Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Raad met rad

Do., 29 November 2001 22:38

Wouter:
> Jammer Ta' Hessie van die Taalibandjies, daardie volksetimologie
> is afgehandel. "Rad" kom nie in moderne woordeboeke voor nie.
> Methinks the lady doth protest too much...

Gloudina
Wel, Wouter, toe ek vir my man hierdie storie
vertel, toe sê hy dis definitief "rad voor die oë
draai." Dis soos hy dit in die skool geleer het.
Ek vertel toe vir hom die Idiome-boek praat
net van "rat voor die oë draai." Toe sê hy hulle
is verkeerd.

Wouter
Ek het 'n Afrikaanse onderwyseres se opinie gevra. Sy sê jou man dop. Sy het
gaan naslaan en sê die woord "rad"oorleef slegs in enkele taamlik onbekende
frases, soos bv. "galg en rad aanmekaar praat", 'n uitdrukking wat ek nie
ken nie. Wat sou die oorsprong daarvan praat, dit beteken bllykbaar om baie
te praat. Vandag sal ons seker sê "hond uit 'n bos praat"

So dit was blykbaar dekades gelede gangbare Afrikaans gewees, maar dit is
nie meer nie. Dit kwalifiseer nou as 'n gewone spelfout. Die Afrikaanse
woord "rat" het ook die betekenis van 'n outydse martelwieletjie (ook van
radius afgelei?) en dus blykbaar die een wat hulle so voor jou oë draai. Ek
lei af dis rad in Nederlands?

Wat sou die Nederlands vir 'n rat wees, daardie wiel met tande wat in Engels
"gear" genoem word? Interessant, die Duitse woord "rat" spreek hulle raat
uit en dit beteken raad, soos in 'n dorpsraad. Sou dit ook 'n sirkel-afkoms
hê?

Gloudina
En ons Afrikaanse woordeboek het die woord "rad"
maar sê dan mens moet kyk by die woord "rat."

Wouter
Maar wanneer is hy uitgegee?

Gloudina,
of bietjie daar by die Afrikaanse professore rondvra
in Stellenbosch en sien of hulle "rad voor die oë
draai" uit en uit sal verwerp as 'n geldige uitdrukking
in Afrikaans.

Walter
Die dame wat ek gevra het het haar nagraadse studie
daar gedoen. Die antwoord is klaarblyklik ja, die
spelfout sal beslis gekorrigeer word.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Geen raad met rad

Do., 29 November 2001 17:51

Jammer Ta' Hessie van die Taalibandjies, daardie volksetimologie
is afgehandel. "Rad" kom nie in moderne woordeboeke voor nie.
Methinks the lady doth protest too much...

Wouter, die eenvoudige plaasvark, wat 'n
gebokkerde rat herken as hy hom sien.
En weet dat 'n rat rond is en om sy as draai.

skryf in boodskap news:3C0667BA.BD27E026@home.com...

>> Thys, jy draai geen rad voor enige oë meer nie.
>> Steek jou hande in die lug (of in die lig soos
>> Kekkel sê) en gee oor, man.

> Annette
> Dis Tinkerbell wat met haar vinger in die lig staan.:)

OK. Hulle is soos vinkel en Koljander.
Tant Hessie

Net soos 'n rat en 'n rad?
Wouter

Woutertjie, my dier, kom ons bekyk die sakie. Dit
is wel waar dat my boek van Idiome en
idiomatiese uitdrukkings net van " 'n rat voor die
oë draai" praat. Maar ons Afrikaanse woordeboek
dui aan dat daar 'n woord "rad" is, wat 'n alternatiewe
vorm "rat" het. In Nederlands is die uitdrukking
definitief " een rad voor oogen draaien." Sien,
hierdie ding wat voor die oë gedraai word, is nie
iets soos 'n rat in 'n ratkas nie, maar 'n ronde ding.
(Familie van die woord "radius." )
Wat rad na rat verander het, is 'n proses van
"volksetimologie." Mense het nie meer die woord
"rad" gebruik nie, en het oorgeslaan na "rat" wat
vir hulle meer bekend geklink het. Dieselfde proses
wat in "waar dawid die wortels gegrawe het" aangaan.
Die woord is eintlik die San woord vir wortel "davib"
maar dis vervang met die meer bekende "Dawid" wat
mense uit die Bybel ken.
So eintlik moes jy tweekeer gedink het voordat jy
jou stokkie optel om tant hessie oor die kneukels te
slaan. Wie van ons is nou eintlik reg?

Tant Hessie van die Talibande.

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Joe Modise

Do., 29 November 2001 16:06

Ons sal hom beter onthou sy skelmstreke met die Coega projek waaruit hy honderde miljoene Rand vir homself uit belastingbetaler geld gemaak het.
Coega, wat 'n Wit Olifant is, is maar net een van sy skelmstreke. Daar is nog vele andere soos oa. die voorsiening van straler enjins aan die weermag.

So sal gekyk word na die rampspoedige Operasie Boleas in Lesotho, die drastiese afskaling van die Weermag, die onsuksevolle Spesiale Diensbrigade, die ontevredenheid van MK en Apla lede wat nie in die SANW opgeneem kon word nie, die lae peil van dissipline en moreel, ens.

Hy was maar net nog 'n skelm wat gekom het om ons te beroof onder die naam "Vryheidsvegter".

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nasionale Sport

Do., 29 November 2001 16:00

Humansdorp

"Die grusame moord op en verkragting van `n 14-jarige meisie van Kruisfontein het weer die behoefte onderstreep dat aandag dringend gegee moet word aan die toenemende geweld teen jong kinders in Suid Afrika".

" Toiletpapier is in haar keel afgedruk, haar onderbroekie in haar mond gestop en met haar eie sweetpakbroek toegebind".


Nog EEN ????

3 het haar verkrag en vermoor.
Haar buik is met `n kapmes oopgekloof waarna sy herhaaldelik verkrag en daarna vermoor is.
Die gemeenskap dreig nou om self die "barbare" reg te help.

Hoe de hel kan julle nog sê " Dit gaan voorspoedig" met die reënboognasie in die nuwe SA.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Eienaardige pamflet.

Do., 29 November 2001 14:49

Kry vandag in die posbus 'n eienaardige pamflet.
Ek bly mos nou hier in Vredehoek, waar vrede heers.
Die Pamflet is om mense uit te nooi na die Geloftefees en Boere-oorlog
herdenking - 14 - 16 Desember by die Wemmershoek Voortrekkerkampterrein.
Nou, ek kan onthou toe ons klein was - hoe ons gesit en sweet het en
lusteloos in die grond rondgekrap het terwyl manne met swart hoede ure lank
gepraat het oor goed wat ek nie in belangstel nie.
Ons het almal met piekniekmandjies gegaan, en behalwe vir dit en die paar
sente vir pertrol om daar te kom, het dit ons niks meer gekos nie.
Ek sal nou nie uitwei oor wat aangebied gaan word nie - die wat wil weet kan
vra - maar hierdie hele storie gaan oor geld.
Janee, wie sou kon raai?
Eerstens is daar 963 kaartjies gedruk - glo die aantal dae wat die
Boere-oorlog geduur het - met die datum en wat watter prominente gebeurtenis
op daardie dag plaasgevind het.
As ek gaan, sal ek die kaartjie wil kry waar daarin staan,
Byv. 16/10/1899:
Niks.
Die kaartjieinkomste is nie genoeg nie.
Nee, daar is nog goed wat gekoop moet word ter stawing van fondse:
1) 'n Chronologie van die 2de Vryheids-oorlog.
Die boek word nie verkoop nie - nee - dit word gegee aan diegene wat 'n
R2500 donasie gee.
Seremoniële vlae ( van R200 - R25),
Gedenkfakkels - R200
Afdrukke van Gelofte - R40
Verblyf in die kamers - R35 pp pd.
Dagbesoekers - R15 pp pd
Ek dink ek gaan maar net hier in Die Tuine die gebeurtenis herdenk soos al
die vorige jare - ek het rus vir my siel, en dit kos my niks.
Waarvoor sal mense nog stormvlae wil koop?
Ek vra maar - ek het aangeneem ons is al laaaaankal verby daardie tipe van
herdenking.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kaapstad via Duitsland

Do., 29 November 2001 10:58

Besoek 'n webwerf in Duitsland en sien Kaapstad (Tafelberg).

http://www.kapstadt.de/livecam.htm

Nogal goed vir vlugbeplanning - nou kan ons sien of die suidoos waai voor
vertrek.

TJ

--

The South African Arts, Culture and Entertainment Hub

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

IAWMD Golden Web Awards May 2001

Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save!
http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Thys en Piet

Do., 29 November 2001 09:15

Thysie, het Pompie nou al vir jou geskryf oor ons bekendstellingspaartie vir
hom?
Hy is nou skielik net stil, noudat ons sy maskertjie wil afhaal, as
verskoning om partytjie te kan hou.
Miskien het hy getrek na hoër weivelde:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Hessie se kon vir masie

Do., 29 November 2001 08:41

"Konfirmasie" is sommer vrotsige Afrikaans, Hessie. Lyk my daai agt maande
se winters begin nou sy tol eis!!

O, die konfirmasie
oor die vrotsige
konsternasie
oor ou dd dier
so min sidder en tier
oor ego's en eggos

Die influd van die kanadees
raak heel opmerklik
glad nie bedees
anglisisties oorgesit
nie eens vertaal
of goed 'geleen'
sommer net soos hy kom
oor Hessie se stekeltong:
"konfirmasie"
as ons so spreek al hier
sal ons eendag gou
kan sê
ons taal was hier
maar ook nie meer
hy's heel weg
gekonfirmeer
wil jy nou meer
ek kry sommer skoon die ritteltits
en aliterasie en informasie op die stasie
oor gesegdes wat nie meer gewas word
in die bysin voorwerp onderwerp en doel
watdehel het sy bedoel

Maar Hessie meen
's tyd om vakansie te neem
en haar die plesier ontneem
om mense te vervreem
wat hier hul deel wil neem
en hul deel wil deel
dit kan haar maar min skeel
en ons raak soms van haar
vol tot by die keel
(en laer-af)

maar dis Hessie se domein
soms gee sy ons 'n helse pyn

maar soms is sy orraait
as sy net tog goeie
afrikaans
wil gebruik
soms

Maar sonder Hess
die Antie van Gloudiniaan
sal dit stil wees hier
waar's Emmy heen?
stil-stil in Hollands
heen gegaan?

Met so lang relaas
oor konfirmasie en konsternasie
en watter ander -asie
kan ek amptelik hier en nou
gegewe onder my hand aldus en nou
convirmeer
en kon vir minder
dit is die einde
van my relaas
oor kon vir maas!

Thys oppie Bos (waar anners my bra')
skryf in boodskap news:3C057DD3.AB17AF4C@home.com...
> konfirmasie te probeer soek, ego-streling te
> probeer soek. As dit is wat jy op hierdie nuusgroep
> soek, is dit tyd dat jy bietjie vakansie neem. Tant
> Hessie is hier met 'n paar baie spesifieke doele voor
> die oog. Sy gebruik die nuusgroep, en kry konfirmasie
> dat sy haar doel bereik byna daagliks. Sy is nie hier
> vir enigiemand se goedkeuring nie.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
> As jy nie die hitte kan verduur nie, gee pad uit
> die kombuis.

Van Hotazel seker swaer! Of is dit nou van Agtertang s'n?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Kersfees Blues?

Do., 29 November 2001 05:33

Wat gaan aan?
Wil ons Prez 'n rustige Kersfees hê?
Eers moes ons hoor dat ons net voor Kersfees 'n verslag gaan kry oor die
beweerde moordkomplot wat in April uitgeklaar is. Vir wat?
Dan moet ons hoor dat onse Prez se raadgewers vir hom nou toestemming gegee
het om nou skielik uit die bloute vir arme Zimbabwe uit te vreet oor hulle
ekonomiese beleid en bankrotpolitiek. Het iemand na-aan die Prez se oor vir
hom gefluister dat die besluit oor stille diplomasie nie so lekker werk nie?
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die toekoms van Suid-Afrika

Wo., 28 November 2001 22:06

Hallo, elkeen,

Ek sou gaarne julle visie verneem het oor die ekonomiese toekoms van
Suid-Afrika. Ek weet julle land is in 'n ekonomiese krisis en ek het
dieselfde vraag al 'n paar jare gelede op hierdie nuusgroep gestel.
Toe was niemand in SA baie optimisties. Is dit nog steeds so? Is die
situasie verbeter en is daar by julle weer 'n vertroue of gaan alles
nog steeds bergaf? Ek het vandag van 'n reisiger verneem dat oor
vyf jare in SA ditselfde gaan voorval as in Kongo, wat vroeër by
België was en waar ekself ook leef.
Sou baie reaksie wil kry van julle en sal dit seer waardeer.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    818  819  820  821  822  823  824  825  826  827  828  829  830  831  832  833    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 18:40:36 UTC 2025