Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Pinkster beteken Winterweer

Vr., 25 Mei 2001 06:27

Wat 'n wonderlike oggend hier - reenweer!!!
Hoe kort dit ookal mag wees, dit word vreeslik waardeer.
Ek Mis My Winters!!
Die afgelope 4 jaar wag ons tevergeefs op 'n ordentlike winter - ek en die
arme vrugtebome is kompleet in die wabbeljoe:)))

Ek dink terug aan die jare in die Vrystaat hoe ons met Pinkstertyd al voor
die kaggels gesit het en stewels en jasse gedra het.
Ek het nog nie nodig gehad om een van my Vrystaatjasse hier te dra nie, en
die elektriese kombersie is ook nog nie weer uitgehaal sedert ek hier is
nie.

Nee, ek kry nie warm gloede nie:)))
--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Kaapse Kosfees

Vr., 25 Mei 2001 05:43

Gisteraand in die Goeie Hoop Sentrum ( tot Sondag en ek gaan beslis weer).
Heerlik geproe aan Pampoensaadolie ( glo vreeslik gesond), olywe, olyfolie
gemeng met balsamasyn, *100de* kase, nuwe koffieprodukte en likeurs. Dit het
al 9uur gesluit, en ek kon niks wyne proe nie - een van die redes vir 'n
tweede besoek:))
Daar was gekleurde peperkorrels - wat ek sal koop net omdat dit so mooi lyk
in die bottel ( en baie hard probeer om nie te gebruik nie) en organies
gekweekte peperkorrels ( wat ek wel sal gebruik).
Heerlike pesto's wat ek weer moet gaan proe voordat ek kan besluit wat om te
kry.
En die kersie op die koek - die koekversieringskompetisieinskrywings ( nie
die langste Afrikaanse woord nie) - wat Ma ook moet sien.
Daar was een inskrwing van 'n boshoed, kompleet met 4 rye stiksels op die
rand, en verskeie rangskikkings - waar mens eers seker is dit is nie
werklike blomme nie, as jy sien daar is 'n inskrywingsnommer by.

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Weet iemand hou lyk 'n trol 'vroutje'

Vr., 25 Mei 2001 02:35

On Thu, 24 May 2001 14:06:51 +0200, "Tobie" wrote:

> spesiaal vir jou die foto geneem Emmie van die trol vroutjie. ;-)

Weet vroulief dat jy haar foto so rondwys op die net, Tobie? :-)))))

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: What, me worry ?

Do., 24 Mei 2001 21:35

"Danielle" seg :
: LOL! Moet jy nou *al* my gebreke soos ou wasgoed hier kom
: tentoonstel?? Eish....:-)))
~~~~~~~~~~~~~
soos een ou eenkeer op die ng. gesê het .... ons is nog steeds
lief vir jou, al is jy nou nie perfek soos ons mansmense nie
...... hehhheheh (koes)
--
------------------------------------------------------
Worry is a route which leads from somewhere to nowhere.
-----------------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lekker in Suid Afrika

Do., 24 Mei 2001 20:57

> Wouter : Ons het so bietjie demokrasie in ons stelsel gekry. Ek probeer
verduidelik.

Danielle : Dit was 'n goeie verduideliking, maar ek wonder darem soms oor
hierdie woord "demokrasie". Dis darem beter as om die woord "rassisme" te
hoor elke 5 minute. :-) Tot onlangs was alles mos "rassisme", maar nou hoor
ek weer demokrasie hier en demokrasie daar.

Wouter : Ek dink ons is so na aan 'n demokrasie as wat jy kan kom. Maar as
jy die woord streng interpreteer (ek dink dit beteken wil van die volk) dan
ook tog nie, want die regering staan (vir nou) baie sterk by die stembus en
is bereid om sy wil af te dwing, ook waar dit onpopulêr is. Voorbeelde is
die ongewilde rookwetgewing, streng fiskale dissipline en terugsnoei van
owerheidsbesteding en die doodstraf se afskaffing. Die regering dink namens
die volk (klink dit bekend?) en is bereid om ongewilde stappe te
implementeer. Minstens sommige ten goede. Maar die prosesse is baie
deelnemend, begrotings word vooraf bekendgemaak en bespreek, ens, ens.
Beslis baie beter prosesse as vroeër.

Danielle :Bestaan vrye spraak en vrye denke rerig in SA?

Wouter : Ongetwyfeld ja. So vry as wat jy oor kan droom.
Dit sluit ongelukkig ook totaal onsinnige denke en spraak in.

> Nou is daardie proses korter. Want daar is kritiek en druk op politici en
> burokrate.

Danielle: Maar is daar WERKLIK druk, of is dit maar net 'n illusie wat die
media skep?

Wouter : Dis eerder omgekeerd. Die media is almal anti-regering en skep
dikwels die indruk dat die regering hom nie aan druk en kritiek steur nie.
Maar daardie druk is werklik en deursigtig, ten spyte van bravades wat soms
deurslaan. 'n Goeie voorbeeld is die vigs-uitlatings van Mbeki. Die druk om
die onsinnighede te staak was so groot dat hy dit net moes los, ten spyte
van die gepaardgaande "loss of face".

> Dit staan enige iemand vry om te kritiseer,

Danielle : Ek kry die idee dat die mense DINK hulle kritiseer, maar die
kritiek loop maar gewoonlik op dooie ore uit.

Wouter : Ek verskil, die kritiek word gehoor en waar dit redelik is het dit
ongeveer onmiddellike impak. Die media kyk baie eensydig en deur 'n wit bril
hierna (onthou die regering se ondersteuningsbasis is nie wit nie) en skep
wel soms 'n ander indruk.

Danielle : Daar is nog nie werklik genoeg druk van die GEWONE mens op die
straat se kant af nie. En dit is tog die hart en siel van 'n ware
demokrasie, of nie?

Wouter : Ek dink jy is reg dat daar nie voldoende van die invloedskanale
gebruik gemaak word nie. Maar of dit die hart van 'n demokrasie is, daaroor
is ek nie so seker nie. As alle drukgroepe se standpunte moet seëvier is dit
chaos. Die hart van 'n demokrasie is eerder vrye en deursigte verkiesings?

Danielle : Ek meen - word SA werklik van onder af boontoe regeer, of is dit
maar nogsteeds van bo af ondertoe?

Wouter : Van bo na onder, geen twyfel daaroor nie. Die alternatief is chaos,
'n massa het mos geen verstand of wysheid om te regeer nie. Governments
govern.

> Alhoewel die inligting uit hierdie openbare debat grootliks geïgnoreer
> word, bring dit aanvaarding van besluite en dis nogal produktief.

Danielle : Aaah, ek sien nou wat jy bedoel. So, al die tyd sê ons dieselfde
ding. Ek moes net verder gelees het!! En verdomp of ek nou al my gebabbel
gaan uitvee!! :-))

Wouter : Nou sê jy my! En ek het nou klaar op jou gebrabbel gereageer en ek
gaan dit verdomp ook nie uitvee nie ;-))

> Die ander ding wat verander het is dat politici bereid is om (binne perke)
> besluite en konsepte te verander.

Danielle : Kan jy voorbeelde noem? Dit klink nogal interessant.

Wouter : Ons "geliefde" voormalige Minister van Gesondheid (Zuma) het
konsepwetgewing vir 'n primôre gesondheidsplan gepubliseer wat glo op 'n
Australiese navorsingsmodel geskoei is. Dit sou die hele siektefondsbedryf
vervang het met 'n staatsfonds. Na kritiek is dit in totaliteit teruggetrek
en eers 'n jaar of wat later na behoorlike oorleg met iets minder skadeliks
vervang. Mandela het haar oor haar aanpasbaarheid daaroor geprys.
(ZUMA = Zero Understandig of Medical Affairs)

Verlede jaar het die Trevor Manuel en sy adjunk (Manzini Mphalwa) met 'n
plan gekom om pensioenfondssurplusse aan lede toe te ken. Na besware en
kritiek is dit ingrypend gewysig en dit is nou nog in die kookpot.

Daar is 'n legio sulke voorbeelde, dit geld in mindere of meerdere mate vir
elke stukkie wetgewing sedert 1994.

> Dis nou nie meer noodwending gesig verloor
> nie, dit word as aanpasbaarheid en 'n reaksie op insette beskryf . Die
> politieke geloofwaardigheid kom nie in gedrang nie. Dis demokrasie en vir
> iemand uit die ou SA wat 'n minderheidsparty ondersteun is dit baie lekker.

Danielle : Ek sien....:-)
So, jy glo die spul as hulle vir jou sê dat jou stem tel nê?:-))))

Wouter : Nee, nie as jy stem soos in "vote" bedoel nie. Daarvoor staan hulle
te sterk. Maar ingeligte en billike kritiek maak 'n verskil en dis wat vir
my tel.

> Ja, dis lekker in (die nuwe) Suid Afrika !!

Danielle : Jaaaa boet......:-))) Ons sal maar sien....:-)

Wouter : Is reg so, Sus. Hou maar dop, jy sal sien.
Is rêrig lekker. S'true as Bob

Danielle : (Nou hoe het ons by politiek uitgekom?
Is jy een van Orwell se varkies?) :-)))

Wouter : Orwell wie? :-)
Nee Sus, ek bly sommer op Farmer Brown se Animal Farm.
Jy weet mos, sy leuse is :
"Ek voel sooo lekker want ek drink sooo lekker" .

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Danielle?

Do., 24 Mei 2001 15:20

Het jy my email gekry i.v.m. Max?

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Weet iemand .............

Do., 24 Mei 2001 11:57

....of hy ook 'n kort
: vet, ronde mannetjie was. :-)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Nou raak julle persoonlik :-)
--
------------------------------------------------------
Worry is a route which leads from somewhere to nowhere.
-----------------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Aandag Jong Norbert!!

Do., 24 Mei 2001 11:47

Nou net gehoor - in Antwerpen ( België) het daar pas 'n nuwe winkel geopen
met die naam Aardvark waar jy jou kan gaan verlustig is SA kultuur( koffie),
kuns, boeke, en so meer.
Laat weet of daar wyn is:))

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Gloudina

Do., 24 Mei 2001 11:18

Is dit dieselfde Gloudina uit Kanada van so drie jaar gelede?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Aspersies

Do., 24 Mei 2001 11:04

> Hier in Noord-Amerika het hulle ongelukkig
> net die groen lote wat in die lug gegroei het, en
> dus taamlik taaierig is. Ek neem aan hulle doen
> dieselfde ding in SA, waar die aspersies in die
> blikkies ook maar groen is.
> Ek wonder dus: in Nederland, is julle aspersies
> in die mark die wit sagte soort wat deur die hoop
> grond groei en dus baie baie lekker sag is?
>
> Gloudina

Die "wit" aspersies word ook in Suid-Afrika gekweek. Op amper presies
dieselfde metode as wat aartappels gekweek word.

Ek het op 'n landbounavorsingstasie grootgeword, waar hulle destyds met
allerhande tipes aspersies eksperimenteer het.

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Bladsye (1834): [ «    931  932  933  934  935  936  937  938  939  940  941  942  943  944  945  946    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 16:49:06 UTC 2026