My vrou (mede-vennoot in ons huwelik) is besig om so 'n paar stukke te
skryf, en sodra sy gereed is, sal ek haar ook aan die groep voorstel.
Kinders is nou amper uit die nes uit (nog net een oor en die trou oor twee
maande) en dan wil sy haar meer ernstig aan die skryf kry.
Maar sy stel altyd belang in my 'geselsies' hier.
En ek het nou die dag 'n Simonsvlei rooie hier beetgekry. jonk en nog soos
hy van sy ma af kom, maar 'n lekker kuierwyntjie. Ek hou nog so paar pino's
op hulle sye vir special dae... en mense...
En ek's gn wit omie nie. Net my broers se kinders en my vrou se niggies en
nefies sê vir my "Oom" en hulle bedoel dit opreg.
Thys oppie Bos met wyn...
> Hey, wat is fout met julle ou wit omies????? En waar is julle
> vroutjies? Hoekom skryf hulle nie hier nie? :-)))))))))))
Aangesien ons nou so lekker gesels, wil ek ook 'n klip in die bos gooi en
die vraag is:
Wat is die gevoel oor die musiek wat ons Suid Afrikaanse sangers maak?
Ek kry die indruk dat as hulle nie iemand anders se musiek kan verwerk nie
sal hulle nie die mas opkom nie.
Meeste van die wat hulle eie ding doen is myns insiens nie baie suksesvol
nie of moet 'n mens eers 'n smaak vir die goed ontwikkel?
Selfs Anton Goosen het op een of ander TV program uitgevaar teen die sangers
wat bestaande liedjies sing of verwerk. Hulle werk is nie oorspronklik nie,
maar hulle is gewild.
Stel ek myself nou bloot aan felle kritiek?
pjb
Kies 'n resep uit een ( of twee) van die volgende:
Appel
Appelkoos
Kweper
Perske
Piesang
Tamatie
( Ek het 'n wonderlike ondervinding met piesangblatjang gehad - maar dit is
'n lang en persoonlike storie;))))
Die resepte kom uit:
Kook en Geniet ( Uitgawe April 1951) So dit is oud genoeg om goeie resepte
te wees ( net soos die mense wat in 1951 gebore is:)) )
--
Annette
Ja en nee,
Indien 'n artikel geskryf is begin outeursregte. Indien dit dan gepubliseer
woord begin 'n ander gedeelte van die wet 'n rol speel. Indien die
outeursreg verval het breek jy nie die wet nie. Maar, terwyl die outeurs wet
in werking is verbreek jy (en heel moontlik al 'openlik beskikbaar is op die
Internet sites' ook
-----------------------------------------------------------
Wet op Outeursreg, Wet 98 van 1978
Art. (3) (2) Die termyn van outeursreg deur hierdie artikel verleen, is, in die
geval van-
(a) letterkundige of musiekwerke of ander artistieke werke as foto's, die
lewensduur van die outeur en vyftig jaar vanaf die einde van die jaar
waarin die outeur sterf: Met dien verstande dat indien daar voor die dood
van die outeur ten opsigte van sodanige werke of 'n aanwending daarvan
geen van die volgende handelinge verrig is nie, naamlik-
(i) die publikasie daarvan;
(ii) die openbare op- of uitvoering daarvan;
(iii) die aanbied vir verkoop aan die publiek van opnames daarvan;
(iv) die uitsaai daarvan,
die termyn van die outeursreg voortduur vir 'n tydperk van vyftig jaar vanaf
die einde van die jaar waarin die eerste van genoemde handelinge verrig
word;
------------------------------------------------------------ -----
Opsomming:
Die bedoeling van die wetgewer was duidelik uit die eerste gedeelte van die
artikel om beskerming aan die outeur te verleen wat sal strek tot 50 jaar na
die afsterwe van die outeur. Die wetgewer gaan dan voort om die voorwaarde
te stel dat, :
"... indien daar voor die dood van die outeur .........geen van die
volgende handelinge verrig is nie, naamlik-
(i) die publikasie daarvan;...
... die termyn van die outeursreg voortduur vir 'n tydperk van vyftig jaar
vanaf die einde van die jaar waarin die eerste van genoemde handelinge
verrig word"
Dit is tog duidelik dat die bedoeling is om, indien publikasie na die
afsterwe van die outeur plaasvind, die termyn van die outeursreg eers by die
latere handeling sal begin loop, en dan vir die periode van 50 jaar sal
voortduur.
----------------------------------------------------
Dus,
meeste van die poësie wat op die nuusgroep gepos word sal nie 'wettig'
gesien word nie. Baie van outeure (vernaam Krog) is nog nie 50 jaar dood nie
of, nog nie 50 jaar na die laaste publikasie/en of dood het verstryk nie.
Ernest.
"Danielle" skryf in boodskap news:sjpcitok4v0st80tsf9sf96qcir7jffh66@4ax.com...
>
> Is dit kopiereg skending om lirieke te plaas op 'n nuusgroep as dit
> reeds openlik beskikbaar is op die Internet?
Vandag al weer skoon lug, windstil, sonskyn.
Die afgelope vier jaar gaan dit nou so aan - winterloos.
Ek wil soooo graag 'n week van Kaapse Winterweer weer sien.
Annette
Ervaar julle dit ook maar waarom is vroue in so baie motor-skermutselings
betrokke of gorrel ek nou.
Ek het laasweek my vrou se kar verruil vir 'n veel groter een met baie
sitplek vir my nageslag van 4 kinders. Gister , na 877 km afgele sal sy en
'n taxi bamper-gemeen raak. Die tipe handeling gebeur so 2 , 3 keer per jaar
en ek is nou al raadop. Wat sal help , is daar 'n cromesoon wat mens kan
aanpas om die "toestand" te verander en poek ek nou teen donderweer ?
Kom ons hoor 'n bietjie na die beste (snaakste en mees toepaslike) byname
waarvan jy weet. Soos daai OP-stut - "Domkrag". "Draadkar de Lange"..., ens.
(Jy kan twee weke vakansie in Kanada wen (by jou gunsteling Antie) vir die
beste ene...)
Danielle, as jy bereid is om 'n resep van enigiemand anders te aanvaar as
Thysie Balls, dan kan ek jou een aanstuur. Wil jy perskeblatjang maak?
Annette ( Die VLV Tannie)
Danielle skryf in boodskap news:jdgditkalurlptancqjfm13v8t56abct71@4ax.com...
> Thys,
>
> Ek raak altyd opgewonde as ek 'n nuwe naam hier sien, en dan gaan soek
> ek gewoonlik in googlegroups om te sien wie die persoon is en wat hy
> of sy te sê gehad het. :-))
> In die proses kom ek toe op hierdie boodskap van jou af:
> "My ouma het sommer self haar eie gemaak. Net so lekker of dalk nog
> beter as Mrs Balls ..."
>
> Nou wonner ek of jy dalk jou Ouma se resep sal wil of kan deel? Sien,
> ek is mos nou 'n huisvrou vir die volgende 6 maande, en wil graag
> probeer om 'n goeie ene te wees! :-)) Het nog nooit in my lewe
> blatjang gemaak nie, maar sal graag wil. Ek mis darem ook Mrs Balls
> se blatjang al is dit ook VREESLIK soet deesdae. :-)
> As mens dit self maak, kan mens seker minder suiker byvoeg?
>
> En...um...Thys, ek verkies 'n resep SONDER anchovies hoor!! :-))))))
>
Seker amper 'n jaar dat ek laas hier iets geskryf het. Laas een keer het ek
verhaal oor hoe ons hier in Pennsylvania in vrede woon, sonder vrees en
sonder misdaad, nadat ons (my gesin en ek) herhaaldelik in Monumentpark,
Pretoria, misdaadslagoffers was. Ek onthou Ferdi Greyling se snedige
kommentaar en sy hoogheilige verhaaltjie van hoe rustig hy self in
Johannesburg iewers woon. En elke keer, wanneer ek (en ander ook) iets hier
gepubliseer het oor hoe ek met my hele hart en siel verlang na Suid-Afrika,
oor hoe ek liewer in Pretoria wil wees as in Pennsylvanie, maar heo ter
wille van my vrou en kinders se veiligheid hierheen gekom het, was Gloudina
en Ferdi die eerstes om vernietigende en verkleinerende kommentaar te lewer.
Etikette soos apartheidsvark word lustig om mense se nekke gehang. Ferdi se
onfeilbare optimisme het, in die beste tradisie van 'n spin doctor, elke
insident, elke statistiek - alles - omgekeer en aangebied as 'n verbetering
op die "ou" Suid-Afrka. As hy geen ander argument meer oorgehad het nie, was
dit sy eie waarnemings wat die feite volgens Ferdi moes staaf.
Beledigende kommentaar soos chicken run, en pynvolle uitsprake soos Madiba
se "good riddance" aan almal wat Suid-Afrika tydelik of permanent verlaat
het sny diep en maak seer. Ike Nzo praat van die cliche dat as jy nie self
onder misdaad gely het nie, dan ken jy iemand wat dit beleef het. Dat dit al
'n cliche moes word! Ons het drie inbrake beleef, vier keer is by ons motors
ingebreek, een keer het my vrou op 'n nippertjie 'n kapingslagoffer in ons
eie inrit geword, ons het minstens nog drie inbreekpogings gefnuik, en
uiteindelik het ons ons met ysterhekke en elektroniese dieafalarms in ons
eie huis in Monumentpark moes inperk terwyl misdadigers vrylik rondbeweeg.
En nou? 'n Hele ruk lank is hulle - Gloudina en Ferdi - al stillerig.
Ignoreer alles wat nie in hulle opvatting pas nie. Want alles is mos maar
die skuld van middeljarige wit Afrikanermans. Niemand anders kan skuld dra
nie. Swartes is nie rassiste of misdadigers nie, en wee die een wat so iets
suggereer.
En toe kom die brief van Ike Nzo in die naweek se Sunday Times. Nou is daar
dawerende stilte. Ike sê - veel beter as wat ek ooit kon - dat dit gewoon
misdaad is, misdaad in al sy vorme, wat mense uit Suid-Afrika dryf. Selfs al
amper vir hom. En Ike is swart, en Ike het 'n onbesproke afkoms. Maar selfs
Ike sê 'I've got to end the nightmares', en nog veel meer.
Post traumatiese stressindrrom is nie 'n maklike probleem om te hanteer of
te bowe te kom nie. Nie dat Gloudina of Ferdi dit sal verstaan, of 'n hand
sal uitsteek om ander te help om dit te bowe te kom nie.
Een van twee dinge gaan gebeur. Hulle sal albei die stilswye bewaar, want
hulle kan nie regtig iets sê oor dit wat Ike sê nie. Of anders gaan hulle
weer die een of ander "spin" op die storie sit en dit omdraai om by hulle
eie beeld in te pas.
Maar raai wat? Ek gee nie 'n flenter om nie. Hulle en almal soos hulle kan
maar sê wat hulle wil. Iemand het eindelik die moed gehad om die waarheid by
sy naam te noem, en dit aan die wêreld te verkondig.
Dankie, Ike. My hart gaan uit na jou en na jou pasiënte, wat veel, veel
erger as ek gely het onder misdaad. My hart krimp ineen omdat my dogter en
haar man nog in Pretoria woon, en die res van my familie en my vrou se
familie nog in Suid-Afrika woon, versrpei van noord tot suid en tot in
Namibië, en nie kan of wil trek nie.
Henry in Pennsylvania.
____________________________________________________________ ________________
______
'Criminals are going to cost this country much more than apartheid did'
'After collecting everything, criminals took a nurse and her daughter into
separate bedrooms and raped them. The loss of the items was painful enough,
but the nurse said the pain of being raped while her daughter was also being
raped was hard to bear'
'A police officer tells me he is scared to answer distress calls in the
township because he might be confronted by heavily armed criminals. A
colleague and close friend of his was shot dead under such circumstances'
'My son and two friends were riding their bikes last year. They were
confronted by gunmen who wanted to take their bikes away. . . It is painful
to recall the bizarre behaviour of my son at home'
'When I go to work on Sundays, I see people smartly dressed to go to church.
Sometimes I wonder if, after the service, somebody around the corner offers
them a stolen item at a bargain price, they won't hesitate to buy it'
Baie jong Suid-Afrikaners studeer tans in London.
As jy hier studeer mag jy 20 uur n week werk.
Baie werk langer as dit alhoewel dit dan onwettig is.
Hierdie mense registreer jou in London vir n kursus. http://www.studyuk.org.uk/