Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Annette van die Kaap

Vr., 01 Junie 2001 04:09

Njannies!! Daar het hierdie jaar nog nie een bus omgewaai nie, geen foto's
in die koerante van mense wat op hulle boude voor die wind uitskuur nie, en
dit voel my ek is uit met my langbroek tussen al die fyn rompies:))
Blouberg is sinoniem met wind - so hulle sal nou maar die naam moet
verander:)))
Annette

Danielle wrote in message ...
> On Thu, 31 May 2001 22:47:00 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Danielle, hoe lank laas was jy hier?
>
> 5 jaar laas. :-)
>
>> As dit langer as 4 jaar gelede was, lewe jy in die verlede:))
>
> Jaaaaaaa sus - jy SOEK alweer!! :-)))
>
>> ( Ek wou sê oude doos, maar ek wil nie die manne opgewonde maak
>> nie:)) )
>
> LOL! Ja nee - mens moet baie versigtig wees.
>
>> Annette ( die wind was selfs vandag nie eers erg nie)
>
> Annette, jy gaan die prys kry vir die mees patriotiese mensie op
> hierdie groep! :-) Maar gaan stap nou so bietjie daar op die
> foreshore, en se vir ons eerlikwaar dat die wind het nie gewaai nie!!
> :-)) En Blouberg strand? Wil jy vir my se die wind waai ook nie meer
> daar nie? :-)
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Kaap en dinge

Vr., 01 Junie 2001 00:49

Kytie Koekblik Column
Kytie Koekblik

Aangesien ons so lekker oor die Kaap en dinge gesels, dog ek hierdie
artikel van Kytie Koekblik is heel gepas.

'n Weeklikse artikel by http://www.rsa-overseas.com/weekly

(Mens kan haar artikels ook op Litnet kry)
------------------------------------------------------------ --------------------

Washington D.C. - In die Kompanjies tuin in die Kaap, neem daar 'n
nuwe bruidjie en haar gevolg troufotos.

Die gevolg bestaan uit 'n horde kleiner "bruidjies", sommige in wit
koepelrokke en ander in goudgeel, elke bruidjie met 'n bruidegom in 'n
strikdas aan haar sy. Die heel kleinste bruidegommetjie staan vir geen
foto stil nie,hy hardloop agter eekhorings en seemeeue en alke of
duiwe of die een of ander voels aan, en ek kan al imagine hoe gaan
daai klein strikdas en swart suitjie aan die ander kant uitkom.

Die goudgeel bruidjies, dra parmantige skewe hoedjies en daai soort
Emma Thompson rokke, kort lyfies met lang uitklok rompe.

Op die bankie langs my sit 'n paartjie uit Wes-Afrika wat Frans praat
met hulle dogtertjie. Die kind voer die seemeeue tjips. Die voels
kloek om haar saam, die een meer gierig as die ander. Hulle duik op
die dingetjie af en verskrik haar naderhand heeltemal.

Die son loer oor die Berg, en ons almal het so 'n geel glans daar in
die kompanjiestuin teen die wit Kaap-Hollandse museums.

Dis mos die mooiste herfs op 'n sonskyndag in Kaapstad.

Ek hoor aksente uit die Flats, uit Bo-Kaap, klapklanke, Frans en ek
sit daar en dink in my moedertaal in my moederstad met ma en pa langs
my op die bankie.

'n Man met 'n moviese sak spookasem stap verby.

Candy flos, candy flos, roep hy. Hy stap verby ons drietjies op die
bank, glimlag oopmond en vra, "Spoekasem? Spoekasem?"

Iewers toring ou Rhodes uit bo die bome, en Smuts sit met 'n klomp
duiwe op sy skouers en neus en hou wag oor die glansende reenboog-lot
daar in die Kompanjiestuin.

"Hier is darem maar geskiedenis" sug my ma.

"Ons het destyds in daai hotelletjies gebly," se my pa.

Twee boemelkinders stap verby die geel bruide in hulle lang rokke.
"Daai rokke is mos vannie eeue," lag die een. "Daai rokke kom yttie ou
eeu."

Dis 'n nuwe eeu innie Kaap, dit kan 'n mens sien, sommerso met die
eerste oogopslag.

'n Nuwe eeu in Suid-Afrika.

Saterdag-aand ry ons met die N7 deur na die nuwe dobbelpaleis, die
Grand West waar die Goodwood skougronde destyds was.

Voor die ingange wag rye karre, tipiese rykmans karre geparkeer langs
tipiese taxis.

Ons kom almal saamdobbel. By die Grand West se blinknuwe ysskaatsbaan,
die Kaap se Ice Station, is 'n mengelmoes mense van alle kleure en
klasse.

Dis net blink ligte en uithangborde en jy stap in daai casino in en jy
weet, djy's in Suid-Afrika want jy hoor net Suid-Afrikaanse Engels en
Afrikaans deurmekruis.

Ons het 'n ver pad gekom.

Ek was so trots daarop om myself Capetonian te noem. In ons "liberale"
Washington bly ek in 'n spierwit neighbourhood. Selfs in die Malls en
op die lughawe in Washington en JFK, is die meeste passengers 'n bleek
kleur, want die wittes het nogsteeds die meeste geld en bly in die
rykste suburbs.

Cool, dink ek met my gewone dosis idealisme, ons is in die rainbow
capital. Ek is die rainbownation.

Maar dalk is dit in elk geval bo blink, onder stink? Ons loop almal in
dieselfde malls rond en hang in die Grand West en in die
Kompanjiestuin uit, maar ons praat nog nie met mekaar nie?

Die Afrikaners kloek in elk geval nogsteeds saam. Elke liewe gesprek
word gesout en peper met politiek en verwysings na "Mbeki en sy
trawante."

As die klompie tee drink, praat al die tannies van "ons blankes" en
die "swart regering", en daar word altyd gepraat van "hulle" in die
derde persoon. Die "hulle" is "geensins dom" nie, maar besef "hulle
dan nou nie apartheid is verby nie."

Ek wil net gil: Tannie, solank as wat jy so praat en so dink, kan
apartheid nie verby wees nie.

'n Mens sou sweer hulle kry salarisse om te kla. Dit terwyl niks nog
vir hulle verander het sedert ons smooth transition tot demokrasie
nie.

Hulle het steeds oggendtees, sommige is steeds huisvroue, hulle bly
steeds in die mees affluent suburbs en hang Saterdag-oggende in die
Malls rond, al verskil is nou dat die Malls multi-racial is.

Dis steeds die lekkerste lewe in die Kaap, behalwe dat jy nou dalk die
victim of crime kan word - dis nou die nuwe ding na die "klipgooiery
en onluste" van die ou SA opgehou het.

Maar ook nie meer vir lank nie - ons het mos nou karguards in die nuwe
SA wat die crime 'n nekslag toedien sonder voortande...

Voor die kompanjiestuin sit ons plankdun karguard sonder haar twee
voortande en glimlag.

"Menier, sien 'ie wiele is nog hie, die ryte issie gabriek nie en niks
is afgesteelie," lag sy.

Ten minste kan ons darem saam lag, al kla die tannies.

EK weet nie of die tannies dink omdat ek dieselfde kleur as hulle is,
sit ons om dieselfde politieke vuurtjie nie. Dit pis my regtig af as
ek mense hoor praat oor "swartes" en "wittes." Of "hulle" en "ons."

EK wil nie geassosieer word met "ons blankes" nie, ek wil veral nie
geassosieer word met die tannies wat praat van omgekeerde rassisme
terwyl hulleself so undercover rassisties is nie.

"Moes hulle nou goed afbrand?" vra die tannie rooi in die gesig tydens
'n gesprek wat ons terugneem tot in die konsentrasiekampe. "Hulle het
nog nie geleer dat 'n mens niks verniet kry nie. Nou soek hulle
verniet huise. Ons moes daarvoor werk."

"En wat van die plaasmoorde?" vra 'n ander.

"Ons bly darem maar lekker hier, dis nou net jammer dis nie so veilig
nie," se 'n ander.

Daar is maar bitter min plekke in hierdie wereld waar'n mens altyd
heeltemal veilig is, dink ek. Behalwe miskien in Kuba waar die polisie
die Kubane met valk-oe dophou - in 'n policestate is jy veilig. Sonder
jou freedom.

Ons het 'n ver pad gekom, en ons het 'n lang pad om te loop. Dit help
nie om jou te verbeel jy is 'n nuwe SA liberal wat gekant is teen
menseregte violations nie. Dit help nie om nice te wees met jou
bediende nie.

Dis tyd om na jou attitudes te gaan kyk; om te kyk na djou Taalgebruik
, om op te hou met "hulle" en "ons" - 'n mens kan nie al wat wit en
swart is oor dieselfde kam skeer nie en ons moet ophou om in
generalizations te dink. Dis tyd om op te hou kla en jouself te vra of
jy al 'n bydrae gemaak het vir die nuwe SA, en of jy maar net soos
altyd sit en wag vir 'n jop wat jy nie gaan kry nie omdat jou wit vel
nie meer vir jou 'n jop gaan waarborg nie; dis ook dit tyd om vir
jouself te vra of JY verander het, enigsins, soos wat jy verwag van al
die onderdruktes om te verander en opppressors te vergewe.

Wat solank as wat jy deep down dink jy is eintlik 'n member van die
een of ander superieure ras aan die voet van Afrika, dan gaan jy
swaarkry.

En dan is jy en Hitler maar eintlik net twee kante van dieselfde coin.

Kytie K.

Kytie Koekblik would like you to respond to her tongue-in-cheek
running commentary on suburban life in America in this editorial.
Fresh off the boat, she is ready to explore and experiment with
American bath plugs and to drive on the other side of the road.

You can contact her here. ga...@rsa-overseas.com of repo...@erols.com

© RSA-Overseas & Matheson Communications

Koeitjies & kalfies | 62 kommentare

Strydomplein

Do., 31 Mei 2001 22:21

"Max" wrote:
> Iemand het nou die dag gesê dat daar nog niks met die Strydiomplein gebeur
> het na die afskaffing van apartheid!!!
>
> Verkeerd, hoor!!!
> ________________________________________________________
>
>

Mmmmmm, is dit ons voorvaders wat nou in hulle grafte omdraai?

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Dr Basson

Do., 31 Mei 2001 22:19

j'ai vu un reportage sur ce cardiologue qui a pour mission de maintenir des
milliers de Blancs en vain, mais de tout faire pour tuer des Noirs. C'est
une betise humaine qui m'attriste.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

31 Mei, 40 jaar gelede

Do., 31 Mei 2001 20:30

Het ons 'n republiek geword.
Ek het nog steeds die *goue* penniemedalje wat al die leerlinge gekry het.
Wonder of dit eendag iets werd sal wees?

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Dit gaan beter

Do., 31 Mei 2001 18:09

Volgens die statistieke op misdaad is Suid Afrka n beter plek as verlede
jaar. Nou wonder ek maar hoekom die geleerde meneer Steve nie die kamera in
die gesig kan kyk as hy die wonderlike nuus wil vertel nie. Wonder hoekom al
my vriende meer misdaad ervaar. Of gaan dit beter. Of is dit nog n inflasie
aangepaste syfer.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Kop stamp vir 'n koppige kind?

Do., 31 Mei 2001 06:14

Tanya Oosthuizen ( 20) is 'n vonnis van 15 jaar tronkstraf opgelê vir die
beplanning en uitvoering van 3 gewapende rooftogte.
Ek neem aan sy sal nie so gelukkig wees soos Alan Boesak om na 'n jaar uit
te kom nie.

Met nabetragting sou dit vir haar miskien beter gewees het om 'n kort vonnis
te kry toe sy die eerste maal oortree het.
Sy was egter toe vrygespreek omdat sy aangebied het om te getuig teen haar
medebeskuldigde.
--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Re: Virus Alert *HOAX*

Wo., 30 Mei 2001 10:16

Hierdie is, soos die meeste 'Virus Warnings', 'n Hoax.

Die volgende van http://www.datafellows.com/hoaxes/sulfnbk.shtml

Hoax Warnings

NAME: Sulfnbk.exe virus hoax
ALIAS: Long File Name Backup utility virus hoax

In April-May 2001 there appeared a hoax message concerning a new virus that
was reportedly discovered in Windows' Long File Name Backup utility
SULFNBK.EXE. We checked several versions of this utility from Windows
installations and found no infection in it. Here's the original hoax
message:

---Begin Hoax Text -------------------------------------------

" Virus SULFNBK.EXE

Instructions to find and delete it.
1. Start and got to Find Files. Type the name: SULFNBK.EXE
2. If it is there, open Windows Explorer, look for the file
where you found it, and then delete. Don't left click and don't
open it even if there is a fire, o.k.?
3. Just delete it.
4. Mine was in Windows/Command.
5. The person wh passed this warning to me found it in
Windows/Config.

And Norton did not discover it..."

---End Hoax Text -------------------------------------------

Please ignore this hoax and don't pass it on.

It should be noted that Magistr virus-worm can choose SULFNBK.EXE file as
its victim, infect it and send it out. So if you find this file attached to
an e-mail message please delete it, never run the attachment.

Thanks to R.Engelander for the translation of this hoax.

[Description created: May 2001]

. skryf in boodskap news:9f2fdv$o40$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> I found this on my computer so please check your computers work and
> home!!!!!!!!
>
>
> NAIPA
>
> VIRUS ALERT
>
> PLEASE READ CAREFULLY
>
>
>
> This message is sent by e-ad mail (03-285282) PLEASE reply this message to
> all your friends!!!
>
>
> ------------------------------------------------------------ -------------- --
> ----
>
> IMPORTANT AND URGENT
>
>
> Act URGENTLY.
> VIRUS could be in your computer files now, dormant
> but will become active on June 1.
> FOLLOW DIRECTIONS BELOW TO CHECK IF YOU HAVE IT AND TO REMOVE IT NOW.
>
> A virus is in circulation via email.
> Follow the directions and remove it from yours TODAY!!!!!!!
>
> Nobody knows how long it has been on your computer, but no Virus software
> can detect it.
> It will become active on June 1, 2001. It might be too late by then.
> It wipes out all files and folders on the hard drive. This virus travels
> through E-mail and migrates to the 'C:\windows\command' folder. To find it
> and get rid of it off of your computer, do the following:
>
> Go to the "START" button.
> Go to "FIND" or "SEARCH"
> Go to "FILES & FOLDERS"
> Make sure the find box is searching the "C:" drive.
> Type in; SULFNBK.EXE
> Begin search.
> If it finds it, highlight it.
> Go to 'File' and delete it.
> Close the find Dialog box
> Open the Recycle Bin
> Find the file and delete it from the Recycle bin
> You should be safe.
>
>
>
> The bad part is:
> You need to contact everyone you have sent ANY
> E-mail to in the past few months. Many major companies have found this virus
> on their computers. Help your friends !!!!!!!!
>
> DO NOT RELY ON YOUR ANTI-VIRUS SOFTWARE. McAFEE and NORTON CANNOT DETECT IT
> BECAUSE IT DOES NOT BECOME A VIRUS UNTIL JUNE 1ST.
>
> WHATEVER YOU DO, DO NOT OPEN THE FILE!!!
> Have a great day"
>
> End of the message
>
> Head of Information Systems - Ops
> Information Systems & Technology Department CCC
>

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Was: hy weet daarvan, Nou: Gloudina se sonde

Wo., 30 Mei 2001 07:53

Hokaai daar ta' Hessie van derde sneeuman-beweging!

Wie's die een wat wou weet van sneeu in "downtown" Stellenbosch?

Thys oppie Bos (wagtend vir die sneeu, maar vandag skyn son tog te lekker!)

skryf in boodskap news:3B13AABE.A8B64ABF@home.com...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Thys oppie Bos (wag vir Gloudina se sneeu!) :-)) :-))
>
> Nou soek jy sonde.
>
> Gloudina
>

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Nuus in Nederland

Di., 29 Mei 2001 20:10

The opening of season BRAAI of the South African Club in the Netherlands
Is coming up soon.
Read about this www.southafricanclub.nl

As u geinteresseer is in Suid Afrikaanse kerkdienste (in Afrikaans)
gehou deur dominee M. Storm in die ooste van Nederland

kyk 'n bietjie op www.springbok-europe.com

11 good reasons to visit www.springbok-europe.com...

1. Get your free e-mail address your...@springbok-europe.com
2. Send free sms messages to any cellphone in the world
3. Hundreds of links as a spring-board to South Africa
4. Chatbox available
5. Send digital postcards to your friends and relatives
6. Lots of news daily refreshed
7. The perfect link for your rugby/cricket information
8. Links to South African music
9. Access to a growing number of multi media files
10. Lots of south african mp3 files for you to download
11. Free South African nature/wildlife screensaver for you to download!

www.springbok-europe.com AND www.southafricanclub.nl
don't miss it!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    928  929  930  931  932  933  934  935  936  937  938  939  940  941  942  943    »]
Tyd nou: Wo. Des. 31 16:53:37 UTC 2025