulle opgeneuk het, is 'n oop
vraag. Ek is positief daaroor want hulle praat en hulle skryf
(hopelik) briewe aan hul koerante en tydskrifte.
Ek skryf min hier want ek het te veel drama gehad by hierdie selfde
nuusgroep maar ek lees jou bydraes. En ek is nie die enigste wat dit
lees nie. Hou vol daarmee asb.
NELSPRUIT - 'n Plaaswerker wat gereeld in 'n tenger bejaarde vrou se
tuin gewerk het, is die week in die Noord Gautengse Hooggeregshof
skuldig bevind aan die sinnelose moord op haar.
Jabulanie Leyne (27) van Curlews is effektief 25 jaar tronk toe
gestuur nadat hy 'n tuisgemaakte mes gebruik het om
me. Sannie Viljoen (87) se keel af te sny. Hy het haar ook ses keer
gesteek voordat hy met R300 en 'n paar juwele gevlug het. Die voorval
het op 27 Julie 2007 plaasgevind.
Viljoen het alleen in 'n huis ongeveer 30 meter van haar dogter, me.
Annatjie Liebenberg, se huis op dieselfde plaas in Curlews gewoon.
Liebenberg het die oggend na die voorval gaan ondersoek instel omdat
haar ma nie haar vensters en deur oopgemaak het soos sy gewoond was
nie. Haar ma het in 'n plas bloed in die kombuis gelê. Leyne het een
van die huis se vensters gebreek om toegang te verkry. Die gesin het
17 jaar op die plaas gewoon. Met streng veiligheidsmaatreëls in plek
was daar geen kriminele aktiwiteite tot en met die aanval nie.
Volgens kapt. Erhard Ströh van Witrivier Polisiestasie het hulle 'n
maand na die voorval vir Leyne gearresteer nadat sy vingerafdrukke op
die toneel gevind is. Hulle het van haar besittings in sy besit gekry
en DNS-toetse het hom ook met die misdaadtoneel verbind. Leyne het op
die plaas gewoon en vir haar skoonseun op die plaas gewerk.
Leyne het skuldig gepleit op 'n klag van moord, asook huisbraak met
die opset om gewapende roof te pleeg.
Hy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde en 12 jaar vir
huisbraak. Regter Halima Saldulker het gelas dat sewe jaar van die
huisbraak-vonnis samelopend met die moordvonnis uitgedien moet word.
Sy het sterk uitgevaar teen Leyne se dade en dit as 'n sinnelose moord
op 'n ou vrou wat geen weerstand kon bied nie, beskryf.
Kommentaar
25 Jaar? (Juanique Liebenberg) 25 jaar sal nie my ouma terug bring
nie! 25 jaar sal nie die pyn en verlange ooit kan wegvat nie. Ek kan
nie help om te wonder of reg en geregtigheid werklik geskied het nie.
Ek troos my daaraan dat hy eendag aan my God en Hemelse vader moet
antwoord vir sy dade en ek glo daar sal werklike geregtigheid geskied.
Die wraak kom my nie toe nie, ek sal vertroosting soek by God.
’n Man van Eersterust in die ooste van Pretoria het ’n skietdood net-
net vrygespring kort nadat hy drie rowers met sy kaal hande by sy
tuinwoonstel uitgefoeter het.
Mnr. Weylon Moses se nekhare en sy linkeroor is liggies geskroei waar
’n koeël, wat deur ’n vierde rower afgevuur is, hom rakelings gemis
het.
Hy en me. Susan Rosenberg, sy verloofde, was omstreeks 02:30 in hul
tuinwoonstel in Staticelaan aan die slaap toe drie rowers hul voordeur
en venster oopgebreek het om toegang te verkry.
“Toe ek wakker skrik het twee mans in die kamer gestaan en in
gebaretaal met mekaar gepraat. Ek het gedink ek droom en het my oë ’n
paar keer uitgevee.
“Toe spring ek op, gryp die twee en begin hulle te slaan. Ek was so
bang hulle verkrag Susan of doen iets leliks aan haar.”
In dié stadium het die rowers toe reeds die paartjie se selfone onder
Rosenberg se kussing gesteel. Moses het die tweede rower tot in die
sitkamer geslaan waar ’n derde rower bygekom het. Hy het daarin
geslaag om al drie by die voordeur uit te slaan.
“Die ander twee het weggehardloop, maar ek het die derde een
vasgegryp. Ek het hom gevra wat hy daar soek en het hom al hoe harder
geslaan, want ek wou hê hy moes skreeu, maar hy het net met sy hande
gekeer.”
Rosenberg het gesê terwyl Moses die rowers geslaan het, het ’n vierde
rower nader gekom.
“Ek het vir Weylon geskreeu en die oomblik toe hy vir my kyk het ’n
skoot afgegaan.”
“Op daardie oomblik het ek skielik ’n vuurwapen teen my kop en toe
teen my nek gevoel en toe ek opkyk na waar Susan was, het hy my
geskiet,” het Moses vertel.
Dit is die tweede keer dat daar by die paartjie ingebreek is. ’n Paar
maande gelede het diewe hul klere deur hul slaapkamervenster gesteel.
Dit is die tweede gewapende rooftog in Eersterust dié week.
Maandagoggend is mnr. Marzine Paulse (34) in sy bed in die bors
geskiet toe hy wou keer dat rowers sy seun (3) skiet.
Supt. Karel Swanepoel, Eersterust-polisiekantoor se bevelvoerder, het
gesê die Mamelodi-trio-taakspan ondersoek die voorval.