My geliefkoosde onderwerp(e) is natuurlik seks, onthou jy dit nog Dina, en
lekker eet en gesels saam met iemand wat ook lekker kan eet en gesels, en om
my kinders se doen en late dop te hou, hoe hulle besig is om te ontpop in
ongelooflike persoonlikhede. Dit laat 'n ou besef dat jy iewers iets reg
gedoen het. Die lys van my geliefkoosde onderwerpe is heeltemal te lank om
julle hier mee te vermaak.
Hoe Dina Rykheer haar eie geluk prysgegee het om iets na te streef waarvoor
sy nooit bedank sou word nie, ammuséér my nie eens nie. As sy nou op haar
ouderdom nog in ons land was, was sy nou een van die "sagte" teikens wat
daagliks aangeval en vermoor word deur dieselfde mense wat sy so hard voor
geveg en letterlik alles voor opgeoffer het. Ek wonder of die bedank
gedeelte nie dalk die wortel van die kwaad is nie.
Geliefkoosde onderwerp??? Ek wonder watse persoon probeer sy/haar bes om
die geliefkoosde onderwerp van bespreking te wees van iemand wat derduisende
kilometers vér sit en hom/haar nie eens ken nie. Dit klink vir my effe
skeef. Dis ook nie die eerste keer wat ek dit sien nie. Ek dink Frikkie,
dit is mos Frikkie wat vir ons geskiedenis gegee het, het dit ook gehoor, en
Danielle op 'n stadium. Ek sien 'n patroon hier, maar ek is nie 'n
sielkundige nie so ek hou maar my opinie vir myself.
"Danielle" skryf in boodskap news:khs8pt44arl8g1bum8c1riubsdinnvtfo0@4ax.com...
> On Tue, 4 Sep 2001 08:07:55 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>
>> Ek wonder daaroor ook. Die meeste mense gooi dit dood met Tabasco sous.
>> Wat bly dan van die oester se smaak oor.
>
> Ek het vergeet om netnou te sê dat jy dit moet probeer met
> suurlemoensap. Net bietjie suurlemoensap oor die oester - dis al.
> Met 'n heerlike glas koue wit wyn...yummie!!! :-)
> Tabasco sous neem sommer al die sensualiteit van die hele oester
> ervaring weg - en kos kan mos baie sensueel wees...:-)
Jy's reg, maar dit hang af van saam met wie jy eet. Die verkeerde geselskap
kan enige maal beneuk.
Ek sit nou sommer so hier en kyk na die screentjie hier voor my en wonder
waar gaan ons ou Volkie natoe. Sonder om nou Boetman se gatvolliteit hier te
kom na-aap wil ek darem ook graag 'n wind of wat los oor die verlede en die
hede.
Dat die Broederbond much alive is, is 'n feit soos 'n koei. Dat hulle soos
altyd dêm geslepe is, is ook so. Vat nou maar vir M-web. Eers gooi hulle
(dis nou big brother se gewaande dooie broer) die deure wawyd oop en lok
selfs vir Breyten Breytenbach in hulle web. Kry 'n lekker gesels deur en oor
Arikaans aan die gang en dan..... wham! Toe is die deur. Die aas is geplant.
Die Afrikaner "elite" en sommer nog so 'n klomp aangenaaide lappe is binne.
Al wat oorbly is om die sleutel van die deur te standardiseer en besit
daarvan eksklusief te maak. As jy die sleutel het - subscriber van m-web
is - is jy in. Anners is jy uit soos in uit.
Fok man, ek kan nie eers Stellenbosch se Eikestadnuus op die net lees nie!
Behalwe Rapport, Die Burger en die ander groot Afrikaanse koerante is die
Vaal Weekblad (wat dit ook al mag wees) wragtag ook in hulle kloue is. In
kort kom dit daarop neer dat jy moet betaal om 'n Afrikaner te wees. En nie
vir enigeen betaal nie. Nee, jy moet die Broederbond se werpsel betaal.
Toe die "leiers" hier vroeg in die 90's snot en trane op TV gehuil het voor
hulle nuwe heersers en die voetvolk van die Bond oormekaar geval het om
lidmaatskap te ontken, het ek so opreg gehoop dat ons Afrikaners net een
ding geleer het. Om te kan saamstaan moet jy ALMAL wat jou doelstellings
huldig DEURLOPEND INSLUIT en nie net gebruik wanneer jy hulle wil laat JA
stem nie. Die hoop het egter beskaam. Die geknoei is weer in die binnekamers
aan die gang.
Asseblief mense! Die Afrikanervolk bestaan ook uit eenvoudige mense, arm
mense, lelike mense, noem op wat jy wil. Die Afrikaner is NIE NET naskools
gekwalifiseerde mense wat in ryk blanke buurtes van ons land woon en
verkieslik by "groot Afrikaanse ondernemings" werk, aan die NG kerk behoort
en nie geskei is nie!!!
Hou op om te vra wie is die Afrikaner en in filosofiese hoogdrawendheid om
te gaan met wat maak 'n mens 'n Afrikaner. Kyk om jou rond na die mense wat
die Taal praat en bereid is op te offer vir die voortbestaan daarvan. Hou op
om Afrikanerskap eksklusief te maak en sien hoe kom die ware Afrikanervolk
tot sy reg.
Goeiste maar 2 September 2001 was 'n slegte dag! Chris Barnard is dood.
Meer belangrik vir my - my ouma is dood en my rep foeter van 'n perd af,
word getrap en lê in Intensiewe sorg met bloeding op die brein, 'n ander
"online' vriendin sterf in 'n kop aan kop botsing.
Hierdie mense het nie voorblad nuus gemaak nie, want hulle is nie belangrik
genoeg gewees nie; maar vir ons wat agterbly was julle belangrik. Ons dink
aan julle wat ons verlaat het, en weet julle is aan na 'n beter plek.
CON TODOS MIS RESPETOS PARA MANDELA...LO UNICO QUE YO LE SUGIERO AL SR.
MANDELA ES QUE SE APAREZCA DE INCOGNITO...O SIN SER UN INVITADO DEL REY
FEUDAL DE DEL GULAG...Y ASI TENDRA ' UNA MAGNIFICA OPORTUNIDAD DE SABOREAR
LA [/color]
> Por Isidro Betancourt Silva (Especial para la AIN)
>
> Johannesburgo (2 sep) El Comandante en Jefe Fidel Castro no quiso
> concluir su visita a Sud�frica, sin antes visitar en esta ciudad a su
> hermano, Nelson Mandela, expresidente del pa�s y lêder anti-apartheid.
>
> ''Es un gran momento para nosotros estar aqu� con Fidel, porque lo que
> ál ha hecho por nosotros es dif�cil describirlo con palabras. En la
> lucha contra el apartheid no titube� en darnos toda la ayuda, y ahora
> que somos libres, tenemos muchos m�dicos cubanos trabajando aqu�,
> ayud�ndonos en �reas rurales, donde no hay pr�cticamente ning'n
> medico", expresê Mandela.
>
> Un grupo de 400 m�dicos cubanos presta servicio internacionalista en
> este pa�s desde hace m�s de un lustro, como parte de la cooperaci�n
> global en materia de salud p�blica respaldada por el gobierno de la
> Isla.
>
> Dijo Mandela que ha tenido la ocasi�n de darle las gracias a Fidel por
> ese apoyo que está dando al pueblo sudafricano, y apunt� el lêder
> antiaprtheid que desea ir a Cuba antes de finales de este a�o.
>
> Por su parte, el Presidente cubano afirm� que �sta fue una de las
> tardes m�s felices de su vida, porque -explic�- ��primero, encuentro a
> mi querido hermano mejor que nunca, segundo, con el mismo entusiasmo
> que tuvo toda la vida, y tercero, porque pronto nos va a visitar��.
>
> Adem�s, se�al�, Mandela está en plena actividad e informado de todos
> los problemas del mundo, y muy ansioso de participar en las
> conferencias internacionales.
>
> Son motivos m�s que suficientes para sentirme feliz, privilegiado y
> honrado, reiter� Fidel.
>
> Un fuerte abrazo sello el emotivo encuentro.
---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.268 / Virus Database: 140 - Release Date: 8/8/01
Ik denk toch dat tegenwoordig de gedachten aan een onafhankelijke Vlaanderen
en onafhankelijk Wallonié binnen een 15tal jaren waarheid zullen zijn, zelfs
de oud-premier Vandenbrande heeft dat een paar jaar geleden gezegd, de
burgemeester van Voeren (nu een Vlaming) heeft dat toch ook op een
documentaire op de Nederlandse tv gezegd, zelfs socialisten en liberalen op
de tv en radio heb ik dat horen zeggen. En aangezien de Vlaamse beweging
ver is gevorderd in hun streven wordt ook aan onafhankelijkheid als laatste
doel gedacht. Niet dat ik ervoor ben, maar ik denk het toch wel als je zo
dat land observeert. Het is al cultureel en politiek uiteengevallen in de
afgelopen 170 jaren van het bestaan van Belgie. Dachten jullie het niet?