Danielle
Daar's iets wat ek jou wou gevra het, (re iets wat jy vroeër hier
geplaas het) maar in die soeke na jou epos adres, het ek vergeet wat
dit is. Weet jy dalk?
Wie van die mense op die nuusgroep was by die KKNK in Oudtshoorn? Daar kon
julle gesien het dat nie net Dozi lang hare het nie. Lyk vir my jong mans
met lang hare is deesdae weer gewild in Suid-Afrika.
Wat van Danie Niehaus? Hy het sy hare ook lang gedra, nou bietjie laat sny.
Dozi se eerste Cd "Mercy" is pragtig. Hy het Isizulu geleer op die plaas in
Natal waar hy groot geword.
Die van julle wat die Kunstefees gemis het en wat in Europa bly, gaan kyk op
www.ukkasie.com vir informasie oor die eerste Afrikaanse Kunstefees buite
Suider-Afrika. 26 tot 29 Juliemaand in Wembley en nie in Epping soos die
webbladsy nog vermeld.
Daar sal julle ook die GRAFSTEENSANGERS, vandag se BRIELS kan sien. Regtig
die moeite werd hoor.
Ukkasie is die bymekaarkomplek vir almal wat lief is vir Afrikaans.
On Sat, 19 May 2001 16:47:08 +0200, "Tobie" wrote:
>
Interessante foto Tobie - of is ek lelik as ek altyd tussen die lyne
wil kyk? As ek ander dinge sien as wat die foto veronderstel is om vir
my te wys? Want wat ek hier sien is dat die plakaat swaaiers nie eens
hul eie gedagte kon neerpen nie - maar slegs almal dieselfde woorde
rondswaai - nie eens een op die foto het oorspronklike woorde nie.
: CRACKED POTS
:
:
: A water bearer in India had two large pots, each hung on the ends of
: a pole which he carried across his neck.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
pragtig ná Dani, dit was ook in die AGS Jabez gemeente se
maandblad so 2 maande gelede. So waar, Hy gebruik jou met jou
krake en al, moet net gewillig wees.
--
---------------------------------------------
To much analysis leads to paralysis.
--------------------------------------------
Ek het hierdie wat volg gelees in my Belgiese koerant van vandag. Dit
kom uit "Het Nieuwsblad" van Saterdag/Sondag 19/20 Mei 2001:
ZUID-AFRIKA
After-apartheid
Willy DEGHELDERE - Brugge
De "after"-apartheid in Zuid-Afrika is allerminst onschuldig maar toch
komt weinig of niets van reactie uit de rest van de wereld. Nochtans
smeken de betrokken Afrikaners om aandacht. Vroeger stonden de kranten
vol over het apartheidsregime en zijn echte of veronderstelde
wandaden. Sinds 1991 tot maart 2000 werden al 922 boeren vermoord en
hun boerderijen 4858 maal overvallen. Waarom die onverschilligheid?
Durft men niet protesteren of optreden tegen het nieuwe regime uit
schrik van te veel witte inmenging? Een aandenken van vroeger?
-----------
So, julle sien, julle saak is geken in die wêreld doch ek vind dat
julle self meer moet doen om wat gebeur in Suid-Afrika oor te bring
vir die wêreldopinie. Julle kan veel self doen: julle het alle 'n
rekenaar tuis. Skryf byvoorbeeld 'n e-pos oor die saak na elkeen wat
julle ken en in 't buiteland woon.
Gekry vanaf 'n vriendin in Pretoria.
Nou nie in die taal wat ek onderskryf nie.
Kom ons sê maar dit is in Frikkie se idioomtaal geskryf:)))
Verskoon die taal, maar ek het lekker gelag, so miskien geniet jy dit ook!
Nita
WHO WANTS TO BE A MILLIONAIRE??
'N VARS KYKIE NA DIE PROSEDURE..
Die alombekende kenwysie speel en almal weet dis tyd vir "Wie wil sy naam
heeltemal kont maak" op M-Net Oopketel tyd.
Tien verdwaasde deelnemers sit op ongemaklike hoë stoele en waai een na
die ander vir hulle familie by die huis. Eintlik waai hulle vir hulleself
fok, want die program word Saterdag gefilm en Sondag kyk die ou dit saam
met sy familie. Hy is mos op TV gewees en nou tape hy dit sommer ook op
die videomasjien wat hy met sy R1000 prysgeld gekoop het.
Eerste word die uitdunne gehou om die bright spark te kies wat sy 15
sekondes van fame gaan kry. Rangskik die volgende om 'n sin te maak:
(1)Dom (2)Ek (3)'n (4)Is (5)Doos.
Helfte val hier van die bus af want hulle maak 'n vraag in plaas van 'n
sin: Is ek 'n dom doos? Die antwoord is wel ja. Die ander ouens kry dit
nie betyds reg nie, behalwe vir ou Piet Pieleman wat dit in 'n flinke
9.85 sekondes uitfigure.
Moerse musiek, 'n shot na sy vet vrou in die audience en hy stap na die
spot-lig. Jeremy haak af met sy afgesaagde "Are you ready to make a
million Rand". (Duh, nee ek dink ek vat sommer nou die geld en fokkof,
of kan ek 'n vriend bel vir 'n lift?). Ou Jer stel hom dan voor aan
Suid-Afrika. "Hierdie is Piet Pieleman van Vereeniging. Hy is 'n
spoorsnyer en sê as hy 'n miljoen lappe wen, sal hy daarvan hou om
Zimbabwe te koop omdat hulle ekonomie omtrent net so fucked soos sy
eie logika is."
Weer moerse musiek en dan die eerste paar vrae tot en met 500 skille.
Snaaks dat Jeremy nog nooit na die eerste vraag vir iemand gesê het dat
hy die antwoord na die break gaan gee nie. M-Net sal na daai een moet
kyk, hulle kan vet zak maak uit advertensiegeld in daardie eerste paar
minute.
So tos dit aan totdat die ou sy eerste lifeline op R1000 gebruik.
Eers probeer die siel dit hardop uitredeneer ('n ware teken van onnoselheid)
voordat hy besluit om fifty-fifty te gaan. Jeremy haak dan af:
"Computer, please take away 2 incorrect answers and leave one wrong answer
and the correct answer." Wie de fok is Computer? "Sekerlik ou maat, ek doenn
net gou 'n disk cleanup. Ek's nou by jou." Steeds is Piet ge-baffle en dis
tyd om die audience te vra. Ek wonder of hulle gescreen word voor hulle
toegelaat word, want 95% stem vir die regte antwoord, terwyl die ander
fokkers stem vir die antwoorde wat klaar weggevat is. Hy gaan maar met die
audience en kry sy R2000.
Tyd vir 5000 skille. "Die Tweede Wêreld Oorlog was:
A) 'n Groot fokkop B) 'n Groot partytjie
C) Die begin van die Nuwe Testament D) Iets wat nooit plaasgevind het nie. O
oops, tyd om 'n vriend te bel. Vir wat? Sy vriend is 'n aspirant-spoorsnyerv
van Fochville en sukkel om die grappies met die prentjies in die Hustler
te verstaan. Na Piet die vraag drie keer herhaal, um en ah sy tjommie tot
die foon uitsny. Hy besluit op 'B', want hy weet dat daar baie mense was...
Tatta sy kans, tatta sy millions. Hy slaap op die couch vanaand.
Hy't darem genoeg geld om 'n bruin papiersak vir sy kop te koop.
So gaan dit in dieselfde trant aan vir 'n uur lank totdat almal uitgeboul
is.
Party is meer gelukkig as ander. Carte Blanchê se preview kom op en die
sein cut uit vir die minder bevoorregtes. Die wat DSTV het was in elk
geval vasgenael voor een van die 50 channels en slaap rustig vanaand.
Ja, die Great Rift Valley, dit strek glo vanaf Sirië tot Mosambiek.
Ethiopie is ook in hierdie gebied. Ek was op n kol bevriend
met n vrou van Eritrea, en sy het my vertel van die Burgeroorlog
wat al jare die land laat agteruitgaan, een van daardie onnodige
vetes tussen mense van dieselfde land, dieselfde kultuur (min of meer).
Dit maak geen sin uit nie.
Pop
skryf in boodskap news:3B0666C5.F7FA2E7B@home.com...
Max wrote:
>> Gloudina:
>> ... Ek dink dis 'n baie goeie gedig hierdie.
>
> Ek ook!
>
>> ... Uiteindelik, gebruik hy nou nie juis die naam Droë Waterval
> as simbool van homself as ouerwordend nie?
>
> ...of sy verknogtheid aan die verlede... (Is dit die goeie woord?)
Ja! Jy is reg. Hy wil juis uitwys hoe "vooruit-strewend" die jongergeslag
ook is. Dat hulle voort kan ry, nie net deur Suid-Afrika nie,
maar deur Afrika en verby! Kry jy die verwysing na Olduvai? Dismos die
plek waar Leakey die fossiele van die eerste mens gevindhet. Olduvai is
in die Skeurvallei van Oos-Afrika. Nou, dit word
gesê dat die Horing van Afrika, wat anderkant die Skeurvallei lê,
in die baie verre toekoms van Afrika sal afbreek en wegdryf. Die
digter, in hierdie gedig, laat dan "die kinders" reis vanaf die fossiele
van miljoene jare gelede daar in die Klein-Karoo tot by die Afrika
van miljoene jare in die toekoms, en gebruik dit as simbool.
Jy sê jy lees nie gewoonlik "die gediggies" wat ek op die
nuusgroep plaas nie. Is dit omdat jy hulle nie gewoonlik goed
genoeg vind nie, of om jy nou net nie van "gedigte" hou nie. Ek
dink jy het dit in jou om goeie gedigte te geniet en te waardeer.
Lees weer "Waatlemoen" van Opperman wat ek kort gelede
gepos het, en vertel vir my wat jy daarvan dink.