Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hamsters

Di., 11 Desember 2001 14:15

My jongste meisiekind boer met hamsters en die eerste kleintjies is gereed
om verkoop te word. Die wyfie is weer dragtig (die ander is slegs 20 dae
oud) met die volgende stelletjie. Ons sit toe met sekere vrae en kry toe
sowaar 'n nuusgroep oor hamsters.

Wat so amusant is oor die nuusgroep is dat hulle net sit en babbel oor die
een en daai een se hamster wat dood is. Die goed leef net so een en 'n half
jaar tot maksimum twee en 'n half jaar. Darem word die begrafnis nuus (wat
dalk so 50% van die ng se nuus beslaan) afgewissel met nuus van nuwe
werpsels, sommer 3 tot 12 (en selfs meer) kleintjies op 'n slag.

Troeteldiere | 2 kommentare

Re: @rogers.com was: Kinderverkragting - Apartheid se skuld.

Di., 11 Desember 2001 14:07

nee wat, vandat sy @rogers.com is is sy te "fancy" om met ons te gesels.
Kom tant Hessie watse nuus het jy vir ons?

Ons kan oor die weer ook gesels...hier reën dit soveel, die koring kan nie
van die lande af nie en die mielies kan nie gesaai word nie. Mielies se
pryse sal weer hoog wees (of is dalk al). Aartappels het hulle laas gesê
gaan draai by R40 per sakkie.

Spook skryf in boodskap news:9v535n$o34$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Miskien kan tannie Gloudina die verduideliking gee vir mnr. Zuma se
> antwoord. Sy is mos mooi ingelig daar oorkant
>
>
> Annette wrote in message
> news:9v4rlp$chdc5$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wel Kaatjie - as ek sulke vrae van oorsese vriende kry wat die nuus sien,
>> dan het ek 'n soort van bybelse antwoord.
>> Vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle sê nie:)))
>> Annette
>>
>>
>> Kekkelbek wrote in message
>> news:3c15d2bb.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>> Annette wrote in message
>>> news:9v4bb4$cocj2$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Nou is daar al ten minste twee totale gekonfoesdes:))
>>>> Ons kan 'n Konfoes beweging stig :)))
>>>> Nee, die strawwe gaan glo nie swaarder word nie, maar hulle wil hê
dat
>> die
>>>> bewyse wat in die hof benodig word minder streng moet wees.
>>>> Ek sê julle- ons poitici dink heeltemal in ander rigtings as wat
> normaal
>>>> is:)
>>>
>>> en jy meen hulle 'd�nk'. Ek het hulle van die begin af 'n regverdige
> kans
>>> gegee. Ek weet hulle het in ander omstandighede as ons groot geword
en
>> sal
>>> weet wat hul mense nodig het en sal met die hulp van kundiges dit
> regkry.
>>> Toe die eerstes so flop onder Mandela, was ek so naief om te dink
Mbeki
>> sal
>>> wel slaag. Wat 'n teleurstelling! Hulle dink nie. Indien hulle wel
> die
>>> slag dink, neem dit so lank om 'n oplossing te kry, dat teen die tyd dat
>>> hulle die oplossing gevind het, het hulle al vergeet wat die probleem
> was.
>>>
>>> Die ergste van alles is dat my kinders lag vir ons politici, want selfs
>>> hulle kan besef die ouens praat snert. My dogter is tans in Duitsland
> en
>> ek
>>> is bekommerd oor wat sy aan die mense moet sê/verduidelik wat ons
>> regeerders
>>> aanvang.
>>>
>>>> Wat die nuusberig vanoggend nog meer ironies maak is dat in
> aansluiting
>>> met
>>>> die verkragtingstorie word daar vertel en gewys dat ons 11 tronke
>>> heeltemal
>>>> oorbevolk is.
>>>> Sjeim.
>>>> Sou niemand nog gedink het aan 'n stuk kaal grond met 'n afdakkie en
> 'n
>>>> elektriese draadheining om dit nie?
>>>> Dan kan hulle lekker buite speel of werk elke dag in ons wonderlike
>>> sonskyn,
>>>> en elke nag tente opslaan op hul speelplek om te kan slaap.
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> Spook wrote in message
>>>> news:9v4987$edg$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > Hel boet hulle verbaas my net elke dag meer en meer. Hy sal dit
> beslis
>>> aan
>>>> > my ook verduidelik. Dis nie dat daar nou so baie verkragtings is
> nie,
>>> dit
>>>> > was nog maar altyd daar. Die media gee dit ten minste nou nt 'n
>> bietjie
>>>> meer
>>>> > dekking as voorheen. Ek blameer dit op die siek minds van die
> "diere"
>>> wat
>>>> > die tipe goed doen. En wat gaan oom Jakob miskien daaraan help doen,
>>>> beslis
>>>> > nie strenger wette vir straf oplegging maak. Hy gaan staan en
> blameer
>>>> > apartheid. Donner dis nou slim.
>>>> >
>>>> > Groete Spook
>>>> > Nou toet en taal gekonfoes deur alles.
>>>> >
>>>> > Annette wrote in message
>>>> > news:9v474s$ct6k7$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > > Dis is nou offisieel - gister onder groot handeklap verklaar
deur
>>> Jacob
>>>> > > Zuma - die Vise- Prez -
>>>> > > Hierdie vlaag van kinderverkragting wat nou deur die land swiep is
>>>> > apartheid
>>>> > > se skuld.
>>>> > > Zuma is 'n laterale denker by uitnemendheid - as hy nou net 'n
>> bietjie
>>>> tyd
>>>> > > wil neem en ons stadige denkers stap vir stap kan verduidelik
hoe
>> hy
>>>> die
>>>> > > kloutjie by die oor gebring het, sal ons dit almal mooi verstaan,
>>>> > verseker.
>>>> > > Annette
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ek bedank. ('n e-pos)

Di., 11 Desember 2001 06:51

Hiermee wens ek my amptelike bedanking as volwassene in te dien.
Ek het besluit dat ek eerder weer die verantwoordelikhede van 'n
agtjarige wil hê.
Ek wil by McDonald's gaan eet en dink dis 'n vierster-restaurant. Ek
wil my voete swaai in die kerk, en my neus teen die venster druk as
dit reën.
Ek wil met Vicks ingesmeer word as ek siek is, en op my maag op die
grond lê en die miere bekyk. Ek wil kaalvoet in vars modderpoele trap
en met
een voet op die randsteen loop. Ek wil met 'n stok langs 'n
tralieheining
af loop en dit oor die tralies trek.
Ek wil glo dat Smarties beter as geld is omdat mens dit kan eet. Ek
wil
in 'n Kareeboom klim, en saam met my vriende geheime bendekodes
uitwerk.
Ek wil plat op my rug op die gras lê en engele en drake in die wolke
sien.
Ek wil teruggaan na die tyd toe die lewe eenvoudig was: toe kleure
en maaltafels en simpel rympies al was wat jy nodig gehad het om te
ken.
En dit het jou nie eers gepla nie, want jy het nie geweet wat jy nog
moet
leer nie - jou lewe vorentoe het jou in elk geval min geskeel.

Ek wil nog glo dat die lewe regverdig is.En dat almal eerlik en goed
is.
En partykeer bedoel wat hulle sê, en partykeer nie.
Ek wil glo dat alles moontlik is.Ek wil onbewus wees van die
ingewikkeldhede van die lewe en weer ooropgewonde raak oor klein
goedjies.
Ek wil weer eenvoudig leef.
Ek wil nie meer hê my dag moet bestaan uit netwerk - of
hardeskyf-probleme,
berge papierwerk, neerdrukkende nuus, hoe om meer dae in die maand te
oorleef as wat daar geld in my rekening is,
doktersrekeninge,skinder,siekte en verlies van geliefdes nie.
Ek wil nie meer skuldig voel omdat ek nooit by my vriende of die
'gym'uitkom nie. Ek wil graag glo in die krag van 'n glimlag,'n stywe
druk, 'n bemoedigende woord, die waarheid,
geregtigheid,vrede,drome,my verbeelding, die mensdom, en 'n groot hand
wat myne styf vashou.

So...hier is my tjekboek en my karsleutels, my kredietkaartstate en
my belastingvorm.
Ek bedank nou amptelik uit volwassenheid uit.
En as jy hierdie ding verder wil bespreek, moet jy my eers vang, want:
"TOUCH!!!!!"
Jy's aan!!!!!
En jy kan my tog nie vanggggg nie, Pê-Wêêee!!!"

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Kinderverkragting - Apartheid se skuld.

Di., 11 Desember 2001 05:51

Dis is nou offisieel - gister onder groot handeklap verklaar deur Jacob
Zuma - die Vise- Prez -
Hierdie vlaag van kinderverkragting wat nou deur die land swiep is apartheid
se skuld.
Zuma is 'n laterale denker by uitnemendheid - as hy nou net 'n bietjie tyd
wil neem en ons stadige denkers stap vir stap kan verduidelik hoe hy die
kloutjie by die oor gebring het, sal ons dit almal mooi verstaan, verseker.
Annette

Koeitjies & kalfies | 153 kommentare

Vir Gloudina oor Lina Spies.

Ma., 10 Desember 2001 13:46

Hallo Gloudina,
Ek het 'n vraag oor 'n gedig van Lina Spies waarvan die titel iets is soos
'Die dood van Ri�tte' - ek het net twee strofes daarvan. Ek wou vra : 1. het
jy dalk die hele gedig en 2. handel dit oor 'n padongeluk.
Met net die twee strofes kan ek dit nie uitmaak nie.

Baie dankie vir jou hulp en hier's die twee strofes :

> So is dit reg: vir jou was donker net
> die leeu wat swart en vriendelik saans
> kom snuif het aan die agterdeur
> terwyl die kinders van die buurt die oë rek.

> Jy was hart-vol, sag en klipdas-warm,
> maar weerloos teen die pad, die teer, die grond
> dat tussen al die draad en harde staal
> net jou handjies met gewone groefies oor kon bly.

Groete,
Hilda.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Adres

Ma., 10 Desember 2001 08:35

Vrydag was dalk my laaste werksdag, dus sal my adres hierbo nie meer werk nie.

Groete, Drom

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Duitsland

So., 09 Desember 2001 16:46

Hallo Almal,

Net om te sê my meisiekind het veilig in Duitsland geland, haar e-pos borrel
oor. Sy sê dis koud en dit gaan nog baie kouer word. Sy het nou 2 weke
saam met almal na die skool (en sien vreeslik daarna uit!) en moet met die
trein ry. Maandag sal sy by die winkels vir eksta klere moet gaan kyk, soos
julle aanbeveel het.

Shannon

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Ford Bravo

So., 09 Desember 2001 13:03

Hi Jaak,

Ze rijden bij Bravo echt niet meer met een Ford. Zie hun site:
http://www.rijschool-bravo.myweb.nl .

CU,

Jan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wanted : Malherbe, D.F. Du Toit, 1966, Stamregister van die Suid-Afrikaanse Volk

Sa., 08 Desember 2001 20:31

I would like to buy a copy of this book. Does anyone have one to sell
or know where I can look for a copy to buy ?

I will also consider other titles by this Author

thanks

Brett

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DD

Sa., 08 Desember 2001 20:21

waar's DD?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    813  814  815  816  817  818  819  820  821  822  823  824  825  826  827  828    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 18:11:31 UTC 2026