Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuus 16/11.

Vr., 16 November 2001 11:54

Een van ons geliefde skrywers, Jan Rabie, is gister, een dag na sy 81ste
verjaarsdag, dood.
Hy was besing deur André Brink as die persoon wat eiehandig die manier van
skryf in Afrikaanse prosa omgeswaai het.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Lekker fals-lafs

Vr., 16 November 2001 11:51

Ek praat nou van die sogenaamde uitspraak van ons wonderlike, eerlike,
onskuldige parlementariërs ivm die wapen - wat?
Ons kan dit mos nie meer skandaal noem nie - hulle sê dan daar is op dees
aarde niks verkeerd met die hele gemors nie.
Tony Yengeni moes iets anders verkeerd gedoen het wat die Prez ongelukkig
gemaak het dan - want hy is toe nie gisteraand weer as hoof-sweep
heraangestel nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Healdtown

Vr., 16 November 2001 07:47

Gloudina,

Jy het gevra of ek al op Healdtown was. Ja, baie jare gelede. Kort na
ons aankoms in die Oos Kaap het ons nogal graag die omgewing verken.
Hier is baie mooi plekke (klowe en valleie) wat mens nie van die
grootpaaie af kan sien nie. Na 1976 kon mens nie en deesdae is die
paaie te sleg.

As mens nou van Fort Beaufort na Healdtown toe ry is daar links op die
eerste bult Cape College (onderwysers) en net so katspoegie verder,
Thubalethu, 'n kosskool vir swart leerlinge. Die College is 'n
sprekende voorbeeld van 'n situasie wat mens seker net in die NRSA kan
kry. Volgens 'n departementele besluit neem hulle die afgelope twee
jaar nie meer studente in nie, maar die hele kontingent personeel is
nog daar, van Rektor tot skoonmakers. En hulle word betaal! Daar is
ook nie meer elektrisiteit of werkende telefone nie weens onbetaalde
rekeninge. Wat snaaks is, is dat die personeel baie getrou, elke
weeksoggend om half 8, werk toe gaan. Dan maak hulle maar glo koffie
(op gas!), sit so bietjie rond en gaan dan maar weer huistoe. En dan
is daar ook nog die geboue en toerusting wat miljoene werd moet wees.

Drom

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ingrid Jonker - Lied van die lappop.

Vr., 16 November 2001 07:41

INGRID JONKER

uit Versamelde Werke (Perskor 1975)

ONTVLUGTING (1956)
vir Abr. H. Jonker

LIED VAN DIE LAPPOP

Ek is die lappop wat nie praat
en maak net op jou liefde staat

Saans lê ek blind en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof

My hande roer nie en my lyf
word met jou weggaan koud en styf

Sonder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop

en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedmoeds verbrand en daaroor lag.

Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees.

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n Snaakse ding....

Vr., 16 November 2001 07:21

...het nou die dag hier by ons tydens 'n vergadering gebeur. Dinge het
redelik warm geraak en "Managemant" het bietjie flack gekry. Dis toe
dat 'n jongerige outjie opstaan en die volgende se: "Mens kan 'n
korporatiewe struktuur met 'n boom vol apies vergelyk. Heel bo is die
hoofaap, net onder hom die 2 IC's en dan laer af die ondergeskiktes
namate die boom wyer word. Die wat van bo af ondertoe kyk sien net
glimlagte, maar die wat van onder af boontoe kyk, sien net poepholle."
Ek hoor hy is glo "ingeroep."

(Dit was in Engels, maar ek het dit spesiaal vir Ta' Hessie vertaal
;))

Terloops, ek sien roekeloos.co.za se nuutste toevoeging tot hulle
Roekelose Woordeboek is dat die Afr vir "asshole" (hoekom
Amerikaans?), plooi-oog is. Klink sagter :-)

Nog 'n terloops: Annette, as jy roekeloos nie ken nie gaan loer
bietjie daar in. Hulle het nogal 'n lekker wynrubriek.

Drom

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Raai, dis saai gewaai

Vr., 16 November 2001 07:15

skryf in boodskap news:3BF2FCE0.646C5B9@home.com...
> Piet Pompdonkie wrote:
>
>> Antie lyk my jy wil my traai
>> Antie Antie dis tog so fraai
>> Maar voor ek groet en finaal waai
>> Wonder ek wat rym met waai?

>> Piet Spruitdrifdonkie

> Wat de joos?
>
> Tant Hessie Poirot

Antie wonder wat de joos
Amper word sy effe boos
Antie het verkeerd geraai?
Die ding wat rym is maar net saai

Piet Rymdonkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Geen gevegdonkie nie

Vr., 16 November 2001 07:15

skryf in boodskap news:3BF3BECF.D1A8DB20@home.com...
>> Tinkerbell wrote:

>> Met 'n liefdesdriehoek sou ek dalk saam kon leef
>> maar hierdie ding trek nou lelik skeef

>> Ons baklei dalk almal oor 'n oom met 'n HOUTkierie
>> ek vra myself watse faait is dit hierrie

> Nee, Tinkerbell, as die Pompdonkie is wie ek dink
> hy is, dan is hy worth fighting for.
> Tant Hessie.

Maar natuurlik Hessie jong
is ek 'n oulike klong
Maar 'n faait is nie wat ek soek
net 'n los geluk om die hoek

Piet Losdonkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die wet van Transvaal ...

Vr., 16 November 2001 05:10

ABSA Internet Diens Verskaffer nie meer gratis vir nie-Absa kliente
ABSA verduidelik dat hul gratis Internet diens sal gratis bly vir Absa
Internet bank lede, maar nie Absa lede het drie maande om 'n nuwe Internet
Diens Verskaffer te kry.

-----

ABSA ISP will charge non customers
ABSA has clarified that their free Internet service will remain free but
that users need to be Absa online banking customers. Non ABSA members will
be given three months to find a new ISP. - http://www.biz-community.com -
16/11/2001.

Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save!
128k ISDN now available!
http://www.artslink.co.za
from only R89/month
incl FREE ACEmail.

TJ

--

The South African Arts, Culture and Entertainment Hub

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

IAWMD Golden Web Awards May 2001

Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save!
http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wapentransaksie - Swart reaksie

Vr., 16 November 2001 05:03

Wat is die reaksie onder voetsool swartes mbt die verslag rakende die
vermeende wapentransaksies-bedrog?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Toon

Do., 15 November 2001 20:40

Toon Hermans is onlangs overleden ..hij was in hoofdzaak een
conferencier.....in NL heel bekend.
Hij maakte ook liedjes en gedichten.

*****

Als het rouwrumoer rondom jou is verstomd,
de stoet voorbij is, schuifelende voeten,
dan voel ik dat er een diepe stilte komt,
en in die stilte zal ik jou opnieuw ontmoeten.
En telkens weer zal ik je tegenkomen,
we zeggen veel te gauw, het is voorbij,
Hij heeft alleen je lichaam weggenomen,
niet wie je was, en ook niet wat je zei.
Ik zal nog altijd grapjes met je maken,
we zullen samen door het stille landschap gaan,
nu je mijn handen niet meer aan kunt raken,
raak je mijn hart nog duidelijker aan.

- Toon Hermans -

*******************
Sterven doe je niet ineens
maar af en toe 'n beetje
En alle beetjes die je stierf
't is vreemd, maar die vergeet je
Het is je dikwijls zelfs ontgaan
je zegt ik ben wat moe
Maar op 'n keer dan ben je aan
je allerlaatste beetje toe

- Toon Hermans -

*************************
Een van de teksten zijn liedjes de melodie helaas niet
==================
Mijn liefdesliedje is gemaakt
Van lachjes die jij lacht
Van warme broodjes bij ‘t ontbijt
En kleine stukjes nacht
Van stiekem zitten kijken,
Ik naar jou en jij naar mij
En van de appels op de tafelsprei
Vier maten glimlach,
Vier maten droef
Vier maten sofa,
Vier maten poef
Vier maten blij zijn
En vier maten rouw
Dat is m’n liedje voor jou
Mijn liefdesliedje is gemaakt
Van schemerlicht en zon
Van kussens, warme dekens
In een ligstoel op bet balkon
Van kleine lieve woordjes
Die geen ander ooit zo zei
En van de appels op de tafelsprei
Vier maten winter,
Vier maten warm
Vier maten rijk zijn,
Vier maten arm
Vier maten mistig,
En vier maten blauw
Dat is m’n liedje voor jou
Mijn liefdesliedje is gemaakt
Van kleine stukjes zoen
En van papieren vliegers,
Kinderstemmen in het groen
Van bladeren van september
En een sterrennacht in mei
En van de appels op de tafelsprei
Vier maten heide,
Vier maten kust
Vier maten forto,
Vier maten rust
Acht maten liefste,
Vergeef het me nou...
Dat is m’n liedje voor jou...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    825  826  827  828  829  830  831  832  833  834  835  836  837  838  839  840    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 18:40:50 UTC 2025