Hello Leendert
Ek het jou webwerf adres verloor. Gee tog weer aan asseblief. Jy kan dit
persoonlik ook aanstuur na tm...@isat.co.za of op die ng. sit. Hier in my
dorp het 'n Accelerated Christian Education (ACE) skooltjie oop gemaak en ek
sal graag die standpunte wil lees van die Pestalozzi-Trust en dit dan ook
oordra of gee aan die skoolhoof.
groete
--
----------------------------------------------------------
- FANATIC: A person who's enthusiastic about
something in which you have no interest -
----------------------------------------------------------
Die "nuus"-afdeling by die Open Directory vir Afrikaanse werwe, by http://dmoz.org/World/Afrikaans/Nuus/ word tans herrangskik, en ek
soek nuwe werwe om te lys. Die nuwe kategorieë sien as volg daar uit:
As enige iemand werwe het wat dalk in van hierdie kategorieë pas, meld
dit seblief by my aan (by bogemelde webadres, kliek op "add url"). Ek
is veral op soek na maatskappye en organisasies se interne nuusbriewe,
en na vaktydskrifte. Dit moet in Afrikaans of ten minste deels in
Afrikaans wees.
Lysing by die ODP is nie te versmaai vir 'n webwerf nie, omdat baie
soekmasjiene hul data van die ODP af kry.
Surname Navigator http://www.kuijsten.net/navigator/ Provides
(genealogical) surname searches from multiple other web-based sources,
based on preset and customized input-forms, specially focused on
important free searchable online databases. 100% free, no commercial
banners. Now it is possible to search in up to 7 databases, with only
one input window:
There is a Surname Navigator for the following countries: Argentina,
Australia, Belgium, Brazil, Canada, Chile, Denmark, Finland, France,
Germany, Ireland, Italy, Mexico, New Zealand, Netherlands, Poland,
Norway, South Africa, Spain, Sweden, UK and USA. Including CGI (LDS),
Ancestral File (LDS), Geneanet, Google genealogy, Google News
Genealogy, Rootsweb, Surnamelist, Ellis Island Registers, California
Death Index, SSDI, censuses and many others.
On Sun, 6 Jan 2002 08:09:27 +0200, "Pierre Roux" wrote:
> Just a spanner in the works: In the "New South Africa", what is the
> representative culture of our country?
Goeie vraag. :-) Mens moet seker eers probeer ooreenkom met die
definisie van "kultuur" per se?
Neem byvoorbeeld die VSA - dink jy die mense van die VSA (en ook ander
kulturele komplekse samelewings, soos die in SA) deel enigsins in
gemeenskaplike kulturele elemente?
Wie sou dan besluit wat hierdie gemeenskaplike elemente is?
En dink jy "nasionale identiteit" is dieselfde as "kultuur"?
ek is so bly antie laaik nie van sport nie want yntlik laaik ek dit ok
nie. viral nie as dit met polletiek gemieks word nie antie soos oom
hennerik vermoerd destyds by loskopdam.
ma' hille leer nie antie en so het ons soos te wagte goed op onsse
moere gekry by die ossies. my pa is besig om hom in brannewyn te
versyp antie want hy laaik niks van virloor teen die ossies nie. hy sê
hy wens kanada wil begin krieket speel lat ons weer 'n slag kan wen.
nou lom vannie oudspelers soos pet simkoks en fanie de willeers en sê
wat hille dink vannie moeilikheid in ons krieket. aikonna sê oom
inkonto belfôr wat ons beweerde minnister van sports is oom pet en oom
fanie mag nie oor krieket praat nie want hille is voor negentien vier
en neentag gebore en is prievislie edvaantheids antie daarom mag hille
niks sê nie.
oom inkont vegeet lat oom fanie in negentien twee en neentag man
alleen die ossies in die ynste sitnie op hille moer gegee het toe
ammal gedink het ons gaan virloor. en lat pet simkoks die gebraaide
hoener waamee die ossie skare hom gegooi het man alleen opgevreet het
en hille bekke stil gemaak het deer nekst te skree toe hy klaar is. my
pa sê ons kort silke vuur en mensvreters teen die ossies al is hille
ok prievislie disedvaantheids antie.
oom hansie vannie pênnelbieters sê hy weet nou hoe werk oom inkont se
kop want as 'n mens nie meer iets mag sê nie issit 'n sêd dag virrie
diemokresie. hy reken met die volgende verkiesing sal oom inkont sê
net die wat na negentien vier en negentag gebore is mag stem. my pa sê
hy moenie oom inkont gedagtes gee nie dit gaan erg genoeg in
simbabwie.
koebaai antie
hennerietjie (moenie vir antie met inkontigheid ophou nie)
Tobie het gister vir my kom kuier, hier in die Plaasvark se paradys langs
die see by Jongensfontein. Met sy mouterbaaik, al die pad van Riversdal af,
op 'n heerlike sonskyndag. Ons het lekker lank gesels en julle almal
behoorlik ontleed en bespreek :-)
By die sandstrand hier naby ons het gister 'n 14-jarige seun tragies
verdrink, 'n dag of wat na sy familie in die karavaanpark langs ons aangekom
het. Hy het klaarblyklik 'n maat probeer help, wat deur 'n stroom gepla is.
Die maat is deur 'n branderplankryer uitgebring, maar hy het onder die water
verdwyn. Hulle het die hele middag na sy lyk gesoek met 'n motorboot, maar
dit nog nie gekry nie. Dis jammer, tragies, en die ergste is dat dit
waarskynlik onnodig was. Ek ken daardie see goed, as hy net saam met die
stroom gegaan het sou hy waarskynlik sowat 100 meter verder uitgespoel het.
Ek loer steeds net so af en toe in by die nuusgroep, ek sal hopelik weer
volgende week uit die Kaap saamgesels. 'n Baie voorspoedige 2002 vir julle
almal, mag die voorspoed so oorvloedig wees dat dit vervelig word...
En nou praat ek nie van geld nie, meisie in Athens ;-)
my pa het darrim al weer wakker geword van sy oujaarsbeswyming antie
en hy sê hys so bly dis nuwejaar lat die rakbie weer kan begint. my pa
sê ek moet vir antie 'n grap virtel lat antie lekker kan lag. hie kom
hy antie:
syd-afrikaanse krieket
vang antie hom. moenie warrie nie antie oom persie sonn het hom ook
nie gevang nie. my pa sê dis nie lat hy dink ons rakbie is so
wonnerlik lat hy nou hymwee kry nie ma' hy is nou tot gatwordens toe
sat daarvoor lat ons krieketspan die een ousyd-afrikaanse pak na die
anner by die ossies kry. met rakbie het ons darrim nog teen
spannetjies soos ietalieje en jammerika gewen.
ma' my pa sê hyt hoeka gesien dinge gaan neuk toe laans kloesener
kloeless geraak het en die een dak oppie anner kry. sommer twee teen
nioe syd wallis antie. toe sê my pa hille moet liewers vir jaak
roedolf die rooinees kolwer van pretorija innie span sit ma' die
keerders is slim en kies weer vir kloeless. selle storie antie.
ma' toe hille vir kloeless hys toe stier om sy bêriengs te kom
bymekaarmaak toet ons hoop lat rooinees roedolf sal speel ennie
keerders doen wat hille lankal moes doen en kies vir roedolf. aikonna
sê oom persie met kloeless die wit zoeloe nou yt die span yt lyk die
span te veel na die ou syd afrika roedolf maggie speel nie want jastin
ontong wat meer soos die niewe syd afrika lyk moet speel. die grap is
antie lat jastin in daai selle ghym teen nioe syd wallis ook twee daks
gemaak het soos kloeless en nog slegter geboul het.
oom hansie vannie pênnelbieters sê dis tyd lat hille 'n wet maak lat
iemand met die naam persie in syd afrikaanse sport verbied word. my pa
sê hy moenie laf wees nie oom persie sonn is die grootbaas van ons
krieket hy ken seker die verskil tussen 'n boks en 'n kopskerm. oom
hansie sê hy wonner of oom persie die verskil tussen 'n boks en 'n
doos ken. toe raas my pa met oom hansie oor hy lelik praat voor die
kinders ma' hy hoef nie antie want ek weet in krieket is 'n boks daai
ding wat jy voor by jou broek indruk lat hille jou nie bvp kan boul
nie. en 'n doos is wat die anties skoene in koop antie.
enniewei antie nou issie ossies besig om ons nog erger op onse moere
te gee as toe kloeless nog gespeel het en ammal is kwaad vir oom
persie. ma' toe speel oom persie sy troefkaart ommie mense te plies
antie en hy sê dis tyd lat hansie kronjee trigkom in krieket in. oom
hansie vannie pênnelbieters sê dis 'n skerp moef want hansie kan dalk
die ossies omkoop om teen ons te virloor.
koebaai antie
hennerietjie (moenie vir antie met bokse ophou nie)
Op die hakke van die aanvanklike euforie oor die nasionale matriekslaagsyfer
van 61,7 persent, ''n styging van 3,8 persent bo verlede jaar, kom die nou
al amper onvermydelike regstellende waarheid aan die lig. Die hoër
slaagsyfer is nie aan beter onderrig te danke of dat soveel kinders soveel
beter presteer het nie. Daar is met die punte gepeuter om dit moontlik te
maak.
Natuurlik is daar baie kinders wat werklik goed gedoen het, selfs
buitengewoon gepresteer het. Hulle word werklik meer bevoordeel deur
die outomatiese aanpassing van die jaarpunt met tussen 5 en 10 persent.
Veral swakker kandidate word egter bevoordeel deurdat 'n aansienlike aantal
wat andersinds nie sou slaag nie, deur die pasellapunte oor die slaaglyn
gedruk is.
Voorste onderwyskenners bevraagteken die slaagsyfer. Hulle wys ook tereg
daarop dat dit kwalik as 'n geloofwaardige weerspieëling van die kandidate
se prestasie beskou kan word. Deur hierdie willekeurige opgradering van
punte word die waarde van 'n matrieksertifikaat gedegradeer. Dit weerspieël
nie meer die houer se ware intellektuele vermoëns nie.
Prof Paul Fatti, hoof van die Sertifiseringsraad se statistiekkomitee, het
na berig word toegegee dat onderwysers se onvermoë om jaarpunte te bereken,
Safsert genoop het om die sogenaamde jaarpunt outomaties vas te stel. Die
hoër jaarpunt saam met die eksamenpunt gee 'n hoër eindpunt en dus
slaagsyfer.
Die verwysing na onderwysers se onvermoë om eenvoudige berekenings te doen,
saamgelees met minister Kader Asmal se erkenning dat 'n vyfde van die land
se onderwysers ondergekwalifiseer is, skep 'n onrusbarende beeld van die
gehalte onderwys wat kinders ontvang. Die logiese afleiding sou wees dat
daar rede is om te vermoed dat leerlinge in werklikheid nie beter nie, maar
swakker as verlede jaar kon presteer het.
Ten grondslag van hierdie pasella punte-aksie lê egter 'n veel onrusbarender
denkpatroon. Dit is naamlik dat onaangename en negatiewe werklikhede opsy
geskuif word en vervang word met onjuiste voorgewings wat aanvaarbaarder vir
gemoedsrus is.
Dit beteken die werklikheid van 'n probleem word nie aangespreek nie. Dit
word met valse beeldskepping verdoesel. Sodoende bly die probleem onopgelos
en soos dit met probleme gaan, vererger dit progressief. In die onderwys
beteken dit dat standaarde eenvoudig gedurig verlaag sal word, en daar met
punte gedokter sal word om swak onderwys met 'n valse beeld van prestasie te
verdoesel. Sodoende word die probleem van swak opleiding, van 'n jeug wat
nie toegerus word vir die lewe nie, selfvermenigvuldigend.
Die land word feitlik op alle vlakke geregeer en gedomineer deur die
ANC/SAKP. Dis sy regstellende aanstellings, sy amptenare, sy onderwysers, sy
raadslede en so meer. Daarom kan met reg afgelei word dat hierdie
ongelukkige denkpatroon waarna ons verwys het, verteenwoordigend van dié
organisasie se werklikheidsbenadering is. Trouens, ons ervaar dit dat hoë
amptenare en politieke leiers meen dat hulle die werklikheid kan verander
bloot deur dinge te sê wat gunstiger en vleiender as die werklikheid is.
Wanneer gaan hierdie mense leer dat jy nie die werklikheid met woorde en
foefies kan verander nie, dat ook buitelandse beleggers deur hulle gordyn
van skyn-positiwiteit sien?
Of word ons soos Candide, die karakter van 'n siniese Voltaire wat alles
afmaak as die beste van alle moontlike wêrelde, hoe rampspoedig die
werklikhede ookal die teendeel bewys?