Wie skree so!!!!! O hallo Tobie, lekker om jou stem te hoor na so
bietjie verlof. Hallo Danielle, het jy bietjie kalmer geword of is jy
steeds 'n fighter? Hallo Annette, ek is nou lus vir - nie jou rooiwyn
nie maar wel koeksisters. Hallo Anti
En jy moet die arme drommel wat hier in Engels toets nie nog aanhits om
Engels hier te praat nie;))
Annette
--
> Re: This is a test
> So is this
>
> This as wel wrote in message
> news:J9if7.36419$DT4.284461@weber.videotron.net...
>> test
>>
>> --
>> SUBMIT YOUR AD HERE!
>> http://www.adtrackclassifieds.com/index.cfm?u=3690361
>>
>
Met Big Brother South Africa om die draai, sal ek nogal julle idees wil hoor
oor realiteit TV. Ek het dit op 'n stadium oorweeg om aansoek te doen vir
Big Brother, maar my man het amper 'n oorval gekry. Hoe dink julle gaan dit
werk met ons reenboog nasie almal saam in een huis? Dink julle die wit en
swart huismaats gaan saam kan leef of mekaar dik foeter?
Ek praat nie hier net van BB nie, maar ook van reekse soos Survivor. Hoe
dink julle (so tussen hakies) gaan die yanks vaar hier in donker Afrika.
Gaan hulle kan oorleef? Hulle het nogal gesukkel in Australia, en dis nie
eers so moeilik daar nie. Hier het ons erg giftige slange, skerpioene,
spinnekoppe, gevaarlike diere (dink aan die groot katte) en die
vervaardigers van Survivor dink hulle is baie bright deur die mense hier in
te gooi terwyl dit begin warm word, en nogal reenerig kan wees. Daar is
Malaria waaraan gedink moet word, Geelkoors, Cholera, Bilharzia. Hoeveel
van die mense gaan lewend annerkant uitkom, nevvermind die miljoen wen?
Gaan Amerikaanse TV nie die keer 'n bietjie ver deur 16 onbeskermde mense in
'n totaal gevaarlike landskap, wat hulle heel moontlik nie verstaan nie, te
kom ingooi nie? Toegegee, dis 'n lieflike plek wat hulle gekies het, maar
waar gaan hulle van hier gaan?
Ek sou graag 'n opinie wou gee, maar ek het nooit die fliek gesien nie.
Alhoewel ek lief is vir "artsy' flieke is my man nie so lief daarvoor nie,
so ek moet gewoonlik vir die videos wag. Ek het nog nie Chocolat hier op
video gesien nie.
Hoekom het my opmerking jou daaraan laat dink?
"Danielle" wrote in message:
>
> Elaine, wat het jy van die fliek "Chocolat" gedink? Ek weet dis nou
> al ouerig, maar na aanleiding van wat jy hierbo geskryf het, het ek
> skielik aan daardie fliek gedink. :-)
> O, ek bedoel "Chocolat" van Lasse Hallstrom - nie die 1988 ene nie.
> :-)
>
Die mooiste musiek van nou is Romeo et Juliette / De la haine a l'amour!
Die hit aan dié kant van die oseaan is "Les rois du monde", maar ALLES
is mooi! Vir die belangstellendes, 'n tracklist:
Verone
La Haine
J'ai Peur
Les rois du monde
Le Balcon
Les Beaux, les laids
Par Amour
Aimer
On dit dans la Rue
Le Duel
Le Pouvoir
Avoir une fille
La mort de Juliette
J'sais plus
Coupable
Wie het die moontlikheid vir my in die
SA telefoon gidse te kyk na die vanne
LANGMANN & LANGMAN,
Van die inskrywings 'n lysie saam te stel
en dese na my te pos asseblief.
'n Amerikaanse Mevrou gebore Langman
soek haar newe en niggies tans "erens"
in Suid Afrika.
Die eers bekende immigrant LANGMANN kom in
1859 in Suid Afrika aan, hy kom van
Rosenow in Oos Duitsland.
Ons soek nou ook na verdere ou familielede in
Duitsland.
Met groete (EN baie dankies !) van nou tropis
Nederland. (baie lekker nou aan die strand !)
Ek hou nie van gelykop uitslae nie - maak nie saak hoe goed of hoe sleg
beide spanne gespeel het nie.
Nee - ek het nie gewed op die wedstryd nie - omdat ek vergeet het.
As ek sou gewed het, sou ek verloor het.
Dit is partymaal ekonomies haalbaar om vergeetagtig te wees:)))
Annette
Moet eers sê dat jy 'n goeie sin vir humor het! Ek verstaan dat jy in Kanada
bly? Hoe lank al?
Tosca
****************************
skryf in boodskap news:3B7D7042.3A8A3AD6@home.com...
Annette wrote:
> Sy voel dit is haar plig om die wêreld se vrouens weer met geteasde hare,met
> 'n voorskoot en haai polvaais aan, terug in die huis te kry waar hulle
> hoort:(((((
>
Ek twyfel. Sy is 'n biljoenêr besigheidsvrou en
haar stocks trade op die NY Stock Exchange.
Tant Hessie wat sê: fieterjasietjies het ook 'n plek.
Toe speel die bokke en die Aussies gelykop nou is ek sommer depressed, dit
help nou nie eens om dop te vat hieroor nie. Ons het tenminste nie verloor
nie.
Groete
Spook
"All vague notions must fall before a pupil can call himself a master"