Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Swart mense in die tuislande

Di., 26 Junie 2001 07:34

Die jaar is 1996. Dis nog 'n tekort tyd wat verloop het sedert die oorname
van die ANC as regeringsmag en daar is nog nie baie verander aan die
inwonersstruktuur nie. Hoe sien SA daarna uit: Hoeveel tuislande is/was daar
in Gauteng? (kan die wat weet asseblief my laat weet. Ek kry geen!)

'African' beteken hier nog swart maar in die hede het dit 'n meer duistere
betekenis. Dit beteken vandag meer iets soos "people with their roots out of
Africa". Wat dan baie meer insluit as net swart. Hou maar die pers dop. 2002
Is dit weer opname tyd. Ek wil al voorspel dat Suid Afrika nou minder as 40
miljoen mense het.

------------------------------------------
http://www.statssa.gov.za/

The People of South Africa

Population census, 1996

Gauteng

Of the 7,3 million people in Gauteng, only 3% live in non-urban areas, as
opposed to the massive 97% that live in urban areas. South Africa as a whole
boasts a population of forty-and-a-half million people. Gauteng's total
population ranks second in size to that of KwaZulu Natal, which, with 8,4
million people, is the province with the highest population in South Africa.

The results of the latest census conducted nationwide in 1996, were released
by President Nelson Mandela and Finance Minister Trevor Manuel in Pretoria
today. The results represent the population of South Africa as on the night
of 9 to 10 October, 1996. South Africa as a whole boasts a population of
around 40,5 million people. This is a large number. If all people in South
Africa took hands, they would circle the earth once and a bit.

Gauteng�s African population is constitutes 70% of the total people in
Gauteng. 23% of the province's population are White, making it the province
with the highest percentage of White inhabitants. The rest of the population
figures by groups are: 3,8% Coloured and 2,2% Indian/Asian. 3,8 million of
the province's people are male and 3,6 million are female. This bucks the
national figure, where women are in the majority, with about 1,5 million
more women than men.

8% of Gauteng's people aged 20 years and above have a tertiary
qualification. This is second only to that of the Western Cape, where around
10% of people have higher education qualifications. In Gauteng, only 9% of
people aged 20 years and above have had no schooling at all. An approximate
11% have had some primary education whilst 24% have a matric. Gauteng�s 40 %
for people with some secondary education is the highest among the provinces.

The highest disability figure for Gauteng is 3% for people with sight
disabilities. This is in keeping with the rest of the country, where visual
disabilities are the most common. The rest of the disability situation is as
follows: 0,8% (hearing), 1% (physical), 0,3% (mental) and 0,4% (more than
one disability).

At least 45% of people in Gauteng have telephones or cellular phones in
their dwellings. This figure is the second highest after the Western Cape
with 55%. Only 4% of the province's population have no access at all to a
telephone. Those with no telephones or cellular phones in their dwellings,
can access a neighbour�s telephone (3%), a public telephone nearby (41%),
one at work (4,2%) or one at a location not nearby (2%).

------------------------------------------
Lyk nou nie soos die syfers wat Emmie voortgebring het nie. Ek weet nou
watter korrek kan wees nie. Kan iemand help?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Bobby?

Di., 26 Junie 2001 05:02

Om Bob kaptein te maak moet iets te doen he met Viljoen se uitstappie op die
rooitapyt

"Jonas" skryf in boodskap news:3b380b52$0$223@hades.is.co.za...
> Wat sê julle nou ?
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Suid-Afrikaanse skole

Di., 26 Junie 2001 04:35

Soos gesien op SA TV van 26 Junie 2001.

Baie skole het hulle onderwysers 'verloor' omdat hulle 'n paket
(retrenchment) geneem het. Die paket is as gevolg van die ANC demokratiese
reg om mense te vorseer om 'n pos te aanvaar of hulle nou daar wil wees of
nie. Die onderwys het besluit dat hulle liewer 'n paket sal neem as om
gedwing te word om 'n pos te aanvaar. Maar, meeste wat die paket aanvaar het
is eintlik goeie onderwysers en het geweet hulle sal ander werk kan kry.

Dus, die gaping wat net in party skole onstaan het is eintlik verbreed deur
die ANC se beleid en het uitgesprei na skole wat geen probleme voorheen
gehad het nie. Maar, probleem oplos sal die ANC. Sit sommer maar net iemand
in die pos.

Dit is vandag bekend gemaak dat 50% (of meer) van SA skole nou 'n tekort het
aan wetenskap/wiskunde onderwysers as gevolg van van: ongekwalifiseerde
onderwysers in poste, ondergekwalifiseerde onderwysers en, die oorspronklike
probleem - geen onderwysers.

Onderwys & opvoeding | 3 kommentare

Lies, damn lies, statistics

Ma., 25 Junie 2001 18:13

Emmy wrote: > 1964 :
> 38% woonden in de reservaten
> 62% woonden tijdelijk in industriegebieden....
> 7% tijdelijk bij steden permanent in steden
> 21% permanent in en nabij steden
> 43% permanent op blank platteland.
> Ruim 3\5 deel woonden buiten de reservaten

Gloudina : En daar het julle dit nou.

Wouter : Daar is net een probleem, Gloudina.
Ons het nie reservate nie, nooit gehad nie.

Afhangende van hoe hulle "reservaat" gedefinieer het, kan die syfers enige
iets beteken. 'n Baie groot deel van die swart bevolking het in 1964 in
plattelandse lokasies gewoon. Nie in die stede nie, maar seker buite die
"reservate", wat de duiwel dit ook al mag wees.

Dis ook nie duidelik wat industriegebieden is, dalk die
ontwikkelingsgebiede, soos Bisho in die ou Ciskei-tuisland en Mmabatho in
BOP waar daar desentralisasie-subsidies vir nywerhede gegee is om die
ekonomiese fiasko van tuisland-ontwikkeling teen te werk?

En wat is stede, sluit dit die hoofstadjies van die tuislande in?
Wat is nabij steden? Hoe naby?
Hoekom oorvleuel die derde (7%) en vierde (21%) kategorie se definisies?
As 38% in reservate woon en 62% in nywerheidsgebiede, dan verklaar dit mos
die volle 100%. Of bevestig dit my vermoede dat die nywerheidgebiede
grootliks in die reservate is?
Ens. ens.

Daardie syfers beteken niks, sonder definisies is dit net verdere rotzooi.
Dit beteken eintlik minder as niks, dit gee meer vrae as antwoorde. En die
geleentheid om gullible mense wat nie ons omstandighede ken nie, te mislei.

Maar wat bedoel jy met "En daar het julle dit nou"? Kon jy iets daaruit
aflei? Ek probeer, maar ek kan nie.

Jy weet mos hoe werk die trappe van vergelyking:
Leuns, Donnerse leuens, Moerswillige statistiek

Emmy gebruik die statistiek soos 'n dronkie 'n straatligpaal gebruik:
Nie om iets op te helder nie, maar om haar wankeling te steun.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Danielle denker

Ma., 25 Junie 2001 13:32

> Wouter
> Die deurmekaar plaasvarkie wat weier om
> verdere verwarring te probeer opklaar.

Danielle (TM)
Toemaar plaasvarkie - hier is 'n glasie brannewyn met Tab. Dit sal
help met die verwarring. Jy moet ontwar, want ek wil nog met jou
gesels oor "vrye spraak" en "vrye denke". :-))

Wouter
Dankie dame Danielle. Nou maar spreek dat ons kan denk :-)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Tande

Ma., 25 Junie 2001 12:59

Kan iemand miskien vir my vertel waarom sommige inwoners van Suid
Afrika hul voorste 4 tande laat uithaal? Ek weet van die wolhaar
stories dat van die vrouens dan 'n lekkerder ....job kan gee, maar wat
dan nou man die mans? ;-)

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Stilletjies saamgesmelt.

Ma., 25 Junie 2001 11:35

Verbaas my altyd.
Vandag terwyl ek BTW werk doen:
1) Trentyre is nou deel van Masterparts.
2) Midas, Quay en TMS saam staan nou bekend as Parts.
Annette

Wiele | 3 kommentare

Nuwe naam vir DF Malan (Hoërskool)

Ma., 25 Junie 2001 11:28

DFM soos hulle in die handel en wandel bekend is, het gereageer.
Blykbaar, as hulle gedwing word, gaan hulle hul naam verander na:
Kader Asmal Kollege en as KAK bekend staan:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Re: Gesigtrek - was Re: distrik 6

Ma., 25 Junie 2001 11:00

On Mon, 25 Jun 2001 10:56:50 GMT, Danielle© wrote:

>
> Humph....en ek is net goed genoeg om spykerskrif te ontleed, nê?
> :-))))))

lol... ek het daaroor gedink toe ek gesubmit het. Vla gaan mos nie
alleen nie vroumens! En jy weet dat jy die bykomstigheid is, maar ek
was besig om Emmy aan te vat oor haar vieslike houding met Annette.

Ek is in my kantoor nou en jy het dit huistoe gestuur - in die vorige
millenium het ek my huispos ook hierheen laat kom tot ek gesien het
dat ek groot werk het om kantoorpos alleen te hanteer. Praat vannaand
met jou.

DD in gesprek met die kersie op die koek

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Vakansie

Ma., 25 Junie 2001 08:59

Ek gaan julle ouens 'n paar dae verlaat. Die kinders se skool maak Vrydag
toe en ek het 'n breek nodig. Ek hoop as ek terugkom is die burgeroorloë
verby. Ek los julle met die een. Ek het die laaste twee weke met verskeie
oud-onderwysers en oud-skoolhoofde van albei kante van die politieke en
velkleur spektrum persoonlik, van aangesig tot aangesig, gepraat.
Interressante dinge wat gesê word oor Dina Rijkheer. My ouers het my beter
geleer as om op bejaardes te trap. Ek kan maar net hoop dat sy rus vir haar
siel kry voordat sy eendag haar kop neerlê.

Groetnis
Sakkie

Reis & vakansie | 12 kommentare

Bladsye (1834): [ «    912  913  914  915  916  917  918  919  920  921  922  923  924  925  926  927    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 13:08:47 UTC 2026