Op die hakke van die aanvanklike euforie oor die nasionale matriekslaagsyfer
van 61,7 persent, ''n styging van 3,8 persent bo verlede jaar, kom die nou
al amper onvermydelike regstellende waarheid aan die lig. Die hoër
slaagsyfer is nie aan beter onderrig te danke of dat soveel kinders soveel
beter presteer het nie. Daar is met die punte gepeuter om dit moontlik te
maak.
Natuurlik is daar baie kinders wat werklik goed gedoen het, selfs
buitengewoon gepresteer het. Hulle word werklik meer bevoordeel deur
die outomatiese aanpassing van die jaarpunt met tussen 5 en 10 persent.
Veral swakker kandidate word egter bevoordeel deurdat 'n aansienlike aantal
wat andersinds nie sou slaag nie, deur die pasellapunte oor die slaaglyn
gedruk is.
Voorste onderwyskenners bevraagteken die slaagsyfer. Hulle wys ook tereg
daarop dat dit kwalik as 'n geloofwaardige weerspieëling van die kandidate
se prestasie beskou kan word. Deur hierdie willekeurige opgradering van
punte word die waarde van 'n matrieksertifikaat gedegradeer. Dit weerspieël
nie meer die houer se ware intellektuele vermoëns nie.
Prof Paul Fatti, hoof van die Sertifiseringsraad se statistiekkomitee, het
na berig word toegegee dat onderwysers se onvermoë om jaarpunte te bereken,
Safsert genoop het om die sogenaamde jaarpunt outomaties vas te stel. Die
hoër jaarpunt saam met die eksamenpunt gee 'n hoër eindpunt en dus
slaagsyfer.
Die verwysing na onderwysers se onvermoë om eenvoudige berekenings te doen,
saamgelees met minister Kader Asmal se erkenning dat 'n vyfde van die land
se onderwysers ondergekwalifiseer is, skep 'n onrusbarende beeld van die
gehalte onderwys wat kinders ontvang. Die logiese afleiding sou wees dat
daar rede is om te vermoed dat leerlinge in werklikheid nie beter nie, maar
swakker as verlede jaar kon presteer het.
Ten grondslag van hierdie pasella punte-aksie lê egter 'n veel onrusbarender
denkpatroon. Dit is naamlik dat onaangename en negatiewe werklikhede opsy
geskuif word en vervang word met onjuiste voorgewings wat aanvaarbaarder vir
gemoedsrus is.
Dit beteken die werklikheid van 'n probleem word nie aangespreek nie. Dit
word met valse beeldskepping verdoesel. Sodoende bly die probleem onopgelos
en soos dit met probleme gaan, vererger dit progressief. In die onderwys
beteken dit dat standaarde eenvoudig gedurig verlaag sal word, en daar met
punte gedokter sal word om swak onderwys met 'n valse beeld van prestasie te
verdoesel. Sodoende word die probleem van swak opleiding, van 'n jeug wat
nie toegerus word vir die lewe nie, selfvermenigvuldigend.
Die land word feitlik op alle vlakke geregeer en gedomineer deur die
ANC/SAKP. Dis sy regstellende aanstellings, sy amptenare, sy onderwysers, sy
raadslede en so meer. Daarom kan met reg afgelei word dat hierdie
ongelukkige denkpatroon waarna ons verwys het, verteenwoordigend van dié
organisasie se werklikheidsbenadering is. Trouens, ons ervaar dit dat hoë
amptenare en politieke leiers meen dat hulle die werklikheid kan verander
bloot deur dinge te sê wat gunstiger en vleiender as die werklikheid is.
Wanneer gaan hierdie mense leer dat jy nie die werklikheid met woorde en
foefies kan verander nie, dat ook buitelandse beleggers deur hulle gordyn
van skyn-positiwiteit sien?
Of word ons soos Candide, die karakter van 'n siniese Voltaire wat alles
afmaak as die beste van alle moontlike wêrelde, hoe rampspoedig die
werklikhede ookal die teendeel bewys?
Haai Kinky! Jy het my gemis
Ek is nog hier, o ja, gewis
Maar die mense stry oor dit en oor dat
Gloudina sê hulle ammal se gat
Ja, ek mis die liewe donkieman
wat rympies skryf net omdat hy kan.
En al sê Gloudina dan ammal se gat
vra ammal gereeld na haar, wat!
Nou lê ek maar so 'n bietjie laag
Tot ek my weer met die girls kan behaag
Want oor politiek en godsdiens, hoe sal ek sê
Wil niemand nou juis 'n donkie-mening hê
Jy is reg en dit is ook tog goed
Lê maar laag en wees baie soet
Meer as jou donkie- mening , ou dier
is dit jou teenwoordiheid wat ons plesier
Maar ek so bly; jy is weer hier
'n Yslike groot kinky-plesier
Ek voel vanjaar goed; selfs 'n klein bietjie mal
'n Lekker jaar vir jou en almal
Om mal te wees is n lekker gevoel
dit laat mens soms ook lekker woel
Ek sien uit na die jaar hier saam met jou
want sien ek is nog altyd pure vrou!
;-)
Kinky van PP
Me vriendin in Port Elizabeth het vir my geskryf op Nuwejaarsdag daar
was geen vuurwerk nie en ook het die skepe nie getoeter nie. Ook was
daar geen fees op die strand wat die plaaslike radiostation gewoonlik
inrig.
Dis tog die Suidafrikaanse styl nie soos ek altyd gedog het? Wat is
daar gebeur?
En beste wense aan almal wat hier lees en deelneem. Hoop dit sal 'n
baie gelukkige jaar vir julle almal wees, en dat al julle drome en
wense sal verwesenlik. (Moet net nie vir geld en rykdom wens nie,
want dit is uitgesluit in my wense) :-)
(Dit sneeu al heeldag hier in Athens, maar daar is minder as 1" sneeu
op die grond.) :-)
In die Noordelike Provinsie het ons so pas 'n aanval uit elk van voormelde
kategorieë beleef.
Mnr Jaco van der Walt van die Plaas Roodepoort by Naboomspruit, wat deur
plaasaanvallers in die buik geskiet is, het twee van sy aanvallers gewond
en beide is reeds onder polisiebewaking in die hospitaal. Die Provinsiale
Kommissaris van Polisie het die versekering gegee dat die medepligtiges
bekend sal raak en dat verdere arrestasies binnekort verwag kan word.
By die Arabiedam het rowers in 'n aanval op hengelaars geloods en is mnr
Pieter van Wyk van Vanderbijlpark in die knie geskiet en sy voertuig geroof.
Voorvalle soos hierdie werk kontraproduktief in op die Toerismebedryf, 'n
aspek wat die Noorde se wankelende ekonomie geensins kan bekostig nie.
Kommissaris N.C. SenganI het bevestig dat die Polisie se reaksie-eenheid
van die Bosveld sekerlik die beste in die land is, en dat hulle intensief
werk aan die opsporing van die skuldiges, maar terselfdertyd ook aandag gee
aan die beveiliging van die omgewing van die Arabiedam. Hierdie pro-aktiewe
optrede in volgens die Vryheidsfront noodsaaklik en behoort dwarsdeur die
Provinsie by versamelpunte van vakansiegangers en toeriste geïmplimenteer te
word. 'n Aspek wat verseker dringend aangespreek sal word.
Die naakte rassisme van mnr Percy Sonn, vorrsitter van SA Krieket, wat sy
vetoreg gebruik het om te verseker dat 'n tweede speler van kleur in die SA
krieketspan vir die derde toets teen Australië opgeneem word, is laakbaar.
Op hierdie wyse word 'n reeds-beleërde SA span nog verder verswak, aangesien
sowel Ntini as Ontong tans hoegenaamd nie krieket van toetsgehalte speel
nie. Die besluit is ook geensins tot voordeel van Ntini of Ontong nie,
aangesien hulle die stryd moet aanknoop in die wete dat hulle bloot as
"tokens" gebruik word.
Hierdie onbesonne stap gaan gewis 'n demoraliserende uitwerking op die span
as geheel hê, aangesien hulle die wêreldkampioene moet aandurf in die wete
dat politici en beamptes se eie agendas hulle merieteloos tot 'n verswakte
span degradeer.
Hierdie tipe besluite het 'n vernietigende uitwerking op nasiebou in
Suid-Afrika, en sal eerder lei tot wrewel en frustrasie wat geensins
bevorderlik is vir goeie verhoudinge tussen die bevolkingsgroepe in
Suid-Afrika nie. Die rol wat die minister van Sport, Nconde Balfour speel
deur sy voortdurende inmengery en gesanik oor swart spelers wat kwansuis
benadeel word, moet ook nie misgekyk word nie.
Soos in die staatsadministrasie en die ekonomie, is prestasie en sukses op
die sportveld ook die beste waarborg vir ontwikkeling en groter geleenthede
vir almal. Deur meriete oorboord te gooi word groei, vooruitgang en
effektiwiteit benadeel, ten koste juis van die sogenaamde benadeeldes.