Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rekenaars teen die beste pryse in die stad

Wo., 06 Junie 2001 20:25

Hi daar

Ek is Johann Steynberg van Pietersburg.

As een van julle dalk enige rekenaar onderdele, kompleet rekenaars of enige
iets anders benodig, laat weet my asb.

Stuur vir my 'n e-pos na: joh...@ahoy.co.za vir 'n kwotasie.

Beste Groete

Johann Steynberg

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Re: Kytie Koekblik was Die Kaap en dinge

Wo., 06 Junie 2001 16:14

Gloudina:
En dis so lekker om die witmense af te maak as die miere en die swart
bevolking van SA as die sprinkane, TEN SPYTE van die feit dat dit nog altyd
hulle is wat die goud uit die aarde bring

Wouter
Sjoe, Gloudina, nou is jy darem in die verkeerde tydvak. Die probleem is al
vir jare dat die goudprys laag is en dat die goudmyne hulle produksie so
dramaties verminder het dat daar min werk (vir enige iemand) is. Die
werkverliese het veral die swart bevolking hard geslaan.

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

Dingaan, Shaka etc. groot leiers?

Wo., 06 Junie 2001 07:59

Van ons vroeëre Zulu leiers was streng op dissipline in hul geledere. Dit
is nou almal het presies gedoen wat die koning sê. Die strawwe was
eenvoudig. Daar was net een straf. As jy nie saamstem, instem en doen
presies wat ek vir jou sê nie, het jy van die hoë klip afgespring en as jy
nie wou spring nie, is jy afgegooi. (nee DD, dis nie my weergawe nie. Dis
in die geskiedenis boeke) Nodeloos om by te sit dat niemand dit oorleef het
nie.

My probleem is nou die volgende. Navorsers is al meer en meer besig om te
bewys dat sekere karaktertrekke en self intelligensie deels geneties
oordraagbaar is. Nou is dit ook so dat dit gewoontlik mense is wat vir
hulself dink en genoeg karakter het om sy sê te sê wat van andere verskil.

Ek wonder hoeveel skade Shaka en sy trawante aan die Zoeloes se genepoel
gedoen het.

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Gesels saam oor Afrikaans

Wo., 06 Junie 2001 07:21

Kom gesels saam oor Afrikaans deur in te teken op die E-poslys van die
Vriende van Afrikaans; dit kan gedoen word deur 'n E-pos boodskap te
stuur aan vvafrikaan...@yahoogroups.com sonder enige lyfteks of
enige inskrywing in die "onderwerp".
Besoek die webwerf by
http://www.vriende.za.net

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die van de Merwe grondeise saak.

Wo., 06 Junie 2001 06:51

Ek het lank terug 'n artikel gepos oor 'n wit vrou wat eis dat sy geregtig
is op grond omdat haar man daar gewoon het (dis nou onder die grondeise
wet). Ek het ook belowe om die opvolg daarvan te stuur. Ek het nie meer die
opvolg artikel nie so, ek moet maar my eie opsomming daarvan maak.

Die saak (vir die wat nie daarvan kan onthou nie of nie weet nie) -
Mev van der Merwe (dis haar werklike getroude van) doen aansoek, volgens die
grondeiesewet) dat sy geregtig is op grond en eis van ABSA (die bank) om
haar skuld af te skryf en haar die grond te gee waarop haar man nou al baie
jare bly. Haar man was bankrot en toe selfmoord gepleeg. Dit laat die vd
Merwe vrou toe sonder heenkome (of dak oor haar kop)

Die argument ingedien -
Volgens een van die wete op die regstelling van grond gebruik mag niemand
van grond afgesit word nie tensy altenatiewe verblyf verskaf word nie (tensy
die afgesittes verblyf van hulle eie het). mev. van der Merwe het niks. Dus,
sy mag nie van die grond verwyder word nie tensy die nuwe eienaar van die
grond (ABSA - want hulle het die grond teruggeneem as gevolg van 'n
uitstaande verband) vir haar veblyf voorsien.

Regskoste -
So 'n saak kos baie geld en die Transvaalse Landbounie voorsien haar dus met
hulp. Hulle verskaf toe die regspan en die regskostes.

Uitspraak -
Omdat mev van der Merwe nie direk betrokke was met die grond nie maar, slegs
'n 'bywoner' is die argument ingedien nie van toepassing nie (aldus die
regter). Dus slegs 'n persoon wat aktief op die grond gewerk en dit bearbei
het mag eis op alternatiewe verblyf.

Opvolg -
Geen instansie sal mens geld verniet gee nie. Die TLU (Transvaalse Landbou
Unie) het al die kostes gedra. Mev van der Merwe het selfs 'n klein bedrag
van hulle ontvang om haar weer gevestig te kry en 'n nuwe lewe te kan begin
('n skenking en dus nie teen die wet nie). So, waarom het die TLU dit
gedoen? Bespiegeling en na aanleiding van wat 'n TLU advokaat in 'n geslote
vergadering genoem het - dit is die mooite werd om die saak te verloor en om
ander soortgelyke sake wat mag voorkom ook dan te verloor. Daar is honderde
gevalle waar families by ander op plase bly en ook 'n eis kan instel. Deur
die saak te 'verloor' stel dit 'n president (sp) sodat geen ander 'bywoners'
ook eiese mag instel nie.

Ernest

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Boodskap van Annette

Di., 05 Junie 2001 21:24

Annette ondervind tans probleme met haar komper en ISP.
Of soos in haar eie woorde: "My PC het die tyd met die ewige verwissel,
en terselfdertyd is daar probleme by die ISP, geen kontak met die news
server nie."
Sy vra ook dat as daar iemand is wat die afgelope 10 dae emails vir haar
gestuur het, dat hulle dit asseblief weer moet stuur.

Spesiale boodskap aan H. Gird:
"Wees asseblief ook so gaaf om aan H. Gird op Soc Afr die boodskap deur
te stuur. Ons het tog te lekker gepraat oor Bloemfontein - en toe word ek
afgesny."

Danielle (wat ewe mooitjies onder 'n ander naam skryf spesiaal sodat H.
Gird en die ander wat my blok dit ook kan lees) :-)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Hoax Alert (oor SULFNBK.EXE, vanoggend in 'n Vlaamse krant gelees!)

Di., 05 Junie 2001 18:41

Hallo, elkeen!

Daar was 'n virus alarm enige dae gelede op hierdie nuusgroep...
Ek het daaroor gelees vanoggend in my koerant hier in Vlaanderen.
Hierdie het verskyn in "Het Nieuwsblad" van 5 Juni 2001, vandag dus,
op bladsy 14. Ja, natuurlik: ek was self ook 'n slagoffer van hierdie
grap. Ek het tog gesê vir myself: ek sal die mense in Suid-Afrika tog
maar waarsku. Dan moet hulle niks verander aan hulle files. Ja, ek
weet: dis al gesê deur andere mense maar dis altyd beter as meerdere
mense datselfde ondervind en daaroor praat.
Ek het my Windows 98 terug ge-installeer en inderdaad: sulfnbk.exe is
weer daar!
Ek weet, julle stem nie altyd met my saam nie, maar dis tog beter as
dat ons rekenaars heeltemal doof en blind is, nie waar nie?

Norbert (uit Vlaanderen)
_________________________________________________________

HOAX GELOVEN KAN UW COMPUTER SCHADEN

De jongste weken zijn hoaxes (nepvirussen, zie dokter Webber) een
grotere pest dan de echte virussen. De jongste versie betreft er een
waarin je wordt gevraagd een ".exe-bestand' te verwijderen.
Uiteindelijk blijkt het echter om een nuttig Windows-programmaatje te
gaan.
De boodschap die je krijgt, luidt als volgt: dit is een
viruswaarschuwing. Geen enkel virusdefinitieprogramma van Norton
of McAfee slaagt erin het te onderscheppen. Dat komt omdat het zich
pas openbaart als een virus vanaf een bepaalde datum. Het virus heet
SULFNBK.EXE en kan je op de volgende manier verwijderen. Daarop
krijgt de onwetende computergebruiker instructies en merkt meteen dat
het bestandje zich inderdaad op de harde schijf schuilhoudt.
SULFNBK.EXE blijkt echter een programmaatje van het Windows 98-
besturingssysteem. Het laat gebruikers toe lange filenames op te
slaan.
Inmiddels hebben wereldwijd al tienduizenden computergebruikers het
bestand gedeleted en de viruswaarschuwing doorgestuurd naar vrienden
en kennissen. Ze stellen zich de vraag waarom hun virusscanner geen
waarschuwing gaf en wantrouwen meteen de beveiligingsfirma's terwijl
je per definitie het bericht altijd als eerste verdacht moet vinden.
De hoax dook een paar weken geleden voor het eerst op in Brazilië,
maar verspreidt zich inmiddels even snel als het berucht I love
you-virus. Virusexperten vrezen dat het verspreiden van hoax-virussen
wel eens een nieuwe trend zou kunnen worden. De strategie bestaat erin
om verwarring te zaaien en de ontvangers van het bericht meteen aan te
zetten om bestaande bestanden te wissen. In sommige gevallen ben je
met een hoax nog slechter af dan wanneer een echt virus zich op je
harde schijf heeft genesteld.
Wat kan je eraan doen? Blijf altijd kritisch, ook al komt de boodschap
van je beste vriend. Krijg je en bericht, waarin gewag wordt gemaakt
van een virus, surf dan gewoon naar de site www.symantec.nl. Daar kan
je de naam van het vermeende virus ingeven. Symantec geeft dan aan of
het om en virus gaat of een hoax en geeft meteen instructies hoe je
moet te werk gaan om het aangerichte kwaad te herstellen. (MAC)

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Tygervallei

Di., 05 Junie 2001 17:32

Danielle vra oor Tygervallei:
Destyds wou hulle 'n mini-stad of so iets ontwikkel by daardie einste
gruisgat. Dit het seker nooit gebeur nie? Waar is hierdie Olimpiese
sportstadion? Sou dit dan nie in of naby Wingfield gewees het nie? Oor
hierdie kantoorparke - is dit die gebou wat destyds nog in aanbou was, wat
op die hoek van Old Oak en Durbanweg sou wees?

Wouter
Ek weet nie van die mini-stad nie. Die beoogde waterfrontontwikkeling
bestaan uit winkels, restaurante en kantoorblokke. Dis by herhaling
uitgestel, maar 'n kantoorblok of drie staan al en die dam is vergroot en
vol water.

Oor die kantoorblokke en -parke - jy sal maar self moet kom kyk, hulle loop
van die N1 tot anderkant Old Oak, seker meer as dertig van hulle - ek het
jou mos gesê hier was 'n ontploffing! Op en langs die hoek waarvan jy praat
is daar verskeie kantoorblokke. Daar is ook 'n hele nuwe woonbuurt bokant
Old Oak, oos van Durbanweg, net onder (suid van) Eversdal.

Die Olimpiese standaard stadion is 'n fietsrybaan, met 'n dak van R25
miljoen op, naby die waterfrontontwikkeling. Word die Velodrome genoem.
Daar is ook 'n atletiekstadion direk langsaan. Die hoof Olimpiese stadion
sou op Wingfield wees, ja. Maar dit het toe nie gebeur nie, die 2004 spele
is aan Athene toegeken. .

> Durbanville het ook sterk gegroei, maar Tygervallei het ontplof.

Danielle : Wat is nuut in Durbanville? Is Sacks nog daar? :-)))
Durbanville kan net nie dieselfde wees sonder hulle nie! :-))

Wouter
Baie geboue is herbou en in kantore omskep, die verandering is nie so
dramaties nie en jy sal die ou dorp nog geredlik herken. Daar is baie nuwe
woonbuurte Noord, Wes en veral Oos van die ou dorp.

Sacks se winkel aan die westekant van Wellingtonweg wat die skoolklere
verkoop is nog daar. Oom Sacks is dood, ek dink sy seun is in beheer. Sacks
se ander winkel oorkant die pad met al die trommels ens. is weg, ek dink
Sheet Street en Ackermans is nou daar. En Towers daar naby (wat ook
skoolklere verkoop het) is ook weg, daar is nou 'n Shulmans, wat ook linne
verkoop soos Sheet Street.

Durbanville het nog van sy rustigheid behou, maar Tygervallei is 'n miernes.
Tog 'n baie lekker werksomgewing, die restaurante en koffiewinkels is oral,
dis 'n heerlike omgewing en atmosfeer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Patricia (was Kytie Koekblik)

Di., 05 Junie 2001 17:28

Gloudina :
Selfs as mens na Patricia de Lille luister en haar aanvalle op die ANC, dan
sien jy 'n nie-blanke in 'n posisie van mag (as leier van 'n politieke
party - iets wat sy as swart vrou nooit toegelaat was in die ou regime nie),
en jy sien vrye spraak (iets wat in die vorige diktatorskap nooit toegelaat
was nie.)

Wouter:
Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank en jou stelling is net deels
op haar van toepassing, Gloudina. Patricia was in die ou bedeling in 'n
leiersposisie en ook in 'n magsposisie, sy was 'n vakverbondleier in die
Wes-Kaap.

Daar het sy 'n openlik politieke rol gespeel en alhoewel sy waarskynlik deur
Big Brother dopgehou is, het sy geredelik vrye spraak beoefen. (Ek het haar
dit gehoor doen). Omdat sy in NACTU aktief was en nie in COSATU nie, het sy
nie daarna haar politiek in die ANC bedryf nie, alhoewel sy myns insiens nie
regtig by die PAC inpas nie. Haar persoonlikheid en organisasievermoë het
veroorsaak dat sy ongeveer al is wat van die PAC oor is.

Maar ja, die nuwe bedeling het baie verandering gebring. Totaal vrye spraak
is een van die mees dramatiese veranderings. Partypolitiek vir almal
natuurlik ook.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Studeer in USA

Di., 05 Junie 2001 09:22

Ek dink Annette (?) het so 'n rukkie gelede gesê dat daar talle beurse
(scholarships) vir buitelanders in Amerika is. Ek het pas ge-"graduate" met
'n baie hoë GPA en SAT's in North Carolina.

Ek is aanvaar deur Michigan State University - studiegeld en inwoning
$21,000 per jaar. Ek kon na deeglike soek op die internet, SA ambasade,
skoolraadgewers ens. geen instansie vind wat vir nie-permanente inwoners
lenings gee sonder 'n handtekening van 'n Amerikaner nie (ek is hier met 'n
H4 visa - as afhanklike van my pa).

As iemand inligting het oor moontlike beurse/lenings wat beskikbaar is vir
iemand in my posisie, sal ek dit baie waardeer om per e-mail te laat weet
word.

Dankie byvoorbaat

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1835): [ «    926  927  928  929  930  931  932  933  934  935  936  937  938  939  940  941    »]
Tyd nou: Do. Jan. 01 11:29:41 UTC 2026