Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

NZ voor of agter ons?

Sa., 09 Junie 2001 11:26

Vanoggend die wedstryd gekyk tussen Australië en die NZ Maori's.
Glo die eerste keer sedert 1958 dat daar 'n NZ Maori span internasionaal
meeding.
So NZ is voor ons!!:))

Dit kan egter nie hier gebeur nie - dit sal onkonstitisioneel wees.
Maar oor 44 jaar is ons kop deur!! Dan kan ons etlike spanne hê wat
internasionaal kan deelneem!!
Die Springbokspan.
Die SA Zoeloe span
Die SA Venda span
Die SA Xhosa span
Die SA Sotho span
Die SA Kaapse Maleier span
Die SA Griekwaspan
Die SA Khoi span.

Ons kan wêreldrugby oorheers!!!
Dan kan ons ook, nes die Amerikaners met hulle sissie-rugby, baseball, en
basketball, net die spanne hier teen mekaar laat speel, en die wenner is
die Wêreldkampioen:))))
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Rooiwyn ( Pinotage verkieslik) liefhebber.

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Viva Vavi!!

Sa., 09 Junie 2001 11:17

In Die Burger: Laat Mens Dink vanoggend:
Mnr. Zwelenzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, oor die amptelike bande wat
die vakbond met die Zimbabwiese opposisieparty MDC aangeknoop het:
"Zimbabwe het 'n piesangrepubliek geword en die land stort op politieke,
ekonomiese en maatskaplike gebied heeltemal ineen.
Dit het ingrypende gevolge vir ons almal in die streek."

Dit is reelreg in teenstelling met ons pyprokende, diepdenkende President
en sy beleid van stille diplomasie i.v.m. Zimbabwe.
Annette ( as al die diplomate moet stilbly, hoekom het ons nog ambassades?)

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

PDU Wysheid.

Sa., 09 Junie 2001 11:08

Pieter-Dirk Uys - as Tannie Evita in Symbols of Sex and State - oor die
Midde-Oosterse konflik:
"Ek weet nie waarom die Arabiere en Jode hulle nie soos Christene kan gedra
nie."

Moet dit onthou om vir my Ortodokse Joodse kliënte te vra:))))))
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Welkom terug Lou!!!!

Sa., 09 Junie 2001 11:02

Ken hom nie - ek is mos 'n nuutjie.
Hoe warm is Lou?
Annette

Danielle skryf in boodskap news:jqt3itopv558bpao2tt7j66n0rqtmlnrd7@4ax.com...
> Dis lekker om jou weer te sien. Of was jy die heeltyd hier, maar
> incognito?
> Either way, dit was goed om weer vir "Lou" op my skerm te sien. :-)
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Äl wat ek wil sê....." deur GERT VLOK NEL

Sa., 09 Junie 2001 07:59

Ironies genoeg rym Piel&verniel ook?
skryf in boodskap news:3B21217E.79040C4D@home.com...
al wat ek wil sê oor my lank verlore liefde
& die eksistensiële, marxistiese, leksikale, morfologiese,
mexikaanse, fonetiese & andersinse verband tussen
disparate dinge & desperate mense; oor die storie
van my aarde & landing, is die vraag: "wat
is die oergeheim hoekom in afrikaans dié woorde so rym?"

deur GERT VLOK NEL

siel & piel
poes & verwoes
hart & smart

Prosa & poësie | 8 kommentare

Plasing, Ontleding en Bespreking van:

Sa., 09 Junie 2001 04:44

Kaboemielies - deur Al Debbo.

Kaboem, kaboem, kaboemielies.
Kaboemielies, kaboemielies.
Kaboemielies vanmiddag en
Kaboemielies vanaand.
Kaboemielies vanoggend en
Kaboemieleis gisteraand.

Dui dit op die stapelvoedsel van die minder gegoede Afrikaner?
Is dit die in ding om te weet wat Kaboemielies is?
Is dit 'n metafoor vir die geweld in die townships?
Is dit 'n advertensie om kaboemielies in plaas van rys saam met bobotie op
te dis?

Annette ( wat haar kaboemielies apart eet met botter, melk en suiker)

Koeitjies & kalfies | 59 kommentare

genealogise NG Suid Afrika ?

Vr., 08 Junie 2001 20:34

Hai groep,

Dra enig iemand
kennis van 'n bestaan van

'n genealogise NG in Engels of Afrikaans ?

Baie dankies vir U antwoord.

Patrick

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Sardiens op die suidkus

Vr., 08 Junie 2001 08:25

Die sardiens is alweer hier. Hulle het glo gister op Port Shepstone op die
strand uitgeswem. Sal seker binne die volgende week in Durban wees.

Nou hoor ek ook dat "National Geografic" die migrasie hierdie jaar volg.
Glo ook op BBC en CNN.

Ek hoop nou nie as die program uitgesaai word hoor ons hoe die boeremans die
arme wyfie vissies ontvoer en bygekom het nie. Ná Emmy. 'Skuus Poppie, ek
sallie weerie.

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Herschelle: Swartskaap Witbroodjie?

Vr., 08 Junie 2001 05:17

Ai tog, ek wonder net of die ander "skuldiges" ook dieselfde "vonnis" opgelê
sal word.

Die arme krieketraad is nou so lekker deurmekaar nadat Hansie hulle so
geskok het:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

LitNet

Do., 07 Junie 2001 23:42

Ek het ook Dan se brief gelees op LitNet Gloudina, en het om die
beurt daarvan gehou en nie van gehou nie. Dit het my grensloos geirrriteer
dat hy haar konstant as U aanspreek, maar ek dink hy het die doelbewus
gedoen
om haar hok te ratel. Sy is vir my by tye baie wishy washy. n Vrystaat
kind
van n skrywer ma, wat die heel mooiste liefdesgedigte kan skryf, maar nou is
sy die
lieflingskind van die nuwe bedeling, maar iets klop nie lekker nie, en ek
kan nie presies
sê wat dit is nie. Nietemin haar politiek, skryf kan sy wel.

Poppie

skryf in boodskap news:3B1FE02E.7A4D7159@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter
> Sjoe, Gloudina, nou is jy darem in die verkeerde tydvak. Die probleem is al
> vir jare dat die goudprys laag is en dat die goudmyne hulle produksie so
> dramaties verminder het dat daar min werk (vir enige iemand) is. Die
> werkverliese het veral die swart bevolking hard geslaan.

Wat het dit met die prys van eiers te doen? Op hierdienuusgroep het 'n klomp
meestal wit omies sit en kraai
oor die (wit) miere wat so hard werk, en die (swart)
sprinkane wat so sit en droogmaak, en dan hulp wil
hê. Ek is siek en sat vir die meestal in die vet gevalde
wittes wat so sit en kraai. Dís waaroor Kytie Koekblik
dit in die oorspronklike artikel ook gehad het. Hierdie
post-apartheidse wit mites en legendes hou maar aan,
tensy mens hard agiteer daarteen. Dis die wat Dan Roodt
so hatig is op Antjie Krog. Antjie, meeste van die tyd,
kom bietjie te na aan die waarheid. (Al is dit seker ook
maar waar dat Antjie se bekering omtrent dieselfde tyd
gekom het as die Broeders s'n, soos Dan Roodt opmerk.)

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Bladsye (1834): [ «    924  925  926  927  928  929  930  931  932  933  934  935  936  937  938  939    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 31 05:00:27 UTC 2026