Parlementsopening vandag.
Eergister word 'n faksnommer in The Argus gegee as mense vir Trevor sou wou
kontak ivm insette vir die begroting op 20/2.
Ongelukkig was dit per ongeluk die faksnommer van 'n gewilde pizzaplek.
Padgeweld het alweer sy kop lelik uitgesteek - iemand ( hy het homself darem
nou aan die polisie oorgegee) het twee jong mans met 'n aluminium bofbalkolf
aangeval - altwee is in die hospitaal met skeudelbreuk - omdat hulle glo hul
ligte vir hom geflikker het.
Daar is glo 'n webbladsy waar mense hul padwoede kan afwerk, sonder om tot
die geweldadige fisiese daad oor te gaan:
www.roadhogs.co.za/.
Deur die Coen broers - in swart en wit.
Ek sou sê in die Fargo- tipe van ontspanning.
Laat mens dink oor die regverdigheid en die ironie van die lewe en noodlot.
Annette
Dit wat in Zimbabwe gebeur en die implikasies daarvan vir onder meer
Suid-Afrika is erg genoeg.
Daar heers eenstemmigheid dat 'n vrye en regverdige verkiesing in Zimbabwe
nie sal plaasvind nie. President Robert Mugabe, met die steun van sy
tiranne-kabinet en Zanu-PF, het opposisie teen hom en sy regering vir alle
praktiese doeleindes tot 'n misdaad en selfs hoogverraad verklaar. En waar
sy drakoniese wetgewing teen die opposisie en die media nie bykom nie, moor,
martel en intimideer sy skurkebendes vryelik en sonder polisie-inmenging
onder die MDC-opposisie. Na bewering is 90 van hulle mense al vermoor.
Daar kom weliswaar ernstige protes uit mediakringe, en ook van veral
Brittanje en die Verenigde State. Dit is egter duidelik dat Mugabe hom deur
niks van sy magsdronke koers sal laat afwyk nie. Besware, kritiek en selfs
dreigemente van sanksies rol van sy arrogante skouers af soos water van 'n
eend se rug. Die drakoniese mediawet word deur die polisie toegepas nog
voordat bekragtig is. Selfs die ekonomiese ineenstorting van sy land laat
hom koud. Hy het by monde van 'n minister verklaar dat daar nie nou tyd vir
ekonomiese sake is nie want sy eerste prioriteit is om die mag in die land
te behou.
Soos gesê, dit alles is erg genoeg, maar daar is 'n bykomende aspek wat vir
ons as vryheidsliewende Boerevolk dalk meer kommerwekkend is. Dit is naamlik
die stille instemming met Mugabe se optrede vanuit ander Afrikalande. Hulle
spreek wel kritiek uit, maar hulle optrede strook nie met hulle woorde nie.
Die ANC/SAKP se Thabo Mbeki was die eerste wat gepleit het dat daar tog nie
sanksies teen Zimbabwe ingestel moet word nie.
Hy het daarmee die algemene houding van die SAOG-lande en ons vermoed ook
ander verder noord weerspieël.
Sowel die SAOG as die Statebond het alle voorstelle vir sanksies en ander
moontlike aktiewe optrede teen Mugabe en Zimbabwe eenvoudig geveto. Ewe so
is 'n voorstel om Zimbabwe uit die Statebond te skors hangende herstel van
demokratiese regering deur die Afrikalede verwerp.
Mbeki het wel aan die Wêreld-ekonomiese Forum gesê dat 'n ministeriële span
van Suid-Afrika aan Mugabe die voorwaarde gestel het dat geweld stopgesit
moet word en internasionale waarnemers tydens die verkiesing toegelaat word.
Tot hede het Mugabe hom kwalik aan sulke sogenaamde waarskuwings gesteur.
Geweld en skending van alle demokratiese prosesse duur lustig voort.
En wat moet 'n mens daarvan dink dat die Nigeriese staatshoof 'n dringende
middernagtelike besoek aan Zimbabwe gebring het, nie om Mugabe oor sy
optredes aan te spreek nie, maar om van die MDC-leier, Morgan Tsvangirai,
die versekering te vra dat Mugabe met respek behandel sal word indien hy die
verkiesing verloor! Dit terwyl dit eerder Tsvangirai se lewe is wat in
gevaar sal verkeer na die verkiesing, ongeag die uitslag!
Hierdie en ander optredes om Mugabe as't ware teen daadwerklike optrede deur
Westerse lande te beskerm, wek die indruk dat daar in die harte van sommige
swart Afrikaleiers 'n stille instemming is met wat Mugabe doen, naamlik om
blankes hulle grond en ander eiendom met geweld en sonder vergoeding te
ontneem en om sy magsposisie met drakoniese en gewelddadige optrede te
handhaaf en te behou.
Ons vrees die South African Reparation Movement se goedkeuring en aanprysing
van Mugabe se optredes vind 'n versweë weerklank in ander swart
leiersgemoedere. Indien wel, is die weg na ekonomiese en politieke chaos in
Suider-Afrika glad en breed gebaan en loop dit afdraande.
As jy belang stel in André P. Brink se eie verduideliking van wat hy gedoen
het toe hy die NGV hersaamgestel het, en hoekom hy dit gedoen het, stuur
gerus vir my 'n e-pos adres waarheen ek vir jou 'n digitale kopieë kan stuur
van sy betoog.
hoeveel van jou sterreteken vat dit om `n stukkende gloeilamp om te
vervang?
ARIES: Just one. You want to make something of it?
TAURUS: One, but just try to convince them that the burned-out bulb is
useless and should be thrown away.
GEMINI: Two, but the job never gets done -- they just keep discussing
who is supposed to do it and how it's supposed to be done!
CANCER: Just one. But it takes a therapist three years to help them
through the grieving process.
LEO: Leos don't change light bulbs, although sometimes their agent
will get a Virgo in to do the job for them while they're out.
VIRGO: Approximately 1.000000 with an error of +/- one millionth.
LIBRA: Er, two. Or maybe one. No, on second thought, make that two. Is
that okay with you?
SCORPIO: That information is strictly secret and shared only with the
Enlightened Ones in the Star Chamber of the Ancient Hierarchical
Order.
SAGITTARIUS: The sun is shining, the day is young, we've got our whole
lives ahead of us, and you're inside worrying about a stupid
burned-out light bulb?
CAPRICORN: I don't waste my time with these childish jokes.
AQUARIUS: Well, you have to remember that everything is energy, so....
PISCES: Light bulb? What light bulb?
Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za