Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nog 'n vragie

Do., 13 September 2001 06:33

Ivm met die skuldiges van WTC:
Ek hoop die Amerikaners is meer suksesvol as ons polisie - wat nou nog nie
steeds????) die bomplanters hier aangekeer het nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Werk oorsee

Wo., 12 September 2001 11:43

Iemand wie ek ken, sonder enige besondere kwalifikasies, wil graag vir
avontuur oorsee gaan werk. Enige land. Dit moet darem veiliger wees as SA,
so byna die hele wêreld kan... :-)

Hoe kan mens dit doen sonder om geld aan (onbetroubare) agentskappe te
betaal?

Ek het al gehoor dat dit nogal maklik is om vir twee jaar in Engeland te
werk. Hoe begin mens? Ek weet dat jy jonger as 'n sekere ouderdom moet
wees...
___________________________________________________________

Emigrasie & buiteland | 12 kommentare

Kom ons hoop dat nosradamus die pot mis sit.

Wo., 12 September 2001 10:43

" In the city of God there will be a great thunder, two brothers torn
apart by chaos, while the fortress endures the great leader will succumb.
The third big war will begin when the big city is burning "
--- Nosradamus 1654.

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Michaeltjie bankrot?

Wo., 12 September 2001 09:31

Ek hoor dat een uit elke vier besoekers aan die groot Michael Jackson show,
hulle geld wil terughê...

Hoor ook dat sy spending besig is om hom in te haal. Ergste is dat meeste
hiervan vir "swyggeld" gaan... O ja, dan hou hy nog van rondrits in sy eie
vliegtuig ook...

Ja, ou Michaeltjie, ons kom met niks hier in, en gaan met niks hier uit...
En nou dat jy wit is, moet jy ook nog harder werk vir geld... :-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

TV in 3D...

Wo., 12 September 2001 09:27

Skaars genoeg gespaar om 'n breëbeeld TV te koop, en nou hoor ek dat ons
binnekort 3D TV's gaan kry!

Okay, darem eers oor 5 jaar, en dan's my breëbeeld TV darem al verouderd!
:-)

Wat's volgende?
__________________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Resep: Wortel & Beet Brood.(koek?)

Wo., 12 September 2001 06:43

1 k suiker
3 eiers, geskei
2 k meelblom
2 t bakpoeier
1/2 t koeksoda
2 t karamel geursel
1 k kookolie
1 k fyn rou gerasperde wortel
1 k grof rou gerasperde beet
1 t fyn kaneel

Meng suiker en olie, en voeg eiergele een vir een by en meng goed na elke
geel wat bygevoeg word.
Voeg wortel, beet en droë bestandele by.
Voeg geursel by.
Meng goed.
Klop eierwitte tot styf en vou in
Gooi in uitgevoerde gesmeerde pan en bak 1 uur by 350F
Annette

Kos & resepte | 0 kommentare

vertaling in sotho

Di., 11 September 2001 17:38

voor mijn studie heb ik de vertaling nodig en in de inhoud van de volgende
begrippen in het SOTHO : opvoeding en onderwijs. Ik wil graag weten wat die
woorden betekenen in het sotho en hoe er tegen het opvoeden van kinderen
aangekeken wordt. Het hoeft niet heel erg uitgebreid, als ik maar weet wat
het inhoud. Ik moet het trouwens wel erg snel hebben.

hartelijk dank
Lisanne van der Meijden

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Afrikaans as wêreldtaal

Di., 11 September 2001 17:17

Hallo, Danielle,

Ofskoon slegs 'n goeie 5 miljoen mense die Afrikaans praat vind ek nie
dat die Afrikaans 'n klein taal is..
Ons moenie vergeet dat die Afrikaans 'n afgeleide taal is van die
Nederlands. Nederlands is eintlik al 'n baie oue taal en dis tewens 'n
taal met 'n baie omvangryke woordeskat. Nederlands is daarin selfs
beter as Engels: Nederlands ken byna vir alle begrippe wat eintlik
van die Latyn en Grieks afkomstig is 'n eie sinoniem. Dit bestaan nie
so in Engels nie. Daarby kom nog dat die sinonieme deur die bank
korter kan geskryf word. Ek vind Nederlands nog steeds natuurliker
as Engels of Frans.
Daarby is Afrikaans eenvoudiger as Nederlands. Afrikaans is 'n moderne
taal wat aantoon hoe ver ons kan gaan om 'n taal teenwoordig nog te
vereenvoudig. Ook is Afrikaans welluidend. Teenoor Afrikaans is
Engels die taal van 'n draak (met slegte tande).
Ek vind Afrikaners onderskat hulle taal te veel. Die kwaliteit van die
Afrikaans is enorm goed. 'N wetenkaplike verhandeling, in Nederlands
of in Afrikaans geskryf, is duidelik en bondig. Moet seker julle siel
nie aan die Engelsman verkoop nie. Moet promosie maak vir julle taal!
Dit kan lang duur maar as julle daarvoor veg sal die wêreld daarvoor
respek kry!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Danielle schreef:

> On Mon, 10 Sep 2001 17:48:32 GMT, gd3...@glo.be (*Sterrenkijker*)
> wrote:
>
>> Wel, ek glo nie dat die mense van hierdie nuusgroep hulle sou
>> uitgevloek hê. So ken ek die Afrikaners nie. Maar die Afrikaans
>> is teenwoordig tog 'n universele omgangstaal wat aan die mense
>> 'n beskaafde eksponent meegee, niewaar nie?. Daarom is ek baie
>> verwonder daar is nog steeds mense wat geen Afrikaans praat nie!
>
> Sies, jy's naar, :-)
> 'n Ware storie wat jare gelede gebeur het, en wat ek nooit sal vergeet
> nie. :-)
> Ek was deeltyds betrokke by een van die swart skole in een van die
> "townships". Moet net duidelik maak, dat ek nie 'n onderwyseres is
> nie, maar my betrokkenheid het te make gehad met rekenaars wat ons aan
> hierdie skole geskenk het, en my taak was om die outjies te wys hoe om
> briewe te skryf op die Internet en maatjies (? penpals) te maak met
> kinders van hulle ouderdom by skole hier in Amerika veral.
> Die kinders (meestal Xhosa sprekend) was geforseer om in Afrikaans
> skool te gaan. Dus was hulle Afrikaans en Xhosa baie goed, maar dit
> was moeilik vir hulle om in Engels te kommunikeer. En natuurlik moes
> hierdie briewe in Engels geskryf word.
> Hulle het hulleself oor die algemeen baie goed van die taak gewkyt,
> behalwe vir hierdie EEN seuntjie. Toe ek hom vra waarom hy in
> Afrikaans geskryf het, kyk hy my met sulke groot ogies aan vanuit 'n
> hoogte, asof ek sekerlik die domste mens was wat hy OOIT in sy
> lewetjie raakgeloop het. Sy antwoord was: "Want ALMAL verstaan
> Afrikaans."
> Nou ja...:-)
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die halwe orrel

Di., 11 September 2001 15:00

Die storie van die orrel:

Toe die gemeente in die vroeg 70's afstig en hulle toe hul eie kerk bou, was
daar nie R23000 om die orrel volgens spesifikasie te voltooi nie. Net die
helfte van die orrelpype en wat daarmee saamgaan, is toe geïnstalleer. Dit
het tot gevolg dat die orrel nie 'n gebalnseerde klank gehad nie. Dit kon
hard speel, maar dit was maar skree-erig. Dit kon sag speel, maar dan het
daar op sekere note 'n pyp saamgespeel wat die hele klankeffek opgemors het.
Speel daar 'n fluit saggies in die swelkas, dan sal hier vanaf 'n skere noot
op die manuaal sommer 'n "mikstuur" of klaroen saambrom vanuit die groot
kas! Heel ongebalanseerd.
So is daar dan toe kwotasies aangevra, en die R8000 van 1976 het toe in 1992
die bedrag van R120000 geword.
Maar dit was 'n gestoei.

So is die orrelbouers toe al aan't werk aan die bykomende pype, en het hulle
toe reeds die "basuin" register geïnstalleer. Daar word 'n lofsang gesing
na die kollekte, en Nina gebruik toe die Basuin in haar register stelling.
Natuurlik klink dit toe heel anders en luid. Amper soos daai gevoel as die
kerk so bewe soos die lae note gespeel word. Gryp een van die ouer omies
kerkraadslede die dominee na die tyd in die konsistorie:
"Dominee, ek sien nou dat ons maar die orrel sal moet laat klaar maak. Ek
kon nou ook hoor dat hy darem regtig snaaks beginne klink." En dit nadat
die Kerkraad toe alreeds hoeveel maande lank besig was met
geldinsamelings...:-))

Die orrel is toe voltooi, en behoorlik "ingespeel" Oom Pieter vd
Westhuisen van die Konserve het die gemeente sang die Sondag aand gelei, en
Wilna Prekeldt het die meer "hogere" speelwerk na die diens gedoen as deel
van die inwyding.

Thys oppie Bos (denkend aan die tragedie wat hom nou in New York afspeel)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

World trade centre

Di., 11 September 2001 13:45

Hoor die WTC is so pas deur twee vliegtuie aangeval... Na die eerste
vliegtuig het hulle gedink dit was 'n ongeluk, maar 20 minute later toe tref
die tweede.

Daar's niks meer bekend nie.

Sal vanaand op die nuus wees. Julle moet kyk. Die Amerikane kon glo live
sien toe die tweede vliegtuig die gebou tref... Ons sal maar die replay kyk.
________________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Bladsye (1834): [ «    859  860  861  862  863  864  865  866  867  868  869  870  871  872  873  874    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 04:04:25 UTC 2026