Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Antjie en Sampie

Sa., 30 Junie 2001 07:56

Oor Antjie
Antjie Krog het haar geloofwaardigheid taamlik ondermyn toe sy vir die SABC
verslag gedoen het (as Antjie Samuels) oor die WVK. Ek is onseker hieroor,
maar dink sy het terselfdertyd 'n aanstelling by die WVK gehad. Haar baie
eensydige beriggewing het myns insiens die waarde wat die WVK by veral
blankes kon gehad het, verminder. Baie blankes het gedurende die
WVK-sittings vir die eerste keer gehoor watter tipe onregte daar in die
apartheidsjare gepleeg is, dit was myns insiens 'n belangrike stap in die
proses om begrip te verhoog en om los te kom van die verlede. Maar Antjie
het die proses beduiwel met skuins kommentaar, terwyl die verrigtinge beter
vir hulleself kon gepraat het. Vandag beskou baie mense haar as 'n goeie
skrywer/digter, maar vir die res nie iemand om ernstig op te neem nie. Dis
ook my opinie.

Oor Sampie
Ek ken hom van my kinderdae. Hy is een van daardie interessante vrydenkende
ekonome, soos Brian Kantor. Albei word as mavericks beskou, maar ook na
mense na wie jy kan luister, omdat hulle oor ander dinge en ook anders dink
as hoofstroom-ekonome. Maar nie een van hulle is bekend daarvoor dat hulle
betroubare gevolgtrekkings maak nie, die lekkerte van hulle argumente lê in
die journey en nie in die destination nie, want hulle afleidings is minder
wetenskaplik as wat hulle dinkprosesse innovatief is.

Gelukkig of ongelukkig bepaal Sampie hom nie net by die ekonomie nie. Hy het
van sy vroeë dae baie linkse politieke kommentaar gelewer, wat hom'baie
ongewild gemaak het by die establishment. Familiebande het die spanning
vererger, dis nie belangrik nie, maar interessant. Antjie spel natuurlik sy
van verkeerd, hy is Terreblanche en nie Terblanche nie. Sy broer, Mof
Terreblanche is 'n persoonlike vriend van FW en was 'n bekende in die
sakewêreld en in Broederkringe. Maar hy het ook nog interessanter familie in
Eugene, van AWB- en Jani Allen-faam. Is nie seker of hulle kleinneefs is of
wat nie, maar ek het iemand persoonlik geken wat bereid is om te erken dat
sy familie van albei is :-)

Oor Sampie se WVK-voorlegging
Ek het dit destyds bestudeer. Dit is 'n dokument van ongeveer 20 bladsye,
wat hy namens homself opgestel het. Dit gaan grootliks oor dinge wat in die
1920's en 1930's gebeur het. Oor die myne, die blanke unies (volgens hom was
hulle kommunisties) en 'n sameswering wat hy lees tussen die unies, die
mynhuise en die destydse regering, wat hy deurtrek na die Botha-era. In my
oë 'n interessante teorie met 'n maverick-gevolgtrekking.

Sy voorlegging is oorskadu deur meer gebalanseerde voorleggings, veral die
Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) se voorlegging is baie goed deur die WVK
ontvang. Die AHI-voorlegging het eerstens hulle betrokkenheid en
ondersteuning van apartheid gelys en bespreek en daarna 'n paar positiewe
voorstelle gemaak oor regstelling en die pad vorentoe. Ek het persoonlik na
die vorlegging gaan luister en dit was seker een van die WVK se mees
konstruktiewe sessies. Antje het in haar SABC-verslag dit baie yl en
ongebalanseerd gedek, wat jammer was.

Wouter

skryf in boodskap news:3B3CCE08.E9DE66A8@home.com...
Uit "Country of my Skull" van Antjie Krog.
Dit gaan oor die South African Truth Commission.

"The tone of the hearings is set by Professor Sampie
Terblanche, with his flailing limbs, snow-white hair,
and wonderful, horrible Free State English accent.
"The hissstory of a hunnndred years of rracial
capitalism enrrriched whites unnndeseeervedly." He
says that by the end of the last century, black farmers
were producing more maize than white farmers, which
is why they did not want to work on the white farms or
in the mines. But they were eventually driven of the fields
they had plowed by the Glen Grey Act of 1894 and the
Land Act of 1913. Black farmers were turned into a reservoir
of cheap labour for business.
He spells out the exploitation: The wages of black
workers did not increase at all between 1910 and 1970.
In fact, their wages in 1972 were even lower than they
had been in 1911. And yet during this period, the gold
price rose by 45 percent and the wages of white workers
doubled.
In 1970, Terblanche says, the system of racial capitalism
changed once again, from favoritism, to patronage, to
protection. Under P. W. Botha, and abnormal cooperation
developed between the securocratic state and business. Business
did not destroy apartheid, says Terblanche. It actually
strengthened Botha's government and helped create a neo-
apartheid.
This is the first time that the idea of the beneficiary -
as opposed to the perpetrator - has surfaced in full force.
Did businesses benefit from apartheid?
Of course we didn't, say prominent white business leaders.
In fact, apartheid prevented us from realizing our potential.
Lot Ndlovu of the Black Management Forum disagrees. Low
wages, bad housing, and appalling working conditions increased
the profit margins of white business, he says. There was no place
for blacks in power structures until Durban workers marched
against their bosses in 1973.."

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Antjie en Sampie

Sa., 30 Junie 2001 07:27

Wouter, ek was ook baie geinteresseerd in die AHI se voorlegging.
Ek het maar met 'n halwe oor na Antjie geluister;)))

Ek het van oom Sampie se aggressiewe manier van praat agtergekom toe hy en
daardie onbeskofte snaar van RSG die Boetman dingetjie gedoen het een
middag oor RSG.
Oom Sampie het behoorlik elke letter wat hy kon gerol en gesis:))))

Dankie vir die inligting oor die Terreblanche familie - Sou oom Sampie as
die swartskaap gereken word?:))))

Annette

plaasvark skryf in boodskap news:9hjtkv$16q2$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Oor Antjie
> Antjie Krog het haar geloofwaardigheid taamlik ondermyn toe sy vir die SABC
> verslag gedoen het (as Antjie Samuels) oor die WVK. Ek is onseker hieroor,
> maar dink sy het terselfdertyd 'n aanstelling by die WVK gehad. Haar baie
> eensydige beriggewing het myns insiens die waarde wat die WVK by veral
> blankes kon gehad het, verminder. Baie blankes het gedurende die
> WVK-sittings vir die eerste keer gehoor watter tipe onregte daar in die
> apartheidsjare gepleeg is, dit was myns insiens 'n belangrike stap in die
> proses om begrip te verhoog en om los te kom van die verlede. Maar Antjie
> het die proses beduiwel met skuins kommentaar, terwyl die verrigtinge beter
> vir hulleself kon gepraat het. Vandag beskou baie mense haar as 'n goeie
> skrywer/digter, maar vir die res nie iemand om ernstig op te neem nie. Dis
> ook my opinie.
>
> Oor Sampie
> Ek ken hom van my kinderdae. Hy is een van daardie interessante vrydenkende
> ekonome, soos Brian Kantor. Albei word as mavericks beskou, maar ook na
> mense na wie jy kan luister, omdat hulle oor ander dinge en ook anders dink
> as hoofstroom-ekonome. Maar nie een van hulle is bekend daarvoor dat hulle
> betroubare gevolgtrekkings maak nie, die lekkerte van hulle argumente lê in
> die journey en nie in die destination nie, want hulle afleidings is minder
> wetenskaplik as wat hulle dinkprosesse innovatief is.
>
> Gelukkig of ongelukkig bepaal Sampie hom nie net by die ekonomie nie. Hy het
> van sy vroeë dae baie linkse politieke kommentaar gelewer, wat hom'baie
> ongewild gemaak het by die establishment. Familiebande het die spanning
> vererger, dis nie belangrik nie, maar interessant. Antjie spel natuurlik sy
> van verkeerd, hy is Terreblanche en nie Terblanche nie. Sy broer, Mof
> Terreblanche is 'n persoonlike vriend van FW en was 'n bekende in die
> sakewêreld en in Broederkringe. Maar hy het ook nog interessanter familie in
> Eugene, van AWB- en Jani Allen-faam. Is nie seker of hulle kleinneefs is of
> wat nie, maar ek het iemand persoonlik geken wat bereid is om te erken dat
> sy familie van albei is :-)
>
> Oor Sampie se WVK-voorlegging
> Ek het dit destyds bestudeer. Dit is 'n dokument van ongeveer 20 bladsye,
> wat hy namens homself opgestel het. Dit gaan grootliks oor dinge wat in die
> 1920's en 1930's gebeur het. Oor die myne, die blanke unies (volgens hom was
> hulle kommunisties) en 'n sameswering wat hy lees tussen die unies, die
> mynhuise en die destydse regering, wat hy deurtrek na die Botha-era. In my
> oë 'n interessante teorie met 'n maverick-gevolgtrekking.
>
> Sy voorlegging is oorskadu deur meer gebalanseerde voorleggings, veral die
> Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) se voorlegging is baie goed deur die WVK
> ontvang. Die AHI-voorlegging het eerstens hulle betrokkenheid en
> ondersteuning van apartheid gelys en bespreek en daarna 'n paar positiewe
> voorstelle gemaak oor regstelling en die pad vorentoe. Ek het persoonlik na
> die vorlegging gaan luister en dit was seker een van die WVK se mees
> konstruktiewe sessies. Antje het in haar SABC-verslag dit baie yl en
> ongebalanseerd gedek, wat jammer was.
>
> Wouter
>
> skryf in boodskap news:3B3CCE08.E9DE66A8@home.com...
> Uit "Country of my Skull" van Antjie Krog.
> Dit gaan oor die South African Truth Commission.
>
> "The tone of the hearings is set by Professor Sampie
> Terblanche, with his flailing limbs, snow-white hair,
> and wonderful, horrible Free State English accent.
> "The hissstory of a hunnndred years of rracial
> capitalism enrrriched whites unnndeseeervedly." He
> says that by the end of the last century, black farmers
> were producing more maize than white farmers, which
> is why they did not want to work on the white farms or
> in the mines. But they were eventually driven of the fields
> they had plowed by the Glen Grey Act of 1894 and the
> Land Act of 1913. Black farmers were turned into a reservoir
> of cheap labour for business.
> He spells out the exploitation: The wages of black
> workers did not increase at all between 1910 and 1970.
> In fact, their wages in 1972 were even lower than they
> had been in 1911. And yet during this period, the gold
> price rose by 45 percent and the wages of white workers
> doubled.
> In 1970, Terblanche says, the system of racial capitalism
> changed once again, from favoritism, to patronage, to
> protection. Under P. W. Botha, and abnormal cooperation
> developed between the securocratic state and business. Business
> did not destroy apartheid, says Terblanche. It actually
> strengthened Botha's government and helped create a neo-
> apartheid.
> This is the first time that the idea of the beneficiary -
> as opposed to the perpetrator - has surfaced in full force.
> Did businesses benefit from apartheid?
> Of course we didn't, say prominent white business leaders.
> In fact, apartheid prevented us from realizing our potential.
> Lot Ndlovu of the Black Management Forum disagrees. Low
> wages, bad housing, and appalling working conditions increased
> the profit margins of white business, he says. There was no place
> for blacks in power structures until Durban workers marched
> against their bosses in 1973.."
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse nieuwsservers

Vr., 29 Junie 2001 21:45

Wie heeft een lijst met newsservers in afrika, voor o.a. mp3, in afrikaans
gezongen liedjes

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: ceres

Vr., 29 Junie 2001 18:58

"Danielle" wrote in message :
: Annette - net buite Ceres is daar ook 'n plaas waar mens kan gaan
: kersies pluk.
-----------knip------------
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
my ou dorp waar vroulief en ek opgegroei het

--

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nessie net Wind?

Vr., 29 Junie 2001 17:11

Blykbaar, volgens 'n slim Italianer, is Nessie net 'n klomp borreltjies wat
veroorsaak word deur lug vanaf 'n natuurlike bron:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Haai Oe!!!

Vr., 29 Junie 2001 17:09

Ek is nou net soos reisigertjietjie met sy aanhangseltjies:
Hoe kon ek me'tjie en Bob vergeet het?
Ek het jou mos gesê jy moet terugkom - mens vergeet van julle daar bo:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Dina Rijkheer ?

Vr., 29 Junie 2001 16:39

Ek weet wie stel belang ....
Mooi so Sakkie!
Toe skeur die tabernakel se voorhangsel ....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Innige verskoning

Vr., 29 Junie 2001 16:22

Gottlieb - ek het jou per ongeluk uit my Powere Poging gelaat.
Jy kan kies of jy Gottliepie of Gottliebie wil wees:))))
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

O Droogte!!

Vr., 29 Junie 2001 16:17

Modjadji ( sp?) Die Reënkoningin is glo dood.

Annette. ann...@ctnet.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

'n Powere Poging

Vr., 29 Junie 2001 14:56

Thys(ie) skryf sommer maklik rympies.
Ek kan dit glad nie doen nie - maar wat - mens mag iets een maal probeer.
Dit is hoeka winter hier - so 'n vlammetjie of 100 sal my nou nie juis
ontstel nie:))))

Gloudina Ril
Danielle Gil
Emmy is Kil
Jonas Jil
Annette bly Stil (NOT)

Thys wil nie Thysie wees nie.
Sakkie wil nie net Sak wees nie
Wouter wil nie net 'n Varkie wees nie
Max weier om Maxie te wees
Pop dink sy is te groot om Poppie te wees.
Ferd wil eintlik Ferdi wees.
Frikkie is te gaaf om net Frik te wees.
Dav vir Davie klink ook snaaks.

Ernest weet Ernestie klink nie reg nie.
Krokkie weet Krok is hy nog nie.
pjb kan wel pjbeetjie word
Riaan is te onskuldig om Riaantjie te word.
Tobie tob nog te min om Tob te word.

Ricotjie kan wel gaan
Hennerietjie moet maar so bly staan
Har vir Harry klink net nie orraait nie
.kie vir . wil ook nie werk nie.

Indien ek enige ander liefie per ongeluk uitgelaat het.
Ek is hopeloos en onskuldig en probeer dinge net.
Nettie.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    908  909  910  911  912  913  914  915  916  917  918  919  920  921  922  923    »]
Tyd nou: So. Mei 03 09:22:49 UTC 2026