Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Outeursregte was (Nog Koos Kombuis Lirieke)

Wo., 13 Junie 2001 07:23

Ja en nee,
Indien 'n artikel geskryf is begin outeursregte. Indien dit dan gepubliseer
woord begin 'n ander gedeelte van die wet 'n rol speel. Indien die
outeursreg verval het breek jy nie die wet nie. Maar, terwyl die outeurs wet
in werking is verbreek jy (en heel moontlik al 'openlik beskikbaar is op die
Internet sites' ook

-----------------------------------------------------------
Wet op Outeursreg, Wet 98 van 1978

Art. (3) (2) Die termyn van outeursreg deur hierdie artikel verleen, is, in die
geval van-

(a) letterkundige of musiekwerke of ander artistieke werke as foto's, die
lewensduur van die outeur en vyftig jaar vanaf die einde van die jaar
waarin die outeur sterf: Met dien verstande dat indien daar voor die dood
van die outeur ten opsigte van sodanige werke of 'n aanwending daarvan
geen van die volgende handelinge verrig is nie, naamlik-

(i) die publikasie daarvan;
(ii) die openbare op- of uitvoering daarvan;
(iii) die aanbied vir verkoop aan die publiek van opnames daarvan;
(iv) die uitsaai daarvan,

die termyn van die outeursreg voortduur vir 'n tydperk van vyftig jaar vanaf
die einde van die jaar waarin die eerste van genoemde handelinge verrig
word;
------------------------------------------------------------ -----
Opsomming:
Die bedoeling van die wetgewer was duidelik uit die eerste gedeelte van die
artikel om beskerming aan die outeur te verleen wat sal strek tot 50 jaar na
die afsterwe van die outeur. Die wetgewer gaan dan voort om die voorwaarde
te stel dat, :

"... indien daar voor die dood van die outeur .........geen van die
volgende handelinge verrig is nie, naamlik-
(i) die publikasie daarvan;...
... die termyn van die outeursreg voortduur vir 'n tydperk van vyftig jaar
vanaf die einde van die jaar waarin die eerste van genoemde handelinge
verrig word"

Dit is tog duidelik dat die bedoeling is om, indien publikasie na die
afsterwe van die outeur plaasvind, die termyn van die outeursreg eers by die
latere handeling sal begin loop, en dan vir die periode van 50 jaar sal
voortduur.
----------------------------------------------------
Dus,
meeste van die poësie wat op die nuusgroep gepos word sal nie 'wettig'
gesien word nie. Baie van outeure (vernaam Krog) is nog nie 50 jaar dood nie
of, nog nie 50 jaar na die laaste publikasie/en of dood het verstryk nie.

Ernest.

"Danielle" skryf in boodskap news:sjpcitok4v0st80tsf9sf96qcir7jffh66@4ax.com...
>
> Is dit kopiereg skending om lirieke te plaas op 'n nuusgroep as dit
> reeds openlik beskikbaar is op die Internet?

Musiek & liriek | 2 kommentare

Kla oor niks

Wo., 13 Junie 2001 06:05

Vandag al weer skoon lug, windstil, sonskyn.
Die afgelope vier jaar gaan dit nou so aan - winterloos.
Ek wil soooo graag 'n week van Kaapse Winterweer weer sien.
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Vroue bestuurders

Wo., 13 Junie 2001 05:12

Ervaar julle dit ook maar waarom is vroue in so baie motor-skermutselings
betrokke of gorrel ek nou.

Ek het laasweek my vrou se kar verruil vir 'n veel groter een met baie
sitplek vir my nageslag van 4 kinders. Gister , na 877 km afgele sal sy en
'n taxi bamper-gemeen raak. Die tipe handeling gebeur so 2 , 3 keer per jaar
en ek is nou al raadop. Wat sal help , is daar 'n cromesoon wat mens kan
aanpas om die "toestand" te verander en poek ek nou teen donderweer ?

Krokkie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Byname

Wo., 13 Junie 2001 05:02

Kom ons hoor 'n bietjie na die beste (snaakste en mees toepaslike) byname
waarvan jy weet. Soos daai OP-stut - "Domkrag". "Draadkar de Lange"..., ens.
(Jy kan twee weke vakansie in Kanada wen (by jou gunsteling Antie) vir die
beste ene...)

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Mrs Balls - vragie vir Thys oppie Bos

Wo., 13 Junie 2001 03:05

Danielle, as jy bereid is om 'n resep van enigiemand anders te aanvaar as
Thysie Balls, dan kan ek jou een aanstuur. Wil jy perskeblatjang maak?
Annette ( Die VLV Tannie)

Danielle  skryf in boodskap news:jdgditkalurlptancqjfm13v8t56abct71@4ax.com...
>  Thys,
>
>  Ek raak altyd opgewonde as ek 'n nuwe naam hier sien, en dan gaan soek
>  ek gewoonlik in googlegroups om te sien wie die persoon is en wat hy
>  of sy  te sê gehad het. :-))
>  In die proses kom ek toe op hierdie boodskap van jou af:
>  "My ouma het sommer self haar eie gemaak. Net so lekker of dalk nog
>  beter as Mrs Balls ..."
>
>  Nou wonner ek of jy dalk jou Ouma se resep sal wil of kan deel?  Sien,
>  ek is mos nou 'n huisvrou vir die volgende 6 maande, en wil graag
>  probeer om 'n goeie ene te wees! :-))  Het nog nooit in my lewe
>  blatjang gemaak nie, maar sal graag wil.  Ek mis darem ook Mrs Balls
>  se blatjang al is dit ook VREESLIK soet deesdae. :-)
>  As mens dit self maak, kan mens seker minder suiker byvoeg?
>
>  En...um...Thys, ek verkies 'n resep SONDER anchovies hoor!! :-))))))
>

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

En toe... wat nou?

Wo., 13 Junie 2001 00:44

Seker amper 'n jaar dat ek laas hier iets geskryf het. Laas een keer het ek
verhaal oor hoe ons hier in Pennsylvania in vrede woon, sonder vrees en
sonder misdaad, nadat ons (my gesin en ek) herhaaldelik in Monumentpark,
Pretoria, misdaadslagoffers was. Ek onthou Ferdi Greyling se snedige
kommentaar en sy hoogheilige verhaaltjie van hoe rustig hy self in
Johannesburg iewers woon. En elke keer, wanneer ek (en ander ook) iets hier
gepubliseer het oor hoe ek met my hele hart en siel verlang na Suid-Afrika,
oor hoe ek liewer in Pretoria wil wees as in Pennsylvanie, maar heo ter
wille van my vrou en kinders se veiligheid hierheen gekom het, was Gloudina
en Ferdi die eerstes om vernietigende en verkleinerende kommentaar te lewer.
Etikette soos apartheidsvark word lustig om mense se nekke gehang. Ferdi se
onfeilbare optimisme het, in die beste tradisie van 'n spin doctor, elke
insident, elke statistiek - alles - omgekeer en aangebied as 'n verbetering
op die "ou" Suid-Afrka. As hy geen ander argument meer oorgehad het nie, was
dit sy eie waarnemings wat die feite volgens Ferdi moes staaf.

Beledigende kommentaar soos chicken run, en pynvolle uitsprake soos Madiba
se "good riddance" aan almal wat Suid-Afrika tydelik of permanent verlaat
het sny diep en maak seer. Ike Nzo praat van die cliche dat as jy nie self
onder misdaad gely het nie, dan ken jy iemand wat dit beleef het. Dat dit al
'n cliche moes word! Ons het drie inbrake beleef, vier keer is by ons motors
ingebreek, een keer het my vrou op 'n nippertjie 'n kapingslagoffer in ons
eie inrit geword, ons het minstens nog drie inbreekpogings gefnuik, en
uiteindelik het ons ons met ysterhekke en elektroniese dieafalarms in ons
eie huis in Monumentpark moes inperk terwyl misdadigers vrylik rondbeweeg.

En nou? 'n Hele ruk lank is hulle - Gloudina en Ferdi - al stillerig.
Ignoreer alles wat nie in hulle opvatting pas nie. Want alles is mos maar
die skuld van middeljarige wit Afrikanermans. Niemand anders kan skuld dra
nie. Swartes is nie rassiste of misdadigers nie, en wee die een wat so iets
suggereer.

En toe kom die brief van Ike Nzo in die naweek se Sunday Times. Nou is daar
dawerende stilte. Ike sê - veel beter as wat ek ooit kon - dat dit gewoon
misdaad is, misdaad in al sy vorme, wat mense uit Suid-Afrika dryf. Selfs al
amper vir hom. En Ike is swart, en Ike het 'n onbesproke afkoms. Maar selfs
Ike sê 'I've got to end the nightmares', en nog veel meer.

Post traumatiese stressindrrom is nie 'n maklike probleem om te hanteer of
te bowe te kom nie. Nie dat Gloudina of Ferdi dit sal verstaan, of 'n hand
sal uitsteek om ander te help om dit te bowe te kom nie.

Een van twee dinge gaan gebeur. Hulle sal albei die stilswye bewaar, want
hulle kan nie regtig iets sê oor dit wat Ike sê nie. Of anders gaan hulle
weer die een of ander "spin" op die storie sit en dit omdraai om by hulle
eie beeld in te pas.

Maar raai wat? Ek gee nie 'n flenter om nie. Hulle en almal soos hulle kan
maar sê wat hulle wil. Iemand het eindelik die moed gehad om die waarheid by
sy naam te noem, en dit aan die wêreld te verkondig.

Dankie, Ike. My hart gaan uit na jou en na jou pasiënte, wat veel, veel
erger as ek gely het onder misdaad. My hart krimp ineen omdat my dogter en
haar man nog in Pretoria woon, en die res van my familie en my vrou se
familie nog in Suid-Afrika woon, versrpei van noord tot suid en tot in
Namibië, en nie kan of wil trek nie.

Henry in Pennsylvania.
____________________________________________________________ ________________
______
'Criminals are going to cost this country much more than apartheid did'

'After collecting everything, criminals took a nurse and her daughter into
separate bedrooms and raped them. The loss of the items was painful enough,
but the nurse said the pain of being raped while her daughter was also being
raped was hard to bear'

'A police officer tells me he is scared to answer distress calls in the
township because he might be confronted by heavily armed criminals. A
colleague and close friend of his was shot dead under such circumstances'

'My son and two friends were riding their bikes last year. They were
confronted by gunmen who wanted to take their bikes away. . . It is painful
to recall the bizarre behaviour of my son at home'

'When I go to work on Sundays, I see people smartly dressed to go to church.
Sometimes I wonder if, after the service, somebody around the corner offers
them a stolen item at a bargain price, they won't hesitate to buy it'

Lees die res self by http://www.suntimes.co.za/2001/06/10/news/news01.htm

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Studeer in VK

Di., 12 Junie 2001 22:21

Baie jong Suid-Afrikaners studeer tans in London.
As jy hier studeer mag jy 20 uur n week werk.
Baie werk langer as dit alhoewel dit dan onwettig is.
Hierdie mense registreer jou in London vir n kursus.
http://www.studyuk.org.uk/

Kursusse in London:

http://www.hotcourses.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

vir dié wat onthou...

Di., 12 Junie 2001 18:42

Vir dié van julle wat onthou van die 'skoolmeisie' wat by Jack se
rekenaarwinkel gevra het dat hy vir haar 'n kopié van 'n playstation
CD maak... hy's gister beboet...R30,000.

DD

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Re: Lirieke en Ou tannies

Di., 12 Junie 2001 18:21

On Tue, 12 Jun 2001 14:10:02 -0400, Danielle wrote:

> On Tue, 12 Jun 2001 06:32:36 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Sy's 'n Auntie - nie 'n Tannie nie - kry dit reg asseblief.

eintlik 'n platvloerse antie (en suurgat daarby!)

DD

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

nou sweety antie

Di., 12 Junie 2001 16:32

hellou my antie

ek wonner wat sê oom stief sweetnie nou antie. antie onthou mos laas toe hy
so moer gepluk het oorie diasse wat getoitoi het. nou sê my pa oorle oom
alfred&zo se seun wat 'n siegiejater is het 'n brief virrie sandei taaims
geskryf. oom aaik&zo sê lat hy dit nou nie meer kan vat om te sien hoe lat
die mense om hom saffer vannie misdadigeit nie antie. hy sê hille kry
merries innie nagte en dan moet hy weer pirbeer om hille koppe reg te
smokkel antie.

ma' oom aaik sê wat erger is is lat hy nou self in die nagte op daai merries
beginte ry. hy sê dis nou so erg lat hy hy dit oor weeg om liewerster op 'n
hings te klim en weer landyt te ry soos wat hy laas gemaak het oor apaathyd.
hy sê die misdadigeit maak nou meer skare as apaathyd.

oom hansie vannie pênnelbieters sê oom stief gaan 'n gêskit blaas as hy die
sandei taaims lees want die keer sal hy nie oom aaik kan beskillig lat hy yt
'n poesiesie van bevoorregting praat nie. en oom stief se statjoustieke
waarop hy 'n vermoorde torium op gehad het wys hoeka laas week lat dit erger
geword het vanlat hy minister van misdadigheid geword het.

my pa sê ja dit moet swaar vir oom stief wees lat dit so yt eie geledere kom
viral so kort oppie hakke vannie klomp plotte. en oom taboe het hoeka
annerdag 'n resitasie innie parloument opgesê waarin hy gesê het die senters
kannie hou nie.

dis wat ek ok sê antie want saterdag speel breytentjie hille teen napoleon
se vreemde legijoen en ek dink ôk nie ons senters gaan hou vanlat herrie die
strandloper vir deontjie keiser hys toe gestier het nie. my pa sê dis 'n
bleddie skande want deontjie is die enigste ou wat vir jouna loumoe kan
têkkel. oom hansie sê ma' loumoe speel nie eers virrie legijoen nie. my pas
sê dit isso loumoe speel okkie eers meer virrie ôl blêks nie ma' oom hansie
moet nou nie kom wys lat hy niks van rakbie af weetie.

koebaai antie (moenie lat antie se senters 'n gêskit loop blaas innie
vreemde nie)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    920  921  922  923  924  925  926  927  928  929  930  931  932  933  934  935    »]
Tyd nou: So. Jan. 11 15:27:45 UTC 2026