Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sportvragie

So., 09 September 2001 07:23

Help my asseblief reg.
Tennis:
Ek het nog altyd gedink dat Kevin Ullyet van SA is.
Gisteraand, het die kommentators heeltyd gepraat van Wayne Black en Ullyet
as die paar van Zimbabwe.
Hulle het toe gewen .
Annette

.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Hulp

Sa., 08 September 2001 17:04

Kan iemand asseblief die dame help?
Annette?

Ek is opsoek na 'n resep vir wortel- en beet koek. Dit klink na 'n
snaakse kombinasie, maar is ongelooflik lekker. As iemand my kan help sal
ek dit vreeslik waardeer. Andri Ford and...@mifa.org.za (011) 787-0183
0829281185 2001-08-29

Dankie

Harry

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Ou nuus, maar nuwe nuus vir my

Sa., 08 September 2001 12:33

Ek lees toe vanoggend eers van die Vreeslike Storm wat ons Woensdag hier in
die Kaap gestref het.
Winde van 97km/h, Branders tot 17m hoog, dakke afgewaai, bome omgewaai,
kragdrade op paaie, strandhuise oorstroom, NSRI se ou plekkie ook nou
heeltemal gehawend.Sommer Erg.
Die gevolg is dat ons weer is waar ons 'n jaar gelede was - 'n boot wat by
Llandadno gestrand het - en seeredding en almal betrokke probeer
naarstigtelik om al die olie en diesel te verwyder - anders moet die arme
pikkewyne en ander seelewe weer swaarkry.
Blykbaar gaan hullle nie betyds klaar wees voordat die volgende windvlaag
ons vanaand gaan tref nie.
Sal julle dus more laat weet of julle moet begin brei aan jakkies vir die
pikkewyne.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Uitzonderlijk leesplankje ontdekt in Bastogne

Vr., 07 September 2001 18:26

Uitzonderlijk leesplankje ontdekt in Bastogne

Afgelopen week was ik weer even in mijn favouriete vakantiegebied: de
Ardennen. Ditmaal in Bastogne, tegen de luxemburgse grens aan. Wat heb
je een leuke rommelmarkten daar in die streek! Niet alleen verkoopt men
daar zijn oude spullen, maar er is ook ruime keus aan kunstvoorwerpen en
antiquiteiten. En natuurlijk de onontkoombare bierstalletjes waar de
lokale brouwers hun speciaalbieren laten proeven en verkopen. Dit zijn
meestal bieren die niet geëxporteerd worden.

Ik was net een interessant luxemburgs trappistenbier aan het degusteren,
toen mijn oog viel op de rommelkraam ernaast, in het bijzonder op een
oud leesplankje. Daar had ik ooit nog mee leren lezen, vroeger op
school! Ik bekeek het wat beter en vroeg aan de kraamhoudster wat dat
leesplankje moest kosten. Dat viel nog niet mee, want ze sprak alleen
luxemburgs, en ze had last van wat rare tics, haar hoofd draaide zich
zowat om middenin elke zin. Verder knipperde ze vreemd met haar ogen en
richtte af en toe een angstige blik op mijn speciaalbier, waar ik af en
toe een slok van nam.

De prijs die ze vroeg was hoog, erg hoog.... Maar ik betaalde toch,
zonder af te dingen, omdat ik zag dat dit wel een erg bijzonder
exemplaar was. Ik had namelijk gezien dat linksonder De Uil was
afgebeeld, met daaronder Zijn Naam in de Juiste Spelling.

Thuisgekomen heb ik het plankje even op de scanner gelegd. Dit vreemde,
uitzonderlijke plankje valt te bezichtigen op

http://www.ovosoft.nl/leesplank

--
Spam is spam no matter who's doing it or for what reason.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Ken jy hom? (deur Dirk Lamprecht)

Vr., 07 September 2001 14:25

Ken jy hom?
Hier waar hy op die wye vlaktes staan
en stil die hittegolfies vas teen hom slaan.

Ken jy hom?
'n Seuntjie, kaalvoet, vaal, 'n kind
wat dwaal en soek - en vind.

Ken jy hom?
die eensaamheid, die swye wat staar
oor die stom stilte van hierdie wye altaar.

Ken jy hom?
die verlange na iets wat wyer kring
oor die stil vlaktes lê - en vrede bring.

Ken jy hom?
die hunkering na, die begeerte vir wysheid op die wind
waar 'n kinderhart al die antwoorde vind.

Ken jy hom?
die gees wat vryraak in die tyd
wat sweef oor eensame paaie - stil en wyd.

Ken jy hom?
as hy terugkeer en vreedsaam lyk
as hy geen vrae vra - net met ander oë kyk.

Ken jy hom?

~~~~~~~~~~~~~~~~~
kommentaar?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gaap...

Vr., 07 September 2001 10:03

...sug en poep kliphard.

Hier gaan boggerall aan...
___________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

'n Nuwe begin

Vr., 07 September 2001 21:47

Gisteraand het Safari vir die eerste keer, na twee lang weke, in 'n spieel
gekyk en sy nuwe gesig gesien. Net 6 jaar oud, alleen (net 'n oom by hom)
in 'n wildvreemde land ver van Mammie en Pappie af, en ongeveer 8/9
operasies wag vir hom - nommer een is agter die rug. Die groot glimlag op
sy veranderde gesiggie, en die duim in die lug opgesteek het die hele storie
vertel, en die dokters en verpleegsters het niks verder nodig gehad om vir
hulle te laat weet dat alles die moeite werd was nie. Ons het maar so
skuinsweg die trane weggevee, en saam met die mediese personeel drukkies en
soentjies geplant op die steeds effens misvormde gesiggie. Safari kon toe
die hospitaal tydelik verlaat, net om weer later terug te keer vir operasie
nommer twee.

Safari is een van die gelukkiges - deur Lions/Rotary gekies om mediese hulp
hier te kry. Daar is natuurlik duisende meer. Safari is in 'n huisbrand in
Kenia vermink: sy gesiggie was so verbrand dat daar geen onderskeid was
tussen gesig en nek nie, en sy mondjie was hier onder teen sy nek, en sy een
oog onder sy wangbeen. Heeltemal misvorm - hulle moes vel van sy dye neem
om sy nek en gesig te skei. Sy hand is 'n bal, vingers is net stompies -
dit sal in die volgende operasie hopelik reggestel word.

Sowat van dapperheid het ons lanklaas gesien, en so 'n stralende glimlag wat
harte laat smelt, loop mens min raak. Ons kan so baie van hom leer - hoe
min het ons werklik om oor te kla.

Gesondheid & boereraat | 6 kommentare

FAQ?

Vr., 07 September 2001 08:18

Wat is dit in Afrikaans?

Elk geval - aangesien elke nuusgroep sy eie een het, kan ons maar net sowel
ons eie unieke een opstel.
Ons moet net seker maak dat die volgende punte gemeld word:

1) Deelnemers kan beswadder word.
2) Deelnemers kan gevloek en uitgeskel word.
3) Daar is geen beperking op die vlak van vloekery en bewaddering nie.
4) Growwe rassisme word toegelaat.
5)Uitgediende politieke sienings moet met geduld gelees word, ongeag hoeveel
keer dit herhaal word, en geen kommentaar daarop is aanvaarbaar nie.
6) Sekere deelnemers mag spekuleer oor die geslag van 'n nuwe deelnemer, en
die nuwe deelnemer se woord of verklaring word nie aanvaar nie.
7) Woorde en sinne mag verdraai word- en dan vir die waarheid verkondig
word. Die oorspronklike deelnemer se besware word nie aanvaar nie.
8) Deelnemers mag nie uit vrye wil verskoning vra vir 'n ondeurdagte glips
nie - dit moet vereis word en daarop aangedring word uit Kanada.
9) Onder geen omstandighede mag daar ooit 'n webwerf opgestel word waar
deelnemers se verjaarsdae, fotos of ander interessante besonderhede bekend
gemaak mag word nie.
10) Waardering of kommentaar op interessante bydraes of snaakse grappe of
insette moet tot die minimum beperk word.
11) Behalwe vir gedigte en bydraes deur Hennerietjie en Reisiger, moet nuwe
onderwerpe tot die minimum beperk word. - ellelange drade, al word die
onderwerp van bespreking verander, is een van die hoofdoelstellings. Ons wil
die nuusgroep wees wat in The Guinness Book of Records gaan verskyn wat die
langste draad oor die langste periode laat voortgaan het.
12) Indien enige humor sou kop uitsteek, kan dit slegs in beperkte mate
toegelaat word - daarna word dit 'n ernstige saak, wat dadelik #1 - #5 in
werking stel.
13) Afrikaans is die voertaal van die groep. Deelnemers wat nie Afrikaans
magtig is nie, mag in hulle verkose taal skryf, maar antwoorde behoort
verkieslik in Afrikaans te wees.
14) Regstellings deur deelnemers i.v.m. taalgebruik en spelling word nie
aanvaar tensy dit nie met 'n paar vloekwoorde en beswaddering gepaard gaan
nie.
15) Enige poging van 'n deelnemer om op 'n redelike en vriendelike manier 'n
ander deelnemer se sienswyse te ondersteun, sal terstond versoek word deur
iemand uit Kanada om die nuusgroep te verlaat.
16) Op geen manier sal daar by die punt van bespreking gebly word as 'n
redelike ernstige kwessie aangespreek word nie. Binne ten minste 2 antwoorde
moet een of alles wat in punt 1 - 5 genoem word, in werking gestel word.
17) Daar moet gepoog word, waar enige kruispos voorkom, om so gou as
moontlik #1 - #5 in werking te stel, sonder om die ander nuusgroepe bo-aan
te verwyder.
Ons wil die hele internetwêreld moet weet ons laat nie met ons speel nie.
18) Indien 'n deelnemer verklaar dat hy/sy 'n doodsklok aan iemand se
poswerk gehang het, mag die persoon onder geen omstandighede te kenne gee
dat die doodsklok verwyder is nie. Dit is 'n klap in die gesig van die
persoon wat doodsklokke bymekaarmaak.
Ons is tog 'n vriendelike, rustige geselsgroep, en ons wil nie iemand
ongelukkig maak nie.
19) Daar moet gepoog word om soveel nuus as moontlik wat ter plaatse gebeur
op die nuusgroep bekend te stel, sodat die mense ver weg wat huis toe
verlang gerusgestel word.
20) Daar mag nie van die Kapenaars verwag word om lighartig te wees as dit
reen nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Wat dink julle

Vr., 07 September 2001 07:08

Ek het so rukkie terug die boek gelees van Rebecca Brown "He came to set the
captives free".
In wese het ek nie regtig 'n probleem met die boek nie maar daar is wel een
deel wat ek gladnie verstaan nie en dit veroorsaak dat ek nou so bietjie
skepties is oor die boek.

Dit gaan oor die deel waar sy met 'n engel in gesprek is, en waar sy
toestemming het om die engel enige vraag te vra. My probleem daarmee is nie
soseer dit wat sy gevra het nie maar eerder dit wat sy NIE gevra het nie.
Gaan dink 'n bietjie oor die volgende (En ek is seker julle sal self
duisende "meer praktiese" vrae self ook hê)

a. Daar is baie tekeninge van mense wat voor Jesus geleef het maar daar
is geen tekening van Jesus nie. Nou wat ek dink is dat Satan alle moontlike
bewyse van Jesus se lewe op aarde probeer verwoes, so nou het die vrou 'n
uitstekende kans om uit te vind waar in Egipte of iewers daar gegrou kan
word vir sekere bewyse, maar sy vra nie die vraag nie.

b. Vra al die vra oor die dinge in die bybel wat so bietjie "vaag" is en
waaroor daar baie gestry word, soos Noag se ark groote, Jonas en die vis,
ens ens ......Maar sy doen dit nie

Laastens en dit is seker die deel wat my die meeste pla is dat sy sê sy het
antwoorde op vrae gekry maar sy is verbied om dit aan die mensdom oor te dra
..... Is dit nie 'n lekker "backdoor" nie ?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vir Sakkie: Karringmelkpoering

Vr., 07 September 2001 06:19

1 k bruismeel
2 k karringmelk
1 k suiker
3 k soetmelk
3 eiers
1 e botter/margarien

Smelt botter en klop eiers en suiker daarby.
Voeg bruismeel en melk beurtelings by.
Die mengsel moet slap wees, soos vla.
Bak in gesmeerde bak in 'n stadige oond ( 350F) vir 1/2 uur.
Bedien met enige soort stroop.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    862  863  864  865  866  867  868  869  870  871  872  873  874  875  876  877    »]
Tyd nou: Vr. Mei 01 11:04:58 UTC 2026