Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rower steek sesjarige meisie ses keer vir R8
Rower steek sesjarige meisie ses keer vir R8 [boodskap #119333] Sa, 27 Februarie 2010 16:52
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Rower steek sesjarige meisie ses keer vir R8
2010-02-27 05:20

Welkom. � �n Sesjarige meisie van Welkom is buite haar ouerhuis
minstens ses keer met �n mes gesteek � en beroof van die R8 wat haar
ma haar gegee het om koeldrank mee te gaan koop.

Martha Radebe, �n gr.?1-leerling van Lehakwe Primary in die woonbuurt
Thabong, is in �n bedenklike toestand in die Oppenheimer-hospitaal in
Welkom.

Sy het steekwonde in albei haar sye en haar regterbeen.

Haar ma, mev. Emelia Radebe, het haar eergister omstreeks 19:30 na die
snoepwinkel naby hul huis gestuur om koeldrank te koop.

Sy het Martha gaan soek toe sy te lank na haar sin weg was en op
Martha afgekom waar sy bebloed en met haar ingewande wat uit gapende
wonde hang in die straat voor hul huis gestaan het.

Toe Martha haar ma sien, het sy ineengestort.

Radebe is met die kind in haar arms in die huis in, waarna �n buurvrou
iemand met �n motor in die straat voorgekeer en hulle met haar
hospitaal toe is.

Voordat sy haar bewussyn in die hospitaal verloor het, kon sy aan haar
ma en pa, mnr. Joseph Radebe, vertel dat �n man haar met die mes
gesteek het om haar geld te vat.

Familielede s� dit is ongelooflik dat niemand iets gesien het nie. Die
straat is daardie tyd van die aand baie besig met mense wat van die
werk af huis toe kom of snoepwinkel toe loop.

- Beeld

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/1a36ea85c 0fd45a7bed5556eef901927/27-02-2010-05-20/Rower_steek_sesjari ge_meisie_ses_keer_vir_R8
Vorige onderwerp: Presidensie se optrede ‘n klap in die gesig van misdaadslagoffers.
Volgende onderwerp: Regstel-aksie werk nie vir wit of swart
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 04:27:41 MGT 2024