1 k bruismeel
2 k karringmelk
1 k suiker
3 k soetmelk
3 eiers
1 e botter/margarien
Smelt botter en klop eiers en suiker daarby.
Voeg bruismeel en melk beurtelings by.
Die mengsel moet slap wees, soos vla.
Bak in gesmeerde bak in 'n stadige oond ( 350F) vir 1/2 uur.
Bedien met enige soort stroop.
Gloudina:
Ek het natuurlik vergeet dat plaasvarke nie hoipolloi is nie. Was jy weg die
afgelope paar dae dat ons so min
van jou gehoor het?
Wouter
Ek is nog steeds weg, Gloudina. In Namibië om presies te wees, ek werk die
hele week hier. En ek kon tot gister nie die nuusgroepboodskappe hier
afgelaai kry nie, nou is ek nog so 300 boodskappe agter.
Skil 8 middelmatige of 16 klein uie
Kook in soutwater tot sag
Dreineer goed, plaas in groenteskottel of slaaibak en bedek met suursous.
Sit warm of koud voor.
Suursous:
3/4 k wit asyn
3/4 k water
1 groot of 2 klein eiers
2 - 3 e suiker
Brinf asyn en water tot kookpunt.
Klits die eiers goed en voeg die suiker by
Roer warm asynmengsel stadig by eiermengsel en roer totdat die suiker
opgelos is
Plaas terug op hitte en roer totdat die sous dik word.
Giet oor die gaar gedreineerde uie.
2k melk
3 eiers, geskei
4 e hoogvol mielieblom ( maizena)
1 k suiker
2-3 t fyn kaneel
6 e botter
1/2 t sout.
Maak vla van die melk, mielieblom en geklitste eiergele.
Die mielieblom moet goed deurgekook wees voordat dit by die eiergele gevoeg
word.
Plaas terug om warmplaat om goed dik te word
Verwyder van stoof en voeg die styfgeklopte eierwitte by
Skep nou kluitjies met 'n desertlepel wat elke keer in warm water gedoop
word
Rangskik dit netjies in rye in 'n vuurvaste oondskottel.
Sny klein stukkies botter en sit in elke hoekie tussen die kluitjies
Strooi die suiker en kaneel bo-oor, bedek met foelie.
Plaas in oond tot bedien word,
Annette
1 - 2 k meelblom ( koekmeel)
2 geklitste eiers
1 k melk met 1 t koeksoda
2 d botter
1 k appelkooskonfyt
1 d asyn of suurlemoensap
Vryf botter in meelblom, meng dan alles saam goed.
Bak in 'n matige oons tot gaar.
Sous:
2 k room
2 geklitste eiers
2 k suiker
Meng en giet oor nagereg wanneer koud
Bak dan vir 'n verdere 10 - 20 minute tot sous dik word.
Nota : Probeer eers 1 koppie meelblom, en as mengsel te slap is, voeg nog
meel bietjie vir bietjie by, anders is die poeding baie droog.
Dit is hoe dit in die @@##$$!!! boek verskyn!!
Hoe moet ek nou weet hoe slap die beslag moet wees?!!
Elk geval - ek het dit al ge-eet - dis vreeslik lekker.
1pk pynappeljellie
2 k kookwater of pynappelstroop
1 blik ingelegde pynappels of 1 k gaar pynaplestukkies.
wit van 2 or 3 eiers
1 k kondensmelk
Los jellie in kookwater of gekookte pynapplestroop op en laat taamlik goed
afkoel.
Roer pynapplestukkies in
Voeg kondensmelk by en roer tot dit dik word.
Klits wit van eiers styf en vou in net voordat mengsel begin stol.
Laat afkoel.
Bedien met room en oorskiet pynappelstukkies.
670g maalvleis
2 dik snye brood, in melk geweek
1/2 t peper
1/2 k asyn
2 aartappels, gerasper
3 piesangs
11/2 t borrie
1 t sout
1 ui
1 e kerrie
1/2 k appelkooskonfyt
1 eier
Meng vleis met speserye
Voeg gerasperde ui en aartappels by
Plaas in 'n gesmeerde bakskottel
Bak vir 30 min .
Plaas appelkooskonfyt & piesangskywe bo-op
Bak nog 30 minute.
&&@@##!!! Tipies Namakwalandse vrouens - kan nie eers 'n resep in 'n boek
reg plaas nie!!
OK - Hier is die REGTE metode - volgens my.
Braai gerasperde ui in pan met olie tot effens bruin
Meng borrie, asyn en kerrie, en voeg by uie en laat dit net opkook.
Druk melk uit brood en krummel dit by vleis.
Voeg vleismengsel by uiemengsel en meng goed.
Plaas in gesmeerde bakskottel.
Bak 30 minute by 180% of tot vleis gaar is.
Plaas appelkooskonfyt en skywe piesang op en bak nog 30 minute.
Klits eier met uitgedrukte melk ( 1 koppie) - ek sal sommer nog 'n eier
bysit vir die lekkerte - en gooi oor vleismengsel .
Plaas terug in oond en bak totdat eiermengsel ligbruin is.
Bedien saam met rys en ander lekker goed, soos perskeblatjang, klapper en
mayonaise.
"Danielle" skryf in boodskap news:aokbptg8njde7fdub8hg2h66ev04cf86o7@4ax.com...
'Skies tog, ek het nie die vorige pos gekry nie - sal maar nou moet reageer.
Fosters is eintlik nie vreeslik gewild hier nie - meer vir uitvoer. Die
gewildste bier hier is VB (Victoria Bitter) maar as Queenslander drink ek
net XXXX (dis nou ons eie bier gemaak hier so 6 km van my af!).
En as ek jy is, sal ek ook nou ophou sukkel met my boobies - het julle dalk
raad vir boobie bounce? Niks werk op die oomblik nie...
Miskien kan ons maar nog 'n plan maak met die vakansie - jy het darem lank
uitgehou. Gister so lekker gelag - die magpies hier moet 'n sin vir humor
he. Hulle het my kat so geterg hier van die swembadheining af - laat haar
net dink sy het hulle, en dan draai hulle op die laaste oomblik om, kyk haar
in die oe en spring weg! Vreeslik snaaks.
Haai, ek moet nou skool toe!
> Hier is so advertensie vir Foster bier..."what's australian for beer?"
> vra die Ozzie...en dan is die antwoord natuurlik: "Foster's"
> Nou wonner ek.......
> :-))))
>