Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Suid-Afrikaanse skole

Di., 26 Junie 2001 04:35

Soos gesien op SA TV van 26 Junie 2001.

Baie skole het hulle onderwysers 'verloor' omdat hulle 'n paket
(retrenchment) geneem het. Die paket is as gevolg van die ANC demokratiese
reg om mense te vorseer om 'n pos te aanvaar of hulle nou daar wil wees of
nie. Die onderwys het besluit dat hulle liewer 'n paket sal neem as om
gedwing te word om 'n pos te aanvaar. Maar, meeste wat die paket aanvaar het
is eintlik goeie onderwysers en het geweet hulle sal ander werk kan kry.

Dus, die gaping wat net in party skole onstaan het is eintlik verbreed deur
die ANC se beleid en het uitgesprei na skole wat geen probleme voorheen
gehad het nie. Maar, probleem oplos sal die ANC. Sit sommer maar net iemand
in die pos.

Dit is vandag bekend gemaak dat 50% (of meer) van SA skole nou 'n tekort het
aan wetenskap/wiskunde onderwysers as gevolg van van: ongekwalifiseerde
onderwysers in poste, ondergekwalifiseerde onderwysers en, die oorspronklike
probleem - geen onderwysers.

Onderwys & opvoeding | 3 kommentare

Lies, damn lies, statistics

Ma., 25 Junie 2001 18:13

Emmy wrote: > 1964 :
> 38% woonden in de reservaten
> 62% woonden tijdelijk in industriegebieden....
> 7% tijdelijk bij steden permanent in steden
> 21% permanent in en nabij steden
> 43% permanent op blank platteland.
> Ruim 3\5 deel woonden buiten de reservaten

Gloudina : En daar het julle dit nou.

Wouter : Daar is net een probleem, Gloudina.
Ons het nie reservate nie, nooit gehad nie.

Afhangende van hoe hulle "reservaat" gedefinieer het, kan die syfers enige
iets beteken. 'n Baie groot deel van die swart bevolking het in 1964 in
plattelandse lokasies gewoon. Nie in die stede nie, maar seker buite die
"reservate", wat de duiwel dit ook al mag wees.

Dis ook nie duidelik wat industriegebieden is, dalk die
ontwikkelingsgebiede, soos Bisho in die ou Ciskei-tuisland en Mmabatho in
BOP waar daar desentralisasie-subsidies vir nywerhede gegee is om die
ekonomiese fiasko van tuisland-ontwikkeling teen te werk?

En wat is stede, sluit dit die hoofstadjies van die tuislande in?
Wat is nabij steden? Hoe naby?
Hoekom oorvleuel die derde (7%) en vierde (21%) kategorie se definisies?
As 38% in reservate woon en 62% in nywerheidsgebiede, dan verklaar dit mos
die volle 100%. Of bevestig dit my vermoede dat die nywerheidgebiede
grootliks in die reservate is?
Ens. ens.

Daardie syfers beteken niks, sonder definisies is dit net verdere rotzooi.
Dit beteken eintlik minder as niks, dit gee meer vrae as antwoorde. En die
geleentheid om gullible mense wat nie ons omstandighede ken nie, te mislei.

Maar wat bedoel jy met "En daar het julle dit nou"? Kon jy iets daaruit
aflei? Ek probeer, maar ek kan nie.

Jy weet mos hoe werk die trappe van vergelyking:
Leuns, Donnerse leuens, Moerswillige statistiek

Emmy gebruik die statistiek soos 'n dronkie 'n straatligpaal gebruik:
Nie om iets op te helder nie, maar om haar wankeling te steun.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Danielle denker

Ma., 25 Junie 2001 13:32

> Wouter
> Die deurmekaar plaasvarkie wat weier om
> verdere verwarring te probeer opklaar.

Danielle (TM)
Toemaar plaasvarkie - hier is 'n glasie brannewyn met Tab. Dit sal
help met die verwarring. Jy moet ontwar, want ek wil nog met jou
gesels oor "vrye spraak" en "vrye denke". :-))

Wouter
Dankie dame Danielle. Nou maar spreek dat ons kan denk :-)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Tande

Ma., 25 Junie 2001 12:59

Kan iemand miskien vir my vertel waarom sommige inwoners van Suid
Afrika hul voorste 4 tande laat uithaal? Ek weet van die wolhaar
stories dat van die vrouens dan 'n lekkerder ....job kan gee, maar wat
dan nou man die mans? ;-)

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Stilletjies saamgesmelt.

Ma., 25 Junie 2001 11:35

Verbaas my altyd.
Vandag terwyl ek BTW werk doen:
1) Trentyre is nou deel van Masterparts.
2) Midas, Quay en TMS saam staan nou bekend as Parts.
Annette

Wiele | 3 kommentare

Nuwe naam vir DF Malan (Hoërskool)

Ma., 25 Junie 2001 11:28

DFM soos hulle in die handel en wandel bekend is, het gereageer.
Blykbaar, as hulle gedwing word, gaan hulle hul naam verander na:
Kader Asmal Kollege en as KAK bekend staan:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Re: Gesigtrek - was Re: distrik 6

Ma., 25 Junie 2001 11:00

On Mon, 25 Jun 2001 10:56:50 GMT, Danielle© wrote:

>
> Humph....en ek is net goed genoeg om spykerskrif te ontleed, nê?
> :-))))))

lol... ek het daaroor gedink toe ek gesubmit het. Vla gaan mos nie
alleen nie vroumens! En jy weet dat jy die bykomstigheid is, maar ek
was besig om Emmy aan te vat oor haar vieslike houding met Annette.

Ek is in my kantoor nou en jy het dit huistoe gestuur - in die vorige
millenium het ek my huispos ook hierheen laat kom tot ek gesien het
dat ek groot werk het om kantoorpos alleen te hanteer. Praat vannaand
met jou.

DD in gesprek met die kersie op die koek

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Vakansie

Ma., 25 Junie 2001 08:59

Ek gaan julle ouens 'n paar dae verlaat. Die kinders se skool maak Vrydag
toe en ek het 'n breek nodig. Ek hoop as ek terugkom is die burgeroorloë
verby. Ek los julle met die een. Ek het die laaste twee weke met verskeie
oud-onderwysers en oud-skoolhoofde van albei kante van die politieke en
velkleur spektrum persoonlik, van aangesig tot aangesig, gepraat.
Interressante dinge wat gesê word oor Dina Rijkheer. My ouers het my beter
geleer as om op bejaardes te trap. Ek kan maar net hoop dat sy rus vir haar
siel kry voordat sy eendag haar kop neerlê.

Groetnis
Sakkie

Reis & vakansie | 12 kommentare

Verskuilde Woorde

Ma., 25 Junie 2001 05:51

Hoog tyd dat ons dinge noem soos wat dit is, en nie agter mooi woordjies
wegkruip nie.
Van wanneer af is swak dissipline die woord(e) vir vuil spel?
Van wanneer af word gesonde kritiek as persoonlike aanvalle beskou?
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

toe hou die senters nie antie

So., 24 Junie 2001 17:10

hellou my antie,

dis ma 'n treermare hie vanlat die vreemde franse legijoen met die bokke
klaar is. my pa mieks nou sy brannewyn met prouzêks. ma' my pa is te slim
met rakbie antie. ek het mos laas vi antie gesê hy sê die senters sal nie
hou nie. nou ja gister stier die skytinsyskoenregter vir de wet berrie af
oorlat hy gedink het hys boetsh jyms sonner arms. tersellertyd antie trap
rassie ierasmis raak op robbiesj flek se kop lat die bloed loop en toe het
ons nie meer senters oppie veld nie. behalwe nou vir sir persieval
mongommerie en rassie self wat laaik van senter speel al is hy vironnerstel
om 'n flank te wees.

my pa reken hoeka rassie laaik so baie van senter lat hy nou al sy eie manne
afskryf lat hy wettiglik da kan speel. ma' die franse het ons 'n les kom
leer antie ek weet nettie meer of herrie die strandloper enige iets kan leer
nie. laas week het die bokke sleg sla gekry al het breitentjie geskôr met
die enigste bôl wat hy te siene gekry het. die week het ons danksy die jirre
se genade darrim netnet gewen.

dis meer as wat oom taboe kan sê antie want hy kannie wen nie. laas week kom
antie wienie manlêda 'n uur laat by die jeegdagfierings aan en viroorsaak 'n
konsternasie onner die skare lat die spreker moet stilbly. toe loop sy na
oom taboe toe soos wat tsafendas na oorle oom vermoerd toe geloop het en
probeer hom soen. ma' oom taboe lat hom nie van enige vrou innie openbaar
soen nie antie en hy klap antie winnie lat haar a-en-see kepsie dour op oom
mangasoetoe boelielessie se skoot val.

nou wil hille oom taboe aankla vir openbare oproerigheid antie. oom hansie
vannie pênnelbieters sê dis hoog tyd lat iemand die makker vannie nasie 'n
klap gee. my pa sê hy stem vir 'n tjyns saam hy hoop net oom herrie die
strandloper wil dieselle triek op oom taboe trek.

koebaai antie

hennerietjie (moet liewers nie vreemde mans innie openbaar soen nie antie)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    912  913  914  915  916  917  918  919  920  921  922  923  924  925  926  927    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 02 02:50:29 UTC 2026