Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Spam FAQ - korter weergawe :-)

Sa., 26 Mei 2001 21:26

ek't my naam verander, my baard afgeskeer
so bietjie van 'n skewe smile gekweek
maar dan sal Danielle weer alles
kom opneuk

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: hy weet daarvan

Sa., 26 Mei 2001 21:15

Indien in hierdie geval die reisiger betrokke sou wees, sou daar verkies word om
die geleentheid gegun te word om die saak self reg te stel. En uitnodigings aan
andere te rig om ondersteuning te lewer, om super sukses te bereik in die
verband. En daarna voort te gaan om bydraes te lewer, om die vrede en voorspoed
van almal te verhoog. Ten voordeel van alle betrokke partye.

Voortaan sal dit verkies word om die saak eers op die persoonlike vlak reg te
stel. En die saak in die Media te verskyn, as die algehele laaste uitweg, indien
enigsins nodig, nadat nodige toestemming verleen is, en betrokke partye daarvan
verwittig is, indien dit nie alreeds die geval is. En 'n paar maande sal gegun
word voordat enige bydrae(s) in die verband gelewer word. Ten voordeel van alle
betrokke partye.

Let wel, die noem van name sal slegs ondersteun word indien die groen lig in die
verband ontvang word, indien enigsins nodig. Ten voordeel van alle betrokke
partye.

Hoop dit help.
Saam vir 'n beter toekoms.
Een vir almal en Almal vir een.

(Hierdie bydrae word slegs in Afrikaans gelewer.)

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Lou...?

Sa., 26 Mei 2001 17:18

Is jy nog hier (onder 'n ander vaandel) of is jy met verlof? Wie't nou
die dag verhuis?
Van die os op die jas (stupid uitdrukking né) het julle opgemerk toe
die tema bybel was, hoeveel nuwe name hier was (wat ooglopend tòg deel
van die familie is?)

DD

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

duikelaartje

Sa., 26 Mei 2001 15:14

In die jare veertig was Duikelaarje 'n voorgeskrewe boek in skole. Wie die
outeur is weet ek nie. Daar was glo ook 'n opvolg. Herinner iemand hulle nog
hieraan?

Koeitjies & kalfies | 45 kommentare

Eenvoud

Sa., 26 Mei 2001 04:55

Die ene moet ek deel:
"The older I grow the more clearly I perceive the winning beauty of
simplicity in thought, conduct and speech." (Pope John XXIII as quoted in:
Survival Skills for Managers by Dr Marlene Wilson).

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Serious offer. This is not ordinary offer as many in Internet. The New Way In Your Life Here!!!

Vr., 25 Mei 2001 22:59

Nog 'n ou donnerse geld maak skema, julle moet die ou se ingils gaan check
wat hy gebruik. Hoe kan mens iemand glo wat nie eens behoorlik engels kan
praat nie en dan nog op 'n afrikaanse nuusgroep pos.

Njar Poefies vir jou ou pel.

wrote in message
news:9ek0dt$aac$1149@relay2.kazan.ru...
>
> Hello, Dear Friend!
>
> Serious offer for You here. This is not ordinary offer as many in Internet.
>
> Would You like to improve Your life?
> Do You have financial difficulties?!
> Do You want to change Your life?!
> You need to come here!!!
> Here the New Way will open for You!
>
> Please visit http://paladin.hotmail.ru . The New Way In Your Life Here!!!
> You will not regret! Welcome to World Exclusive Club. This is not usual
> light-minded offer on Internet. Check it!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bliksem

Vr., 25 Mei 2001 21:15

As daar iemand is wat my kan reghelp, sal ek dit nogal kan waardeer. Ek hou
julle ouens se besprekings nou al 'n paar maande dop, en dit lyk vir my asof
julle nogal Afrikaans goed ken. Daar is vandag aan my vertel dat die woord
"Bliksem" afgelei is van die engelse "Black Sambo", waar "Sambo" glo 'n
noemnaam was vir die swartes van die ou dae deur die engelse. Die woord
"Sambo" was dan glo afgelei van die woord "Sandwich" wat dan glo nou weer
vanaf die woord "Knuckle sandwich" afkom.
Dit is dan ook wat die manne vroeer gedoen het. Hulle het die mense 'n
"Black Sambo" gegee wat dan op die ou end omgeswaai het in die volksmond as
Bliksem.
Ek sal dit nogal op prys stel as iemand vir my kan se of hierdie stelling
reg is
Dankie
Thys Bester

Koeitjies & kalfies | 71 kommentare

Spoke, of nie spoke nie.

Vr., 25 Mei 2001 09:02

Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder ek
hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit een gesien nie.
Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Pinkster beteken Winterweer

Vr., 25 Mei 2001 06:27

Wat 'n wonderlike oggend hier - reenweer!!!
Hoe kort dit ookal mag wees, dit word vreeslik waardeer.
Ek Mis My Winters!!
Die afgelope 4 jaar wag ons tevergeefs op 'n ordentlike winter - ek en die
arme vrugtebome is kompleet in die wabbeljoe:)))

Ek dink terug aan die jare in die Vrystaat hoe ons met Pinkstertyd al voor
die kaggels gesit het en stewels en jasse gedra het.
Ek het nog nie nodig gehad om een van my Vrystaatjasse hier te dra nie, en
die elektriese kombersie is ook nog nie weer uitgehaal sedert ek hier is
nie.

Nee, ek kry nie warm gloede nie:)))
--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Kaapse Kosfees

Vr., 25 Mei 2001 05:43

Gisteraand in die Goeie Hoop Sentrum ( tot Sondag en ek gaan beslis weer).
Heerlik geproe aan Pampoensaadolie ( glo vreeslik gesond), olywe, olyfolie
gemeng met balsamasyn, *100de* kase, nuwe koffieprodukte en likeurs. Dit het
al 9uur gesluit, en ek kon niks wyne proe nie - een van die redes vir 'n
tweede besoek:))
Daar was gekleurde peperkorrels - wat ek sal koop net omdat dit so mooi lyk
in die bottel ( en baie hard probeer om nie te gebruik nie) en organies
gekweekte peperkorrels ( wat ek wel sal gebruik).
Heerlike pesto's wat ek weer moet gaan proe voordat ek kan besluit wat om te
kry.
En die kersie op die koek - die koekversieringskompetisieinskrywings ( nie
die langste Afrikaanse woord nie) - wat Ma ook moet sien.
Daar was een inskrwing van 'n boshoed, kompleet met 4 rye stiksels op die
rand, en verskeie rangskikkings - waar mens eers seker is dit is nie
werklike blomme nie, as jy sien daar is 'n inskrywingsnommer by.

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    930  931  932  933  934  935  936  937  938  939  940  941  942  943  944  945    »]
Tyd nou: Do. Jan. 01 11:29:27 UTC 2026