Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Handige "Boekie" vol informasie vir die Kaapstad toeris en besoeker

So., 03 Februarie 2002 07:56

Kliek op ESSENTIAL INFO om al die informasie omtrent Kaapstad te sien
en dan op MINI GUIDES om daardie Info in "booklet" vorm uit te druk.

www.clickcapetown.com

Mooi fotos in die PHOTO LIBRARY

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wie kan help?

Sa., 02 Februarie 2002 16:38

Die dorp Gravenhage, in watter van die lande in Europa is dit geleë?
Ek het 'n voorwerp hier wat in daardie dorp/stad vervaardig is.
Die vervaardiger se naam is: W. Vervloet & Zoon
Op die voorwerp is die volgende geskryf. Daar mag meskien 'n
fout in die spelling wees as gevolg van ek wat dit meskien
anders sien. JE MAINTIENDRAI
Ek het nie eintlik meer inligting nie, behalwe dat ek nog moet sê
wat die voorwerp is.
Arthur, hoe lyk dit, lus vir 'n fietsrit na Gravenhage? :-)
--

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Suiwer Afrikaanse voorstel:

Vr., 01 Februarie 2002 16:55

Vir Skippie:
Aangesien hy no so geheg aan McDuff - skuus McDuck is:
AmaRulahRulah Mikkoes:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Krieket

Vr., 01 Februarie 2002 06:59

Het julle die verwoede telling gesien ? 51/4 (Kirsten alweeer 'n 0)

Sport & ontspanning | 3 kommentare

mandela

Do., 31 Januarie 2002 18:34

Mandela is als genodigde op het huwelijk a.s. zaterdag van
onze kroonprins Alexander met Maxima

grt emmy

Koeitjies & kalfies | 117 kommentare

Hier kom groot sports.

Do., 31 Januarie 2002 16:48

OOr die nuus vandag - die ANC gaan nou glo aankondig dat duisende
vrywillgers moet aansluit om die polisie te help.
Van die vrywillegers sal help om die polisiestasies in stand te hou, maar
die meste sal moet help met pladblokkades.
Ek is seker die bendes en smokkelaars gaan hier 'n gulde geleentheid sien om
dinge vir hulle makliker te maak.
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

janine se joppie

Do., 31 Januarie 2002 06:33

waarskuwing: hier is engelse woorde (nie noodwendig met die regte
spelling nie) in hierdie post. as dit jou gat gaan laat kramp, moenie
lees nie.

ek lees nou vanoggend op die lamppale dat daar vandag besluit word of
daai janine vrou (van big brother) haar werk sal hou as onderwyseres.
ek self het nie bb gekyk nie (dis nou vanwee die gebrek aan mnet en
dstv) maar haar aksies het soveel opspraak gewek dat mense sommige van
haar antics vir my getape het, veral die komkommer een.

nou my punt, en ek het een, ek verstaan nie hoekom daar oor so iets
gekoukus moet word nie. dis duidelik, vir my in elk geval, dat sy nie
`n onderwyseres se agterend werd is nie. in beginsel het ek nie `n
saak met wat sy doen of wat haar morele standaarde is nie maar om dit
op nasionale tv te doen terwyl jy weet daar is ouers en dalk selfs van
die kinders wat dit gaan sien, common is al wat ek kan se. plaas sy
maar vrywillig loop en haar eintelike calling, om in porn movies te
speel, volg.

hiers `n ou ene-

An 80-year old man was having his annual checkup and the doctor asked
him how he was feeling.

"I've never been better!" he boasted. "I've got an eighteen year old
bride who's pregnant and having my child! What do you think about
that?"

The doctor considered this for a moment, then said, "Let me tell you a
story. I knew a guy who was an avid hunter. He never missed a season.
But one day, he went out in a bit of a hurry, and he accidentally
grabbed his umbrella instead of his gun." The doctor continued, "So he
was in the woods, and suddenly a grizzly bear appeared in front of
him! He raised up his umbrella, pointed it at the bear and squeezed
the handle. And do you know what happened?" the doctor queried.

Dumbfounded, the old man replied, "No."

The doctor continued, "The bear dropped dead in front of him!"

"That's impossible!" exclaimed the old man. "Someone else must have
shot that bear."

"That's kind of what I'm getting at," replied the doctor.

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Gesoek: wit rekrute vir die polisie

Wo., 30 Januarie 2002 18:39

Gesoek: wit rekrute vir die polisie

Die aankondiging deur senior superintendent Sakkie Morkel, hoof van
indiensneming, dat die SAPD 'n aktiewe veldtog gaan voer om wit rekrute vir
die polisie te werf, kan verwelkom word. Dit is 'n aanduiding dat daar ten
minste in hierdie departement 'n besef begin posvat dat die blanke 'n
noodsaaklike bydrae te lewer het in die bestuur van die land, ten minste in
soverre dit die bekamping van misdaad aanbetref.

Twee aspekte van die betrokke berig in die Afrikaanse Sondagblad demp die
geesdrif. Een is die polisie se politieke hoofde, minister Steve Tswete, en
nasionale kommissaris Jackie Selebi, se lou reaksie toe hulle om kommentaar
genader is. Hulle stelling dat die SAPD plek vir alle mense het wat in die
stryd teen misdaad betrokke kan raak, is die soort geykte politieke manier
om tekenne te gee dat jy alles behalwe opgewonde oor die saak voel.

Die tweede is dat enige invloei van blanke rekrute nie noodwendig tot 'n
opgradering van die mag sal lei nie. Niks behalwe deeglike opleiding,
herstel van dissipline en die skepping van 'n behoorlike werksomgewing met
die nodige toerusting kan die SAPD uit sy huidige verval ophef nie.

Transformasie met sy onregstellende aksie het al die staatsdienste in
onvriendelike werksomgewing vir blankes en meer nog vir blanke Afrikaners
omskep. Dit geld veral vir die polisie en die weermag. Blanke offisiere wat
die dissipline probeer afdwing het wat so onontbeerlik vir doeltreffende
funksionering is, is as rassiste uitgekryt en voorwerpe van haat en
diskriminasie gemaak. Dit is geen wonder dat ervare blanke offisiere so
vinnnig moontlik uit die mag padgegee het nie. Net in 1999 alleen het 5 100
polisiebeamptes die mag verlaat.

Die kundigheid en ervaring van daardie manne kan nie met nuwe rekrute
vervang word nie.

Tog glo ons dat die polisiemag wel by 'n groter invloei van blankes kan
baat, maar dan onder sekere bepaalde voorwaardes. Ten eerste moet daar gehou
word by die minimum vereistes van 'n matrieksertifikaat, geldige rybewys,
taalkennis en 'n skoon rekord ten opsigte van misdaad. Hierdie vereistes
moet dan ook op alle rekrute van toepassing wees. Velkleur moet nie weer die
plek van meriete inneem as dit by swart rekrute kom nie. En kennis van
Engels alleen is eenvoudig nie voldoende in 'n land waar meer mense
Afrikaans verstaan as enige ander taal nie.

Ten tweede moet rekrute aan deeglike opleiding onderwerp word, sowel ten
opsigte van polisiëringsvaardighede as polisie-etiek van dissipline,
onkreukbaarheid en toegewydheid. Ons vermoed daar is tog nog ervare blankes
uit die ou bedeling in die mag oor om dit te kan behartig. Andersins kan die
dienste van bekwame uitgetrede blanke offisiere ingeroep word.

Dis vanselfsprekend dat die polisie, die laer range in besonder, regverdige
salarisse moet ontvang wat hulle in staat stel om 'n eerlike lewe te kan
lei. Daarbenewens behoort daar ook indringende ondersoek na die polisie se
werksomstandighede ingestel te word. Dit is net nie aanvaarbaar dat hulle
dikwels sonder vervoer, selfs sonder telefone of die noodsaaklikste
higiëniese geriewe moet werk nie.

Ten slotte behoort al die vrot appels, veral diegene wat op grond van
velkleur en met negatiewe meriete aangestel is om kwotas vol te maak,
uitgeroei te word.

Bowe-al moet geen diskriminasie teen blankes geduld te word nie en geen
plafon op hulle bevorderingsgeleethede geplaas te word nie.

Dan kan en sal blankes in die polisiediens 'n waardevolle bydrae lewer.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Zoom Zoom Zoom

Wo., 30 Januarie 2002 14:59

Ek sien dat Mazda se nuwe advertensie nou hier op ons tv kanale uitgesaai
word. Die agtergrond tonele laat my geweldig aan SA dink asook die liedjie
(hulle sing net zoom zoom zoom die heeltyd) met tipiese afrika ritmes.
Is dieselfde advertensie ook daar in SA?

Patricia

TV, flieks & vermaak | 3 kommentare

nog een (gestuur van my ISP)

Di., 29 Januarie 2002 20:32

jammer geen vertaling nie, maar julle beter dit lees!
kyk hoe ougat maak hy dit 'n .com file, al die tyd dink jy dit is 'n
kommersieele
adres.
~~~~~~~
VIRUS WARNING

Please note that there is another virus on the loose.

Below are some more details regarding this virus:

Name: W32.Myparty@mm
Description: It is a mass-mailing email worm.
Characteristics:
Subject: new photos from my party!
Message: Hello!

My party... It was
absolutely amazing!
I have attached my web page
with new photos!
If you can please make color
prints of my photos. Thanks!

Attachment: www.myparty.yahoo.com

Upon infection:

The worm sends email to all contacts in your Windows address book, and to
email addresses that if finds in the Outlook Express Inboxes and folders.

In addition, the worm sends a message to the author so that the author can
track the worm.

On NT/2000/XP systems, the worm drops a backdoor Trojan that allows a hacker
to control your system.

If you receive this message delete it immediately.
--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    796  797  798  799  800  801  802  803  804  805  806  807  808  809  810  811    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 22:27:33 UTC 2025