Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Suid-Afrika se krieketspan

Di., 08 Januarie 2002 17:23

Suid-Afrika se krieketspan, nasiebou-onthalwe tot 'n blommetjiespan, oftewel
dan die Proteas, herdoop, het nie te goed en ook nie te sleg gevaar nie,
hier verloor, daar gewen. Dit was totdat die heer Percy Sonn, president van
die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika, met transformasiewoede soos 'n
renoster met beslaande pote op die veld gestorm, die baanblad vertrap, die
kaptein gegaffel en die paaltjies uitmekaar geskop het. Figuurlik gesproke
natuurlik, want dit is die indruk wat sy sosialisties vertoornde aanval op
kaptein Shaun Pollock en die keurkomitee gewek het. Selfs die Aussies was
stomgeslaan by die aanskoue van soveel regstellende woede.

Die span se moraal was daarmee heen en die heer Sonn het die oorwinning as't
ware op 'n skinkbord aan die Aussies gegee. Die arme Justin Ontong se
selfbeeld is, so vermoed ons, so laag soos 'n speler s'n maar kan wees wat
deur sulke outoritêre optrede oop 'n span afgedwing is net omdat hy
nie-blank is en nadat 'n meer verdienstelike speler deur die keurkomitee bo
hom verkies was.

Soos op sovele ander terreine van die nasionale lewe gaan dit deesdae in
Suid-Afrika ook in sport nie langer om meriete nie, maar om die afdwing van
'n ideologiese program van nasiebou. Trouens, meriete staan in die pad van
die transformeerders en dien eerder om hulle bloeddruk op te jaag.

Nivellering, eendersmaking en wel met dwang en wetgewing is die modus
oprandi van die regeerders en hulle luitenante. Selfs op sportgebied.

Waar arrogante optrede soos dié van die heer Sonn die Boerevolk teen die
bors stuit en sy nekhare laat rys, moet ons die wil tot verset wat dit wek
verwelkom. Die laaste wat ons wil hê is dat ons volksgenote - in die woorde
van die digter - soos honde wat mak is na die sweep die hand lek wat geslaan
het.

Ons is egter ook realisties. Ons besef Suid-Afrika word deur 'n
verskeidenheid volke en volksgroepe bewoon en dat harmonie tussen hulle
noodsaaklik is. Selfs nadat die Boerevolk weer sy selfbeskikking en
geografiese soewereiniteit herwin het, sal daar steeds so 'n verskeidenheid
in die res van die land wees.

'n Volk is, breedgesproke, 'n betreklik homogene groep met 'n eie taal,
kultuur, waardestelsel, geskiedenis en dies smeer. 'n Nasie bestaan uit 'n
verskeidenheid volke en groepe, saamgebind deur 'n gemeenskaplike lojaliteit
aan die staat.

As dit die huidige regeerders erns is met nasiebou, dan is optrede soos dié
van mnr Sonn so teenproduktief soos maar kan kom. 'n Nasie word nie deur 'n
gedwonge proigram van bo af gebou nie. Waar dit wel plaasvind is dit 'n
langsame en natuurlike proses waar groepe deur gemeenskaplike belange gebind
word, soos byvoorbeeld in Switserland.

Dit wat elders in die wêreld gebeur leer dat daardie gemeenskaplike
lojaliteit bevorder word waar die sentrale regering simpatiek en
akkommoderend jeens die behoeftes, strewes, kultuur en selfbeskikking van die
samestellende minderhede van die bevolking staan. Waar sodanige
selfbeskikking-behoeftes onderdruk word en integrasie in groepe se kele
afgedruk word, ja ook op sportgebied, daar wek dit weerstand wat tot aktiewe
verset, selfs insurgensie en gewelddadige afskeiding lei.

Dalk moet iemand wat dit nog durf om nie politiek korrek te wees nie,
hierdie waarheid 'n keer in die Sonns van die land se kele afdruk. Einde. 3
Januarie 2002.

Sport & ontspanning | 0 kommentare

slegs 'n lewensteken

Di., 08 Januarie 2002 16:56

Ons is nou in Walvisbaai - more gryp ons
die teerpad Vrystaat toe.
Suid-Wes is pragtig! - ons geniet!
die eerste week februarie vlieg
ons trug Nederland toe -
moenie boodskappies na my pos nie,
ek sal dese nie lees nie.
Patrick

Reis & vakansie | 0 kommentare

Verkeersboetes foto's

Di., 08 Januarie 2002 15:40

Hi almal

Wie weet wat die URL is om na verkeersoortreding foto's te gaan kyk?

Dankie

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Leendert se webwerf.

Di., 08 Januarie 2002 12:32

Hello Leendert
Ek het jou webwerf adres verloor. Gee tog weer aan asseblief. Jy kan dit
persoonlik ook aanstuur na tm...@isat.co.za of op die ng. sit. Hier in my
dorp het 'n Accelerated Christian Education (ACE) skooltjie oop gemaak en ek
sal graag die standpunte wil lees van die Pestalozzi-Trust en dit dan ook
oordra of gee aan die skoolhoof.
groete
--
----------------------------------------------------------
- FANATIC: A person who's enthusiastic about
something in which you have no interest -
----------------------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog ODP-dinge

Di., 08 Januarie 2002 11:04

Uitnodiging:

Die "nuus"-afdeling by die Open Directory vir Afrikaanse werwe, by
http://dmoz.org/World/Afrikaans/Nuus/ word tans herrangskik, en ek
soek nuwe werwe om te lys. Die nuwe kategorieë sien as volg daar uit:

Koerante
Radio
Televisie
Tydskrifte

e-Koerante
e-Tydskrifte
Nuusbriewe
Persvrystellings
Vaktydskrifte

As enige iemand werwe het wat dalk in van hierdie kategorieë pas, meld
dit seblief by my aan (by bogemelde webadres, kliek op "add url"). Ek
is veral op soek na maatskappye en organisasies se interne nuusbriewe,
en na vaktydskrifte. Dit moet in Afrikaans of ten minste deels in
Afrikaans wees.

Lysing by die ODP is nie te versmaai vir 'n webwerf nie, omdat baie
soekmasjiene hul data van die ODP af kry.

--
.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Genealogy Surname Navigator South Africa

Ma., 07 Januarie 2002 13:18

Beste Vrienden,

Surname Navigator http://www.kuijsten.net/navigator/ Provides
(genealogical) surname searches from multiple other web-based sources,
based on preset and customized input-forms, specially focused on
important free searchable online databases. 100% free, no commercial
banners. Now it is possible to search in up to 7 databases, with only
one input window:

There is a Surname Navigator for the following countries: Argentina,
Australia, Belgium, Brazil, Canada, Chile, Denmark, Finland, France,
Germany, Ireland, Italy, Mexico, New Zealand, Netherlands, Poland,
Norway, South Africa, Spain, Sweden, UK and USA. Including CGI (LDS),
Ancestral File (LDS), Geneanet, Google genealogy, Google News
Genealogy, Rootsweb, Surnamelist, Ellis Island Registers, California
Death Index, SSDI, censuses and many others.

Zoekt U voorouders, probeer http://www.kuijsten.net/navigator/
Of direct naar: http://www.rat.de/kuijsten/navigator/southafrica/

Vriendelijke Groeten
Rob Kuijsten

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Re: South African Culture?

So., 06 Januarie 2002 06:36

On Sun, 6 Jan 2002 08:09:27 +0200, "Pierre Roux" wrote:

> Just a spanner in the works: In the "New South Africa", what is the
> representative culture of our country?

Goeie vraag. :-) Mens moet seker eers probeer ooreenkom met die
definisie van "kultuur" per se?
Neem byvoorbeeld die VSA - dink jy die mense van die VSA (en ook ander
kulturele komplekse samelewings, soos die in SA) deel enigsins in
gemeenskaplike kulturele elemente?
Wie sou dan besluit wat hierdie gemeenskaplike elemente is?
En dink jy "nasionale identiteit" is dieselfde as "kultuur"?

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

nogge groter grap antie

Sa., 05 Januarie 2002 14:39

hellou my antie

ek is so bly antie laaik nie van sport nie want yntlik laaik ek dit ok
nie. viral nie as dit met polletiek gemieks word nie antie soos oom
hennerik vermoerd destyds by loskopdam.

ma' hille leer nie antie en so het ons soos te wagte goed op onsse
moere gekry by die ossies. my pa is besig om hom in brannewyn te
versyp antie want hy laaik niks van virloor teen die ossies nie. hy sê
hy wens kanada wil begin krieket speel lat ons weer 'n slag kan wen.

nou lom vannie oudspelers soos pet simkoks en fanie de willeers en sê
wat hille dink vannie moeilikheid in ons krieket. aikonna sê oom
inkonto belfôr wat ons beweerde minnister van sports is oom pet en oom
fanie mag nie oor krieket praat nie want hille is voor negentien vier
en neentag gebore en is prievislie edvaantheids antie daarom mag hille
niks sê nie.

oom inkont vegeet lat oom fanie in negentien twee en neentag man
alleen die ossies in die ynste sitnie op hille moer gegee het toe
ammal gedink het ons gaan virloor. en lat pet simkoks die gebraaide
hoener waamee die ossie skare hom gegooi het man alleen opgevreet het
en hille bekke stil gemaak het deer nekst te skree toe hy klaar is. my
pa sê ons kort silke vuur en mensvreters teen die ossies al is hille
ok prievislie disedvaantheids antie.

oom hansie vannie pênnelbieters sê hy weet nou hoe werk oom inkont se
kop want as 'n mens nie meer iets mag sê nie issit 'n sêd dag virrie
diemokresie. hy reken met die volgende verkiesing sal oom inkont sê
net die wat na negentien vier en negentag gebore is mag stem. my pa sê
hy moenie oom inkont gedagtes gee nie dit gaan erg genoeg in
simbabwie.

koebaai antie

hennerietjie (moenie vir antie met inkontigheid ophou nie)

Sport & ontspanning | 7 kommentare

Lekker by die see

Vr., 04 Januarie 2002 06:13

Tobie het gister vir my kom kuier, hier in die Plaasvark se paradys langs
die see by Jongensfontein. Met sy mouterbaaik, al die pad van Riversdal af,
op 'n heerlike sonskyndag. Ons het lekker lank gesels en julle almal
behoorlik ontleed en bespreek :-)

By die sandstrand hier naby ons het gister 'n 14-jarige seun tragies
verdrink, 'n dag of wat na sy familie in die karavaanpark langs ons aangekom
het. Hy het klaarblyklik 'n maat probeer help, wat deur 'n stroom gepla is.
Die maat is deur 'n branderplankryer uitgebring, maar hy het onder die water
verdwyn. Hulle het die hele middag na sy lyk gesoek met 'n motorboot, maar
dit nog nie gekry nie. Dis jammer, tragies, en die ergste is dat dit
waarskynlik onnodig was. Ek ken daardie see goed, as hy net saam met die
stroom gegaan het sou hy waarskynlik sowat 100 meter verder uitgespoel het.

Ek loer steeds net so af en toe in by die nuusgroep, ek sal hopelik weer
volgende week uit die Kaap saamgesels. 'n Baie voorspoedige 2002 vir julle
almal, mag die voorspoed so oorvloedig wees dat dit vervelig word...

En nou praat ek nie van geld nie, meisie in Athens ;-)

Wouter Plaasvark

Reis & vakansie | 11 kommentare

Bladsye (1834): [ «    806  807  808  809  810  811  812  813  814  815  816  817  818  819  820  821    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 05:17:20 UTC 2026