Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou SA vlag verban
Ou SA vlag verban [boodskap #119336] Ma, 01 Maart 2010 20:00 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dit is belaglik om die vlag te verban,
wat natuurlik ter sake is, is die beeld wat die
buitelanders van SA het, netnou besef hulle
dat die NSA nie so wonderlik is nie en dat
sy wit inwoners hunker na 'n eie identiteit...

============================================================ =========
Ou SA vlag by nuwe stadion verban

Kaapstad - Die ou Suid-Afrikaanse vlag is onder 'n lang lys items wat
verbode is by die Kaapstad-stadion.

Dié vlag is op 'n lys verbode items wat by die ingange van die 68 000-
sitplek stadion vertoon word.

Dit is net bo "baniere of vlae met inhoud was as seksisties,
rassisties, vulgêr, diskriminerend of aanstootlik" kan wees.

Sambrele met punte, traangas, vuurwapens, ammunisie, messe en enige
skerp of metaalvoorwerpe met 'n punt wat as 'n gevaarlike wapen beskou
word, is ook verban.

Danny Jordaan, hoof van die reëlingskomitee, het gesê hy is onbewus
van die verbod op die ou vlag en het nie geweet of dit by ander
stadions dieselfde is nie.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het gesê wat by sportsaamtrekke
in ander lande gebeur het waar mense die ou vlag rondgeswaai het, het
"bietjie van 'n verleentheid veroorsaak".

"Ons wil nie hê dieselfde verleentheid moet hier plaasvind nie," het
hy gesê.

"Ons wil eerder aan mense sê die ou Suid-Afrikaanse vlag word nie meer
as die nasionale vlag herken nie en ons wil nie hê mense moet onnodig
die land of Kaapstad in die verleentheid stel nie," het Plato gesê.

"Laat ons liewer patrioties en soos goeie patriote van die land
optree."

"As jy 'n Suid-Afrikaner is, hoekom wil jy 'n vlag bring wat nie meer
die nasionale vlag is nie? Wat is jou motiewe daarvoor?"

Die ou vlag met sy blou, wit en oranje strepe word in sommige gebiede
as 'n simbool van die apartheid-regime gesien en word deur sekere
mense as hoogs aanstootlik beskou.

Dié vlag is in 1994 met die huidige vlag vervang.
Re: Ou SA vlag verban [boodskap #119450 is 'n antwoord op boodskap #119336] Do, 25 Maart 2010 22:47 Na vorige boodskap
Cor  is tans af-lyn  Cor
Boodskappe: 6
Geregistreer: Januarie 2010
Karma: 0
Junior Lid
"Etienne Marais" schreef in bericht news:798456f1-932e-44c8-9f2e-ba00491c3af7@g7g2000yqe.googleg roups.com...
Ek dink dit is belaglik om die vlag te verban,
wat natuurlik ter sake is, is die beeld wat die
buitelanders van SA het, netnou besef hulle
dat die NSA nie so wonderlik is nie en dat
sy wit inwoners hunker na 'n eie identiteit...

En dis baie jammer....
Vorige onderwerp: Farmer shot dead
Volgende onderwerp: Gedicht van Elisabeth Eybers op YouTube
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:42:36 MGT 2024