Gister was daar 'n vreeslike treinongeluk in KZN.
'n Passasierstrein het van agter af in 'n goederetrein vasgejaag.
Etlike mense is dood - ek is nie seker presies hoeveel ne, maar dit is meer
as 10.
Daar word glo daaraan gedink om 'n ondergrondse treinspoor aan te lê tussen
Pretoria en Johannesburg.
Ons hoop maar almal dit bly maar net by dink. tot tyd en wyl.
Grootdoenerigheid op die belastingbetaler se koste
Daar is diegene wat aanvoer dat Suid-Afrika sy internasionale aansien
grootliks verloor het. Dan verwys hulle veral na die Westerse wêreld. Hulle
wys daarop dat hoewel spekulante nog op ons beurs bedrywig is, die groot
sake-instansies traag is om werkskeppend in die land te belê. Politieke
stabiliteit is onder druk en Westerse beleggers is nie seker in hoe 'n mate
die SAKP en Cosatu die trom vir die ANC slaan nie en of Suid-Afrika nie dalk
op die Mugabe-pad is nie.
Wet en orde het opsigtelik die wyk geneem uit die land, saam met die baie
kundige Suid-Afrikaners wat elders 'n heenkome gaan soek. Hulle sien
wanbestuur en korrupsie eerder as verstandige en doeltreffende regering. As
die groot finansiële instansies vergader, die Wêreldbank, die Internasionale
Monetêre Fonds en die Groot Agt is daar nie langer manne van die formaat van
'n Klasie Havenga en 'n Nic Diederichs en hulle vergesellende amptenare wat
op daardie peil kan meepraat nie. Les bes, daar is nie meer leiers soos 'n
Daniël Malan, 'n Hans Strijdom of 'n Hendrik Verwoerd wat, ondanks hulle
verwerpte beleid, Suid-Afrika so kon regeer dat buitelandse beleggers
oortuig was hulle geld is veilig hier nie.
Dit is hoofsaaklik 'n perspektief op Suid-Afrika se beeld in die Westerse
wêreld.
Daar is ander wat argumenteer Suid-Afrika is nou ontslae van sy beeld as
muishond van die wêreld, van sy ongewilde beleid en dat hy as 'n demokrasie
met 'n navolgingswaardige grondwet beskou word. Hulle wys daarop dat die
ANC-staatshoof, Thabo Mbeki en sy minister van buitelandse sake, Nkosasana
Zuma, oral in die wêreld hulle opwagting maak waar daar iets belangriks aan
die gang is. Mbeki wip die wêreld deur in sy presidensiële straler, dikwels
met Zuma aan sy sy en word oral ontvang, van Peking tot Washington.
En waar daar probleme is, hetsy konflik of 'n natuurramp soos in Burundi en
die Kongo, daar maak een of albei van hulle hulle opwagting om te bemiddel
en om materiële en ander hulp uit Suid-Afrika te lewer, van soldate tot
komberse.
Ook word Suid-Afrika die sentrum van self-geïnisieerde wêreldkonferensies
soos dié oor rassisme verlede jaar in Durban en die komende Wêreldberaad vir
Volhoubare Ontwikkeling in Augustus vanjaar in Johannesburg.
Hierdie is hoofsaaklik 'n Derde Wêreld-gerigte perspektief. Dit is nie 'n
uitvloeisel van Suid-Afrika se sterk ekonomiese posisie, sy leiersrol op
navorsingsterreine en tegnologie of die statuur van sy leiers en prestasie
van sy regering nie. Dit is self-geïnisieer en wat meer is, dis die
belastingbetaler wat die rekenings moet vereffen.
Dit dreig om ook die geval met die beplande Beraad vir Volhoubare
Ontwikkeling te wees. Na berig word is binnelandse sakelui en buitelandse
regerings alles behalwe geneë om hierdie uitstalvenster vir Mbeki se droom
van 'n Afrika-renaissance te finansier. Dit word as 'n praalgeleentheid
beplan en kan die Suid-Afrikaanse belastingbetaler 'n aardige R550 miljoen
uit die sak jaag. Maar, soos die Noord-Transvaalse LUR Joe Mangwangyi sê,
geld is mos daar om gespandeer te word.
Suid-Afrika is allesbehalwe belangrik en groot in die wêreldoë wat die
beursies en die wêreldpolitiek beheer. Hy het wel 'n grootdoenerige owerheid
wat soms selfs opdringerig kan wees in die wêreldgeselskap.
. Number two - our surveillance had shown that the rear of the ANC
office were not, it appeared to us to be under surveillance by anybody
else and thirdly, in line with our instructions not to kill or injure
if at all possible and certainly not to kill or injure any non-ANC
people,
Pastoor ??? van Cradock het jare lank voorspel op watter dag hy sou sterf -
want hy is 'n profeet sien?
Elk geval, verlede week, toe kom hy agter sy dag kom nader, en hy voel
eintlik nog springlewendig.
Die ander predikant wat die begrafnis moes behartig was klaar bespreek, die
kis en die begrafnisondernemer het reg gestaan, die afterparty is gereel met
genoeg koek en tee, en uitnodigings is na heinde en verre gestuur om die
begrafnis van die profeet by te bring.
Nou wie sal dit waag om nie in 'n profeet te glo nie?
Dus het die heindenes en verrenes in hul begrafnisklere na Cradock opgeruk
vir Die Profeet se Groot Begrafnis.
Die profeet het van sy kant ook sy bes gedoen om die profesie gestand te
doen, en drie dae lank geweier om te eet of iets te drink, wat hy moet mos
betyds dood.
Ongelukkig het die ouens in die logistieke departement daar by die hemel
gesit en slaap.
Die profeet is nog steeds springlewendig, en die begrafnisgangers wat soooo
ver gereis het vir die begrafnisgebeurtenis, moes maar weer huiswaarts
keer - sonder om selfs paartie te hou:))
Annette
dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte -
van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale -
om woorde plat oor die blad
te maneuvreer, soos soveel swart betogers
vuis ten hemele op soek na brand hul dooies
begrawe en bly protesteer teen die seer
van lewe om lewe in so 'n land
dat dit hom altyd weer tot opgooi bring -
dié walgbeelde op die aandnuus se skerm
van Botha se troepe boer en pandoer
wat met hond en sambok en huilgas en koeël
die kak uit die kaffers moer, en moor:
môre-oggend se tabel van suffel
gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes
by aanskoue van die bloed so swart
soos drukkersink
brand, brand dié land swart!
'n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!
dat hy geforseer word om weer die tou
boontoe te werp: enigiets om aan te wurg
van die woord te ontkom . . .
terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,
'n lyn sou wil bind om God se nek,
van bengelende beelde, van dolfyne
wat Saterdagaande te perd gaan vry
in grys gehemp soos silwerige soetwater
koelvloei oor die borste,
dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,
apart, in 'n gelede vers, 'n ander verlede
want 'n duisend woorde maak nog g'n hond gesond!
brand, brand tog hierdie land ongeskonde . . .
as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika . . .
Die drukkoker-beginsel geld ook vir mnse en volke. Plaas 'n individu, 'n
gemeenskap of 'n volk onder druk en verset teen die onderdrukking bou op
soos stoom in 'n drukkoker. Daarvan getuig ook die Boerevolk se geskiedenis.
Dit was teen die einde van Januarie 1824 dat die Boerehater lord Charles
Somerset die gebuik van Hollands in die howe verbied het. Hierdie en ander
pogings van hom en ander ná hom, het nie net skipbreuk gelei nie. Daar kan
met oortuiging gesê word dat Afrikaans se twee grootste Britse vyande,
naamlik Somerset en Milner, ook ons taal en selfs ons volk se redders was.
Want albei het tot ontwaking van nasionalisme, volks- en taaltrots en
triomferende verset gelei. Die taalstryd, aanvanklik om behoud van Hollands
en later om erkenning van Afrikaans, het Afrikaners van verskillende
politieke oortuigings saamgesnoer in 'n versetaksie ter wille van hulle
gemeenskaplike volksbesit, hulle taal.
Die geskiedenis is besig om homself te herhaal. Net soos Somerset het die
huidige volksvreemde minister van justisie, Penuell Maduna probeer om die
gebruik van Afrikaans in die howe uit te skakel. En soos Somerset en Milner
is hy en die res van die volksvreemde bewind besig om hulleself bloedneus te
stamp teen die oplaaiende Afrikaner-weerstand.
Afrikaners voel die aggressiewe onwil teen hulle taal daagliks aan die lyf,
in omgang met amptenare op al drie regeringsvlakke, maar ook in die private
sektor, ja selfs in Afrikaner-georiënteerde finansiële instellings wat met
ons oorlog- en depressie-verarmde Boeremense se tiekies en sikspense gebou
is.
Van owerheidswe� noem ons instansies soos die Departement van Onderwys wat
Engels op ons Afrikaanse skole en universiteite afdwing, die departemente
van openbare werke, justisie, verskeie stadsrade, die Reserwebank en die
Ontvanger van Inkomste wat al in die openbaar moes verduidelik waarom hulle
probeer het om Afrikaans uit te skakel. Daar is egter ook ander, soos
Parmalat, Sarvu, die lugdienste SAL en Nationwide en die Universiteit van
Pretoria.
Hoewel baie van dié instansies al moes terugkrabbel, duur die stryd voort.
En juis dit is bemoedigend. Want solank die stryd voortduur, beteken dit
verset en weerstand uit die Afrikanergemeenskap. Nog meer, net soos in die
dae van Somerset en Milner word die taalstryd buite die politiek gevoer deur
mense wat nie altyd mekaar se politieke ideale deel nie, maar 'n
gemeenskaplike bedreiging en belang in die taalstryd ervaar.
Een van die mees formidabele stryders vir Afrikaans is die vakbond
MWU-Solidariteit. Hy beskik oor die infrastruktuur en ook die finansiële
vermoë om die stryd tot in die howe te voer, wat op sigself 'n afskrikmiddel
is. Belangriker nog, dit beteken dat die Afrikaner se arbeidsmag homself met
die stryd vereenselwig. Die Afrikanerwerker het in ons geskiedenis al 'n
belangrike rol gespeel en is besig om dit weer te doen.
Daar is natuurlik die talle en soms uiteenlopende kultuurorganisasies, van
Praag, die Vrydaggroep tot die FAK en Tabema wat by geleentheid kragte
saamsnoer. Afrikaners wat nie noodwendig ons ideal van herwonne volksvryheid
deel nie, lewer dus tog soms 'n bydrae daartoe deurdat hulle saamstry vir
behoud van hulle taal.
Die taalstryd is in werklikheid deel van ons stryd om ons selfbeskikking te
herwin en elke oorwinning wat op dié gebied behaal word, is 'n stap
vorentoe.
Is daar iemand wat iets weet van invoere vanaf Suid Afrika na Amerika? Ons
wil 'n kleinhoewe of plasie koop in Suid Afrika en dan ons Emu's uitvoer na
Suid Afrika. Enige idee wie ons kan kontak of wat die uitvoerkostes is.
Ons is bewus van die feit dat hulle onder kwarentein sal wees ons weet net
nie van kostes of waar om uit te vind nie.